• No results found

Antisipatoriese tekens van die teenwoordige Afwesige

3.2 Prosesse van ’n estetiese liturgie

3.2.3 Die kuns van antisipasie

3.2.3.2 Antisipatoriese tekens van die teenwoordige Afwesige

wat is die tekens van die sakramente anders as uitbeeldinge van bogenoemde eskatologiese80 spanning van ons geloof? In die sakramente “sien” ons tog by

uitstek die verbande tussen ons geloof, ons sinne en ons eksistensiële sinvrae: “theologie und Praxis der Sakramente sind dabei an erster Stelle zu nennen, an der die Sinnenhaftigkeit und Sinnlichkeit des Glaubens ebenso manifest wird wie sein Existenzbezug.” (Höhn 2003: 248). In die sakramente het ons, ook as gereformeerdes, simbole wat sterker roep om sintuiglike verkenning en benutting, simbole wat ons kan help om nie alleen die skepping te vier nie, maar ook die verlossing, en antisiperend81 die voleinding – die uiteindelike

triomf van God se skoonheid, goedheid en waarheid.

Selfs vir postmoderne mense, met hulle grondige wantroue in alles wat maar enigsens na metafisika lyk of ruik, bied die nagmaal ’n sinvolle, ikoniese uitdrukking van die soeke na sin, ook in religieuse terme. Postmoderne begrippe soos teenwoordigheid en afwesigheid (presence, absence) verkry in die nagmaal ’n verdiepte betekenis:

... the eucharist is thus ‘the paradigmatic figure of this presence-of-the- absence of God outside of which faith would no longer be faith’ ... presence and absence form one ambivalent reality. (Mitchell 2005: 143).

Deur die nagmaal heen word ons ingelyf in die spanning van die geloof in die teenwoordige afwesige God, die al-reeds en die nog-nie. wat aangebied word by die nagmaalstafel, word geëet, maar nooit volledig verteer nie; is presensie, maar kom nooit in ons greep nie; is gebroke, maar word nooit vernietig nie; gedeel, en tog nooit opgebruik nie; word uitgedeel aan almal, maar bly tog onuitputlik, kortom, is presensie ... en tog afwesigheid.

80 Die sakramente, en die nagmaal in die besonder, het natuurlik meer betekenisse as net die

eskatologiese. Die betekenis van die nagmaal sou moontlik in terme van tydskategorieë verduidelik kon word; As uitdrukking van God se handelinge met ons in die verlede, hede en toekoms. Gerd theissen vat die betekenisvlakke van die nagmaal in hierdie verband in tien stellinge saam, 2004: 352-360.

81 In die sakramente vind daar ’n soort verdigting van die tye plaas: die verlede word op só

’n wyse teenwoordig gestel, dat ’n hunkering na die toekoms ontstaan, en só dat hierdie toekoms inderdaad self ook teenwoordig word (vgl. Van wengen-Shute 2003: 101; ook wainwright 1983: 131).

It is our task, then, to embrace the iconic gift of Christ’s Eucharistic presence trembling with joy and courage, while never forgetting our doubt and fear. we must learn to recognize the presence of the absence, the truth of that Stranger who, blessing and breaking bread in the lonely outposts of our lives, comes as close as our breath and body, only to vanish from our sight. (Mitchell 2005: 151).

’n Boeiende studie wat in hierdie verband geïnterpreteer sou kon word, is die bekende skildery (nie eksplisiet Christelik nie) van Van Gogh, getiteld

Bloeiende Amandeltakke. Die kunstenaar het dit in die laaste fase van sy lewe

geskilder, toe hy reeds in ’n inrigting in St Rémy-de-Provence opgeneem was. Aanvanklik het hy eers in die tuin van die inrigting geskilder, met kleure opmerklik meer getemper as tydens die sogenaamde geel periode van Arles. Uit sy briefwisseling weet ons dat hy die kunswerk geskep het na aanleiding van die geboorte van sy nefie Vincent willem van Gogh, seun van sy broer theo en skoonsuster Jo, op 9 Februarie 1890. Hy het die skildery waarskynlik op die 20ste van dieselfde maand voltooi, en hy vermeld in een van sy briewe dat die weer triestig was, maar op die dag waarop die skildery geskep is, was dit “een ware lentedag, en de velden jong koren met de lila heuvels in ’t verschiet zo mooi, en de amandelbomen beginnen overall te bloeien” (soos aangehaal deur Barnard 1997: 172).

Die feit dat die boom nie volledig geskilder is nie, maar slegs die takke, mag moontlik daarop dui dat Van Gogh by dié geleentheid in sy kamer was en die amandelbloeisels deur die venster gesien het – dus ook ’n soort uitsig uit die gevangenis van sy brose situasie (hy het enkele maande na die voltooiing van die skildery selfmoord gepleeg). Hierdie broosheid van die lewe blyk ook uit die getemperde kleurgebruik, die teerheid van die bloeisels, en die feit dat die doek op plekke rondom die bloeisels deurskyn, om die delikaatheid daarvan nog verder te aksentueer.

En tog wek hierdie broosheid juis die verlange na die somer, na die volle lewe, en is dit terselfdertyd belofte, konkrete antisipasie daarvan. Die bloeisels is die eerste boodskappers van die oes. Binnekort sál die amandeltakke vol vrug wees. As gelykenis sê die skildery: die voorhande wêreld is nie die enigste of laaste nie. Iets van die ewigheid skyn al in die huidige werklikheid deur. Die toekoms is ’n asemteug weg (vgl. Barnard 1997: 172).

’n Liturgie wat die werklikheid ernstig opneem (observeer), en wat die teenwoordigheid van God in hierdie werklikheid onderskei (interpreteer), kan nie anders as om tekens van ’n alternatiewe werklikheid op te rig nie (antisipeer). Dit moet aan die een kant die broosheid van ons bestaan reflekteer (wat saamhang met die duisternis; vgl 3.2.1), maar aan die ander kant veral ook die hoop (wat saamhang met die Lig).82 ’n Liturgie wat antisipeer, is

deurdronge van die voordurende beweging tussen broosheid en hoop.

Kuns help die teologie en liturgie dus om eskatologies van aard te bly, deurdat dit op verrassende moontlikhede wys, op alternatiewe, op die noodsaak, maar ook haalbaarheid van transformasie. Immers, ware (teologiese) kreatiwiteit is nie bloot tevrede met reproduksie nie, maar eerder met nuwe skeppinge,

82 Dit kan in die visuele kuns, musiek, literatuur of in enige ander vorm van kuns geskied,

en het nie net ten doel om eksistensiële belewenisse te uiter nie (kuns volgens die funksionalistiese model, 2:2), maar ook om op ’n alternatief te wys, en so hoop te skep (die naturalistiese model, 2:2).

verrassende assosiasies – wat moed gee vir ’n nuwe wêreld (vgl. Kearny 1994:14-18; ook Cilliers 1998: 96 e.v.). Kuns leer ons om dieper te kyk, om, in hierdie geval, iets van die immanente, maar ook transendente God raak te sien, om iets van die spanning tussen die openbaring van ’n deus revelatus en die verborgenheid van ’n deus absconditus te beleef, en uit die hoop te leef wat hierdeur gebore word.

Kortom: Estetika inkorporeer beide chaos en hoop (vgl. Farley 2001: 120). In só ’n liturgie wat chaos en hoop inkorporeer, word die vreugde van die herontdekking en herontwaking van die hoop telkens uitgebeeld, die ervaring van verrassing deur die genade van God. Hernude dankbaarheid en verwondering oor God se voorsiening kom in spel. In die hart hiervan staan die herskeppende handelinge van God. terwyl die kruis ons grootste krisis uitdruk, is die opstanding van die Gekruisigde, en die uitstorting van sy Gees, ons grootste – en inderdaad enigste – bron van hoop. Daarom leef ons in die verwagting van ’n beter toekoms, van ’n alternatiewe wêreld.

Die kuns van antisipasie leer ons dat God se intertrinitariese dans volmaak is, afgerond, en tog ook nie. Die kring word in antisipasie juis oopgemaak en oopgehou, vir die hele skepping om ingesluit te word.

’n Antisiperende liturgie het oop arms, uitgestrek in die rigting van die eindes van die aarde, en die tyd. Dit verheug hom oor die wonder en realiteit van die trinitariese perichoresis, maar hunker ook na die dag wanneer al die volke inderdaad hulle hande sal klap, en sal meedoen in die ewige skoonheid van God se sirkeldans.

Hierdie hunkering word aangrypend uitgedruk in talle sketse, kunswerke in eie reg, wat deur kinders in die Duitse konsentrasiekampe tydens die tweede wêreldoorlog gemaak is.

Een van hulle is geskep deur Helena Schanzerová, wat op 3 November 1933 in Praag gebore is. Op 30 Junie 1942 word sy saam met haar familie na terezín weggevoer, waar sy in gebou CIII, blok 13 gewoon het, deel van groep I. Sy sterf op 18 Mei 1944 in Auschwitz. Op elfjarige ouderdom (of vroeër) het sy dus die volgende kunswerk geskep, met waterverf op grys papier, aan die regterkant geteken: “Helena Schanzerová 2/ 2III”. Die titel daarvan lui:

Kommentaar (woorde) is hier eintlik oorbodig, doen afbreuk aan die impak van hierdie beeld. Bondig gesê: Hier het ons ’n konkrete, estetiese uitdrukking van hoop. ’n Metafoor van hoop. Om te dans teen die chaos en onmenslikheid in. Om te dans vir die toekoms. Opvallend is wel die feit dat die kinders nie in ’n kring dans nie, maar in ’n lyn. Druk dit iets van ’n verlies van, en dus behoefte aan, geborgenheid uit? Die hunkering na heelheid en harmonie? Nêrens word die verband tussen estetika en hoop aangrypender uitgedruk as in die geskrifte van Victor Frankl nie. Hy vertel hoedat die verskriklikste oomblikke in Auschwitz draaglik gemaak is deur sporadiese, estetiese ervarings: die son wat deur die bome in die woud skyn (amper soos in ’n akwarel van Dürer); wolkformasies op die horison, ’n sonsondergang, ’n veraf liggie wat in die grou oggendure in ’n plaashuis skyn. Ervarings soos hierdie het die gevangenes – dikwels sterwend – antisipatories, hunkerend, laat sê: Hoe mooi

kán die wêreld tog nie wees nie ...

Die tweede nag wat Frankl in Auschwitz deurgebring het, is hy wakker gemaak deur ’n viool wat êrens ’n treurige tango-maat gespeel het. Hy het gedink aan iemand wat ’n paar honderd meter van hom af haar verjaarsdag in ’n kaserne moes vier. Sy was só naby, en tog só ver. Dit was sy vrou. In sy gedagtes het hy maar opgestaan, en met haar gedans ... (1947: 56-60)

Dit herinner aan die geskrifte van Henri Nouwen, gekompileer ná sy dood onder die titel: Turning my mourning into Dancing: Finding Hope in hard times. Hierin laat hy homself onder andere as volg uit:

Mourning makes us poor; it powerfully reminds us of our smallness. But it is precisely here, in that pain or poverty or awkwardness, that the Dancer invites us to rise up and take the first steps. For in our suffering, not apart from it, Jesus enters our sadness, takes us by the hand, pulls us gently up to stand, and invites us to dance. we find the way to pray, as the psalmist did, ‘You have turned my mourning into dancing’ (Ps. 30:11), because at the center of our grief we find the grace of God.83

83 ’n Mens hoor iets soortgelyks uit die mond van ’n predikant, A. Stephen Pieters,

gediagnoseer met MIV/vigs: dans word vir hom ’n metafoor van hoop, van vreugde en lewe in sy volheid:

“From the time of my diagnosis, dance has been a major metaphor for my life with AIDS ... Dancing has been an effective image of hope for my life with AIDS, because it symbolizes joy, exuberance, and love for life ... Dancing in spite of it all is what hope is all about to me. whether it’s watching it or doing it, dancing gives me joy, and I find I can’t feel hopeless when I’m feeling joyful ... I love the beauty of a dancer’s lines. I admire the grace and style which many dancers embody both on stage and off. I have a real weakness for accomplished dancers. they know how to communicate with their whole bodies. I love their poise, their athleticism, their ability to express vibrant emotions with the whole body. I love the joy of exuberant dancing. there is nothing that can express hope and joy quite as boundlessly as dancing ... I believe God appreciates dancing, too. the Scriptures often associate dancing with joy and praise, as in Psalm 30:11, “You turned my mourning into dancing; you stripped off my sackcloth and dressed me with joy,” and in Psalm 149:3, “Let them praise God’s name with dancing.” when joy ends, the dancing stops, as in Lamentations 5:15, “Joy has left our hearts; our dancing has become mourning.” ... In what is thought to be one of the earliest written fragments of the Bible, Miriam and the women celebrate the parting of the Red Sea with singing and dancing (Exodus 15:20-21). the story of David is punctuated with dancing throughout. when David kills Goliath, it is celebrated with singing and dancing (1 Sam 18:6-7). the people of ancient Israel commemorated other victories of David with dances, such as in 1 Samuel 21:11. David himself praised God with his joyful and triumphant dancing (2 Samuel 6:14-16). It seems God loves dancing too ... It’s very hard to confess that in spite of how important dance is to me, I really can’t dance, as hard as I’ve tried ... I’ve always been kind of awkward, stiff, and uncoordinated. I know that I’ll never be a featured dancer in a big musical as much as I’d love to. I’m just not very good at it. But that doesn’t stop me from being a dancer in my heart, and enjoying all the emotional benefits of dancing. Even when I was the sickest, and least able to dance, my soul danced. And that is perhaps when we all need that dancing spirit the most. A professional choreographer tells me, “Everyone can be a dancer, at least in the heart.” ... Discover the dancer in your heart. Love, nurture, and encourage that dancer. there’s hope in dancing! And everyone can do it. Dancing with HIV/AIDS is a statement of faith!” Uit: Dancing for Hope. Spirituality column 12. the Body. the Complete Hiv/Aids Resource. May 15, 1996.

Inderdaad – die kuns van dansende antisipasie verander dié wat daaraan meedoen. Daarvoor benodig dit egter ook die kuns van transformasie.