• No results found

HOOFSTUK 5: GEMEENTE AS EMPIRIESE WERKLIKHEID

5.2 DIE GEMEENTE OP MIKROVLAK

5.2.3 Ekklesiologiese modelle

Hoekom is dit nodig om na verskillende modelle te kyk? Verskillende

ekklesiologiese modelle is al in die konkretisering van die gemeente gebruik. In dié verband word na vier modelle gekyk wat op ‘n bepaalde manier aan die verskillende bedieningsterreine gestalte gegee het. Die vier ekklesiologiese modelle wat bespreek gaan word, is die

• instituutmodel; • verkondigingsmodel; • liggaamsmodel; en • transfomasiemodel.

5.2.3.1 Die instituutmodel

Die instituut- of kultiese model geld in die Rooms-Katolieke Kerk vanaf ongeveer 1550 tot 1950. Tradisoneel omskryf die Rooms-Katolieke Kerk die kerk in terme van drie elemente, naamlik

• belydenis van ware geloof;

• deelname aan die sakramente; en

• onderdanigheid aan amptelike kerkleiding (HJ Hendriks 1992:14). Kenmerke van hierdie model is dat die priester se teenwoordigheid die kerk konstitueer, dat kommunikasie monologies “van bo” plaasvind, en dat die altaar en die sakrament van die Nagmaal sentraal in die erediens en liturgie staan (HJ Hendriks 1992:16-17). Die model fokus op die hiërargie van ampte, die kerklike intituut en die sakramente. Lidmate word as leke beskou. Hulle bly in ‘n hoë mate onaktief en ontwikkel ‘n afhanklikheid van die ampte. (Louw 1992:126-128). Die sigbare kerk is primêr. Die kernfunksie van die kerk is lering (soos in die skool); heiligmaking (die pous en die biskoppe draai die kraan van genade oop en toe); en regering (hiërargies). Die lidmate bely en leer, neem deel aan die sakramente en aanvaar die gesag van die ampte (Dulles 1988:34-44).

Die positiewe sy van dié model is dat dit vir eeue die amptelike sanksie van die Rooms-Katolieke Kerk gehad het, en dit het sekerheid en ‘n korporatiewe identiteit aan die Rooms-Katoliek Kerk gegee (Dulles 1988:34-44). Die model bevorder voorts ook eenheid, stabiliteit en lei tot ‘n sterk identiteitsbewussyn by lidmate. Godsdiens kry binne dié model ‘n sterk objektiewe karakter (HJ Hendriks 1992:18).

Die negatiewe kant sluit in dat die model ‘n swak Bybelse basis het, dat dit tot passiwiteit van die lidmate lei, dat daar min ruimte vir kreatiewe teologie is, dat dit nie-Bybelse waarhede sanksioneer en dat dit uit pas met die wêreld van dialoog en ekumene is (Dulles 1988:34-44). Die model is deur die eeue vanuit die tradisie gevorm en gevolglik het dit nie ‘n sterk teologiese en Skriftuurlike basis nie. Die hiërargiese struktuur lei daartoe dat die amp ‘n outoritêre karakter kry, dat lidmate onaktief raak en as “leke” beskou word. Dit maak vernuwing baie moeilik (HJ Hendriks 1992:18)

Lidmate met ‘n behoefte na die mistieke voel hulle meer tuis in dié model (Louw 1992:126-128). Die model laat veral die klem op leitourgia as bedieningsterrein val.

5.2.3.2 Die verkondigingsmodel

Die kerk as herout lê veral klem op die kerugma, en dit lei tot ‘n kerugmatiese kerkmodel (Pieterse 1991:71). Die verkondiging van die Woord kry sterk klem, daarom word die kerk as ‘ n boodskapper gesien wat ‘n koninklike dekreet in die publiek afkondig. Die homiletiese model het verkondiging en lering as fokuspunt. Klem word op die Woord gelê en en alle aktiwiteite word vanuit dié vertrekpunt onderneem. Lidmate met ‘n gereformeerde agtergrond voel hulle meer tuis in so ‘n model (Louw 1992:126-128)

Die model ontwikkel vanuit die reformasie as reaksie op die instituutmodel. In hierdie model staan die verkondiging van die Woord sentraal. In dié model is kerk daar waar die Woord is en nie waar die amp is nie. Christus is die

ontwikkel die leraarsamp as die amp waarom die hele bedieningspraktyk van ‘n gemeente draai. ‘n Presbiteriale regeringstelsel word gevolg waar die ouderlinge die kerkregering behartig. In dié model word sterk op kognitiewe kommunikasie klem gelê. Die erediens word om die verkondiging van die woord ingerig. Die preekstoel staan sentraal en die gemeente sit en luister. (HJ Hendriks 1992:20-22).

Die kenmerke van die model waarop Pieterse (1991:72) wys, sluit in dat • dit ‘n protestantse model is wat sy oorsprong by Luther en Calvyn het; • die gemeentelede saamgebind word deur die band van geloof in Christus

as reaksie op die verkondiging van die Woord; en dat

• die kerkregering presbiteriaal is, terwyl dit soms ook kongregasionalisties kan wees.

In hierdie model staan die Woord primêr en die sakramente sekondêr. Die model is kerugmaties van aard en kerklidmate word as die volk van God gesien. Die Woord vergader die kerk, die plaaslike kerk is volledig kerk waar daar op die Woord geantwoord word, en die Woord en kerk is daarom

onskeibaar. Die doel van die kerk is om die Evangelie te verkondig.

In ‘n positiewe sy kan van die model gesê word dat dit ‘n goeie Bybelse basis het; dat dit met die opdrag aan die kerk identifiseer; dat dit op die

soewereiniteit van die mens en die afstand van God wys; en dat daar ‘n ryk teologie van die Woord is (Dulles 1988:76-85). ‘n Verdere positiewe eienskap van die model is sy goeie teologiese basis as gevolg van die klem op die Woord en belydenisskrifte. Die rol van die plaaslike gemeente as volwaardige kerk word ook deur die model erken (HJ Hendriks 1992:23-24).

Die model het sekere leemtes. Dit is nie genoeg om net van die Woord te praat nie, die kerk is ook ‘n instelling, daar kan te veel klem op getuienis en te min op handeling val (Dulles 1988:76-85). Die rol van die Heilige Gees en heiligmaking word nie genoegsaam verreken nie. Dit kan daartoe lei dat die lewensnood van mense, sosiale ongeregtigheid en strukturele geweld nie

genoeg aandag kry nie. ‘n Verder leemte van die model is dat die klem wat op lering en verkondiging val, daartoe lei dat godsdiens baie sterk intellektueel beskou word. Dit lei tot ‘n gebrek aan die belewing van gemeenskap,

meelewing en die benutting van gelowiges se gawes. Die rol van die leraar as die verkondiger van die Woord lei tot die ontstaan van ‘n “domineeskerk”. (HJ Hendriks 1992:23-24)

Die model laat veral die klem op kerugma as bedieningsterrein val.

5.2.3.3 Die liggaamsmodel

Dulles (1988:47-62) praat in hierdie verband van die kerk as mistieke gemeenskap. Die kerk is meer as net ‘n institusie, dit is ook ‘n broederskap. Die kerk is ‘n gemeenskap van gelowiges en daar word na Bybelse beelde soos die volk van God en die liggaam van Christus verwys. Die model begin teen die middel van die negentiende eeu ontwikkel. Vaticanum II stel dit dat die kerk hiërargies en die liggaam (volk van God) is. Die kerk word nie net meer in ‘n juridiese sin verstaan nie, maar ook organies as die gemeenskap van gelowiges.

Die liggaamsmodel beklemtoom die teenwoordigheid (immanensie) van God. Jesus is die Hoof van die kerk en die kerk word opgebou deur almal se gawes te benut. Dit is ‘n kerk wat “van onder” af gebou word. Die amp van elke gelowige, wat ‘n rol in die liggaam speel, word beklemtoon. Die

liggaamsmodel lê klem op meerrigting-kommunikasie. Die klem lê nie net by die groot erediens nie, maar ook by die gemeenskap van gelowiges in die kleingroep (HJ Hendriks 1992:25-27).

Die kerk as liggaam gee veral aandag aan die rol van koinonia binne die gemeente. Die model skep, volgens Pieterse (1991:75) veral ruimte vir • die werk van die Heilige Gees en die beoefening van geestesgawes; • spiritualiteit en onderlinge sorg;

• die uitleef van die mens se behoefte aan diepgaande interpersoonlike verhoudinge; en

• klem word veral op die kleingroep-struktuur gelê.

Louw kies ‘n charismatiese liggaammodel omdat dit “al die vorige motiewe verstaan en vertolk vanuit ‘n meer sentrale en fundamentele teologies-