• No results found

Ander oorsake vir die ontstaan van Demensie van die Alzheimer-tipe

ALZHEIMER SE SIEKTE

.5 EPIDEMIOLOGIE VAN ALZHEIMER SE SIEKTE

2.6.6 Ander oorsake vir die ontstaan van Demensie van die Alzheimer-tipe

tudies met betrekking tot die fosfo-lipiedmembraan-metabolisme van die brein dui

.7 BEHANDELING

olgens Kaplan en Sadock (2003) is die eerste stap in die behandeling van demensie S

daarop dat persone met Alzheimer se siekte se selmembrane minder vloeibaar (met ander woorde meer rigied) is as normaalweg (Kaplan & Sadock, 2003). Verder is aluminium-toksisiteit ook as ‘n moontlike oorsaak vir die ontstaan van Demensie van die Alzheimer-tipe aangedui. Dit was na aanleiding van hoë vlakke van aluminium wat in die breine van sommige persone met Demensie van die Alzheimer-tipe gevind is. Laasgenoemde word egter nie meer as ‘n betekenisvolle oorsaaklike faktor oorweeg nie (Kaplan & Sadock, 2003).

2

V

die bevestiging van die diagnose. In die eerste plek was daar tot ongeveer 15 jaar gelede geen farmakologiese behandeling vir effektiewe intervensie vir Alzheimer se siekte beskikbaar nie. Tot dusver is die enigste klasse middels wat goedgekeur is vir die simptomatiese behandeling van Alzheimer se siekte die volgende: vier cholinesterase inhibitors en een N-Methyl-D-aspartate (NMDA) receptor antagonist (Roses & Saunders, 2006). Die meeste van hierdie middels teiken die cholinergiese sisteem, en daardeur die geheue. Hierdie intervensies verskaf slegs korttermyn verbetering, met geen effek op die progressie van die siekte nie. In die hoogs onvoorspelbare wêreld van medikasie-ontwikkeling is dit onbekend wanneer of watter een van verskeie terapeutiese strategieë of molekules ooit sal lei tot effektiewe behandeling (Roses & Saunders, 2006). Die medikasie wat tans gebruik word in die

behandeling van demensie is slegs nuttig wanneer dit in die vroegste moontlike stadiums toegedien word (Spaan et al., 2005). Daarom is vroeë assessering, volgens Spaan et al. (2005), so belangrik om die gepaste (psigo)sosiale sorg en ondersteuning betyds in plek te kry. Die toepassing van neurosielkundige toetse kan van waarde wees met die identifisering van persone wat kan baat vind by vroeë behandeling (Griffith et al., 2006). Tweedens word beide farmakologiese en gedragsintervensies daarop gerig om addisionele kognitiewe en psigiatriese inperking wat nie direk aan die siektetoestand toe te skryf is nie, te verminder. Kognitiewe rehabilitasiemetodes word, veral in die vroeë stadiums van die siekte, redelik suksesvol aangewend om te kompenseer vir die geheueverlies wat die persone wat met Alzheimer se siekte gediagnoseer is, ervaar (Zilmer & Spiers, 2001). Met elkeen van hierdie behandelings is die doel om die lewenskwaliteit van beide die demente persone sowel as vir hulle versorgers te verbeter (Zilmer & Spiers, 2001). Potgieter (2000) bevestig hierdie stelling, deur daarna te verwys dat die persoon ‘n behoefte het aan die behoud van menswaardigheid, en die versorger word gewoonlik die taak opgelê om aan hierdie wens te voldoen.

Die algemene behandelingsbenadering tot persone met demensie is om

ie ander tak van behandeling vir Demensie van die Alzheimer-tipe is gemik op ondersteunende mediese sorg, emosionele ondersteuning vir die persone en hul families, en farmakologiese behandeling vir spesifieke simptome, insluitende ontwrigtende gedrag te voorsien (Kaplan & Sadock, 2003). Soveel as 30% van versorgers van persone met Alzheimer se siekte ontwikkel depressiewe versteurings, en die bystand van ‘n huishulp en tuissorgpersoneel is essensieël ten einde die versorger se taak te verlig (Kaplan & Sadock, 2003).

D

simptoombeheer. Algemene gedrags- en affektiewe simptome wat geassosieer word met demensie sluit depressie, insomnia, vervolgingswane, hallusinasies, apatie, agitasie, geïrriteerdheid, doelloosheid en onvanpaste aktiwiteitspatrone in (Zilmer & Spiers, 2001). Bensodiasepiene mag voorgeskryf word vir insomnia of antidepressante mag help vir depressie, maar farmakologiese behandeling van psigotiese simptome soos delusies of hallusinasies mag ernstige newe-effekte veroorsaak (Kaplan & Sadock, 2003). Persone met demensie is ook vatbaar vir

siektes en toestande wat met ouderdom geassosieer word, soos respiratoriese of urinêre infeksies en gehoorprobleme.

Daar bestaan ‘n moontlikheid dat die hormoon estrogeen mense kan beskerm teen die ontwikkeling van Alzheimer se siekte later in hulle lewe. Verskeie studies is gedoen waar waargeneem is dat postmenoposale vroue wat hormoonvervangingsterapie ontvang, minder geneig is om Alzheimer se siekte te ontwikkel (Zilmer & Spiers, 2001). Hierdie bevindinge is bemoedigend vir toekomstige navorsing, om die voordeel-risiko-verhouding van terapeutiese estrogeenvervangingsterapie om die voorkoms van Alzheimer se siekte te verminder, te ondersoek.

Die meeste behandelingstrategieë is daarop gemik om die omgewing so te herstruktueer om die veiligheid van die persoon met demensie te verseker, gepaste stimulasie te voorsien en onvanpaste gedrag te beheer, deur dit in ‘n ander rigting te stuur (Zilmer & Spiers, 2001). Dit is belangrik om die persoon te help om vir so lank as wat die situasie dit toelaat onafhanklik en op hulle eie te funksioneer (Burke & Laramie, 2004). Soos die siekte progressief vererger, benodig die persoon egter meer konstante supervisie. Baie verpleeginrigrings het ‘n spesiale Alzheimer-eenheid, om voorsiening te maak vir veral die hantering van die persoon se problematiese gedrag en geheue-inperkinge (Zilmer & Spiers, 2001). Indien die persoon tuis woon, kan die las op die versorger enorm wees. Daarom is daar ook dagsorg-programme wat gepaste aktiwiteite en gedragshanteringsprogramme voorsien, asook ‘n welverdiende rusperiode vir versorgers (Zilmer & Spiers, 2001).

Daar is by die versorgers van hierdie persone ‘n geweldige behoefte aan ondersteuning (Potgieter, 2000). Die versorger beleef ‘n rouproses na die diagnosering van Alzheimer se siekte, en dan weer by die finale afsterwe van die persoon. Hierdie verlieservaring neem dus die vorm van ‘n dubbele rouproses aan (Potgieter, 2000). Volgens vorige navorsing het versorgers die proses beskryf as ‘n lewende rouproses, soos hulle die disintegrasie van die persoonlikheid en intellek van die persoon waarneem (Kiecolt-Glaser, Dura, Speicher, Trask & Glaser, 1991). Die versorgers van persone met Demensie van die Alzheimer-tipe speel dus ‘n kardinale rol in die behandeling van die persoon en daar moet gevolglik ook na hul unieke behoeftes omgesien word. Dit sluit in die opleiding van die familie met betrekking tot

die siekte van die persoon, asook die voorsiening van hulp met finansiële besluite, testamente en ander praktiese reëlings, soos dat die persoon in ‘n stadium nie meer mag bestuur nie. Volgens Schneider et al. (1999) bestee die huweliksmaat van ‘n persoon met Alzheimer se siekte ‘n groot deel van hulle tyd aan die versorgingsrol. Die meeste van die versorgers is die huweliksmaats van die persoon met Alzheimer se siekte en hierdie versorgers neem die meeste van die take oor wat tradisioneel deur hulle eggenoot of eggenote uitgevoer is (Mittelman, 2003; Schneider et al., 1999). Groepterapie en organisasies wat toegespits is op Alzheimer se siekte blyk ‘n belangrike bron van hulp te wees, en individuele terapie het ook ‘n plek in die hulpverlening aan die versorger (Potgieter, 2000).

Potgieter (2000) maak verder melding daarvan dat die behandeling by persone met Demensie van die Alzheimer-tipe ook die behoud van die fisieke en sielkundige welstand van die versorger moet insluit. Soos Pieterse (2004) tereg sê: “Die grootste ontdekking wat soos ‘n fyn draad met al die skrywery verweef geraak het, is dat die versorger nie net haar pasiënt moet versorg nie, maar ook haarself” (p.192). Die persoon met Alzheimer se siekte sal ook daaronder ly indien die versorger gebuk sou gaan onder fisieke beperkinge (byvoorbeeld ‘n hartaanval) of sielkundige uitputting (byvoorbeeld depressie) tydens die proses van versorging. Vorige navorsing het aangetoon dat daar ‘n hoë risiko by versorgers van persone met Alzheimer se siekte bestaan om geestesgesondheidsprobleme (mental health problems) te ontwikkel en dat die omvattende versorgingstaak gewoonlik ingrypende sosiale, ekonomiese sowel as gesondheidsimplikasies vir die versorger inhou (Schneider et al., 1999). Dit is daarom van kardinale belang om die behoeftes van beide die persoon met Alzheimer se siekte en die versorger aan te spreek. Die versorging van persone met Alzheimer se siekte is klaarblyklik selfs onder die beste omstandighede ‘n uitdagende taak (Monahan & Hooker, 1995).

2.8 SAMEVATTING

In hierdie hoofstuk is daar gefokus op die definisie en verloop van Demensie van die Alzheimer-tipe. Die diagnoseringsproses en -kriteria is aangeraak, met ‘n beskrywing van die kliniese kenmerke wat by hierdie toestand na vore kom. Die epidemiologie en etiologie van Demensie van die Alzheimer-tipe is ook toegelig. Die hoofstuk is

afgesluit met verwysing na die behandeling en beheer van die toestand van die persoon, sowel as die belangrikheid van die fisieke en sielkundige welstand van die versorger. In die volgende hoofstuk sal daar in meer besonderhede gekyk word na die impak wat hierdie toestand het op mans as primêre versorgers van persone wat gediagnoseer is met Alzheimer se siekte.

HOOFSTUK 3

DIE BELEWENIS VAN MANLIKE VERSORGERS VAN