• No results found

GEMEENTE-ANALISE BINNE DIE GEMEENTEBOU-PROSES

6.1 INLEIDING

Daar is reeds kortliks na die konsep “gemeente-analise” verwys (3.4). In dié afdeling gaan dit oor gemeente-analise as deel van die gemeentebouproses. Wat is gemeente-analise en watter plek neem dit binne die

gemeentebouproses in?

Jurgens Hendriks (1992:129) beskryf gemeente-analise as “… ‘n proses waarin ‘n gemeente op ‘n redelike, sistematiese en kontroleerbare wyse verskillende aspekte van sy situasie, funksionering, strukturering, identiteit en effektiwiteit ontleed om daarmee opnuut in die lig van die Woord en onder leiding van die Gees oor sy wese en roeping te besin.” Dit is dus ‘n krities- analitiese aktiwiteit van selfondersoek deur die gemeente oor die gemeente.

Wat is die doel van ‘n gemeente-analise? Jurgens Hendriks (1992:130) wys op die vier doelstellings, naamlik om

• kennis en sekere gegewens oor die gemeente, of oor ‘n saak in die gemeente te wete te kom;

• deur middel van die kennis en verloop van die proses tot selfinsig te kom; • sake en aspekte wat die gemeente normaalweg nie wil raaksien nie, uit te

wys; en

• die kerkraad en gemeente op ‘n wyer basis deelnemend by die gemeente en sy beplanning te betrek.

Nel (1988:26) sien gemeente-analise as die tweede fase en ‘n belangrike fase, na ontvriesing en motivering. Dit is ‘n voorsetting om by die sentrale vraag in gemeentebou; die vraag na die gemeente uit te kom. Gemeente- analise kan as ‘n eerlike program waar die gemeente self sy funksionering in die lig van sy wese en doel ontleed en evalueer, beskryf word (Nel 1988:29). Tydens die proses van gemeente-analise word met die empiriese gemeente en sy behoeftes geworstel. Nel (1994:116) beskryf die plek van gemeente-

analise binne die proses van gemeentebou dat die gemeente begelei word om

• sy wese en doel te verstaan;

• self, as gemotiveerde gemeente sy eie funksionering te evalueer en

doelwitte vir sy eie doelgerigte funksionering te formuleer en op ‘n beplande wyse die doelwitte te bereik (eie kursivering – WJS); en

• self, soos nodig, op ‘n voortgaande basis strukture, wat die

heilshandelinge van die drie-enige God in die kerk en wêreld dien, vir die gemeentelike funksionering te ontwikkel.

Gemeente-analise neem, daarom, binne die proses van gemeentebou ‘n belangrike plek in. Wat behels dit? Bisschoff beklemtoon die belangrike punt dat gemeente-analise nie eensydig in ‘n statistiese ontleding moet verval nie. “Daar moet naas die statistiek en getalle ‘n aanvoeling getoon word vir ander belangrike teologiese dimensies soos die spesifieke model waarbinne ‘n gemeente of kerk hom bevind” (Bisschoff 1991:294). Gemeente-analise strek veel wyer as net ‘n statistiese beskrywing van die gemeente. Gemeente- analise is nie ‘n losstaande proses op sy eie nie, maar dit moet op

interpretasie, verslag en strategie uitloop (Bisschoff 1991:295). Dit is deel van ‘n proses wat uit verskeie hoeke benader kan word. Dit is ook die benadering wat hier gevolg gaan word.

Dit spreek dus vanself dat daar meer as een benadering tot gemeente-analise is. Louw (1987:82-91) wys op drie benaderings wat in die doen van ‘n

gemeente-analise gevolg kan word, naamlik,

• analise as verkenning – dit is die eenvoudigste vorm van analise. Daar word na ‘n profiel van die gemeentesituasie gesoek. Basiese inligting byvoorbeeld die lidmaattal en die patroon van gemeentelike betrokkenheid word aan die orde gestel.

• analise met die oog op diagnose – daar word na die toestand van die gemeente gevra. Is daar groei in die gemeente? ‘n Goeie diagnose moet help dat die gemeente kwalitatief en kwantitatief kan groei.

• analise as evaluering – die gemeente word self by die evaluering betrek. Waar staan die gemeente ten opsigte van sekere gemeentelike

doelstellings?

Dietterich (1991:13), weer, onderskei die volgende drie tipes benaderings in die bestudering van gemeentes:

• Gemeentestudies: James Hopewell en Carl Dudley;

• Probleemoplossende benaderings: Kennon Callahan en die Alban Instituut; en

• Kerk-transformasie benadering: “Center for Parish Development” van Dietterich.

In die lig van Louw en Dietterich se onderskeidings kan die volgende samevattende opmerkings gemaak word:

• Die meeste studies begin met, of het as deel van hulle analise, ‘n verkennende analise.

• Die probleemoplossende- en diagnostiese benadering lê min of meer op dieselfde vlak. In dié verband gaan gekyk word na die volgende

benaderings: Callahan, Alban-Instituut, Schwarz en Nel.

• Gemeentestudies: Hier gaan gekyk word na die handboek “Studying Congregations”. Die werk van Hopewell en Dudley vorm deel van die handboek se benadering. Die werk van Jurgens Hendriks ten opsigte van Strategiese Teologiese Beplanning sluit hierby aan. Dit sou ook moontlik wees om Burger hierby te voeg.

• Die kerktransformasie-benadering word deur die bydrae van Dietterich en die “Center for Parish Development” verteenwoordig. Dit sou ook moontlik wees om die werk van Jan Hendriks hierby in te sluit, aangesien hy ‘n voorstel gemaak het van hoe sy benadering by dié van Dieterich kan aansluit. Pasveer het ook in dié verband ‘n bydrae gemaak.

Die onderskeidings is nie waterdig nie. Dit is slegs ‘n poging tot ‘n bepaalde ordening. Daar gaan gepoog word om elkeen van die persone se bydraes in eie reg te bespreek. Dit gaan, sover moontlik, aan die hand van die volgende afdelings gedoen word:

• agtergrond en probleemformulering; • basiese aannames en vertrekpunte; • metodologie; en

• ‘n evaluering.

6.2 DIAGNOSTIESE BENADERINGS

6.2.1 Callahan: Twaalf Sleutels tot ‘n effektiewe gemeente.

6.2.1.1 Agtergrond en probleemformulering

Callahan ontwikkel twaalf sleutels tot ‘n effektiewe gemeente op grond van drie-en-twintig jaar se ervaring as gemeentekonsultant in meer as

sewehonderd en vyftig gemeentes in die VSA. Sy doel is: “to assist local churches in their strategic long-range planning to be effective churches in mission.” (Callahan1983:ix). In sy analise en metodiek lê hy veral op langtermynbeplanning en die gemeente se missionêre gerigtheid klem.

Langtermynbeplanning begin by die identifisering en ontwikkeling van ‘n gemeente se sterkpunte. Dit begin in die eerste plek by God. Dit begin nie by ‘n gemeente se nood en behoeftes nie, maar by wat God reeds in ‘n

gemeente doen. Die onderstaande drie strategiese vrae is, met die oog op strategiese langtermynbeplanning, belangrik (Callahan 1983:xvi):

“1. What are our present foundational strengths, given from God? 2. How can these strengths be expanded to serve God’s mission more effectively?

3. Which foundational strengths can be added, that we might more successfully serve God’s mission?”

6.2.1.2 Basiese aannames en vertrekpunte

Callahan identifiseer die volgende vier fases in die beplanningsproses aan die hand waarvan ‘n gemeente geanaliseer word.

Hooffase 1: Ontwikkel ‘n realistiese beraming van die gemeente se