• No results found

DIE UITDAGING VIR DIE PREDIKING

Die uitdaging vir die prediking in die postmoderne klimaat is dat dit ‘n kommunikasieproses sal wees waarby die postmoderne mens betrek sou kon word, maar terselfdertyd ook oopgestel bly vir die belewenis van God en sy heilshandelinge.

4.15. “EMERGING CHURCH MOVEMENT”

Hierdie beweging is ‘n kontroversiële 21ste eeu se Christelike beweging wat poog om mense te bereik wat in ‘n postmoderne klimaat lewe. Karakteristiek van hierdie beweging

is dat dit ‘n missionêre lewenswyse voorstaan waar Christene uitgestuur word in die wêreld in om daar tot seën van andere te wees.

Narratiewe aanbiedinge van die geloof en die Bybel asook die gebruik van multimedia is populêr by hierdie oorwegend jonger geslag Christene. Beklemtoning val op dialoog wat dan ruimte moet bied vir ‘n openheid tot pluraliteit van bybelse interpretasie met vermyding van dogmatiese beginsels eie aan die historiese Christendom.

4.15.1. MISSIONêRE LEEFWYSE

Alle gelowiges is sendelinge wat gestuur word om tot seën te wees van die kultuur rondom hulle deur middel van ‘n leefstyl wat God se koninkryk hier op aarde naboots. Soos God in Christus die wêreld in menslike gestalte betree het, só moet lede van hierdie beweging (individueel en gesamentlik) die konteks rondom hulle betree met die doel van transformasie. Dit kan volgens uiteenlopende metodes geskied: verbale evangelisasie, sosiale aktivisme, dade van dienswerk en gewone gasvryheid. Hierdie “missionaliteit” impliseer ‘n sogenaamde “holistiese” evangelie. Dit benadruk die noodsaaklikheid van die behoefte aan ‘n evangelie wat die lewens van mense en gemeenskappe aanraak sonder inagneming van kultuur en geloof. Sosiale aksie en gemeenskapsbetrokkenheid is net so belangrik soos prediking en onderrig. Narratiewe aanbiedinge van die geloof en die Bybel word beklemtoon bokant eksegetiese Bybeluitleg en Woordverkondiging. Laasgenoemde word bestempel as reduksionisties. Uit die aard van die saak het dit verreikende implikasies vir korporatiewe aanbidding.

4.15.2. EKKLESIOLOGIE

Die “emerging church movement” is hoogs gedesentraliseer met min institusionele koördinasie. Dit verkies om deur middel van vloeibare en oop netwerke te funksioneer. Voorstanders daarvan en deelnemers daaraan verkies die gedagtes van ‘being a local community of people on a journey’ and not ‘ a corporate church’. Die tradisionele kerklike strukture en instellings word uitgedaag (www.wikipedia.org).

4.15.3. POSTMODERNE AANSLAG

Die kerk word bestempel as te verbonde aan die modernisme en te rasionalisties van aard. Die sistematiese teologie kom in die spervuur, die onderrigmetodes van die kerk (prediking) is nie langer aanvaarbaar nie, die belang wat die kerk heg aan ‘n gebou as aanbiddingsplek, die grootliks uniforme wyse van gemeentelike aanbidding en die gedagte dat die Christendom homself beskou as die enigste saligmakende geloof word uitgewys as onaanvaarbare absolutismes.

In plaas daarvan word ‘n postmoderne epistemologie omhels en daarmee saam postmoderne waardes. Daar word gepoog om te “dekonstrueer” en ook te “rekonstrueer” met die doel om deel te wees van die Westerse gemeenskap wat nou grootliks post- Christelik begin word het.

Volgens Carson (www.modernreformation.org) is die fundamentele aspek ter sprake by hierdie beweging epistemologies van aard. Hoe weet ons dinge of hoe dink ons ons weet dinge? Modernisme word bestempel as op soek na die feitelike waarheid, absolutisties, liniêre denke, rasionalisme, linker- teenoor regterbreinaktiwiteit, onbuigsaam, die begeerte om altyd reg te wees en om in beheer te wees.

Postmodernisme beteken vir hulle om te erken hoedat die mens gevorm word deur die kultuur waarvan hy/sy deel is en beheer word deur emosie en estetika en erfenis; hierdie mens kan alleen intelligent deel wees van ‘n gemeenskap wanneer daar nie vasgehou word aan die beginsels van reg en verkeerd nie.

Modernisme poog om onbevraagtekenbare fondasies daar te stel terwyl die postmoderne aanslag uitgaan van die standpunt dat sodanige fondasies nie bestaan nie, ‘n sogenaamde “anti-foundational” of selfs “post-foundational” vertrekpunt.

Carson gee ook ‘n uiteensetting van agt perspektiewe in David Bosch se Transforming Mission: Paradigm Shifts in Theology and Mission (www.modernreformation.org). Hierdie beginsels word grootliks nagestreef deur een van die grootste proponente van die “emerging Church Movement, Brian McLaren, as sou daarmee die pad van die Christendom duidelik aangedui staan:

• Aanvaar die naasbestaan van verskillende gelowe geredelik. Dit is nie hulle skuld dat hulle bestaan nie.

• Dialoog veronderstel verbintenis tot ‘n mens se eie posisie en standpunt, daarom is dit ‘n goeie beginsel om deeglik te luister. Dialoog behoort integraal te wees met vertroue in die evangelie.

• Daar word allerweë aanvaar dat dialoog plaasvind in die teenwoordigheid van God, alhoewel Hy die Onsienlike is.

• Missionêre dialoog vereis nederigheid en broosheid. Dit behoort ons egter nie af te skrik nie, want juis wanneer ons swak is dan is ons sterk. Dit is ‘n vereiste dat vroeëre wandade deur Christene gepleeg erken sal word, alhoewel versigtigheid aan die dag gelê moet word om nie daardie vroeëre Christene te diskrediteer nie. • Elke godsdiens fungeer binne sy eie wêreld en ruimte en vra daarom verskillende

reaksies van Christene.

• Christelike getuienis sluit nie dialoog uit nie.

• Die “ou, ou tyding” is nie noodwendig die “ware en egte tyding” nie, want die mens hou immers aan om te groei. Diskussie en dialoog dra by tot hierdie groei. Die vrae wat deur die postmodernisme gevra word dra by tot hierdie groei.

• Leef saam met die paradoks: Ons ken geen ander weg tot die saligheid los van Jesus Christus nie, maar ons kan nie antisipeer wat God van plan is om met andere te doen nie. Ons moet eenvoudig binne hierdie spanningsveld leef.

Hiervolgens stuur die “emerging church movement” op ‘n veilige manier tussen absolutisme en relatiwisme deur.

In die postmoderne “Emerging Church” is die preek slegs ‘n onderafdeling van die ervaring van korporatiewe aanbidding. Meeste van die prediking moet egter plaasvind buitekant die kerkgebou binne die konteks van die gemeenskap en die verskillende verhoudinge waarin mense te staan kom. Op die oog af sou ‘n mens gemaklik hiermee kon saamgaan, veral in die lig van die feit dat die prediking, onder invloed van die rasionalisme, ietwat oorbeklemtoon is in die liturgie van die erediens. Gesien in die lig van die feit dat die geleentheid van die aanbidding egter “multi-sensories” moet wees, moet daar tog met voorbehoude bly kyk word, veral as gewag gemaak word van die globale, die belewenis van die mistieke en die beklemtoning van die visuele. Nie een van laasgenoemde aspekte mag geïgnoreer word nie, maar dan mag die verskillende elemente van die liturgie ook nie teenoor mekaar gestel word nie (Carson:www.modernreformation.org).

Ten opsigte van die “Emerging Church Movement sou ook van die volgende aspekte kennis geneem moet word soos aangedui in die sogenaamde Lighthouse Trails Research Project (www.lighthousetrailresearch.com).

• The Emerging Church is readily compatible with an abstract, irrational, illogical and illusionary religion such as Yoism. It is hostile to revelatory truth on its face. This extreme egalitarianism, which invites every person to give input into this “open source” religion, is pure chaos and biblical anarchy.

• Christianity is too limiting --- interspirituality should be sought.

• Emergent church folks are impatient with rigid megachurch formulas and noisy doctrinal in-fighting … They’re hammering out a theology that’s friendly to ancient faith practices (comtemplative prayer, labyrinths, hospitality) in a postmodern world of quantum physics, 24/7 media and coffee-house culture. • Congegations blend ancient worship practices, using meditation, candles and

incense, with rock music.

Dit is nie oorvereenvoudiging nie om te beweer dat postmodernisme in wese vyandig staan teenoor die objektiewe en eksklusiewe aansprake van ‘n bybelse Christendom. Terwyl Christene sensitief moet wees ten opsigte van die kultuur waarin hulle hulleself

bevind, en terwyl alle pogings in werking gestel moet word om hierdie waarhede te kontekstualiseer, mag die evangelie self nooit verander of aangepas word by ‘n heersende kultuur nie. Die orde is andersom. Postmoderne Christendom is ‘n ernstig gekompromiteerde Christendom.

In die Christelike era het die kerk mense se private lewens versterk in ooreenstemming met die waardes wat ook in die samelewing gegeld het ( Dreyer 2003:47). In die kerklike kultuur was daar gevolglik weinig dissonansie tussen die toepassing van Skriftuurlike en kulturele waardes. Dit het verander. Die hedendaagse mens raak vervreem van die kultuur waarin hy/sy leef en raak opgeneem in ‘n globale kultuur. Hulle ervaar nie meer die omringende kultuur as die enigste nie en nog minder die etos waarin die samelewing gegiet was.

Met die verval van die samelewingsetos het ook die betekenis van die Skrif in baie opsigte vir die postmoderne mens verval.