• No results found

3.2 Prosesse van ’n estetiese liturgie

3.2.1 Die kuns van observasie

3.2.1.1 Die liturgiese estetika van vas

’n Erediens wat nie verstaan wat vas beteken nie, sal ook nooit tot ware fees kan kom nie. Sonder vas verword die fees tot gekunstelde rituele, of liturgiese kitsch, of kosmetiese jolyt, of, op sy ergste, tot verbruikers-geörienteerde vermaaklikheid.

Sonder die dimensie van vas, van ’n reflektering van die duisternis, verval die erediens tot ’n “veilige hawe” in die sin dat dit bloot die prosesse van (algemene, ordentlike) verburgerliking dien en in stand hou. Maar, die erediens is tog ’n ruimte waarbinne ons uit óns sones gehaal en met die werklikhede wat saakmaak, gekonfronteer word. wie waarlik in die erediens vas, kan die afgryslike nie meer vir lief neem of met een of ander gedempte “geloofsinstelling” of verkapte “eskatologie” ignoreer nie. God inkarneer Homself in die mooie, maar ook in die afgryslike in. Die liturgie mag nie anders nie – in elk geval nie as dit getrou wil wees aan hierdie (publieke) werklikheid nie.

tydens hierdie vas kom ons uiteenlopende ervarings van krisis en nood in die oog. Ons erken eerlik dat ons status quo uitmekaar gebreek is en die lewe lelik geword het. Alles wat vroeër gerusstelling gebied het, is uit hulle voeë losgeskud. Emosies soos woede, skuld, wanhoop en klag word rou en eerlik uitgespreek, soms uitgeskree. Agter dit alles sit die ervaring van Godverlatenheid. Die uiterste uitdrukking van ons nood en skuld, maar ook van ons verlossing, is inderdaad die kruis. Die kruis verteenwoordig die diepste kreet uit die wanhopige eksistensie van die mensdom: My God, my God, waarom het U my

verlaat ... ? Dit verteenwoordig ook die uiterste oordeel oor die mensdom: God

se kritiek tot die dood toe.

Die liturgiese moment wat hierby pas, is dié van skuldbelydenis. Kuns, in die besonder ook kontemporêre kuns, kan ons help om dié ervarings en krisisse van die mensdom, en die reaksie van die kerk daarop, aangrypend uit te druk. Is tillich byvoorbeeld nie reg as hy beweer dat Picasso se Guernica ons ervarings onder ’n geslote hemel, ons Godverlatenheid beter as ’n duisend woorde uitbeeld nie (vgl. verder 3.2.4.2)? teken die postmoderne kuns van Andy warhol, byvoorbeeld sy Marilyn Monroe Seriograph, nie die droewige prentjie van mense wat leef in ’n leë konsumpsie-samelewing, sonder uitsig nie (vgl. die vorige bespreking by 2.3)? word God se oordeel oor ons samelewing nie ook hierin sigbaar nie? Bevestig dit nie op ’n aangrypende wyse dat ons die wet van God duisendvoudig oortree nie? Sou ’n toneel van honger kinders, of van seuntjies met masjiengewere oor hulle skouers, ons nie – as Christelike gemeente, wat die skepping takseer in die lig van die herskepping – op ’n konkrete wyse kon invoer in ’n verdiepte, kontekstuele skuldbelydenis nie? Verbeeld hierdie kuns van disoriëntasie nie (ook) die woord oor ons ellende nie?

Die liturgiese moment van verootmoediging was nog altyd vir Protestante en ook Gereformeerdes belangrik. Noordmans noem die vryspraak wat volg op die skuldbelydenis byvoorbeeld die hoogtepunt van die erediens. tog wil dit voorkom asof hierdie moment tans in baie Gereformeerde eredienste óf algaande uitgerangeer word, óf ten minste as ’n ongemaklike en onvanpaste73

73 Die argument sou dan wees dat die wet, en die aansprake daarvan, gewoon net nie meer

pas binne die huidige tydsgees nie. Mense wil nie meer voorgesê word wat om te doen of hoe om hulle lewens in te rig nie. Binne die tipiese postmoderne siening is waarheid nie meer absoluut nie, maar relatief en gedifferensieerd; het waarheid baie kante, en is dit histories-kontekstueel (vgl. Eagleton 1996: vii; ook Linn 1996: 100 e.v.). Om dus ’n eeue oue dokument voor te lees, afkomstig uit ’n ander kultuur en tyd, en te verwag dat mense hieraan gehoorsaam moet wees, is volgens hierdie siening naïef en moontlik selfs kerklik-arrogant. Baie mense soek daarby ook nog ’n religie wat die minimum vra, wat die lewe eerder vergemaklik as bemoeilik (vgl. Cilliers 1991: 1 e.v.). wetsopdragte druis teen die konsumpsiementaliteit van die tyd in, en maak moeë mense net nóg moeër. terwyl daar soveel aansprake op mense in die harde wêreld daarbuite is, is die versugting dat die erediens tog ’n ruimte moet bied waarin ons tot rus kan kom, vry van reëls en verpligtinge. Daarom word “vroliker” eredienste verkies, eredienste wat energerend is, eerder as eredienste wat morbied is, en jou telkens herinner aan jou tekortkominge (sonde), én jou opvorder om die onmoontlike te doen. Sieninge soos hierdie berus

element ervaar word, óf tot ’n bepaalde plek in ’n vaste liturgiese volgorde gestereotipeer word. Die moment van skuldbelydenis kan egter op ’n (ook esteties) gevarieërde wyse in die erediens funksioneer. Indien die erediens byvoorbeeld sterk wil uitspel wat ons – as gevolg van die sonde – nié is of het

nie, sou die wet in sy eerste funksie74 ’n groter klem in die liturgie kon verkry,

en wel ook op ’n verskeidenheid van maniere, wat dwarsdeur die liturgie na vore kan kom. Bepaalde Skrifgedeeltes kan gelees word, moontlik in kontras met dít wat in die wêreld aan die gang is. ’n Voorlesing van die saligsprekinge, gekoppel met ’n kontrasterende toneel (op ’n skerm gewerp of uit ’n koerant voorgelees) van ’n wêreld wat allesbehalwe só lyk, sou byvoorbeeld ’n effektiewe, aktuele oproep tot skuldbelydenis kon wees. So ook ’n toneel van armoede, gekoppel met die Ons Vader-gebed om ons daaglikse brood. Of ’n voorlesing van die Kersverhaal, teen die agtergrond van tonele van geweld en terrorisme, ens. Op hierdie kontrasterende wyse kan die wet in sy eerste funksie in ’n nuwe reliëf gebring word, en skuldbelydenis van sy vaagheid bevry word. Persoonlike en sosiale sondes kan skerper in die lig gebring word, byvoorbeeld deurdat die gemeente die woorde van ’n toepaslike psalm gesamentlik hardop sê. Natuurlik kan ook die dekaloog hier sinvol gebruik word, byvoorbeeld wanneer elke gebod deur die gemeente in die eerste persoon enkelvoud (ek) herhaal of as parafrase opgesê word as persoonlike belydenis dat ons lewens en ons wêrelde nié so lyk as wat God dit in sy gebod wil nie, en die gebod dan oorloop in die gebed om die verlossing in die volle en finale sin van die woord. Dit moet egter alles

uiteraard op ’n wanbegrip van die wet, maar dis waarskynlik wyer verspreid as wat ons dink.

74 God se Openbaringswoord is tegelyk daad. Dit kom daad-kragtig tot ons deur die

werking van die Heilige Gees. Maar dit kom tot ons op ’n verskeidenheid van maniere. Die Openbaringswoord kom primêr na ons as verlossingswoord, om ons vry te spreek van die sonde wat God self deur sy wet aan ons geopenbaar het. Dit kom egter ook na ons as wet wat ons sonde blootlê (die sg. eerste funksie van die wet), en ons so uitdryf na Christus toe (die tweede funksie van die wet, ook usus elenchticus of usus paedagogicus genoem, en as dit oor meer as net persoonlike sonde, maar ook oor samelewingsondes, handel, usus

politicus). Dit kom ook na ons as riglyn vir ’n lewe van gehoorsaamheid aan God, wat die

Here self uit genade deur sy Openbaringswoord in ons bewerkstellig (die derde funksie van die wet, ook usus tertius genoem). In alles bly dit egter die Here wat met ons praat en

werk, bly die omsluitende sirkel om al bogenoemde die openbaringswoord van God wat uit genade na ons toe kom (vir die klemverskille tussen Luther en Calvyn in hierdie verband, vgl.

liturgies en teologies gekoppel word en bly aan die boodskap van verlossing, wat uiteraard in die teologiese kern van die erediens ingebed moet wees. Indien die modus van die erediens anders lê, byvoorbeeld as uitdrukking van wat ons (in Christus) alreeds is, en daarom juis moet en kan wórd, kom die derde gebruik van die wet vanself sterker na vore. Hier kan ook bepaalde Skrifgedeeltes gehanteer word, en in navolging van Calvyn, in die besonder die dekaloog. Dalk is dit sinvol om ’n reeks te doen waarin een gebod telkens aan die orde kom, en op ’n innoverende wyse aan nuwe lewensmoontlikhede gekoppel word, moontlik aan bestaande aksies wat in die gemeente geloods word. Die hele dekaloog hóéf nie elke Sondag gelees te word nie: die blote repetisie van die dekaloog sonder begrip dien tog geen doel nie, behalwe om dit nog meer teoreties en irrelevant vir baie lidmate te maak. Indien mense die gebod daarenteen as verstaanbaar en relevant beleef, kan hulle opnuut die voordeel daarvan, ja, die evangelie daarin vir hulle elkedagse bestaan waardeer – veral ook as dit as bevrydingswoord gehoor word, dit wil sê as dit liturgies gekoppel bly aan die boodskap van verlossing wat in die teologiese kern van die erediens teenwoordig is, of ten minste behoort te wees (vgl. Cilliers 2003: 36).

Vroeër het ek verwys na die verband tussen observasie en die klassieke liturgiese moment van toenadering tot God. wie God goed in die oog kry, kan nie oorhaastig met hierdie toenadering wees nie. Die gebruiklike elemente van hierdie moment, byvoorbeeld die introïtuslied, votum en seën, sang as reaksie daarop, verootmoediging en vergifnis, epiklese, ens. moet daarop gerig wees om hierdie God, hierdie mysterium tremendum et fascinans te sien as die Een wie Hy werklik is, as die onbenaderbare Een – wie ons sowaar waag om hier te nader. Dit sou ’n geldige vraag wees of die huidige inrigting van die moment van toenadering of voorbereiding, ook in talle NG kerke, nie té gladweg en selfs oppervlakkig verloop nie. Kan byvoorbeeld die gewilde gebruik van musiek (Praise and Worship) hierdie toenadering dra, en hierdie blik op die Onsienlike bewerkstellig? word bogenoemde element van verootmoediging en vas genoegsaam daarin gereflekteer, of neig dit na ’n bepaalde oormoedigheid, selfs ’n tipe liturgiese triomfalisme?