• No results found

SONDER ORGANE TE MAAK

3.2. Die Liggaam sonder Organe (LsO)

3.2.1. Die geologie van die LsO

Deleuze/Guattari (2003b: 40) voer aan dat die aarde die groot Gedeterritorialiseerde is. Dit is ʼn Liggaam sonder Organe, in die sin dat die aarde ʼn liggaam is wat enige interpretasie- of betekenisstrukture voorafgaan, sonder dat hier enigsins sprake is van ʼn essensialisme – die aarde is nie die nulpunt of die oorsprong van enige iets nie. Die aarde bestaan buite die (menslike) hiërargisering en strukturering van die leefwêreld:

This body without organs is permeated by unformed, unstable matters, by flows in all directions, by free intensities or nomadic singularities, by mad or transitory particles.

Tegelykertyd vind daar egter iets anders op die aarde plaas, ʼn uiters belangrike en onafwendbare fenomeen wat voordelig is in sommige opsigte en nadelig in baie ander: stratifikasie. Die strata is lae, vlakke, of gordels in die aarde. Hulle bestaan deur vorm te gee aan materies, deur intensiteite op te vang, deur eenmalighede (singularities) op te sluit in sisteme van resonansie en oortolligheid (redundancy). Strata produseer op die liggaam van die aarde groot en klein molekules en organiseer hulle in molêre20 versamelings. Strata is dus aksies van gevangeneming. Hulle opereer deur kodering en territorialisasie op die aarde. Die strata is oordele van God, sê Deleuze/Guattari. God, as die sentrum van betekenis en waarheid, is dus volgens hulle die naam wat gegee word aan stratifikasie, die aksie van binding en gevangeneming. Stratifikasie kan dus ook verstaan word as die algehele sisteem van die oordeel van God, maar die aarde, of die LsO, ontwyk voortdurend hierdie oordeel: dit vlug en word gedestratifiseerd, gedekodeer en gedeterritorialiseerd.

Waarna verwys hierdie beeld, die ‘oordeel van God’? Dit is ʼn beeld wat Artaud gebruik in sy oorspronklike konseptualisering van die orgaanlose liggaam. Hy skryf in 1947 sy versdrama vir radio, To Have Done with the Judgment of God, ʼn lasterlike, skatologiese

20 Die term molêr is ontneem uit die chemie, spesifiek Avogadro se nommer, 6 X 10 tot die mag 23, die getal atome in een gram waterstof. ʼn ‘Mol’ bevat altyd dieselfde hoeveelheid partikels, ongeag die volume wat dit beslaan. By Deleuze/Guattari verwys die term ‘molêr’ nie na die grootte van die partikels nie, maar is die verskil tussen molêr en molekulêr eerder die verskil tussen verskillende modi van organisering van ʼn veld of ‘populasie’ van partikels (van enige omvang). Deleuze/Guattari se gebruik van molêr verwys na die vermoë om slegs te fokus op die gemiddelde gedrag binne ʼn veld. ʼn Veld is dus molêr wanneer dit

georganiseer is volgens ʼn spesifieke norm of standaard, sodat die partikels gerangeer kan word in terme van hul afwykings tot die norm. Molekulêre montages of velde verwys weer na montages waar die afwykende gedrag van die partikels in ag geneem moet word omdat hulle groot veranderinge binne die montage kan teweeg bring. Molêre liggame is velde binne ekwilibrium en molekulêre montages verkeer in

en hoogs eksperimentele werk wat ook sy laaste sou wees en wat as gevolg van sensuur eers dertig jaar later uitgesaai sou word. Die onderstaande aanhaling uit die werk lees ek as ʼn uitbeelding van hoe die groot LsO, die aarde, stop, en hoe die mens te staan kom voor die keuse tussen veruiterliking, deterritorialisasie (die LsO) of verinnerliking, die liggaam vol organe:

This comes from the fact that man, one fine day,

stopped

the idea of the world.

Two paths were open to him: that of the infinite without, that of the infinitesimal within.

And he chose the infinitesimal within. Where one need only squeeze the spleen,

the tongue, the anus or the glans.

And god, god himself squeezed the movement (Artaud 1988: 561).

Die mens se keuse vir verinnerliking kan hier dus gelees word as die mens se keuse teen vryheid en veelvoudigheid.

Die organisasie van organe, stratifikasie, is die werk van die Groot Organiseerder, die Groot Afsteker van Grense. Maar altyd bestaan daar die ontvlugtingslyn uit hierdie oordeel van God:

while an army of men descended from a cross,

to which god thought he had long since nailed them, has revolted,

and, armed with steel, with blood,

to have done with GOD’S JUDGMENT (1988: 562).

Deleuze/Guattari (2003b: 40) voer verder aan dat ʼn oppervlak van stratifikasie ʼn kompakte vlak van konsistensie is wat tussen twee lae lê. Die lae is die strata. Soos bekend is in die geologie, kom hulle altyd voor in ten minste pare. Die een is die substratum vir die ander. Die oppervlak van stratifikasie is ʼn masjinistiese montage onderskeibaar van die strata. Die montage of versameling (die veelvoudigheid) lê tussen twee lae, tussen die strata en die konsistensievlak.

Om terug te keer na Artaud se beeld van die oordeel van God, kan dit gestel word dat hierdie oordeel wys op die binding van die mens deur God (lees: die personifikasie van binding en stratifikasie). Deleuze/Guattari (2003b: 40) sien God as ʼn kreef: ʼn wese met dubbele knypers, ʼn magsentrum wat funksioneer deur ʼn proses van ʼn dubbele binding. Strata kom gewoonlik in pare, maar tot ʼn mate is elke stratum ook dubbel. Elke stratum is ʼn dubbele artikulasie:

The first articulation chooses or deducts, from unstable particle-flows, metastable molecular or quasi-molecular units (substances) upon which it imposes a statistical order of connections and successions (forms). The second articulation establishes functional, compact, stable structures (forms), and constructs the molar compounds in which these structures are simultaneously actualized (substances) (2003b: 40-41).

In geologiese terme word die twee artikulasies onderskeidelik sedimentasie en vouing genoem. Elke artikulasie bevat vorm en substansie, ʼn kode en territorialisasie. Die een is net meer soepel, meer molekulêr; die ander is meer rigied, molêr en georganiseerd. Al het die eerste artikulasie nie ʼn tekort aan sistematiese interaksies nie, is dit binne die tweede artikulasie wat oorkodering, sentrering, unifikasie, totalisering, integrasie, hiërargisering en finalisasie plaasvind (2003b: 41).

Om saam te vat, kan gesê word dat stratifikasie of die oordeel van God, beide beelde wat dieselfde proses van gevangeneming of binding aandui, altyd ʼn dubbele artikulasie besit en dat die een artikulasie van binding meer soepel as die ander is. Verder is die LsO die vlak tussen die twee strata of artikulasies van stratifisering wat die organisasie of binding binne die strata ontglip. Hierdie beelde van die strata, die dubbele knypers van God, en

die organisme teenoor die LsO, mag uiters abstrak voorkom, maar Deleuze/Guattari gebruik hierdie verwikkelde konsepte om ʼn konkrete fenomeen in die werklikheid uit te beeld. Hierdie beelde maak ʼn konseptualisering moontlik van die wyse waarop die wêreld voortdurend prosesse tussen stolling of binding en vervloeiing ondergaan, net soos die aardstowwe letterlik ook voortdurend prosesse van stratifikasie en destratifikasie ondergaan. Deleuze/Guattari gebruik hierdie denkinstrumente om ook aan te dui hoe menslike subjektiwiteit dieselfde proses van voortdurende beweging tussen ʼn LsO en die strata van ʼn Cartesiaanse of transendentale identiteit ondergaan.

Vervolgens sal daar aandag gegee word aan die konsep van die organisme, die gestratifiseerde, gestolde liggaam vol organe wat die nomadiese subjektiwiteit wil bind binne interpretasie- en betekeningsisteme.