• No results found

Beskrywing van sensoriese prosesseringspatrone

PROBLEMATIESE WOEDE

AFDELING 2: Ondersoek die frekwensie van deelnemers se woedegedrag

6.3 RESULTATE VAN DIE STUDIE

6.3.3 Beskrywing van sensoriese prosesseringspatrone

Deur die “Adolescent/Adult Sensory Profile” in te vul was deelnemers se kwadrantopsomming vir lae registrasie, sensories-soekende, sensoriese sensitiewe en sensories-vermydende patrone bepaal. Die “Adolescent/Adult Sensory Profile” klassifiseer kwadrantopsommings in die volgende vyf kategorieë: baie minder as ander mense, minder as

ander mense, dieselfde as ander mense, meer as ander mense en baie meer as ander mense.

Vir die doel van hierdie studie was die kategorieë van die kwadrantopsommings soos volg beskryf:

• Baie minder as ander mense en minder as ander mense: Hierdie kategorieë dui op sensoriese prosesseringspatrone wat minder as die tipiese norm is. Dit is moontlik dat persone probleme in hulle daaglikse funksionering kan ervaar as gevolg van hierdie wyse van sensoriese prosessering.

• Dieselfde as ander mense: Die kategorie dui op sensoriese prosesseringspatrone wat dieselfde as die tipiese norm is. Daar word nie verwag dat hierdie wyse van sensoriese prosessering probleme vir ‘n persoon kan veroorsaak nie.

• Meer as ander mense en baie meer as ander mense: Hierdie kategorieë dui op sensoriese prosesseringspatrone wat meer as die tipiese norm is. Dit is moontlik dat persone probleme in hulle daaglikse funksionering kan ervaar as gevolg van hierdie wyse van sensoriese prosessering.

Tabel 6.16: Lae registrasie patrone

Lae registrasie

n = 84 Persentasie (frekwensie) deelnemers Baie minder as ander mense 1% (1)

Minder as ander mense 7% (6)

Dieselfde as ander mense 40% (34)

Meer as ander mense 35% (29)

Baie meer as ander mense 17% (14)

Agt persent (8%) van die deelnemers se lae registrasie patrone was minder as die tipiese norm van hierdie kwadrant. Veertig persent (40%) van die deelnemers se lae registrasie patrone was dieselfde as die tipiese norm van hierdie kwadrant. Twee en vyftig persent (52%) van die deelnemers se lae registrasie patrone was meer as die tipiese norm van hierdie kwadrant.

Die meerderheid (52%) deelnemers se lae registrasie patrone was dus meer as die tipiese norm van hierdie kwadrant.

Tabel 6.17: Sensories-soekende patrone

Sensories-soekend

n = 84 Persentasie (frekwensie) deelnemers Baie minder as ander mense 4% (3)

Minder as ander mense 13% (11)

Dieselfde as ander mense 71% (60)

Meer as ander mense 8% (7)

Baie meer as ander mense 4% (3)

Sewentien persent (17%) van die deelnemers se sensories-soekende patrone was minder as die tipiese norm van hierdie kwadrant. Een en sewentig persent (71%) van die deelnemers se sensories-soekende patrone was dieselfde as die tipiese norm van hierdie kwadrant. Twaalf persent (12%) van die deelnemers se sensories-soekende patrone was meer as die tipiese norm van hierdie kwadrant.

Die meerderheid (71%) deelnemers se sensories-soekende patrone was dus dieselfde as die tipiese norm van hierdie kwadrant.

Tabel 6.18: Sensoriese sensitiewe patrone

Sensories sensitief

n =84 Persentasie (frekwensie) deelnemers

Baie minder as ander mense 0

Minder as ander mense 1% (1)

Dieselfde as ander mense 49% (41)

Meer as ander mense 24% (20)

Baie meer as ander mense 26% (22)

Een persent (1%) van die deelnemers se sensoriese sensitiewe patrone was minder as die tipiese norm van hierdie kwadrant. Nege en veertig persent (49%) van die deelnemers se sensoriese sensitiewe patrone was dieselfde as die tipiese norm van hierdie kwadrant. Vyftig

persent (50%) van die deelnemers se sensoriese sensitiewe patrone was meer as die tipiese norm van hierdie kwadrant.

Die helfte (50%) van die deelnemers se sensoriese sensitiewe patrone was dus meer as die tipiese norm van hierdie kwadrant.

Tabel 6.19: Sensories-vermydende patrone

Sensories-vermydend

n = 84 Persentasie (frekwensie) deelnemers

Baie minder as ander mense 0

Minder as ander mense 1% (1)

Dieselfde as ander mense 43% (36)

Meer as ander mense 32% (27)

Baie meer as ander mense 24% (20)

Een persent (1%) van die deelnemers se sensories-vermydende patrone was minder as die tipiese norm van hierdie kwadrant. Drie en veertig persent (43%) van die deelnemers se sensories-vermydende patrone was dieselfde as die tipiese norm van hierdie kwadrant. Ses en vyftig persent (56%) van die deelnemers se sensories-vermydende patrone was meer as die tipiese norm van hierdie kwadrant.

Die meerderheid (56%) deelnemers se sensories-vermydende gedrag was dus meer as die tipiese norm van hierdie kwadrant.

Die resultate van deelnemers se sensoriese prosesseringspatrone was verder ondersoek. Elke deelnemer se sensoriese prosesseringspatrone was by al vier die kwadrante (sensoriese profiel) met mekaar vergelyk. Dit het dit moontlik gemaak om die totale voorkoms van kwadrante te bepaal waar deelnemers se sensoriese prosesseringspatrone minder as die tipiese norm (vgl. Tabel 6.20), dieselfde as die tipiese norm of meer as die tipiese norm was (vgl. Tabel 6.21).

Tabel 6.20: Voorkoms van kwadrante waar sensoriese prosesseringspatrone minder as die tipiese norm was

Voorkoms van kwadrante

n = 84 Persentasie (frekwensie) deelnemers In een van die vier kwadrante was

patrone minder as die tipiese norm. 11% (9) In twee van die vier kwadrante was

patrone minder as die tipiese norm. 2% (2) In drie of vier van die kwadrante

was patrone minder as die tipiese norm.

0

Elf persent (11%) van die deelnemers het in een van die vier kwadrante sensoriese prosesseringspatrone getoon wat minder as die tipiese norm van hierdie kwadrant was. Twee persent (2%) van die deelnemers het in twee van die vier kwadrante sensoriese prosesseringspatrone getoon wat minder as die tipiese norm van hierdie kwadrante was. Geen deelnemer se sensoriese prosesseringspatrone was minder as die tipiese norm vir drie of vier van die kwadrante nie. Die totale voorkoms van kwadrante waar deelnemers se sensoriese prosesseringspatrone minder as die tipiese norm was, was dus laag (13%).

Sewentien persent (17%) van die deelnemers se sensoriese prosesseringspatrone was by al vier die kwadrante dieselfde as die tipiese norm.

Tabel 6.21: Voorkoms van kwadrante waar sensoriese prosesseringspatrone meer as die tipiese norm was

Voorkoms van kwadrante

n = 84 Persentasie (frekwensie) deelnemers In een van die vier kwadrante was

patrone meer as die tipiese norm. 18% (15) In twee van die vier kwadrante

was patrone meer as die tipiese norm.

20% (17) In drie van die kwadrante was

patrone meer as die tipiese norm. 32% (27) In vier van die kwadrante was

patrone meer as die tipiese norm. 4% (3)

Agtien persent (18%) van die deelnemers het in een van die vier kwadrante sensoriese prosesseringspatrone getoon wat meer as die tipiese norm van hierdie kwadrant was. Twintig persent (20%) van die deelnemers het in twee van die vier kwadrante sensoriese prosesseringspatrone getoon wat meer as die tipiese norm van hierdie kwadrante was. Twee en dertig persent (32%) van die deelnemers het in drie kwadrante sensoriese prosesseringspatrone getoon wat meer as die tipiese norm van hierdie kwadrante was. Vier persent (4%) van die deelnemers het in al vier kwadrante sensoriese prosesseringspatrone getoon wat meer as die tipiese norm van hierdie kwadrante was. Die totale voorkoms van kwadrante waar deelnemers se sensoriese prosesseringspatrone meer as die tipiese norm was, was dus hoog (74%).

Dié drie kwadrante waar 32% van die deelnemers se sensoriese prosesseringspatrone meer as die tipiese norm was, is verder beskryf deur die kwadrante te spesifiseer (vgl. Tabel 6.22).

Tabel 6.22: Beskrywing van die drie kwadrante waar sensoriese prosesseringspatrone meer as die tipiese norm was

Voorkoms van kwadrante

n = 84 Persentasie (frekwensie) deelnemers Lae registrasie, sensories sensitief en

sensories-vermydend 27% (23)

Lae registrasie, sensories-soekend en

sensories-vermydend 4% (3)

Sensories-soekend, sensories sensitief

en sensories-vermydend 1% (1)

Sewe en twintig persent (27%) van die deelnemers se lae registrasie, sensoriese sensitiewe en sensories-vermydende patrone was meer as die tipiese norm van hierdie kwadrante. Vier persent (4%) van die deelnemers se lae registrasie, sensories-soekende en sensories- vermydende patrone was meer as die tipiese norm van hierdie kwadrante. Een persent (1%) van die deelnemers se sensories- soekende, sensoriese sensitiewe en sensories-vermydende gedrag was meer as die tipiese norm van hierdie kwadrante.

Lae registrasie, sensoriese sensitiewe en sensories-vermydende patrone was dus die kombinasie van kwadrante waar die grootste hoeveelheid deelnemers se gedrag meer as die tipiese norm was.

6.3.4 Intensiteit van woede-ervaringe in situasies rakende