• No results found

Bedieningsterreine – die bydrae van enkele teoloë

HOOFSTUK 4: PRINSIPIëLE BESINNING OOR DIE GEMEENTE

4.4 DIE BEDIENINGSTERREINE VAN DIE GEMEENTE

4.4.2 Bedieningsterreine – die bydrae van enkele teoloë

Verskeie praktiese teoloë het verskillende funksies, of beter gestel,

bedieningsterreine, vir die kerk of gemeente uitgewys. Enkele van die bydraes word vervolgens aangestip en kortliks bespreek.

Goedhart hanteer vier aspekte van die gemeente naamlik dien, vier, leer en deel.

• Dienende gemeente: “Het leven van Jezus was een en al dienst aan God en mens” (Goedhart 1984:19). Hy gebruik veral die barmhartige

Samaritaan as voorbeeld. Klassieke gedeeltes is: Matt. 25:31-46 en Luk. 10:25-37.“Het dienen wordt gesteld tegenover het in de wereld geldende denken, dat macht en heerskappij centraal stelt.” (Goedhart 1984:21). • Vierende gemeente: Wie vier en waarom? “De gemeente van Jezus

Christus gedenkt het heil van God voor deze wereld! “(Goedhart 1984:47). Goedhart lê veral klem op die Nagmaalsviering. Die doel van die viering is om te gedenk. “Als we vieren, gedenken we” (Goedhart 1984:47).

• Lerende gemeente:‘n Mens is nooit te oud om te leer nie.

Belydenisaflegging kan nie ‘n eindpunt wees nie, maar behoort deel van ‘n voortdurende leerproses te wees. Die kinders gaan saam as die Nagmaal gevier word en leer daar wat dit beteken. “Het geloven wordt een

leerroute.” (Goedhart 1984:80). Die Joodse volk was ‘n “leergemeenschap” (Goedhart 1984:81).

• Delende gemeente: In ‘n verdeelde wêreld word na gemeenskap gesoek. Die eerste gemeente het alles gemeenskaplik besit (Hand 4:32). “Men kan bijvoorbeeld stellen dat de gemeenschap de basis, de voorwaarde is om

te komen tot de trits leren-delen-dienen, of dat leren-vieren-dienen leiden tot gemeenschap.” (Goedhart 1984:111).

De Klerk (1985:62-64) onderskei kernfunksies van die gemeente deur te sê dat die diensfunksie (diakonia) van die kerk, waartoe die Heilige Gees roep en bekwaam maak, uiteenloop en in verskeie werksaamhede of bedieninge verdeel word. Die kernfunksies van die kerk vloei vanuit hierdie sentrale funksie, dié van diens (diakonia). Hy noem die onderstaande ses

kernfunksies:

1. Die liturgiese funksie: Die erediens vorm die kern van die liturgiese

gebeure. Die gemeenskapsbindende karakter van die erediens is een van die belangrikste liturgiese funksies.

2. Die kerugmatiese funksie: Die amptelike en openbare verkondiging van die Woord is ‘n Godgewilde en voorgeskrewe bediening van die kerk.

3. Die parakletiese (pastorale) funksie: Die bediening handel oor die persoonlike en gespreksmatige toewending tot die enkeling. Hierdie

toewending behels bemoediging en bestraffing. Dit geskied amptelik en as onderlinge vermaning.

4. Die onderrigtende (didaktiese) funksie: In die onderrig neem die kategese ‘n belangrike plek in.

5. Die koinoniale (deelgenootskaplike) funksie. “Die deelgenootskap met Christus en met mekaar deur die Heilige Gees word vanweë sy intieme karakter omskrywe as die gemeenskap van die heiliges.”(De Klerk

1985:63) Dit is ‘n liefdesgemeenskap van onderlinge toesig, tugoefening en diens van barmhartigheid.

6. Die kubernetiese funksie (kubernesis, 1 Kor. 12:28). In die gemeente van die Here moet daar orde wees.

De Klerk (1985:64) wys daarop dat al hierdie kernfunksies afsonderlik, maar ook gesamentlik, in die gemeentebouende bediening tot hulle reg moet kom.

Pieterse (1993:160-161) onderskei vier hooffunksies:

• Kerugma (sluit marturia en didache in). ‘n Ontmoeting vind met God deur sy Woord plaas. Dit geskied d.m.v. prediking, getuienis en onderrig.

• Leiturgia. Die gelowige ontmoet God in die gesprek tydens die erediens in lof, dank, en aanbidding; in die viering van die heil; en in die

heilsbemiddeling deur die genademiddels van Skrif en sakramente. • Koinonia (sluit paraklese in). Hier word God ontmoet in die oordrag van

die Evangelie deur die onderlinge sorg, troos en lewenshulpverlening van die pastorale sorg.

• Diakonia. God se barmhartigheid, genade, sorg en liefde word bekend in christelike diens aan mekaar en die wêreld waarin die gelowige en gemeente met die lydendes solidêr is.

Bisschoff (1991:83) volstaan met die drietal funksies: kerugma, koinonia en

diakonia as funksies van die gemeente. Wanneer die gemeente hierdie

funksies binne die perspektief van ekstensief/intensief vervul, word die hele skopus van gemeente-wees onder die loep geneem en kom ook die

leitourgia, didache en paraklese tot hulle reg.

Louw (1992:130-131) onderskei die onderstaande vier funksies.

• Viering of doksa: In die geloofshandeling gaan dit om die moment van lof, dank en aanbidding. Dit strek van die erediens af tot by die gewone publieke lewe van elke dag. Elke gelowige handeling verwys na God se teenwoordigheid en heerskappy.

• Getuienis/marturia: Dit gaan oor die konkretisering van die waarheid van die heil m.b.v. die dinamiese modi van die kerugma, belydenis en missio. Dit dra ook ‘n lerende element (didache).

• Diens/diakonia: Dit gaan oor diens as ‘n demonstrasie van God se

priesterlike teenwoordigheid, deernisvolle barmhartigheid en neerbuigende liefde. Die daadkarakter van die liefde demonstreer die moment van

offervaardigheid, selfverloëning en nederigheid.

• Gemeenskap/koinonia: Hier gaan dit om onderlinge sorg en troos soos wat gelowiges op mekaar aangewys is en in medelye na die nood en lyding van ander mense uitreik. Die koinonia gee konkreet gestalte aan die dinamiese modus van die pastoraat: paraklese.

Van der Ven (1993a:41-43) identifiseer vier basiese funksies van die kerk: • ”Kerygma” verdeel hy in evangelisasie, prediking en kategese. Die kern

van die aktiwiteit behels; “… text interpretation – of Christian, religious and/or existential texts – and with communication about these texts.” (Van der Ven 1993a:42)

• “Liturgy” handel oor rituele, simbole, tradisie en gebed.

• “Koinonia” het te doen met die opbou van die gemeenskap van Jesus. • “Diacony” het as doel die verligting van lyding.

In aansluiting by Parsons se AGIL-model (“adaptation, goal attainment, integration, latency”), vanuit die struktuur-funksionalisme, identifiseer Van der Ven (1993c:79) die volgende vier kernfunksies van die kerk:

• Identiteit - dit verwys na die oortuiginge, visie en missie van die kerk. • Integrasie - dit behels die kohesie, uniformiteit en pluriformiteit van die

kerk.

• Beleid - dit is die kerklike beleid, program en projekontwikkeling. • Beheer – dit dui op die personeel en finansiële middele van die kerk. Die verskillende aktiwiteite van die kerk groepeer Van der Ven (1993c:81) in vyf sektore saam: pastoraat, kategese, liturgie, verkondiging en diakonie. Die verhouding tussen die kernfunksies en sektore beskryf Van der Ven

(1993c:82) aan die hand van die volgende matriks:

Pastoraat Kategese Liturgie Verkondiging Diakonie

Identiteit Integrasie Beleid Beheer

Nel (1994:27) gee die volgende skematiese voorstelling van die gemeente en sy funksies:

Die gemeente en gemeentebou dien …

die ver-Heer-liking van die Vader, Seun en Gees

deur die Kommunikasie van die Evangelie

deur kommunikatiewe handelinge in diens van die Evangelie Prediking kerugma Missionêre marturia Onderrig didache Erediens leiturgia Gemeen- skap koinonia Sorg paraklese Diens diakonia

Kerugma Leiturgia Koinonia Diakonia

Elke bedieningswyse is afsonderlik en gesamentlik driedimensioneel: elkeen is altyd diens aan die drie-enige God; diens aan mekaar onderling; en diens aan die wêreld. “Die kritiese vraag wat dus voortdurend by en vir elke bedieningswyse gevra moet word, is: Is dit ‘n kommunikatiewe handeling in diens van die Evangelie ten opsigte van God, die gelowiges onderling en die wêreld?” (Nel 1994:27).

Burger (1999:104) wys daarop dat die bediening van die Evangelie ‘n werk van die Gees is. Die Gees neem die heilswerk van Christus en verkondig en vestig dit die wêreld oor. Hiervoor gebruik die Gees mense en ander middele. Die getuienis van die totale gemeente is so ‘n middel wat die Gees gebruik. Die gemeente word gesien as die eerste en primêre middel wat die in sy werk met betrekking tot die kommunikasie van die Evangelie Gees wil gebruik. Dit wat die gemeente is, sê (of bely), doen en bid, moet in kongruensie wees vir die gemeente om geloofwaardig te wees.

• Leitourgia (bid) het te doen met dit gebede van die gemeente.

• Kerugma (sê) gaan oor die woorde of boodskap wat van die gemeente af uitgaan.

• Koinonia (is) hou verband met wat die gemeente is.

Hierdie bediening moet nie as ‘n versmalde bediening van net die ampte verstaan word nie, maar as ‘n bediening van die totale gemeente (Burger 1999:108-109).

Burger (1999:112) stel die vier dienste (of geloofspraktyke) van die gemeente skematies soos volg voor: