• No results found

Abel J. Coetzee, Ritme en skandering. 'n Ondersoek na ritmiese sisteme in uitgesoekte Afrikaanse gedigte · dbnl

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Abel J. Coetzee, Ritme en skandering. 'n Ondersoek na ritmiese sisteme in uitgesoekte Afrikaanse gedigte · dbnl"

Copied!
226
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

sisteme in uitgesoekte Afrikaanse gedigte

Abel J. Coetzee

bron

Abel J. Coetzee, Ritme en skandering. 'n Ondersoek na ritmiese sisteme in uitgesoekte Afrikaanse gedigte. Tafelberg, Kaapstad 1972

Zie voor verantwoording: http://www.dbnl.org/tekst/coet003ritm01_01/colofon.php

© 2015 dbnl / erven Abel J. Coetzee

(2)

VIR ESTELLE

(3)

Inleiding

Om 'n studie van die ritme en metrum in die poësie te onderneem, is om jou te begeef in 'n doolhof van opvattings en teorieë waar jy slegs met die versigtigste keuring 'n moontlike uitweg sal vind. Dis dan seker ook om daardie rede dat ondersoeke na die werking van die ritme in 'n gedig grootliks afgeskeep is en dat daar selde in die Afrikaanse poësiekritiek verwysings na of verklarings van die ritmiese lae van gedigte is, alhoewel dit in sommige gevalle net so belangrik is om die ritme as die

woordgebruik van 'n gedig te bestudeer. Maar waar die letterkundige die probleem van die ritme meestal verwaarloos het, het daar gelukkig van die kant van linguiste belangstelling daarvoor ontstaan, 'n belangstelling wat selfs gelei het tot proefnemings met klankapparate wat die frekwensie, duur en amplitude van sillabes in 'n voordrag gemeet het om daardeur die ritmiese patrone in 'n gedig te probeer vasstel.

Hierdie studie wil 'n poging wees om nog eens die kwessie van die ritme en die

ontleding daarvan in die poesie na te gaan; met die bevindings van metriste en

linguiste as afspringplek - en met verskuldigde eerbied vir die blywende waarhede

in die werk van daardie navorsers. Maar dit wil nie soseer 'n kritiese beskouing van

ander werke en uitsprake oor die saak wees nie as wat dit 'n bepaling wil wees van

wat die ritme in 'n gedig is en veral hoe daardie ritme d.m.v. 'n skanderingsmetode

gemeet kan word. Die belangrikste taak lê dan in die formulering van 'n stelsel - 'n

skanderingstelsel - wat met die grootste moontlike objektiwiteit 'n visuele weergawe

van die ritmiese patroon in 'n versreël of gedig kan gee. Aangesien die skandering

tot dusver die enigste venster was waardeur die werking van die ritme in 'n gedig

beskou kon word, het byna elke metris sy eie skanderingsmetode ontwerp en toegepas

in sy studie van die ritme. Skanderingstegnieke het dus gewissel soos sienings van

die letterkunde gewissel het: party kan aanvaar word, ander nie. As daar dus in hierdie

studie 'n verdere moontlikheid vir die skandering voorgestel word, is daar geen

pretensie dat dié metode die allerlaaste is nie (en die moontlikheid wat hier voorgestel

word, lei geensins tot 'n nuwe stelsel van skandering nie; dit is slegs 'n strenger

toepassing van die tradisionele metode waar moontlik). Dit bly slegs 'n poging tot

die benadering

(4)

van die probleem; en as 'n finale waarheid nie hieruit spreek nie - as die leser teen die einde voel dat basiese skanderingsprobleme nog nie opgelos is nie, dan is daar altyd die hoop dat dié studie kritici in Afrikaans meer bewus sal maak van die noodsaaklikheid van 'n versigtige bestudering van die ritmiese patroon in 'n gedig.

Aangesien 'n skanderingsmetode nie slegs 'n blote beskrywing van 'n ritmiese struktuur kan wees nie, word dit 'n verdere taak van dié studie om te bewys dat dit 'n belangrike hulpmiddel is by die analise van 'n gedig, en as dit 'n akkurate weergawe is van die werking van die ritme kan dit ook 'n middel tot evaluasie wees. 'n Mens wil nie impliseer dat die ritme alles in 'n gedig is nie, alhoewel 'n begrip van die funksie daarvan wel 'n sleutel tot verdere ontledings kan wees. 'n Skandering kan ook nie alles van die prosodie vertel nie, en sal dus nooit as waarderingsmiddel by die poësie gebruik kan word sonder om ook die vele ander aspekte wat 'n gedig esteties bevredigend maak, in ag te neem nie. Daar is, trouens, gedigte wat op die ritmiese vlak as bevredigend beskou kan word maar nie noodwendig op ander vlakke van die waardering nie.

In die bepaling van 'n skanderingsformule is hoofsaaklik gebruik gemaak van gedigte wat in die ritmiese struktuur 'n redelik sterk reëlmaat vertoon - die ‘metriese vers’ dus - aangesien die vryer vers ander herhalingstegnieke gebruik. 'n Vasstelling van 'n skanderingstelsel vir dié soort vers sal in 'n sekere sin ander benaderings verg, alhoewel die bevindings in die eerste twee hoofstukke van dié studie moontlik ook dáár van toepassing kan wees.

In my bedankings wil ek in die eerste plek my promotor prof. Ernst van Heerden noem vir sy bystand, vir die nuttige wenke wat hy deurgaans gegee het en die skerp kritiese wyse waarop hy elke hoofstuk deurgelees het. Ook my dank aan prof. N.P.

van Wyk Louw vir sy belangstelling in dié studie, die deurlees daarvan, en vir die bespreking wat ons kon gehad het voordat dit finaal afgerond is. Ek is veel verskuldig aan albei vir die letterkundige vorming wat ek onder hulle gehad het - waarsonder hierdie studie seker nie moontlik sou gewees het nie.

Ander erkennings: mnr. John Miles vir die taalkundige kontrole van die eerste twee hoofstukke, en prof. P. du P. Grobler vir enkele voorlesings van gedigte.

Dan wil ek ook my dankbaarheid uitspreek teenoor my eksterne eksaminatore, dr.

E. Lindenberg en prof. W.E.G. Louw, vir die evaluasie van dié studie en vir die

wenke wat hulle gegee het.

(5)

Ten slotte moet nog genoem word die name van prof. N.D. Clarence en dr. C.A.

Schoute-Vanneck van die Dept. Fisika aan die Universiteit van Natal vir die hulp

wat hulle verleen het met die klankopnames van gedigte.

(6)

Hoofstuk 1 Ritme

1. Poging tot 'n sintese

‘Because poets have a strong tendency to form opinions about their craft and to use these opinions as part of the message of their poems, we are likely to find literary theory of a sort as far back as we can find poems’

1.

. Die kwessie van ritme het dan ook 'n belangrike deel van hierdie teorie geword. Reeds by Aristoteles is daaroor geteoretiseer: ‘If it (diction - lexis) is without rhythm, it is unlimited, whereas it ought to be limited (but not by metre); for that which is unlimited is unpleasant and unknowable. Now all things are limited by number, and the number belonging to the form of diction is rhythm, of which the metres are divisions. Wherefore prose must be rhythmical, but not metrical, otherwise it will be a poem’

2.

. Ritme en metrum kan dan die genre van 'n literere teks bepaal: poësie of prosa. Al sal geen letterkundige vandag hierdie uitspraak sonder meer aanvaar nie, is dit tog duidelik dat die begrippe ritme en metrum vroeg al as belangrik beskou is.

Om na te gaan presies wat die konsep ritme in die poësie beteken, sou 'n oorsig verg van al die opvattings van Aristoteles af tot vandag. 'n Reuse - miskien selfs onmoontlike - taak sal dit wees wat die poësie deur die eeue in ag sal moet neem, veral die veranderings in die taal, bv. die oorgang van die kwantiteitsvers by die Romeine tot die vers van die Middeleeue waarin ander middele vir die realisering van ritme gebruik is. So ver hoef 'n mens egter nie terug te gaan nie: daar is al genoeg geskryf waarna met vrug verwys kan word, bv. George Saintsbury se A history of English prosody from the Twelfth Century to the Present Day (d.i. 1920) dele I, II en III

3.

; Fr. Kossmann se Nederlandsch versrythme, veral die eerste deel van G.G.N, de Vooys se ‘Opmerkingen

1. W.K. Wimsatt, C. Brooks, Literary criticism, p.3.

2. Aristotle, The ‘Art’ of Rhetoric, (Loeb Classical Library) III, 8 r. 2-4. Ook in die Ars Poetica, IV is daar iets oor die funksies van die verskillende metra. (Die kursivering van die laaste sin in die aanhaling is van my.)

3. Hy gee 'n deeglike oorsig van die ontwikkeling in opvattings, al kan sy eie sieningvan die saak nie altyd aanvaar word nie, bv. sy verwerping van die aksentestelsel van skandering:

‘I saw, and have ever seen since... that the pure accentual system is totally inadequate; that the mixed accent and stress systems, with additions of syzygy, or section, or what not, are at the best arbitrary and lacking in universal application, while they often lead to horrible misscansion ...’. Deel III, p. 515.

(7)

over Nederlandse versbouw’

4.

, en in Afrikaans Tj. Buning se Afrikaanse versbou, deel I

5.

. Maar die feit dat daar gereeld nog artikels en boeke oor dié kwessie verskyn, is voldoende bewys dat letterkundiges nog nie daaroor uitgepraat is nie - en seker ook nooit sal wees nie. Juis omdat daar soveel geskryf is en soveel uiteenlopende opvattings is, en byna daagliks nuwe bykom, is dit nodig om die jonger teorieë te ondersoek en, indien moontlik, helderheid te kry oor 'n probleem wat in Afrikaans, met die uitsondering van Buning se werk, afgeskeep is

6.

, of slegs in handboeke oor die poësie kortliks bespreek is

7.

.

'n Weerspieëling van die verwarring wat daar heers t.o.v. die begrip ritme gee A.W.

de Groot in sy studie oor die vorm van die Nederlandse vers: ‘Ik acht het gewenst in een zuiver wetenschappelijke verhandeling het woord “rhythme”, dat in meer dan vijftig verschillende betekenissen gebruikt wordt, sooveel mogelijk te vermijden’

8.

. Om weg te skram van die woord sou egter beteken dat 'n ander woord gebruik moet word, en dan is daar weer definisies nodig. Dit lyk wensliker om die begrip te probeer definieer, om die kenmerke van die verskynsel ritme na te gaan soos deur navorsers bevind en dan die basis daarvan vir die poësie te probeer bepaal.

Die woord in sy oorspronklike betekenis, rhythmos - stroom, is bekend. In hierdie letterlike sin kan dit egter nie hier opgeneem word nie: ‘Rhythm comes from a Greek word meaning “flow”, “Flow” means movement from one point to another. Water flows along river beds; blood flows in our veins; crowds flow along city streets.

Traffic flows, or is supposed to flow, along arterial roads. If the flow is absolutely

4. In Verzamelde taalkundige opstellen, Deel II, veral pp. 251-269.

5. 'n Goeie oorsig word gegee in Hoofstuk 2, afd. 11-13, en 'n oorsig van belangriker ouer opvattings in afd. 14.

6. In sy Voorwoord stel Buning sy taak ook so - maar dit was in 1937.

7. En W.E.G. Louw se inleidende opmerking by sy bespreking van Buning se werk is in 'n groot mate vandag nog waar: ‘Die prosodie is in die verlede in Suid-Afrika skromelik verwaarloos. Met uitsondering van 'n paar onderwysuitgawes is daar weinig ernstige aandag aan bestee. Selfs in afsonderlike kritieke is daar selde gepoog om die prosodie - as onderdeel van die stilistiese analise - tot sy reg te laat kom.’ ‘Afrikaanse versbou’, Vaandels en voetangels, p. 62,

8. ‘De Vorm van het Nederlandse vers’, De Nieuwe Taalgids, jg. 24,1930, p. 188, voetnoot.

(8)

regular, it can hardly be called rhythmical’

9.

. Uit hierdie beskrywing kan daar alreeds een belangrike kenmerk van die ritme gehaal word, nl. dat dit beweging inhou.

In die opvattings oor ritme is daar gewoonlik 'n tweeledigheid. Die volgende sal dit aantoon: ‘There have been countless studies of rhythm, based on the notion of periodicity, or regular recurrence of events. It is true that the elementary rhythmic functions of life have regularly recurrent phases: heartbeat, breath, and the simpler metabolisms. But the obviousness of these repetitions has caused people to regard them as the essence of rhythm, which they are not. The ticking of a clock is repetitious and regular, but not in itself rhythmic; the listening ear hears rhythms in the succession of equal ticks, the human mind organizes them into a temporal form’

10.

. Hier word gepraat van ‘the essence of rhythm’, die wese van ritme as verskynsel; en van 'n sekere organisasie van die mens - ‘the human mind organizes them into a temporal form’ - die ‘organizing interpretation’ (a.w. p. 128) van die mens by die waarneming van iets wat moontlik ritmies ervaar kan word. Nou is dit natuurlik ook so dat waarnemer en objek nie van mekaar geskei kan word in 'n studie van ritme as fenomeen nie

11.

. Dit is seker moontlik om geheel en al vanaf die subjektiewe standpunt die ritme te bestudeer, om na te gaan waarom 'n waarnemer ritme ervaar, wat die psigologiese basis daarvoor is. Om tot 'n omskrywing van dié begrip te kom sal egter gepoog moet word om 'n middeweg te volg, met meer aandag aan die verskynsel as aan 'n studie van die subjek wat dit ervaar.

In bogenoemde aanhaling word die opvatting weerlê dat die wese van die ritme in 'n ‘regular recurrence of events’ is. Of hierdie stelling heeltemal foutief is en of daarin tog sekere noodwendige aspekte van die ritme geleë is, sal moet bewys word.

Ten eerste dan ‘regular’, die sogenaamde reëlmatigheid van ritme, die feit dat dit die ‘regelmatige opvolging van tegenstellingen’ is

12.

. ‘Reëlmatigheid’ veronderstel dat daar elemente is wat terugkerend is ‘op 'n gesette tyd of na 'n bepaalde

tussenpoos’

13.

- die noodwendigheid van 'n spesifieke tydsduur is implisiet. In hierdie sin is daar dan geredeneer dat ‘all verse is conditioned

9. James Reeves, Understanding poetry, p. 113.

10. Susanne K. Langer, Feeling and forrri, p. 126.

11. ‘This brings us to the question concerning the locus of aesthetic values. Is it the poem, or the reader of the poem, or the relation between the two..’ Wellek en Warren, Theory of Literature, p. 260.

12. W. Kramer, Inleiding tot de stilistische interpretatie van literaire kunst, p. 65.

13. Woordeboek van die Afrikaanse taal, Derde deel, G, p. 166.

(9)

by time’

14.

en dat ritme bestaan uit ‘equel units, uniform as regards duration’ (a.w.

p. 2) en ‘isochronous periods from the units of metre’ (a.w. p. 4). Verder is ritme ook ‘a series of isochronous intervals marked by accents’

15.

.

Daar is selfs bepaal wat die afstand tussen hierdie terugkerende elemente moet wees vir “geslaagde ritme

16.

, en A.W. de Groot het gevind dat die effek van ritme o.a. bewerk word ‘uit een bepaalde afstand van heffing tot heffing, die, zooals de psychologie leert, bij voorkeur ca. ¾ seconde is...’

17.

. Daarby bevind hy egter n.a.v.

die eerste reël van Gijsbrecht van Amstel dat, waar die periodes nie dieselfde is nie,

‘Het rhythme... zonder isochronie bevredigend (is), zoals het dat ook in de anisochrone muziek... is’, (a.w. p. 244). Skynbaar verwerp De Groot later die opvatting van isochronisme wanneer hy sê: ‘Ten onrechte heeft men echter het meest wezenlijke ervan wel gezocht in die gelijkheid van afstanden’

18.

omdat ritme ook deur slegs één afstand geskep kan word, bv. ‘géven en némen; lókkende kláchten’ ens; maar dan bepaal hy tog nog dat die afstand van ongeveer ¾ sekonde ‘wél het meest wezenlijke van rhythme in psychologische en aesthetische zin is’ (a.w. p. 19). As die ideale afstand ongeveer ¾ sekonde is, is dit tog vanself sprekend dat daar isochronie moet wees. By De Groot het 'n mens dan twee opvattings: dat isochronie nodig is, maar dat ritme daarsonder ook kan bestaan.

Daar is egter 'n geringe verskuiwing in die opvattings oor reëlmaat in die ritme vanaf Omond se ‘equal units’ tot die ‘ongeveer ¾ seconde’ van De Groot. Hierdie verskuiwing is belangrik. Navorsers sal nou deurgaans bepaal dat die tydsduur tussen prominente elemente in die ritme ongeveer gelyk is. Slegs enkele opvattings hoef gegee te word: ‘groepe wat onderling korrespondeer... word... gemarkeer deur 'n relatief- isochrone takt’

19.

, en ‘Ritme is dus 'n chronistiese funksie van die menslike gees, met periodisiteit as grondslag. Die tydsverdeling hoef nie juis wiskundig eksak te wees, of die een periode tot die ander in eenvou-

14. T.S. Omond, A study of metre, pp. 3-4.

15. Conventry Patmore, aangehaal deur Saintsbury, History of English prosody III, p. 440. Die aanhaling is: ‘metre is a series of isochronous intervals marked by accents’, maar ‘metre’

kan ewe goed hier vervang word met ‘rhythm’.

16. Hier kom dit al naby aan die psigologie, aan die waarnemer se ‘span of consciousness’. In die eerste hoofstuk van sy A theory of meter gaan Seymour Chatman dieper daarop in.

17. ‘Naar een nieuwe versleer’, De Nieuwe Taalgids, jg. 26, 1932, p. 243, 18. Algemene versleer, p. 19.

19. Tj. Buning, Afrikaanse versbou, p. 30. (Kursivering van my.)

(10)

dige rekenkundige verhouding te staan nie’ (a.w. pp. 8-9); ‘Rhythm is perceived in a sequence of events when they recur so regularly that the time intervals they occupy are felt to be either nearly equal to one another or symmetrical’

20.

; ‘Die wese van ritme is dat iets... met min of meer reëlmatige tussenpose herhaaldelik in die tyd voorkom. 'n Enkele saak, of een herhaling daarvan, kan dus nie ritmies wees nie, want die het geen of slegs een tussenpoos. Twee herhalings kan wel, want dan kan daar twee min of meer gelyke tussenpose wees’

21.

.

Dit los egter nie die probleem op nie, aangesien daar nog opvattings is wat nie oor die hoof gesien mag word nie, bv. Boris Tomashevsky se ietwat wye definisie dat ritme ‘a regular alternation in time of comparable phenomena’ is, en Victor Erlich se voetnoot hierby: ‘The Formalists insisted on periodicity, i.e. recurrence of

“comparable phenomena” in time as the inalienable characteristic of rhythm’

22.

. Verder word nie gedefinieer nie (altans nie in die oorsig van die werk van die Formaliste nie), en 'n mens moet aanvaar dat dit hulle finale opvatting is. Ook in Joseph Shipley se boek word ritme gesien as herhaling in tyd: ‘Rhythm may be generally defined as recurring alternation, in temporal series of perceptual data, of an element or elements relatively more conspicuous for perception with elements relatively less conspicuous’

23.

. Maar hier met die verdere bepaling: ‘The periods into which the time of a rhythm is thus divided are either unequal or isochronous (of equal or

approximately equal length). To regularity of general pattern in cadence evidently corresponds regularity, or approximate equality, in temporal measures; and though many prosodists assume the necessity of the latter (isochronism) as of the former, since it does not occur in all verse and is rare in rhythmical prose we must conclude that regular temporal measure is no more necessary for the constitution of rhythm as such than is metrical regularity in cadence’

24.

. Shipley se siening verteenwoordig die mees gebalanseerde uitgangspunt tot dusver: ritme is reël-

20. B. Deutsch, Poetry handbook, p. 128. (Kursivering van my.)

21. L. Dekker, ‘Aksent en ritme’, Inleiding tot die taalkunde, p. 177. De Groot het bewys dat een herhaling wel ritme kan veroorsaak - ‘géven en némen’, dit lyk dus foutief om te sê dat een herhaling van 'n saak nie ritmies kan wees nie.

22. Russian formalism, pp. 182-183. (Kursivering van my.) 23. Dictionary of world literature, art. deur J.C. La Driere, p. 323.

24. A.w. p. 326. ‘Cadence’ is by Shipley ‘the rise and fall produced by the alternation of louder and softer syllables in accentual tongues’, p. 46. Wat dan bedoel word, is dat 'n reëlmatige ritmiese patroon, bv. die vyfvoetige jambe (die ‘regularity of general pattern in cadence’) skynbaar ook 'n reelmatige tydsverloop tussen heffings besit.

(11)

matige of minder reëlmatige opeenvolging in die tyd van prominente elemente - en isochronisme, of selfs skynbare isochronisme, is nie 'n noodsaaklike vereiste vir 'n ritme nie.

Maar dit bly teoreties. Hierdie saak sal eers finaal opgelos kan word as 'n groot aantal sterk ritmiese verse - elke gedig deur verskeie bevoegde lesers voorgedra - op 'n apparaat geregistreer kan word sodat die ritme van elke gedig ‘gemeet’ en die afstande in tyd tussen prominente elemente wetenskaplik bepaal word. En selfs dan sal die subjektiewe element van die voordrag nog nie uitgeskakel wees nie.

In 'n poging om reëlmaat te meet, is enkele reëls op 'n ossillograaf gespeel en die afstande van die hoogste kruine van mekaar af gemeet (verwys na die byvoegsel, pp. 191-192). Die volgende reëls is gebruik

‘Maar die sinling sê dis ydelgeitderheden van ongyregtigheden

so doe hy ook aan my’25.

en:

‘Die vroue het hom die eerste gewaar’26.

maar die sinling sê dis ydelgeitderheden

van ongyregtigheden

so doe hy ook aan my

en:

25. Boetneef, Krokos, p. 31: ‘Die dikkoppe dans...’

26. N.P. van Wyk Louw, Raka, p. 5. Watter die prominentste elemente van die reëls behoort te wees, kan 'n skandering natuurlik bepaal - 'n saak wat later bespreek word. Die volgende skanderings kan nietemin as basis gebruik word:

Afwykings van hierdie patroon op die ossillograaf moet as subjektief beskou word, as die leser se eie afwykings, bv. in die eerste voorbeeld die hoe amplitude van dis (Byvoegsel p.

191): -geit en -den; -gy -tig (p. 193). En die reël uit Raka (p. 192): die hoë vr-klank (vgl. die hoë frekwensie op die sonagramstrokie - hierdie aspek sal later bespreek word), die hoë -e ná vroue, en die hoë ge- by gewaar. Vir die huidige doel sal die skanderings as uitgangspunt geneem word: die afstande tussen ‘toppe’ is dan die afstande tussen die heffings in die skanderingspatroon, d.i., in die eerste voorbeeld, die afstande tussen sin (ling) sê... y (del) geit (der) he (den), (van) on (gy) reg (tig) he (den), (so) doe (hy) ook (aan) my. En in Raka:

(die) (vrou) (e) (het) hom (die) eer (ste) (ge) waar. Die voordragte wat gebruik is: vir Raka, 'n private opname van die eerste vier reëls gelees deur prof. P. du P. Grobler; vir ‘Die dikkoppe dans...’ die voordrag van Jan Schutte op plaat agt van die Brigadier-reeks, Klank in polësie.

Die betrokke reëls is eers op band opgeneem, daarna is die bandopnemer gekoppel aan 'n ossillograaf (opgaartipe) wat die baan van die klankkurwe as't Ware ‘bevries’ sodat die kurwe op deurskynpapier afgetrek kon word.

Dié baan is uiteindelik proporsioneel vergroot met 'n pantograaf.

(12)
(13)

In die eerste voorbeeld is die afstande, in sekondes bereken, tussen kruine die volgende:

27.

Maar die sinling sê dis y delgeit derhe den van ongyreg tighe den

so doe hy ook aan my

en:

Die vr oue het hom die eer ste gewaar28.

Gevolgtrekkings gebaseer op hierdie bevindings kan slegs tentatief wees omdat net een voordrag by ‘Die dikkoppe dans...’ en net een by Raka gebruik is. Al is dit verantwoordelike lesers wat optree, kan 'n werklike objektiewe maatstaf eers verkry word met ten minste tien lesers by elke reël. Ten spyte daarvan is die volgende inligting tog waardevol:

i) dat 'n presiese isochronisme nie bestaan nie. Vgl. in diè opsig 'n uitspraak van Harvey Gross: ‘Actual measurement (with the oscillograph) shows that intervals are far from equal’

29.

. Ongelukkig gee Gross, a.g.v. sy skeptisisme oor die sogenaamde

‘performance fallacy’, nie meer inligting nie: dit sou dan ook onwetenskaplik wees om onvoorwaardelik sy woord te aanvaar.

27. Vir die afstand in sentimeters, verwys na die byvoegsel. Oorskakeling geskied volgens die formule: 31.6 cm. is gelyk aan 4.8 sek., x sal dus gelyk wees aan sekondes. 31.6 cm. was die normale lengtes van die strokies. Hulle is proporsioneel verkort om op 'n bladsy te pas.

28. Daar kan miskien beswaar gemaak word teen die gebruik van die heffingsvers as voorbeeld;

maar aangesien dié versvorm juis een is waar, per definisie ‘die tydsduur tussen twee heffinge konstant bly’ (A.P. Grové, Woord en wonder, p. 73), lyk dit tog geskik.

29. Sound and form in modern poetry, p. 40.

(14)

ii) dat, in die eerste voorbeeld, die afstande tussen toppe ongeveer gelyk is (nie ‘far from equal’ nie): die grootste verskil is ongeveer. 2 sekonde.

iii) dat daar twee soorte reëlmaat is: ongeveer gelyk in tydsduur, en geensins gelyk nie (die tweede voorbeeld), en dat albei nog ritmies is.

iv) dat die gemiddelde afstand tussen toppe, as albei voorbeelde geneem word, ongeveer, 72 sekonde is. Dit is insiggewend as 'n mens A.W. de Groot se ‘seconde’

onthou. Vir De Groot is daar egter twee soorte verse: ongeveer isochroon en sonder isochronie. Dit lyk of daar in albei soorte verse 'n gemene deler is - die ¾ sekonde, al openbaar een soort hom meer reëlmatig as die ander

30.

.

Die volgende moontlike aspek van die ritme wat Langer noem, is ‘recurrence’, herhaling (‘regular recurrence of events’). Ook dit, saam met die reelmaat, kan nie as die basis van ritme beskou word nie, maar wel as 'n kenmerk daarvan: ‘And what about repetition of forms, equal divisions, if recurrence is not the real basis of rhythm?

What is the function of the countless regularities of accent, phrase, figure, and bar in the greatest masterpieces?

Repetition is another structural principle - deeply involved with rhythm, as all basic principles are with each other - that gives musical composition the appearance of vital growth. For what we receive, in the passage of sound, with a sense of recognition, i.e. as a recurrence, is oftentimes a fairly free variant of what came before, a mere analogy, and only logically a repetition...’

31.

. Al gaan dit hier meer oor herhaling in die musiek, is dit ook nog van toepassing op ritme in die algemeen, en in die poësie.

Oor herhaling as struktuurbeginsel in die poësie - t.o.v. die ritme - is daar

eenstemmigheid onder letterkundiges

32.

. Daar hoef dus nie meer oor die aspek gesê te word nie.

30. Dit moet herhaal word dat hierdie gevolgtrekkings slegs tentatief is, veral t.o.v. die tweede voorbeeld waar slegs een reël gebruik kon word.

31. Feeling and form, p. 29.

32. Enkele uitsprake sal dit voldoende illustreer: ‘...het ritme, het spel van gelijkheid, herhaling, tegenstelling dat in voortdurende weving en vervlechting de struktuur van het gedicht bewerkt’. Verwey, Ritme en metrum, pp. 47-48. (Kursivering van my.) ‘Een van de elementen van rhythme is herhaling, herhaling met een zekere variatie’. De Groot, Algemene versleer, p. 19; die aangehaalde definisies van Dekker en Shipley op p. 10 van hierdie studie, plus die volgende van Shipley as een van die drie faktore in ritme: ‘the recurring alternation of stronger and weaker elements position in relation to each other’. Dictionary of world literature, p.

323.

(15)

En as daar herhaling is (in die tyd) moet daar vanselfsprekend ook beweging wees:

‘Rhythme zouden wij kunnen difinieren als de wijze waarop een discontinue, telkens opnieuw onderbroken beweging zich in de tijd realiseert’

33.

. En ook in die definisie van Verwey ‘voortdurende weving en vervlechting’, terwyl De Groot praat van

‘krachten of bewegings-componenten’

34.

.

In die bespreking van die kenmerke van ritme tot dusver is daar telkens gepraat van ‘prominente elemente’, van ‘iets (wat) met min of meer reëlmatige tussenpose...

voorkom’

35.

. Hierdie ‘iets’ - die ‘event’ (Langer) - is dan dit wat gewoonlik met 'n redelike reëlmatigheid herhaal word en ritme veroorsaak; trouens, die verskyning daarvan word deur Langer as die wese van ritme beskou: ‘The essence of rhythm is the preparation of a new event by the ending of a previous one’

36.

. Die ‘event’ is dusuiters belangrik, en dit word deur verskillende prosodiste as iets met ongeveer dieselfde kenmerke gesien: dit bestaan uit 'n ‘opeenvolging van teenstellings’

37.

, 'n

‘gelykmatige afwisseling van teestellinge’

38.

, 'n ‘opvolging van tegenstellingen’

39.

; dit is ‘undulatie... een afwisseling’

40.

, ‘...een reeks kernen van intensiteit waartussen zich zwakkere beweginge of geluiden bevinden’

41.

, ‘das natürliche Auf und Ab, das Schwebende und Schwingende’

42.

. En, belangriker, hierdie element wat ritme veroorsaak, is ook ‘the setting-up of new tensions by the resolution of former ones’

43.

.

Vervolgens die woord ‘tensions’: Langer gebruik dit later weer in haar betoog, t.o.v. die ritme in musiek: ‘The concept of rhythm as a relation between tensions rather than as a matter of equal divisions in time... makes it quite comprehensible that harmonic progressions, resolutions of dissonances, directions of “running”

passages, and “tenden-

33. De glanzende kiemcel, p. 38. (Kursivering van my.) 34. ‘Naar een nieuwe versleer’, Nieuwe Taalgids, 1932, p. 243.

35. Inleiding tot die taalkunde, p. 177.

36. Feeling and form, p. 126.

37. Afrikaanse versbou, p. 8.

38. Schoonees en Van Bruggen, Inleiding tot die studie van die letterkunde, p. 42.

39. Kramer, Inleiding tot de stilistische interpretatie van literaire kunst, p. 65.

40. De Groot, Nieuwe Taalgids, jg. 24, 1930, p. 188.

41. De Groot, Algemene versleer, p. 19.

42. R.N. Maier, Das Gedicht, p. 45.

43. Feeling and form, p. 127. 'n Vergelyking tussen Langer se twee uitsprake in dié verband toon aan dat die ‘event’ eintlik 'n ‘tension’ is: ‘The essence of rhythm is the preparation of a new event by the ending of a previous one’ (p. 126), en: ‘ Rhythm is the setting-up of new tensions by the resolution of former ones.’ (Kursivering van my.)

(16)

cy tones” in melody all serve as rhythmic agents. Everything that begets or intensifies expectation, including the expectation of sheer continuity, prepares the future...’

44.

As mens nou aan die poësie dink, kan die vraag waarna die spannings verwys deur die gebruik van die woorde ‘intensifies expectation’ opgelos word: as ‘expectation’, verwagting, in sy normale leksikale betekenis van ‘vooruitsien na’ verklaar word, kan dit slegs van toepassing wees op die waarnemer of digter. Vanaf die inherente kenmerke van ritme as verskynsel kom jy dan uiteindelik by die waarnemer uit, en hoe hy hierdie verskynsel ervaar.

45.

Uit die ondersoek van die voorafgaande opvattings kan die volgende

gevolgtrekkings gemaak word: spanning of verwagting is die wesenlike kenmerk van ritme, en hierdie spanning of verwagting word veroorsaak deur die min of meer reëlmatige herhaling - waar herhaling ook beweging veronderstel - van sekere teenstellings (of afwisselings van kerne van intensiteit met swakkere bewegings of geluide).

Verwagting as belangrikste aspek van die ritme word dan ook geredelik deur letterkundiges aanvaar: ‘The time of verse-language is a time of expectation’

46.

, en:

‘the rhythm of a poem hinges not so much on the actual distribution of the rhythmical accents as on our anticipation of their recurrence at certain intervals’

47.

. Maar die verspreiding van die ritmiese aksente is tog belangrik omdat verwagting juis daardeur voorberei moet word; suiwerder gestel dus: ‘Die akzentuierten Silben kehren im Vers in annähernd gleichen Abständen wieder: so dass wir die nachste Betonung bereits vorauserwarten. Die Vorauserwartung ist eines der bedeutendsten Kenzeichen des Versrhythmus und einer der fundamentalen Underschiede zum Prosarhythmus...’

48.

.

44. A.w. p. 129.

45. Ritme kan natuuilik geheel en al vanuit die waarnemer se oogpunt gedefinieer word: ‘Rhythm is that property of a sequence of events in time which produces in the mind of an observer the impression of proportion between the durations of the several events or groups of events of which the sequence is composed’. E.A. Sonnenschein, What is rhythm? p. 16. Die beswaar teen hierdie definisie lê daarin dat dié eienskappe van gevalle (‘property of... events’) nie nader bepaal word nie, slegs die indrukke wat dit maak op die waarnemer. In sy kritiek hieroor sê Richards: ‘The property so defined may not be an internal property of the sequence at all. The impression of proportion may be due to no character of the object which is regarded as rhythmical, but to some other cause’. Practical criticism, p. 360. Vgl. ook Buning se definisie, Afrikaanse versbou, p. 30.

46. Wellek en Warren, Theory of literature, p. 171, uit Vittorio Benussi, Psychologie der Zeitauffassung, p. 215 e.v,

47. Russian formalism, p. 183.

48. Wolfgang Kayser, Das sprachliche Kunstwerk, p. 247.

(17)

In die laaste twee aanhalings is gepraat van ‘rhythmical accents’ en ‘aksentuierten Silben’ i.p.v. ‘elemente’ of ‘events’ of ‘teenstellings’. Dit bring 'n mens dan spesifiek by die taal, by die basis van ritme in die taal.

2. Die basis van ritme

‘Rhythm is also a general linguistic phenomenon’

49.

, en aangesien die digter die taal ten volle gebruik, sal hy ook die ritme daarin benut. Dit kan aanvaar word dat daar in die taal drie middele is wat verantwoordelik is vir ritme: ‘the stress or “dynamic accent”, the pitch or “musical accent”, and quantity. Actually, each individual language, at a given period of its evolution, favors one of the above elements as the organizing principle of its versification’

50.

. Vir Afrikaans kan 'n mens volstaan by wat A.W. de Groot se t.o.v. die drié aspekte vir Nederlands: ‘In het Nederlands speelt vooral luidheid, daarnaast lengte of duur een rol; toonhoogte komt in de derde plaats...’

51.

.

Die eerste oorsaak dan: ‘luidheid’ of ‘dynamic accent’. Dit word in die taal aangedui deur prominente en minder prominente sillabes: ‘It is... the existence of a syllabic pulse, characterized by a dominant syllabic rather than the syllable as such that is metrically relevant’

52.

. Die begrip sillabe gaan gebruik word, en die linguistiek vereis 'n definisie daarvan. Skynbaar is daar egter nie eenstemmigheid oor wat 'n sillabe is nie

53.

, met die gevolg dat daar met 'n woord gewerk word wat nie omskryf is nie. Vir 'n studie oor die ritme in die poësie is dit gelukkig moontlik: ‘... the term

“syllable” is employed in literature to refer to a variety of separate though correlated speech phenomena... A more important consideration is that all these concepts involve both maxima and boundaries; of these two only maxima are relevant for the meter,

49. Theory of literature, p. 164.

50. Russian formalism, p. 188, uit Roman Jakobson se studie On Czech verse.

51. ‘De vorm van het Nederlandse vers’, p. 191. In sy artikel ‘Aspekte van woordaksent’, Dietse studies, p. 184, noem M. de Villieis 'n vierde faktor wat ‘prominensie van een sillabe bo 'n ander in dieselfde woord’ kan bepaal - of kan help bepaal, nl. voorafgaande pousering. Hierdie faktor sal egter nie afsonderlik bespreek word nie, maar wel by die latere skanderings van gedigte in ag geneem word waar dit krag uitoefen.

52. John Lotz, ‘Metric typology’, Style in language, p. 138.

53. Vgl. bv. uitsprake van Henry Sweet, Primer of phonetics, p. 65 e.v., Leonard Bloomfield, Language, p. 120 e.v.; en oor die probleem van grense by die sillabe, Wilbur Schramm, Approaches to a science of English verse, p. 33 e.v. Ook M. de Villiers, Afrikaanse klankleer, besef dat die definisie wat hy gee - ‘Die sillabe of klankgreep bestaan uit 'n sonore kern voorafgegaan en/of gevolg deur minder sonore klanke’, p. 72 - nie voldoende is nie.

(18)

whereas the boundaries are not’

54.

. Die aksent of ‘dominant syllabic’, die betoning by die sillabe wat as hoof ritme-skeppende faktor beskou moet word, moet bespreek word (en ook die begrip aksent is linguistics onduidelik: ‘Min taalkundige begrippe is so omstrede as aksent’, Afrikaanse klankleer, p. 139). Hierdie ‘aksent’ word gedefinieer as: ‘... the emphasis... which selects one or more syllables out of a group of syllables, one or more words out of a group of words...’

55.

, en ‘de kracht of klem of nadruk waarmee een woord of een lettergreep uitgesproken wordt’

56.

.

Daar sal onderskeid gemaak moet word tussen die normale betoning van woord of sillabe in die taal, bv. by die meersillabige woord met 'n vasgelegde ‘aksent’, en die betoning van woord of sillabe deur intonasie of pouse. Vir hierdie onderskeid kan die bevindings van die linguisties-georienteerde metris Seymour Chatman as uitgangspunt geld: ‘Stress is a fundamental property of full vowel monosyllabic words, and of one syllable in polysyllabic, words, which in any environment, accented or not, can serve to distinguish them from what are other homonyms. The actualization of stress is not uniform; its phonetic cues will vary according to the phonological context in which the word finds itself. Nevertheless, it is real; speakers will not ordinarily differ in their sense of where it occurs, and can always make it more prominent on demand. Accent, on the other hand, is the prominence which one syllable in an uttered phrase receives when it is the centre of the pitch contour; it is not fixed to the word but to the phrase’

57.

. Klemtoon is dus ‘woordaksent’ en aksent is ‘sinsaksent’ - die aksent hoofsaaklik deur intonasie bepaal. In ouer studies oor die versritme het die begrip klemtoon skynbaar aksent en klemtoon ingesluit, vgl. W.E.G.

Louw: ‘Wat Afrikaans betref, mag 'n mens dus konkludeer dat die versritme op klemtoon berus’

58.

. (Met die benoeming heffing - of ictus - in hierdie studie sal albei faktore bedoel word).

54. John Lotz, ‘A notation for the Germanic verse line’, Lingua VI, pp. 1-2. Die grense kan wel belangrik wees, maar dan moet 'n mens maar genoeë neem met M. de Villiers se uitspraak:

‘ ... ons stel die sillabegrens waar nodig volgens ons subjektiewe oordeel vas’, a.w. p. 73.

55. T.S. Omond, A study of metre, p. 21.

56. Vestdijk, De glanzende kiemcel, p. 43. Daar is nog baie soortgelyke definisies. Meer opvattings is egter nie nodig nie.

57. A theory of meter, p. 58.

58. ‘Afrikaanse versritme’, Vaandels en voetangels, p. 49.

(19)

Die onderskeid in die poësie kan n.a.v. die volgende reëls uit Is daar nog trane? van Eugène Marais geïllustreer word:

‘Is daar nog trane?

Sal ooit weer skyn van smart Deur sinsbedrog en ydel wane 'n Enkel' sug roep uit die hart...’59.

In die derde reël is die sterkste heffings alreeds deur die meersillabige woorde bepaal:

sínsbedròg... ýdel wáne - klemtoon dus; terwyl in reels 1 en 2 - buiten natuurlik tráne - die heffings deur iets anders as die normale ‘woordaksent’ bepaal moet word - aksent dus. In die spreektaal is hierdie aksent deur betekenis bepaal en aangetoon deur die intonasie van die sin. 'n Volledige studie van aksent in dié betekenis is vir Afrikaans nog nie gemaak nie. Dat dit moontlik vir die ontleding van die poësie van groot waarde kan wees, is alreeds aangetoon: ‘toonkontoere (speel) 'n belangrike rol... by die strukturele analise van 'n gedig’

60.

. In die hoofstuk oor skandering sal die bepaling van die intonatiewe aksent bespreek word, en of intonasie überhaupt relevant is vir die ritme van 'n gedig

61.

.

Waar dit die klemtoon betref, is daar verskeie fonologiese elemente wat saamwerk.

Hulle hoef slegs genoem te word in die sin wat metriste dit aanvaar - want dit is juis hier waar een van die twispunte oor die ritme ontstaan het. Vir Achilles Mussche word ‘accent’ - lees hier ‘klemtoon’ - bepaal deur ‘de sonoriteit van de spraakgeluiden zelf, de vastere articulatie, de sterkere ademdruk, de toonhoogte en de duur’

62.

. waar duur dan ‘het kwantitatief accent of de kwantiteit (d.i.... de tijd

59. Versamelde gedigte, p. 28.

60. J.A. Louw, ‘Die linguistiese funksie van toon in taal’, Taalfasette, 1965, p. 27. Maar hieroor is nog nie voldoende navorsingswerk gedoen nie: ‘In 'n voorlopige studie wat gemaak is, het ek tentatief tot die slotsom gekom dat dit net so belangrik is as die versvoet’, p. 27.

61. Voorlopig slegs die volgende: ‘Since metrics is entirely within the scope of linguistics, it presupposes the linguistic analysis of the utterance. For metrical purposes, however, not all aspects of language are relevant, and even among those that are relevant, we have to distinguish the basic constitutive factors of meter and the additive-variative ones. The principle according to which we select the metrically relevant linguistic phenomena is the principle of metric relevancy in analogy with the principle of relevancy in phonological and grammatical analysis; for example, length of the syllabic is metrically relevant in Classical Greek, whereas intonation patterns are not metrically relevant in English’, John Lotz, ‘Metric typology’, Style in language, pp. 137-138. (Kursivering in laaste frase van my.)

62. Nederlandse poëtica, p. 114.

(20)

die gebruikt wordt om de klankgreep uit te spreken)’ is (a.w. p. 115). In teenstelling met Mussche, sê Buning dat ‘die expiratoriese aksent... ook in Afrikaans (en die meeste ander tale) 'n neiging (het) om die beklemtoonde lettergreep of woord te verleng in tydsduur, hoewel betoning en lengte nie noodwendig hoef saam te gaan nie...’

63.

; en Saintsbury: ‘Once more I shall be perfectly frank and state my own opinion, which is that in English accent is a cause of quantity, but not the only cause, and not a stable one’

64.

.

Kwantiteit as faktor in die bepaling van die ritme word gewoonlik beskou as iets wat by die klassieke prosodie hoort: ‘The very notion of quantity is unfamiliar to us in English. We pay no attention to this characteristic of syllables... The old Greeks and Romans gave such distinction and prominence to time-value, that it became the index of their verse; they used it, as we use accent, to emphasize rhythm’

65.

. En:

‘Quantity, not stress, was the basis of classical Greek and Latin metric, with the possible exception of the Saturnian measure in early Latin’

66.

. Hierdie verwysing na vroee Latyn is belangrik aangesien 'n digter soos Gnaeus Naevius skynbaar nie geheel en al in die kwantiteitsvers geskryf het nie: ‘The quantitative metres were fitted to Latin (d.i. uit Grieks - A.J.C.) by introducing as great an accentual element as possible without becoming too monotonous... Sometimes a whole line can be scanned by accent, as...

ingùrgitávit úsque ad ímum gútturem’67..

En ook by latere Latynse digters het klem voorgekom: ‘Scholars are not agreed as to the nature of this accent; they discuss whether it was pitch of stress, and some deny that it affected classical Latin verse at all. I cannot doubt that it did, and that it resembled our English stressaccent rather than the pitch-accent of classical Greek, which seems to have had no influence on the form of Greek metres. It is certain that the existence of an accented syllable in each word played a leading part in the earliest indigenous Latin verse, that it influenced the scansion of Plautus and Terence, and was a feature of spoken Latin. We should naturally expect it to have its effect on the development of the hexameter when this Greek metre was gradually adopted to Latin speech.

63. Afrikaanse versbou, pp. 45-46.

64. A History of English prosody, I, p. 5.

65. T.A. Omond, A study of metre, pp. 33-34.

66. Alex Preminger (red.), Encyclopedia of poetry and poetics, p. 135.

67. H.J. Rose, A handbook of Latin literature, pp. 26-27.

(21)

Actually we find that in Virgil's lines accent and metrical ictus tended to be opposed to one another in the first four feet, and regularly coincided in the last two’

68.

.

As klemtoon dan wel voorkom in versvorme waar die ritme grotendeels bestaan uit die opeenvolging van lang en kort sillabes, dan mag die moontlikheid nie uitgesluit word dat duur ook 'n faktor kan wees in die klemvers nie. Tj. Buning wy 'n afdeling aan hierdie probleem (Afd. 17, ‘Kwantiteit as faktor in die Afrikaanse vers’, pp.

89-99) en kom tot die gevolgtrekking na 'n ondersoek van verskeie voorbeelde dat dit ‘n ondergeskikte faktor is in die metrum van ons verse’, maar dat dit wel in die ritme voorkom: ‘Tydsduur van lettergrepe word een van die belangrikste hulpmiddels van die digter om die fynste nuanses van sy gevoel te verklank’

69.

. Hy gaan egter nie dieper daarop in nie; maar hy bespreek eerder die pogings om die kwantitatiewe versmaat in 'n Germaanse taal na te volg.

Om aan te toon dat klemtoon en kwantiteit wel in 'n gedig kan saamval sonder dat dit toevallig is, het W.H. Gardner 'n telling gemaak van die gesamentlike duur van sillabes in 'n versreel, en ook op die ooreenkoms tussen duur en klemtoon gewys (kwantiteit word as volg aangedui: 'n lang sillabe - 2, 'n korte - 1, twee vinnige kortes - 1½, 'n rus, gemerk met , - 1, die uitgang -ing word as lank getel):

‘When men were all asleep the snow came flying 18 In large white flakes falling on the city brown. 18

en

conticuit tandem factoque hic fin quievit

dilapsus calor atque in ventos vita recessit

68. Sir Frank Fletcher, Virgil Aeneid VI, pp. 108-109. Ter illustrasie haal Fletcher o.a. twee reëls uit Vergilius se werk aan: Aeneas, IV, 705 en III, 718. Binne kwatitatiewe metriese konteks skandeer dié reëls so:

69. Buning, Afrikaanse versbou, p. 93. Die onderskeid tussen metrum en ritme word later in dié studie behandel.

(22)

Stealthily and perpetually settling and loosely lying, 20 Hushing the latest traffic of the drowsy town; 18 Deadening, muffling, stifling its murmurs failing; 18 Lazily and incessantly floating down and down’70.

Dit is egter 'n te subjektiewe metode om tot 'n besluit oor klem en kwantiteit in 'n gedig te kan lei. In 'n poging om na te gaan watter standpunt hieroor ingeneem moet word vir die Afrikaanse poësie, is die opnames van die ‘Sonagraph’ as basis gebruik, waar die duur van sillabes in die laaste drie reëls van Boerneef se Die dikkoppe dans gemeet is (byvoegsel pp. 191). Die lengte van sillabes kon hier redelik akkuraat gemeet word aangesien die lengte van elke strokie waarop die klank geregistreer is 31.6 sentimeters is, en die leestyd vir hierdie lengte 4.8 sekondes. Vanaf die gegewens kan elke sillabe- of reëllengte omgesit word - eers in sentimeters en dan in sekondes

71.

. Die sillabeduur is die volgende - pouses word nie bygereken nie:

72.

.18 .14 .50 .24.71 .51.38.27 .36 .35 .43 .17

Sekondes:

Maar die sinling sê dis y del geit der he den

1

.24.32.36 .43 .21 .33 .35 Sekondes:

van on gy reg tig he den 2

70. W.H. Gardner, Gerard Manley Hopkins (1844-1889), Deel I, p. 206, voetnoot 1.

71. Die beplanning van die sillabegrense kan natuurlik probleme oplewer; maar gelukkig is hier geen gevalle waar daar onsekerheid hoef te wees nie. Die grense is bepaal soos M. de Villiers dit gee in Afrikaanse klankleer, pp. 134-139. Vir die sillabeduur is die duur van konsonante bygereken.

72. In sentimeters is die lengtes as volg: 1: 1.25; .9; 3.3; 1.6; 4.7; 1; 2.5; 1.8; 2.35; 2.3; 2.8; 1.1;2:

1.6; 2.1; 2.4; 2.8; 1.4; 2.2; 2.2; 3: 5.2; 1.5; 2.2; 2.2; 2.3; 2.4.

(23)
(24)

Om hierdie reëls nou kwantitatief te skandeer, word die gemiddelde duur per sillabe per reël as basis gebruik. Sillabes wat minder as hierdie gemiddelde tyd is, sal as kort beskou word, en die wat meer is, as lank. Die gemiddeldes is dan: reël 1: .31 sekondes; reël 2: .31 sekondes; reël 3: .32 sekondes

73.

. Vir die skandering volgens klemtoon word heffings geplaas soos in die amplitudekurwe weergegee word (byvoegsel pp. 192): relatief tot mekaar, bv. in reël 3 sal ‘aan’ 'n heffing kry omdat die kurwe hoër is as by ‘my’, terwyl dit laer is as by ‘ook’. Met inagneming van klemtoon en kwantiteit kan die drie reëls dan as volg skandeer (-, lang sillabes):

‘Maar die sinling sê dis ydelgeitderheden van ongyregtigheden

so doe hy ook aan my’.

Van hierdie gegewens kan die volgende gevolgtrekkings gemaak word: behalwe by die eindsillabes van elke reël is daar 'n ooreenkoms tussen duur en klemtoon, en dit wil voorkom of klemtoon die oorsaak van die duur kan wees

74.

. In reëls 2 en 3 kan die lang sillabes aan die einde toegeskryf word aan die feit dat hulle nie in

enjamberende oorgange staan nie, daar is 'n pouse aan die einde van dié reëls.

The rain set early in to-night For love of her, and all in vain ...’

Das sprachliche Kunstwerk, p. 244.

73. By reël 3 is die onnatuurlike lang voordrag van ‘so’ uitgeskakel by die berekening. Hierdie lang uitspraak moet as 'n eienaardigheid van die leser beskou word, net soos die verskil in die lesing by heden in reëls 1 en 2 wat moontlik toegeskryf kan word aan die feit dat albei in eindposisies staan. Sulke hebbelikhede sou uitgeskakel kon word as dit moontlik was om meer lesings op te neem.

74. 'n Gevolgtrekking waarvoor daar bevestiging is by Kayser - die klem kan selfs 'n kort sillabe verleng: ‘Das Verssystem der romanischen und germanischen Sprachen ist eben primär akzentuierend... Damit soli nicht behauptet werden, dass eine kurz betonte Silbe im Vers nicht länger sei als dieselbe Silbe in unbetonter Stellung. Die Silbe “in” ist zum Beispiel in dem ersten der folgenden Verse gewiss langer als in dem zweiten:

(25)

Hierdie gegewens kan van belang wees by die skandering van 'n gedig: in gevalle waar die metriese heffings nie bepaal kan word nie - waar dit dus 'n kwessie van aksent is - kan die kwantiteit van 'n sillabe die heffing aandui, aangesien klemtoon moontlik duur bepaal

75.

. Die gevolgtrekkings is egter slegs gebaseer op een lesing.

Die bevinding dat duur 'n medebepaler van die ritme van 'n gedig kan wees, moet dus as hipoteties beskou word, 'n Algemeen geldige reël in dié verband - as daar ooit sulke reëls vir die ritme is - sal eers gemaak kan word as 'n groot aantal versreëls, met verskillende lesers, op dié wyse ondersoek is. Dit was slegs hier as 'n tentatiewe proefrieming bedoel. (Die algemene besware teen die gebruik van apparate sal in Hoofstuk drie van hierdie studie bespreek word). Dat die digter opsetlik van die duur van sillabes kan gebruik maak, is natuurlik nie uitgesluit nie: vgl. bv. die woorde

‘ongyregtigheden’ en ‘doe’ in die aangehaalde reëls: die lang y-klank en die ‘doen’

sonder sillaberand

76.

. Dis egter onwaarskynlik dat die sillabes verleng is om ritmiese redes; dit pas só meer in die bedoelde preektoon, in die teksvers-temerigheid daarvan.

(Maar dit is juis hierdie verlenging van sillabes wat dié reëls ingegee het vir die proefneming met die ‘Sonagraph’-opnames, ten spyte daarvan dat ‘woorde’ soos

‘ydelgeitderheden’, ‘ongyregtigheden’ en ‘doe’ seker nie as gevalle van ‘normale’

taalgebruik beskou kan word nie.)

Maar as die digter van die lengtes van sillabes gebruik maak, moet dit eerder om ander redes as die ritmiese beskou word; dat dit die ritme beënvloed, kan egter nie uitgesluit word nie

77.

.

Bogenoemde hipotese moet dan in gedagte gehou word by die bepaling van die ritme van 'n versreël. 'n Algehele ontkenning van die duur van sillabes sou nie al die feite in ag neem nie, en 'n uitspraak soos die volgende mag ook nie - vir Afrikaans ook nie - onvoorwaardelik aanvaar

‘'t Is triestig dat het regent in den herfst dat het moe regent in den herfst, daar buiten’

75. Hierdie aspek sal in die hoofstukke oor skandering weer betrek word.

76. In die lesing wat ondersoek is, word ‘doe’ as kort gerealiseer - 'n foutiewe voordrag?

77. 'n Mooi voorbeeld van die doelbewuste gebruik van lang sillabes vind 'n mens in Karel van de Woestijne se Koortsdeun, waar die lang klanke bydra tot die triestige stemming in die gedig. Maar die ritme word ook daardeur beïnvloed; vgl. slegs die tweede reël waar die duur van sillabes die ritmiese patroon wat daargestel is in die eerste reël verbreek, bv. die lang

‘moe’, en die ‘daar’ wat moontlik ook as lank beskou kan word a.g.v. die invloed van die voorafgaande pouserinp:

(26)

word nie: ‘Syllables, number of syllables, and stresses, primary, secondary, and weak, are linguistic features which you can find in the English dictionary. But long and short syllables are not found in the English dictionary'’

78

. Die volgende moet liewer onthou word: ‘Though English metrics is founded on accent, the factor of quantity has an importance in determining the final rhythmical result of a piece of verse as actually experienced. But quantity never appears in systematic form; it works, merely, to condition and modify the rhythmical pattern defined by accent’

79

.

Ten slotte. Vir die poësie kan ritme dan kortliks gedefinieer word as die spanning of verwagting wat veroorsaak word in 'n versreël deur die minder of meer reelmatige herhaling van heffings.

78 Wimsatt en Beardsley, ‘The concept of meter’, PMLA, 1959, p. 588 79 Brooks en Warren, Understanding poetry, pp. 563-564

(27)

Hoofstuk 2 Metrum

‘All combination, arrangement and connexion of words involves either rhythms...

or metres, that is, a certain measure. Now though both rhythm and metre consist of feet, they differ in more than one respect. For in the first place rhythm consists of certain lengths of time, while metre is determined by the order in which these lengths are arranged. Consequently the one seems to be concerned with quantity and the other with quality... rhythm merely takes into account the measurement of time, that is to say, it insists on the time taken from its rise to its fall being the same. The measurement of verse on the other hand is quite different; the anapest or spondee cannot be substituted at will for the dactyl, nor is it a matter of indifference whether the paean begins or ends with short syllables. Further, the laws of metre not merely refuse the substitution of one foot for another, but will not even admit the arbitrary substitution of any dactyl or spondee for any other dactyl or spondee’

1

.

Hierdie uitspraak is verteenwoordigend van die algemene opvatting oor die ritme en metrum in die Latynse poësie. Die probleem is of dit ook aanvaarbaar is vir die huidige poësie. In hoofsaak stem A.W. de Groot saam: ‘Essentieel voor rhythme is een bepaalde duur der perioden die meestal in de afstand van heffing tot heffing het duidelikst wordt waargenomen. Essentieel voor metrum is overeenkomstige bouw van opeenvolgende perioden, die in onze taal meestal het duidelikst in gelijk aantal dalingen tussen heffingen uitkomt’

2

. Oor die woord ritme hoef daar nie meer gesê te word nie: by Quintilianus verwys dit na die temporaliteit, die gelyke duur, wat 'n kenmerk van die klassieke versvoet was; en wat De Groot betref, is dit alreeds bewys dat bepaalde (dus gelyke) afstande tussen heffings nie die belangrikste aspek van die ritme is nie.

By Quintilianus is die volgende opvallend t.o.v. die metrum: dit is 'n

1 Quintilianus, Institutio oratorio, IX, 4, x. 45-49.

2 ‘Naar een nieuwe veisleer’, De Nieuwe Taalgids, 1932, p. 247.

(28)

definitiewe maat (‘dimensione quandam’)

3.

, wat 'n sekere ordening veroorsaak, en sekere reëls bevat (‘metrorum ratio’). Vir die klassieke poësie was die metrum dus aktueel: ‘Greek and Latin poets had perfectly fixed rules, with fixed “licences” or variations. These rules were, by respectable poets, never broken; or if they were, it was simply a mistake and had to be corrected, like a mistake in addition or a false note in music’

4.

. In die moderne (Germaanse) vers is daar nie hierdie stel reëls vir die metrum nie, dit hang daar slegs af van 'n ‘gelijke aantal dalingen tussen heffingen’.

Vir 'n reëlmatige metrum moet daar dan 'n reëlmatige afwisseling van heffings en dalings wees: ‘...the regularity of meter requires only that there be some regular alternation of stress and slack’

5.

, en: ‘In English verse, which is based on accent rather than quantity, the term metre refers to the pattern of stressed and unstressed

syllables’

6.

. So gesien is metrum dan ‘the recurrence of a rhythmic pattern within the line, and in corresponding lines, of a poem’

7.

, of, fonologies gestel: ‘Meter is artistically arranged stress-intonation-pattern, just as poetic diction is artistically chosen vocabulary.’

8.

Uit die opvattings Jean daar twee afleidings gemaak word: dat die metrum van 'n gedig deel is van die ritme daarvan - ‘meter is a species of rhythm’

9.

; en dat die metrum 'n patroon is. Letterkundiges is dit dan ook eens dat die metrum 'n patroon van die ritme is, die skema wat ‘opgestel’ word uit die ritme: ‘Metrum ist das Schema, das die Lage der Hebungen und Senkungen angibt; es ist ein zahlbares, starres Mass’

10.

, en ‘Meter... is the systematization of rhythm in so far as this systematization is determined by the relationships between accented, or stressed, and unaccented, or unstressed, syllables’

11.

. Dit is dus die meetbare ritmiese patroon in 'n vers, en dit word gedoen deur ‘... reducing disparate linguistic phenomena to simple distinctions, learning to measure and to equate things which are very different indeed in their

3. ‘Metron means “measure” or “measurement”’, Gilbert Murray, The classical tradition in poetry, p. 70.

4. A.w. p. 72.

5. Shipley (red.) Dictionary of world literature, p. 325.

6. Beckson, Ganz, Literary terms, p. 129.

7. Shipley (red.), Dictionary of world literature, p. 270.

8. S. Chatman, ‘Mr. Stein on Donne’, Kenyon Review, XVIII, 1956 p. 447.

9. Chatman, A theory of meter, p. 18. En ook: ‘Rhythm is the larger, more general term; metre, the smaller, more particular’, James Reeves, Understanding poetry, p. 124.

10. R.N. Maier, Das Gedicht, p. 47, en: ‘Gezählter Rhythmus heisst Metrum’, p. 43.

11. Brooks en Warren, Understanding poetry, p. 562.

(29)

absolute physical nature’

12.

. En hierdie ‘simple distinctions’ word dan tot 'n abstrakte patroon gemaak; daardeur word die metrum ‘the abstract pattern that obtains when rhythm is formally organized’

13.

.

Dit bring 'n mens dan by die belangrike opvatting dat metrum 'n abstraksie is, dat dit dus nie heeltemal in die moderne vers is wat dit in die klassieke vers was nie.

Trouens, die vraag is of dit hoegenaamd vandag nog bestaan. Albert Verwey se uitgangspunt was dat ‘“der Dichter kennt nur Rhythmus. Die Metrik existiert nicht für ihn”’

14.

. Herhaaldelik beklemtoon hy hierdie stelling - ‘wanneer ik als dichter sprak’ (a.w. p. 10): ‘Metrum is niets, ritme is alles’ (a.w. p. 9), en: ‘Metrum is iets dat niet bestaat, het eenige wat bestaat is ritme’. Dit is die digter se uitgangspunt. Hy erken egter gaandeweg dat metrum tog wel in 'n mate bestaan: ‘Als ik zei dat het metrum niets, het ritme alles is, dan drukte ik daarmee mijn daadwerkelijke ervaring uit. Maar men moet mijn zeggen: metrum bestaat niet, niet letterlijk opvatten. Metrum als besef van abstracte regelmaat, bestaat wel degelijk, en het is zeer de vraag of de werkelijke regelmaat van het ritme er ooit buiten kan’. (a.w. p. 30). En: ‘Metrum bestaat niet, er is enkel ritme. Voor de dichter die dicht is dat zeker zoo. Als men spreekt denkt men ook niet aan de stellingen van de logica. Maar wie zal ontkennen dat de logica een grootsche kreatie is, die geen denker verzuimen zal in zich op te nemen. Zóó bestaat ook het metrum voor de diqhter’ (a.w. p. 61).

Ten spyte daarvan dat Verwey dan die bestaan van metrum vir die digter aanvanklik ontken, wil hy dit tog uiteindelik 'n groter rol gee: ‘De metra zijn eigenlijk ontzettende dooden. Niemand ziet ze, we zien niets dan ritmen. Maar zij zijn de wiskunde achter de ritmen, de onverbiddelijke, onlichamelijke wetmatigheid’. (a.w. p. 81). Dit is dan groter as die ritme, dit staan agter die ritme, is die wetmatigheid, is dus nie slegs 'n

‘species of rhythm’ nie. 'n Mens moet aanvaar dat Verwey nog as digter hier aan die woord is; dat daar vir die digter sekere abstrakte metriese vorme bestaan wat wel belangrik is, soos bv. die jambiese vyfvoet: ‘But the metre of... poems written in the iambic pentameter tradition is very important; the rhythm is conditioned by the presence

12. Chatman, A theory of meter, p. 105.

13. Babette Deutsch, Poetry handbook, p. 78.

14. Ritme en metrum, p. 14, 'n aanhaling uit 'n artikel van E.W. Scripture. Die aanvaarding van hierdie stelling is in 'n mate 'n verwerping van Chatman se siening van die metrum as

‘artistically arranged stress-intonation-pattern...’

(30)

of that meter...’

15.

. Maar dit bly nog 'n abstraksie, is nie dwingend nie, en dit kan nie as foutief beskou word as die digter 'n tradisionele digvorm nie presies só skryf nie:

‘Het metrum van een vers is geen tastbare - of hoorbare - realiteit in absolute zin, maar inderdaad, slechts een schema, - een abstract ideaal, dat men het vers voorhoudt, een fictieve wet, waaraan het vers héét te gehoorzamen, maar waaraan het in werkelijkheid maar zelden gehoorzaamt...’

16.

. Daar is nie ‘wette’ vir die metrum nie;

die goeie digter skep eerder in 'n gedig 'n sekere ritmiese patroon, 'n sekere verwagtingspatroon, deur innerlike noodwendigheid

17.

. Van hierdie patroon is hy bewus, en hy dig ook daarvolgens; maar dan is dit 'n patroon wat hy self as norm gestel het, en waarvan hy met spesifieke funksie sal afwyk. In dié sin moet Roman Jakobson se opvatting dat metrum nie 'n abstrakte patroon is nie, maar 'n inherente versskema, gesien word: ‘Far from being an abstract, thereotical scheme, meter - or in more explicit terms, verse design - underlies the structure any single line - or, in logical terminology, any single verse instance. Design and instance are correlative concepts. The verse design determines the invariant features of the verse instances and sets up the limits of variations. A Serbian peasant reciter of epic poetry

memorizes, performs, and to a high extent, improvises thousands, sometimes tens of thousands of lines, and their meter is alive in his mind. Unable to abstract its rules, he nonetheless notices and repudiates even the slightest infringement of these rules.

Any line of Serbian epics contains precisely ten syllables and is followed by a syntactic pause. There is furthermore a compulsory word boundary before the fourth and tenth syllable...’

18.

. Die voorbeeld wat Jakobson aanhaal, het skynbaar vaste reels vir komposisie; maar dit kan nie van die Afrikaanse vers gese word

‘Whose Titan angels, Gabriel, Abdiel...

Rings to the roar of an angel onset.’

15. Wimsatt, Style in language, p. 201.

16. Simon Vestdijk, Het glanzende kiemcel, p. 39.

17. En as 'n digter opsetlik van 'n metrum, bv. 'n klassieke metriese vorm, gebruik maak, soos Tennyson in sy Alkaïese Ode tot Milton:

dan het dit gewoonlik verwysende waarde, of kan dit bloot spel of eksperiment wees.

18. ‘Closing statement: linguistics and poetics’, Style in language, p. 364.

(31)

nie, waar geen vaste metriese reëls bestaan nie - hoogstens sekere algemene beginsels t.o.v. pouse en enjambement.

Verwey sê dat niemand die metrum kan sien nie - ‘we zien niets dan ritme’. Maar hoe word die ritme deur die waarnemer gesien? (Verwey praat slegs van die digter).

Daar moet vir hóm tog 'n sekere meetmiddel wees waarmee hy die ritme kan meet.

Hierdie meetmiddel is die metrum. As meetmiddel ís dit onverbiddelik en onbuigsaam, maar juis daarom kan dit die ritme aantoon, en, belangriker nog, die afwykings van daardie ritmiese patroon. Daardeur is dit egter nie belangriker as die ritme nie - dit is slegs die rtavorser se abstraksie: ‘It is wiser to think of meter as a concept, rather than a percept, even though it is based on the percept of rhythm; it is the mind, not the senses, which performs the task of reducing disparate linguistic phenomena to simple distinctions, learning to measure and to equate things which are very different indeed in their absolute physical nature’

19.

.

Metrum moet dan gesien word as 'n literêre konvensie waardeur die ritme van 'n gedig georganiseer en gemeet word, 'n hulpmiddel, 'n ideele skema wat uit die ritmiese gevalle gehaal kan word - 'n abstraksie wat selde heeltemal verwerklik kan word

20.

.

Die begrip abstraksie vra om verduideliking. Dit is aangetoon dat die metrum nie sonder ritme kan ontstaan nie. As die metrum dan 'n ab-

19. Seymour Chatman, A theory of meter. p. 105. Verdere bevestigings vir dié siening vind 'n mens in die volgende:

i) ‘By ons metries-ritmiese ondersoek gaan ons daarvan uit dat die metrum as denkbeeldige skema die gelyke of reelmatige is en die ritme die afwisselende werklikheid op daardie skema: “Ritmen zijn werkelijkheden, metra zijn schemata”’, C.J.M. Nienhaber, Die taal as tolk, p. 20, aanhaling uit Verwey, Ritme en metrum, p. 22.

ii) ‘... daraus wird endlich ein klar beschreibbares und vernehmbares Schema, das abgelöst und für sich betrachtet werden kan: das Metrum’, en: ‘Unter Metrum verstehen wir ein abstrahiertes Schema rhythmischer Geordnetheit...’, Herbert Seidler, Die Dichtung, pp. 186 en 189.

20. i) ‘Meter mightibe defined as a systematic literary convention whereby certain aspects of phonology are organized for aesthetic purposes’, Chatman, ‘Comparing metrical styles’, Style in language, p. 149.

ii) B. Tomashevskij beskou dit as 'n ‘auxiliary device,’ aangehaal deur Benjamin Hrushovski,

‘On free rhythms in modern poetry’, Style in language, p. 189.

iii) ‘...the meter is a kind of ideal scheme that we can draw out of the actual occurrences’, a.w. p. 201, in 'n gesprek gesê deur Harold Whitehall

iv) ‘Although meter has the value of a traditional norm and appears as a permanent impulse in the reading of a poem, it is rather an abstraction, one never realized precisely...’, a.w. p.

179, Benjamin Hrushovski.

(32)

straksie is, moet dit vanuit hierdie ritme veralgemeen word - dit is dus 'n

vereenvoudiging van die ritme vir die voller verstaan van 'n gedig. Die volgende gedig, Die gewigopteller van Ernst van Heerden, kan as voorbeeld geneem word

21.

:

‘Die taai klou van die grond vermenigvuldig elke pond die ruie vlegsel van die spier is - triomfantelik! - 'n dier wat met een kap blitssnel die swaartepunt verstel’.

Die ondubbelsinnige realisering van die ritme in hierdie gedig kom voor in die sesde reël, waar die heffing en daling opeenvolging deur die klem op die meersillabige woorde bepaal kan word:

die swaartepunt verstel

Dié ritmiese patroon word bevestig deur die klemverhouding in die volgende meersillabige woorde:

‘vermenigvuldig elke’, en ‘die ruie vlegsel’

Dit gee 18 sillabes met gelyke aantal dalings (een) tussen opeenvolgende heffings, uit 'n totaal van 42 sillabes - byna die helfte. (Die woorde ‘ ’ en ‘ ’ word nie betrek nie omdat die heffing- daling-verhouding nie daar so eenduidig is as in die ander woorde nie, nl. ‘triomfantefik’ en ‘blitssnel’). Die norm kan dan wees die patroon , en die metriese skema wat as meetmiddel kan dien die drie- of viervoetige jambe

22.

.

21. Uit Die sewe vrese, p. 9. Daar is opsetlik 'n gedig gekies wat nie 'n ‘veronderstelde’ metriese vorm het nie, soos bv. die sonnet; sodat daar nie alreeds 'n skema bestaan nie, maar een geabstraheer moet word.

22. Die konsekwensies wat die toepassing van 'n geabstraheerde metrum inhou, sal in die hoofstukke oor skandering ten volle bespreek word; so ook die gebruik van die tradisionele versvoet as meetmiddel.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

TRANSITIE EN TRANSFORMATIE EERSTE 1000 DAGEN GEPERSONALISEERDE ZORG GEÏNTEGREERD

De resultaten van deze analyse lieten zien dat er geen significant verschil was in attitudes ten opzichte van de advertenties tussen respondenten die de polysemische

Voor de effecten van groene advertenties moet daarom niet alleen gekeken worden naar of er wel of geen groene claim wordt gebruikt, maar ook naar in hoeverre een merk een groen

“H2:$ Het$ saillant$ maken$ van$ de$ descriptieve$ en$ injunctieve$ norm$ (inclusief$ provinciale$ norm)$ heeft$

De subdoelen van dit onderzoek waren (1) te onderzoeken of de vrijwillige toelichtingen over carbon footprint in de jaarverslagen van bedrijven genoteerd aan de Euronext Amsterdam

Daarnaast wordt er verwacht dat de resultaten laten zien dat (3) ouders met een permissieve attitude ten opzichte van seksualiteit en blootheid en/of (4) ouders die minder over

Brown (1997) additionally presents relationships between the market value of the firm, the absolute value of earnings forecast, analyst following and the accuracy level of

The result of the existence of the Alcohol Levy to date is that some of the companies in the alcohol industry have lost their value and employees have lost