• No results found

1.4 Estetika en kuns binne ’n teologiese raamwerk

1.4.2 Estetiese teologie as locus theologicus?

1.4.2.2 Estetiese teologie as uitdrukking van skoonheid

Hans Urs von Balthasar was by uitstek dié denker wat die begrip skoonheid opnuut weer op die teologiese agenda kom plaas het. Dit is ’n klassieke estetiese begrip, wat egter van die begin af deur die kerkvaders in verband met God se openbaring gebring is. Saam met skoonheid het klassieke denkers soos Augustinus en Aquinas ook die goeie en die ware geklassifiseer: God se openbaring aan ons is ’n eenheid, is afgerond as skoonheid, goedheid en waarheid (vgl. Pastro 2005: 56). Hierdie drie dimensies van God se openbaring kan en mag nie geskei word nie:

Beauty, truth and goodness can never be seperated. It is questionable whether we can ever know one except in intimate connection with the others ... there is a truth – a reality, an authenticity – about beauty and goodness. there is goodness – a wholesomeness, salutariness, a sacredness – about both beauty and truth. there is beauty in truth – in its self-evidence, its simplicity, its transparency – and in goodness, especially in the comeliness of moral character. (Avis 1999: 78-79).

Veral Augustinus het indringend oor die teologiese betekenis van skoonheid nagedink. Skoonheid het volgens hom veel met harmonie te make, met ’n ordening van gewaarwordinge, ’n sintese van sintuiglike indrukke, ’n eweredige sameklank van die diverse in ’n geheel (De Bruyne 1954: 335). Augustinus het ’n gebalanseerde betekenis aan skoonheid gegee: aan die een kant vra hy: waar kom ’n kunswerk in laaste instansie vandaan, behalwe van God? God het immers die kunstenaar se hande geskep, asook die materie waaruit die kunstenaar die kunsvorm haal. God gee die inspirasie in die gees, ook die kreatiewe bewussyn om te kan skep. Onder sy toesig geskied die oorgang van die verbeelding na die uitdrukking van die kunswerk; onder sy lig groei die besef van dít wat kwalitatief verwesenlik word; onder sy leiding kan geoordeel word of die kunswerk artistiek is of nie. Nie alleen natuurwesens loof God dus nie, maar ook kunswerke.

Aan die ander kant waarsku Augustinus egter ook teen die “skoonheid” van die oortollige en beuselagtige, die superflua et nugae. Die ganse skoonheidsdrang van die kunstenaar moet eerder gerig wees op die enigste, ware skoonheid, menswees, as eksplisiet religieus en Christelike kuns, of nie – ons menslike ervarings van oriëntasie, disoriëntasie en heroriëntasie beter as enige ander medium uitdruk.

naamlik dié van God. Alle dinge is mooi, omdat God dit gemaak het; God is egter onuitspreeklik mooi. God is meer as wat ons met die sinne kan ervaar. In Hom sien ons die oneindigheid en word ons “naar U verrukt door uw schoonheid

(rapiebar ad Te decore tuo)” (De Bruyne 1954: 395).

Uit talle tekste van die Apologete en Kerkvaders blyk dit dat die ganse werklikheidsgevoel van die vroeë Christelike denkers esteties getint was en in estetiese terme uitgedruk is – en meer nog: “De aesthetiek van de Christelijke Oudheid staat volledig in het teken van God.” (De Bruyne 1954: 451). Vir die kerkvaders, soos ook vir Von Balthasar,35 was Christus die volmaakte

openbaring van God se skoonheid, goedheid en waarheid aan ons. waar ’n mens dít as ’n eenheid ervaar, word God se heiligheid (kabod) geopenbaar. Dus, om die konsep van skoonheid te herwaardeer, is om iets van die openbaring opnuut te snap; om estetika, of die huidige gebrek daaraan, te beoordeel, is om dit terug te bring na die bron: God.

Die oer-estetiese oordeel wat ons hoor, kom immers uit die mond van God: Kyk, dit is goed, dit is baie mooi! (Gen 1:31). Uit hierdie mooi skepping van God kan ons iets aflei van die skoonheid wat daar binne God self is. Harries stel dit mooi:

All that is, is fundamentally good; so all that is, radiates with the divine splendour. this means that truly to discern the existence of anything, whether a flower or a grain of sand, is to see its finite existence rooted in the ground of being, God himself; it is to discern the glimmerings of eternal light, flames or flashes of divine beauty. (1993: 36).

Interessant genoeg antwoord God ook nie op Job se lydingsklag met ’n sistematies-dogmatiese uiteensetting van die teodisee nie, maar met ’n estetiese toer deur die kosmos. Job, kom kyk, en sien ... (vgl. Job 38-39).

In hierdie navorsing gaan ek uit van bogenoemde klassieke verbandlegging tussen estetika en die Godsleer.36 Skoonheid is in God begrond. Skoonheid

35 Die drie basiese beginsels wat Von Balthasar se siening van estetika dra, is: Christus as

die unieke en sentrale gestalte van die openbaring; die kerk as die mediator van hierdie gestalte, en die Maria-analogie van die kerk, wat op totale ontvanklikheid dui (vgl.Hofer 2005: 21-24).

36 Sommige geleerdes bring kuns eksplisiet in verband met die teologiese raamwerk van die

triniteit (Vader, Seun en Heilige Gees), of ook die drie ampte van Christus as Koning, Profeet en Priester (vgl. verder hieroor Reierson 1988: 36-40).

(“beauty”) is in estetiese sin veel meer as “the pretty, the merely decorative, or the inoffensively pleasant.” (Hart 2003: 15). Dit beoog veel meer as ’n sentimentele gevoel oor mooi sonsondergange en kunstige blommerangskikkings. Skoonheid het te make met God se wese en bedoeling met sy skepping, naamlik harmonie en heelheid. Dit vloei voort uit die diepste wese van die triniteit:

the Christian understanding of beauty emerges not naturally, but necessarily, from the Christian understanding of God as a perichoresis of love, a dynamic coinherence of the three divine persons, whose life is eternally one of shared regard, delight, fellowship, feasting, and joy. (Hart 2003: 155, vgl. ook verder 155-249).

weliswaar het die konsep van skoonheid in onbruik verval, moontlik omdat mense dit as illusie, of erger nog, as ’n leuen, beskou. Immers, die wêreld is dikwels allesbehalwe “mooi”. Kan ’n sneeubedekte berg met pieke wat deur wit wolke steek, wérklik asemrowend “mooi” wees – as daar ’n dorpie aan die voet daarvan lê waarin almal, onskuldige vrouens en kinders ingesluit, deur moordende bendes gemartel en uitgewis is? was die kleurvolle blomme op die Kambodjaanse “killing fields”, waar die pangas geflits en die bloedstollende krete van soldate en burgerlikes opgeklink het, “mooi”? Of die strelende klanke van Bach, voortgebring deur geïnterneerde Joodse musici, wat Nazi- offisiere aan die slaap moes sus?

Dit is nie so maklik om hierdie vrae te beantwoord nie. En tog moet ons vashou aan die begrip skoonheid. Dit bly ’n openbaringsrealiteit, en dus ’n ontologiese werklikheid, en is ook deurdronge van eskatologie. Dit ís heelheid en harmonie, maar leef ook in die antisipasie daarvan. teologies-estetiese skoonheid word nie deur die lelike en grusame genivelleer nie, maar kom juis op ’n vreemde wyse daarin te voorskyn. Om dít te begryp, benodig ons nie alleen die kuns van

interpretasie nie, maar ook die kuns van antisipasie (meer hieroor in hoofstuk 3).