• No results found

Europese imperialisme: Kaart, labirint en netwerk

Ensiklopedie en ensiklopediese romans

3.3 Europese imperialisme: Kaart, labirint en netwerk

Die invloed van die drukpers was nie die enigste destabiliserende invloed in vroegmoderne Europa wat die ensiklopedie en ensiklopediese roman beïnvloed het nie. Die tweede was die Europese ontdekkings van vastelande, wêreldstreke en florerende beskawings waar daar vroeër, in Joseph Conrad (2008:4) se beroemde woorde, slegs “leë ruimtes” (“blank spaces”) was. Anderson (1986:70) beskryf die wyse waarop Europese sekerhede hierdeur in gedrang gebring is, as traumaties. Die trauma het onder meer daarin gesetel dat dit onmoontlik geraak het om te bly glo dat die Europese vasteland die middelpunt van die wêreld is. Europa is in die gesig gestaar deur die verbysterende besef dat die mensdom veel meer heterogeen is as wat voorheen vermoed is.

34 “Take this, Señor Licentiate, and sprinke this room, so that no enchanter, of the many in these books, can put

90

Navorsing deur skeepsbemannings, wat sterrekundiges, natuurkundiges en ander geleerdes ingesluit het, het die fondamente vir moderne wetenskapsbeoefening gelê. Namate ontdekkingsreise op toenemend georganiseerde en geïnstitusionaliseerde wyse gebruik is om kennis en wetenskaplike materiaal te versamel, is enorme bydraes gelewer op die gebiede van die geologie, botanie, dierkunde en meteorologie. Teen die tweede helfte van die 16de eeu het die pas waarteen wetenskaplike materiaal versamel en akademiese tekste geproduseer en versprei is, geweldig versnel. Ogilvie (2003) dokumenteer byvoorbeeld die “stortvloed” (“flood”) botaniese kennis met “honderde” nuwe plantbeskrywings wat in die vrugbare periode 1550-1620 in spesialispublikasies gepubliseer is. Poliquin (2012), Spitta (2009) en Weschler (1996) sonder die toevloei van artefakte uit die Nuwe Wêreld in Europese hawens uit as ’n ewe belangrike faktor in die kennisontploffing waartoe imperialisme gelei het. Hulle wys daarop dat skeepsvragte vol eksotiese objekte uit die sogenaamde Nuwe Wêreld in Europese hawens begin arriveer het ná Columbus se ontdekking van die Bahamas en Kuba in 1492. Die kuriositeitskabinette, museums, dioramas, uitstallings en versamelings waarin hierdie rariteite gehuisves is, kon hierdie voorwerpe nie na behore orden of interpreteer nie. “Indigenous objects would literally overcome Europe’s ability to order things,” skryf Spitta (2009:28); en Weschler (1996:80) reken kort en kragtig: “Europe’s mind was blown”.

In die gees van die tyd het skrywers en denkers die ontdekkingsreis as metafoor vir hul intellektuele aspirasies en akademiese werk begin gebruik. Burke (2000:114) noem die voorbeeld van Bacon wat in sy The advancement of knowledge (1605) geskryf het dat die horisonne van die intellektuele wêreld net soos die horisonne van die werklike wêreld moes verbreed:

It would disgrace us, now that the wide spaces of the material globe, the lands and seas, have been broached and explored, if the limits of the intellectual globe should be set by the narrow discoveries of the ancients (aangehaal in Burke, 2000:111).

Op die titelblad van die ensiklopediese werk wat Bacon hierná sou publiseer, die Instauratio Magna (1620), het ’n illustrasie verskyn van ’n skip wat die onbekende invaar. Dit suggereer dat Bacon ’n “intellektuele Columbus” (“intellectual Columbus”) wou wees wat die “kaart van geleerdheid” (“map of learning”) oorteken, reken Burke (2000:114). Yeo (2001:71) vind dieselfde gedagte, dat die ensiklopedie ’n “kaart van geleerdheid” wou wees, in Abraham Rees se beskrywing van Chambers se Siklopedie (1728) as ’n oorsigtelike blik op “terra

91

cognita”. Rees het die kennis wat in die ensiklopedie opgeteken is, gekontrasteer met die Latynse term “terra incognita”, wat sedert die 15de eeu op kaarte gebruik is vir onverkende, ongekaarte gebied.35 Die bekendste voorbeeld van kartografiese impulse by vroegmoderne ensiklopediste is D’Alembert se beskrywing van sy beroemde Ensiklopedie as ’n “wêreldkaart” (“world map”). Die kaart is vir D’Alembert ’n beeld van geordende kennis en, soos dié van die boom van kennis met die verskillende dissiplines as sy vertakkings, is dit vir hom die teenpool van die wanordelike labirint:

The encyclopedist must impose order on the labyrinth at his feet, distinguishing in its tangles and dead-ends, branches of knowledge, points in a hierarchy, a figure, a map that can be used to find one's bearings (aangehaal in Burke, 2000:111).

In sy artikel getiteld “Dictionary vs Encyclopedia” (in Semiotics and the philosophy of language”) wys Eco (1984:80-81) daarop dat D’Alembert se beskrywing spanning skep tussen die boom en kaart, as metafore van orde, en die labirint, as ’n metafoor vir die onnet en oop aard van kennis. Eco (1984:80-83) gee voorkeur aan die labirint as gepaste metafoor vir die ensiklopedie (eerder as die kaart of boom) en vergelyk die labirintagtige ensiklopedie met ’n net, netwerk of risoom. Laasgenoemde beeld is ontleen aan die werk van Deleuze en Guatarri (2004), wat die terme “risoom” en “risoomagtig” gebruik om teorie en navorsing te beskryf wat voorsiening maak vir multiplisiteit, hibriditeit en dualiteit.36

Eco se interpretasie van die manier waarop D’Alembert die kaartmetafoor gebruik het, toon ooreenkomste met Benedict Anderson (1983:184, 173) se invloedryke teoretisering van kaarte as pogings tot totaliserende kennisbeheersing, oftewel as “a totalizing classificatory grid” en ’n poging tot “totalizing classification”. Deur voort te bou op D’Alembert se verwysing na die labirint en dit met die netwerk of risoom in verband te bring, beklemtoon Eco die oneindigheid en uitgestrektheid van kennis en die dinamiese prosesse waartydens nuwe kombinasies, verbande, interpellasies, onderbrekings en oorvleuelings voortdurend nuwe betekenisse bly genereer. In Crossing boundaries: knowledge, disciplinarities, and

35 Sien Burke (2000:114) vir ’n afbeelding van die titelblad van Bacon se Instauration Magna (1620) en Yeo

(2001:71) vir meer inligting oor die voorwoord wat Rees vir Chambers se ensiklopedie geskryf het.

36 Hulle voer aan dat realiteit vergelyk kan word met ’n oneindige aantal “taproots, with a more multiple, lateral,

92

interdisciplinarities skryf Klein (1996:5) dat hedendaagse metafore vir kennisbeskrywings intergekonnekteerdheid beklemtoon:

Over the past several decades, metaphors of knowledge description have shifted from the static logic of foundation and structure to the dynamic properties of network, web, system, field and topological metaphors that describe relations among elements, such as joints, points of connections, boundedness, overlaps, interconnections, interpenetrations, breaks, and cracks.

Jare nadat D’Alembert die kaart en die labirint met kennis en kennisbeskrywing in verband gebring het, is dié beelde en moderne variasies daarvan (soos die netwerk en risoom) steeds relevant. Dit is ook waar vir analises van die ensiklopediese roman. Die spanning tussen die kaart en die labirint wat Eco in D’Alembert se beskrywing van die Ensiklopedie raaksien, was ook in die ensiklopediese romans van die vroegmoderniteit van belang. “Borges was the first to confront the metaphor of the map with that of the labyrinth,” skryf Yeo (2001:31), maar hy is verkeerd. Borges het in die voetspore gevolg van ensiklopediese romansiers soos Rabelais, Cervantes en Sterne, wat die genre se steeds voortslepende soeke na gepaste metafore vir oorweldigende kennisveelheid op tou gesit het; en dit boonop ’n stappie verder geneem het deur hul fiksie op daardie metafore te modelleer.

Burke se ondersoek na die invloed van Europese ontdekkingsreise op vroegmoderne ensiklopediste maak geen melding van ensiklopediese romans nie. Met verwysing na Don Quixote argumenteer Ife (1994:66) egter dat daar ’n regstreekse, oorsaaklike verband tussen die Europese ontdekking van Amerika en die geboorte van die moderne roman in Spanje was. De Armas Wilson (2000:366-369) reken dié verband is belangriker as wat kritici tot dusver te kenne gegee het en ook Fuentes (1977:187) skakel die ontdekking van Amerika met die ontstaan van die moderne roman deur Cervantes en Columbus met mekaar te vergelyk: “Neither ever realized that they had landed on the new continents of space (America) and fiction (the modern novel).” Fuentes gaan nie verder in op dié vergelyking nie, maar Brian McHale (2006) interpreteer Don Quixote as ’n “kognitiewe kartering” (“cognitive mapping”) van die Mediterreense wêreld aan die begin van die 17de eeu. McHale ontleen die term “kognitiewe kartering” (“cognitive mapping”) aan Frederic Jameson. Jameson (1988; 1990: 51-54, 127-29, 158) beskryf kognitiewe kartering as die proses waardeur die verhouding tussen die subjek en die kontemporêre wêreldsisteem op komplekse en genuanseerde wyse uitgepluis word.

93

McHale beskou Don Quixote nie as ’n ensiklopediese roman nie, maar meen wel dat die mise en abyme-romanstruktuur waarvan Cervantes volgens hom die pionier was, op die lange duur ’n kenmerk sou word van die ensiklopediese romans wat hy met die hoogbloei van die Amerikaanse postmodernisme assosieer.37 Hierdie studie is dit nie eens met McHale se opinie dat ensiklopediese romans ’n Amerikaanse, postmodernistiese fenomeen is nie, maar sy bespreking van die maniere waarop Don Quixote ’n kognitiewe landskap wou karteer, is nietemin relevant vir hierdie bespreking. McHale beskryf ’n literêre impuls in Cervantes se roman wat vergelykbaar is met ensiklopediste soos D’Alembert se strewe om van hul werk ’n intellektuele “wêreldkaart” te maak.

’n Variasie van McHale se analise van Don Quixote as ’n karteringspoging, word aangetref in Rivero (2008) se siening van Cervantes se roman as ’n labirint of “metalabirint”. Rivero bespreek talle verwysings na labirinte in die roman, maar argumenteer ook dat dit op strukturele en tematiese vlak self ook as labirint gestalte kry (2008:639). Die labirint is met ander woorde ’n motief in die roman, maar terselfdertyd die beginsel waarvolgens die roman as komplekse web van verweefde episodes en narratiewe drade gekonstrueer is:

The labyrinth […] serves both a literary motif and as an aesthetic frame […] to a finely wrought and complex novel that is composed of an intricate web of interlaced episodes and interwoven narrative threads (Rivero, 2008:627).

McHale gebruik die beeld van die kaart en Rivero dié van die labirint en die web. Daar is egter raakpunte in hul benadering tot Cervantes se roman as een waarvan die intellektuele opset en struktuur met tydgenootlike kennismetafore in verband gebring kan word. Volgens beide interpretasies wou Don Quixote nie die omringende kenniswêreld net beskryf nie, maar sigself ook daaraan spieël. Dié argument is myns insiens ook geldig vir Rabelais se Gargantua en Pantagruel en Stern se Tristram Shandy. Wasserman (1975:132) wys byvoorbeeld daarop dat Rabelais se taalgebruik nie uitsluitlik op representering gerig was nie en dat Rabelais met sy stortvloed woordkombinasies en –permutasies ’n analogie wou skep vir veranderlikheid en produktiwiteit in die omringende wêreld. Op sý beurt reken Soud

37 Hy noem die ensiklopediese roman in dieselfde asem as die “mega-roman” (mega-novel”) of “sisteme-

roman” (“systems novel”): “The ‘mega-novel’ genre, sometimes called the ‘encyclopedic novel’ or the ‘systems novels,’ flourished during the American ‘high postmodernist’ era, from the mid-sixties through the eighties, and included such landmark texts as John Barth’s Giles Goat-Boy (1966), Thomas Pynchon’s Gravity’s rainbow (1973), Robert Coover’s The public burning (1977) and others” (McHale, 2006:179).

94

(1995) Tristram Shandy gebruik die labirint as metafoor vir kennis, maar raak in die proses self ook “labirintagtig” (“labyrinthine”, 397). Rabelais, Cervantes en Sterne se romans kan gesien word as voorgangers van hedendaagse uitbeeldings van komplekse kennisnetwerke en informasiesisteme (in byvoorbeeld die werk van Pynchon, DeLillo en Powers). Ook die belang van die labirint, mosaïek en netwerk in Memorandum is die moderne ekwivalent van ’n eeue-oue eksperiment.

3.4 Gevolgtrekking

Vroegmoderne literêre reaksies op die gedrukte boek is belangrik omdat dit die soort “kulturele nood” (“cultural distress”) illustreer waaruit ensiklopediese romans volgens Mendelson (1976b:174) ontspruit. In ’n artikel oor ’n kulturele verskyning wat sy “die bedreiging van uitwissing” (“the threat of obsolescence”) noem, sê Fitzpatrick (2002:527) dat tegnologiese vernuwings tipies tot gevoelens van verlies en angstigheid aanleiding gee:

[W]hat is ostensibly being lost is not merely an artefact, or a mode of communication, or even a mode of production, but an entire way of life, a means of understanding what it is to be human in the world.

Die ontwrigting waarvan vroegmoderne ensiklopediese romans getuig, het die ensiklopediese roman gevestig as kenmerkend van samelewings wat hulle kultureel en kognitief moet heroriënteer in ’n veranderende wêreld. Fitzpatrick (2002:532) reken die bedreiging wat die gedrukte boek in die 16de en 17de eeu vir ander modusse ingehou het (soos orale letterkunde en handgeskrewe manuskripte), is vergelykbaar met hedendaagse persepsies dat die gedrukte boek met elektroniese vorme meeding en daardeur bedreig word. Die belewing van oorweldigende veelheid is ook opnuut relevant in die digitale omgewing. Daarom word ensiklopediese romans gedefinieer as simptoom van die trauma wanneeer ’n oorvloed aan inligting en data daartoe lei dat holistiese kennismodelle versplinter word (Barrenechea, 2004:4, Burn, 2010:161).

95

HOOFSTUK 4