• No results found

Demografiese beskrywing van deelnemers

PROBLEMATIESE WOEDE

AFDELING 2: Ondersoek die frekwensie van deelnemers se woedegedrag

6.3 RESULTATE VAN DIE STUDIE

6.3.1 Demografiese beskrywing van deelnemers

Vier en tagtig deelnemers het aan die studie se insluitingskriteria voldoen, waarvan 54 deelnemers binne-pasiënte by Stabilis Behandelingsentrum en 30 deelnemers binne-pasiënte by Denmar Spesialis Psigiatriese Hospitaal was. Vyf voornemende deelnemers het uitgeval as gevolg van hul kognitiewe funksionering; hulle kon nie die vraelyste gemaklik en onafhanklik voltooi (vergelyk insluitingskriteria 5.2) nie. Na voltooiing van vraelys een het dit vorendag gekom dat ‘n verdere nege voornemende deelnemers nie aan die insluitingskriteria voldoen het nie as gevolg van hul ouderdom en/of heropnames. Die resultate van vraelys een (vgl. Bylae A) word weergegee ten einde die steekproef te beskryf.

Die mediaanouderdom van die steekproef was 36 jaar en 6 maande. Die jongste deelnemer was 19 jaar en die oudste deelnemer was 61 jaar. Die meerderheid van die deelnemers was mans (68%).

Tabel 6.1: Verspreiding van deelnemers se hoogste akademiese kwalifikasies

Kwalifikasies

n = 84 Persentasie (frekwensie) deelnemers

Graad 9 tot 11 17% (14)

Graad 12 42% (35)

Kursusse of diploma 26% (22)

Graad 15% (13)

Al die deelnemers het basiese geletterdheid getoon. Drie en tagtig persent (83%) van die deelnemers het hul skoolopleiding voltooi. Twee en veertig persent (42%) van die deelnemers het aangedui dat graad 12 hul hoogste akademiese kwalifikasie was, terwyl 41% van die deelnemers naskoolse opleiding ontvang het.

Tabel 6.2: Verspreiding van deelnemers se beroepsgroepe

Beroepe

n = 84 Persentasie (frekwensie) deelnemers

Werkloos 5% (4) Student 5% (4) Assistent-ambagsman 6% (5) Ambagsman 12% (10) Klerklik 5% (4) Huishoudelik 2% (2) Kreatief 5% (4) Oorredend 11% (9) Tegnies/administratief 23% (19) Professioneel 8% (7) Bestuur 17% (14) Uitvoerende bestuur 2% (2)

Bogenoemde resultate toon dat 23% van die deelnemers beroepe beoefen het met spesifieke tegniese of administratiewe vaardighede, terwyl 17% van die deelnemers in bestuursposisies was. Elf persent (11%) van die deelnemers het beroepe in verkope of bemarking beoefen, wat op hul oorredingsvermoë gebaseer was.

Wat die huwelikstatus van die deelnemers betref was 41% van die deelnemers ongetroud, 36% getroud en 23% geskei.

Tabel 6.3: Verspreiding van deelnemers se moedertaal

Moedertaal

n= 84 Persentasie (frekwensie) deelnemers

Engels 20% (17) Afrikaans 64% (54) Tswana 7% (5) Zoeloe 4% (3) Xhosa 2% (2) Noord-Sotho 2% (2) Suid-Sotho 1% (1)

Die meerderheid deelnemers (64%) se moedertaal was Afrikaans, terwyl 20% van die deelnemers se moedertaal Engels was. Sestien persent van die deelnemers het ander moedertale gepraat: 7% Tswana, 4% Zoeloe, 2% Xhosa, 2% Noord-Sotho en 1% Suid-Sotho.

Tabel 6.4: Verspreiding van die tipe substanse wat deelnemers misbruik het

Tipe substans

n = 84 Persentasie (frekwensie) deelnemers

Alkohol 66% (55)

Medikasie (slaap-, pyn- of

voorskrifmedikasie) 25% (21) Kokaïne 17% (14) “Cat” (“methacarhinone”) 11% (9) Heroïne 7% (6) Kannabis (dagga) 5% (4) “Ecstacy” (MDMA) 2% (2)

LSD (“lysergic acid diethylamide”) 1% (1) Tik (“crystal methamphetamine” ) 1% (1)

“Mandrax” (“methaqualone”) 1% (1)

“Magic mushrooms” (“psilocyben

mushrooms”) 1% (1)

Deelnemers het aangedui watter substanse hul misbruik het. Van die deelnemers het meer as een tipe substans misbruik. Alkohol was deur 66% van die deelnemers misbruik en was die substans wat die meeste

deelnemers misbruik het. Vyf en twintig persent (25%) van die deelnemers het medikasie (slaap-, pyn- of voorskrifmedikasie) misbruik, terwyl 17% kokaïne en 11% “Cat” misbruik het.

Tabel 6.5: Verspreiding van deelnemers se misbruik per substanskategorie

Substanskategorie

n =84 Persentasie (frekwensie) deelnemers Misbruik van depressante

Beïnvloed die sentrale senuweestelsel deur breinselaktiwiteit te verlaag. Sluit substanse in soos alkohol, opioïede, narkotikums en bensodiasepiene.

79% (66)

Misbruik van stimulante

Beïnvloed die sentrale senuweestelsel deur breinselaktiwiteit te verhoog. Sluit substanse in soos kokaïne, “Cat”, “Ecstasy” en LSD.

14% (12)

Misbruik van depressante en

stimulante 7% (6)

Die meerderheid deelnemers (79%) was misbruikers van depressante (middels wat die sentrale senuweestelsel beïnvloed deur breinselaktiwiteit te verlaag), terwyl 14% van die deelnemers stimulante (middels wat die sentrale senuweestelsel beïnvloed deur breinselaktiwiteit te verhoog) misbruik het. Sewe persent (7%) van die deelnemers het ‘n kombinasie van depressante en stimulante misbruik.

Tabel 6.6: Verspreiding van deelnemers se familiegeskiedenis ten opsigte van substansmisbruik

Familiegeskiedenis n = 84

Persentasie (frekwensie) deelnemers

Geen familiegeskiedenis 52% (44) Vader en/of lede van vader se

familie 18% (15)

Moeder en/of lede van moeder se familie.

13% (11) Moeder en/of vader en lede

van albei families.

Agt en veertig persent (48%) van die deelnemers het ‘n familiegeskiedenis van substansmisbruik gemeld.

Deelnemers was versoek om aan te dui of hul hoofbeserings opgedoen het en wat die gevolge daarvan was. Die rede hiervoor was dat neurologiese uitvalle ‘n persoon se sensoriese prosessering kon affekteer.

Tabel 6.7: Oorsake van deelnemers se hoofbeserings

Oorsake

n = 12 Persentasie (frekwensie) deelnemers

Motorongeluk 50% (6)

Geval 25% (3)

Konkussie 25% (3)

Fietsongeluk 8% (1)

Fisiese aanranding 8% (1)

Van brug afgespring

(selfmoordpoging) 8% (1)

Veertien persent (14%) van die deelnemers het aangedui dat hul ‘n hoofbesering opgedoen het en het die oorsake daarvan beskryf. Van die deelnemers het meer as een oorsaak beskryf. Die meeste van bogenoemde deelnemers (50%) het aangedui dat ‘n motorongeluk die oorsaak van hul hoofbesering was. Vyf en twintig persent (25%) van die deelnemers het beskryf dat hul geval het, terwyl ‘n verdere 25%, konkussie as die oorsaak geïdentifiseer het.

Tabel 6.8: Gevolge van deelnemers se hoofbeserings

Gevolge

n = 12 Persentasie (frekwensie) deelnemers

Geen 50% (6)

Hoofpyne 25% (3)

Ortopediese probleme 17% (2)

Amnesie net oor die ongeluk 8% (1)

Bogenoemde deelnemers was ook versoek om die gevolge van hul hoofbesering wat steeds voorgekom het aan te dui. Van die deelnemers het meer as een gevolg aangedui. Vyftig persent (50%) van hierdie deelnemers het geen probleme as gevolg van die hoofbesering ervaar nie, 25% van hierdie deelnemers het steeds hoofpyne ervaar as gevolg van die hoofbesering en 17% het ortopediese probleme ervaar.

Bogenoemde resultate toon dat deelnemers wat wel hoofbeserings opgedoen het geen langtermyn neurologiese-uitvalle as gevolg daarvan ondervind het nie. Dus was die deelnemers se sensoriese prosessering nie as gevolg daarvan geaffekteer nie en het hulle aan die studie se insluitingskriteria voldoen.

Tabel 6.9: Verspreiding van deelnemers se toekomsverwagtinge

Verwagte ondersteuning van omgewing waarheen terugkeer na ontslag

n = 84

Persentasie (frekwensie)

deelnemers Goeie ondersteuning; omgewing is gunstig. 52% (44) Redelike ondersteuning; omgewing is in

sekere opsigte ondersteunend. 38% (32)

Geen ondersteuning; keer terug na moeilike

omstandighede. 10% (8)

Twee en vyftig persent (52%) van die deelnemers het verwag om na ontslag na ‘n gunstige omgewing met goeie ondersteuning terug te keer. Agt en dertig persent (38%) van die deelnemers het verwag dat hul omgewing redelik ondersteunend sou wees na ontslag. Tien persent (10%) van die deelnemers het verwag om na moeilike omstandighede terug te keer na ontslag. Negentig persent (90%) van die deelnemers het ten minste ‘n redelik positiewe toekomsverwagting gekoester.

In die bogenoemde gedeelte is die demografiese profiel van die deelnemers weergegee. Die volgende gedeelte fokus op die resultate van deelnemers se sensoriese prosesseringsgedrag.