• No results found

Besondere uitdagings ten opsigte van afwesighede

HOOFSTUK 1: INLEIDING, PROBLEEMSTELLING EN DOEL MET DIE NAVORSING

2.5 DIE BEGINNERSKOOLHOOF

2.5.4 Besondere uitdagings wat aan die beginnerskoolhoof gestel word

2.5.4.4 Besondere uitdagings ten opsigte van afwesighede

Een van die uitdagings waarvoor die beginnerskoolhoof te staan kom, is die kwessie van afwesigheid van beide die onderwysers en leerders. Nie alleen moet daar toesig gereël word vir die personeellid wat afwesig is nie, maar moet ʼn geskikte plaasvervanger ook gekry en aangestel word indien die personeellid vir ʼn lang tyd afwesig gaan wees. Gedurende die tydperk wat die geskikte persoon gesoek word, verloor die leerders werk en die beginnerskoolhoof moet ʼn plan in werking hê hoe die werk ingehaal gaan word. Dit geld ook vir die leerders wat afwesig is. Effektiewe onderrig kan nie geskied as die personeel of leerders nie in die klas is nie. Verskeie literatuurskrywers voer oorsake vir afwesighede aan. Volgens Van der Westhuizen (2005:331,332) kan sekere faktore afwesighede by personeel beïnvloed, naamlik:

45

 frustrasie as gevolg van die beginnerskoolhoof se onbevoegde of teenstrydige leierskapstyl

 uitputting as gevolg van ʼn harde, stresvolle dag  uitbranding as gevolg van uitputting.

Rothman et al. (2008:412,416,417,451) beweer dat uitputting die gevolg van te groot werkslading is. Die verhouding tussen werksverpligtinge en hulpbronne aan die een kant en swak gesondheid aan die ander kant veroorsaak dikwels uitbranding. Uitbranding kom voor onder ouer personeellede (40–49 jaar ouderdomsgroep) as gevolg van oorlading en meer verantwoordelikheid wat op hulle skouers geplaas word. Mosea (2006:85) sluit hierby aan dat ʼn groot aantal onderwysers gefrustreerd is, aan stres lei, belangstelling in hulle werk verloor het of ʼn negatiewe gevoel oor hulle werk het en depressie ervaar wat aanleiding tot uitbranding kan gee.

Siekte

Khedama (2005:8,85) lê klem daarop dat die afwesighede van personeellede ʼn groot uitdaging vir beginnerskoolhoofde is aangesien hulle nie beheer oor die doktersbriewe wat ingehandig word vir die aantal dae wat hulle afwesig is, het nie. Van die redes is ooreising as gevolg van te groot klasse, stres, frustrasie, depressie en ʼn gebrek aan motivering. Myburgh en Poggenpoel (2004:261-264) beweer weer dat transformasie in die onderwysstelsel onderwysers ten opsigte van hulle rol en hulle eie identiteit verwar. As gevolg hiervan ondervind personeellede stresverwante probleme. Dit veroorsaak wanverhoudings tussen onderwysers en leerders, onderwysers en hulle kollegas en onderwysers en hulle gesinne. Dit lei tot ontydige en onnodige afwesighede by personeel.

VIGS

Volgens Hepburn (2001:93) speel VIGS ʼn groot rol in die afwesigheid van personeellede. Die siekte verg dat die personeellid lang tye afwesig is. Sodra hulle terugkom ondervind hulle ʼn groot mate van stres en is getraumatiseerd. Klaswerk en huiswerk is gewoonlik dan laaste op hul prioriteitslys. Mosea (2006:86) sluit hierby aan dat onderwysers se afwesighede aan siektes soos VIGS en verwante siektes en afwesighede as gevolg van familieverpligtinge toegeskryf kan word. Die onderwysers is vir lang tydperke afwesig en die beginnerskoolhoof moet ʼn geskikte plaasvervanger kry wat soms moeilik is om te vind. Skoolhoofde kan en mag nie VIGS-inligting verskaf nie, veral omdat sommige personeellede en leerders nie hulle status openbaar nie (Kutame & Mulaudzi, 2010:95).

46

Onderprestasie

Onderprestasies van leerders en personeellede is van die grootste uitdagings waarvoor ʼn beginnerskoolhoof te staan kom. Hierdie oorsaak word gewoonlik aan die lae vlak van motivering by onderwysers toegeskryf. Onderprestasie hou soms ook verband met die afwesighede van beide leerders sowel as personeellede. Onderwysers in onderpresterende skole is geneig om afwesig te wees en nie vir klasse op te daag nie en gevolglik kan hulle nie deur die sillabus kom nie (Mogonediwa, 2008:29,73,78,82; Moeketsi, 2004:71). Verder kan swak leerderprestasie aan te min ervaring van onderwysers, lae kwalifikasies, nie voldoende hulpbronne en swak sosio-ekonomiese agtergronde toegeskryf word. Skole wat onderpresteer gebruik nie onderrigtyd effektief nie wat ʼn negatiewe invloed op die prestasies van die leerders het.

Ander verwante oorsake

As gevolg van die gedurige verandering in die onderwys, voel onderwysers onseker, verkry ʼn gevoel van weerstand wat tot frustrasie en verveeldheid lei en die onderwysers is geneig om op te gee (Khumalo, 2005:91). Aansluitende hierby glo Ones et al. (2003:19-20) dat ouderdom, geslag en onderrig ʼn groot rol in die afwesighede van personeellede speel. Ouer personeellede is afwesig omdat hulle nie die werk kan volhou nie. In sommige gevalle is mans en vrouens nie geneë daarmee dat ʼn vrou die hoof van die skool is nie en bly gevolglik van die skool af weg. ʼn Nuwe skoolhoof, wat nie die geslag is wat personeellede verkies nie, veroorsaak dat personeellede van die skool af wegbly omdat hulle nie meer kans sien om onder die nuwe skoolhoof te werk nie. Tydens afwesighede van personeellede moet aflos-personeel beskikbaar wees. Schumaker en Sommers (2001:154) wys daarop dat, nie alleen is aflos- personeel nie altyd beskikbaar nie, maar in sommige gevalle neem die leerders hulle nie ernstig op nie. Die uitdaging waarvoor die beginnerskoolhoof ten opsigte van afwesighede te staan kom, is om personeellede in die plek van die afwesige personeellede aan te stel, toesig te reël indien die personeellid slegs ʼn dag afwesig is en ouers gerus te stel indien hulle bekommerd is oor werk wat nie gedoen kan word nie.

Die beginnerskoolhoof kom op ʼn daaglikse basis voor die uitdaging van personeellede wat afwesig is te staan. Ouers word ongeduldig wanneer ʼn personeellid afwesig is en voel dat dit die beginnerskoolhoof se plig is dat leer en onderrig daagliks moet voortgaan. Die uitdaging van afwesighede is nie maklik om te hanteer nie. Wanneer ʼn personeellid afwesig is en daar nie voldoende toesig is nie, kan dit tot dissiplinêre probleme lei.

47