52. Dit is dan ook die beswaar teen die blote statistiese metode, waar afwykings getel en genoteer word en daar dan 'n uiteindelike ‘beskrywing’ van die ritmiese vorme van 'n digter se werk gegee word. Vgl. bv. dele van G. Stuiveling se Versbouw en ritme in de tijd van '80.
Die enigste afwyking, in die tweede voet van die eerste reël, aksentueer ‘uit’.
Oenskynlik vreemd en onnodig; maar die ritmiese patroon aksentueer ook ‘in’ - tot
‘binne in’ - in die vierde reël, sodat dié twee bewegings teenoor mekaar staan: aan
die een kant rook wat van die lokasie af kom, en aan die ander kant mense wat as't
ware ‘wegraak’ in die ‘koper skemer’. (Moontlik selfs aan twee kante van die ‘toneel’:
rook aan een kant, mense wat die skemerte inloop aan die ander kant). Daarnaas die
ruimtelike bepalings gegee deur die aksentuering van die ritme: ‘by die dorpsdam’
(dus ook nie naby nie); en die ouditiewe: ‘sing’. Soos in die eerste twee reëls van
die gedig is die waarneming weer hoofsaaklik beskrywend - agtergrondbeskrywing.
Verder weg in die agtergrond - dus weer 'n ruimtelike bepaling - is ‘motortjies’
wat verbyry (derde strofe). Dit is egter slegs 'n visuele waarneming, die oor kan hulle
nie hoor nie omdat hulle so ver is. Die ritme aksentueer dié afstand op twee maniere:
ten eerste deur die sterk omsetting van die eerste voet, en deur die ekstra heffings op
‘dóér’ (wat alle omringende heffings laat verdwyn), en ten tweede deur die heffing
wat kragtens die patroon op die verkleinwoorduitgang ‘motortjies’ val: die afstand
van die motors van die waarnemer af is dus so ver dat hulle heel klein is
53.. By die
derde reël wil die ritmiese afwyking dat oom Appie se bynaam, ‘Slagkraal’, opval.
Daardeur word dit al meer as 'n bynaam, kan dit ook 'n weergawe wees van wat oom
Appie doen: dat hy slagter is, of dat hy ten minste iets met die slagkraal te doen moet
he. Hierdie aktualisering kan moontlik iets suggereer as 'n mens die bepaling van
wat die skaapwagter-voëltjie besig is om te doen, in gedagte hou. Die vierdie reël
gee weer 'n ruimtelike bepaling in die afwyking van die ritmiese norm: ‘voor die
oog’, voor die kroeg: die kroeg is op die voorgrond (die fiets ‘kom staan’ immers),
soos die skaapwagtertjie, en weer in teenstelling met die ruimtelike bepaling in die
eerste twee reëls van dié strofe. Ook die woord ‘moeg’ val buite die patroon en wil
die aandag trek. Dit kan weer beskou word as 'n interpretatiewe waarneming: die
fiets kan ‘moeg’ wees omdat dit oud is, of dit kon so pas 'n lang rit afgelê het. Daar
is wel 'n kwalifisering by ‘fiets’, nl. ‘ou fiets’; indien die heffing op ‘ou’ geval het,
sou dit die ouderdom van die fiets beklemtoon (en as dit ‘oud en der dagen zat’ is,
sal dit ook
53. Die heffing op -tjies kan betwis word, 'n Bietjie literêre speurwerk kan egter hier van hulp wees. In die Tristia sketsboek, waar 'n eerste weergawe van dié gedig gegee word, is dit duidelik dat die digter eers ‘motors’ geskryf het, maar dit verander het tot ‘motortjies’. So 'n verandering moet betekenisvol wees.
moeg wees!). Aangesien ‘ou’ egter in 'n dalingsposisie staan, kan dit 'n ander
betekenismoontlikheid oproep sodat die woord die gevoelswaarde van ‘vertroudheid’,
of selfs ‘toegeneentheid’ verkry. En só gesien, is die fiets dan ‘moeg’ omdat dit van
ver af gekom het.
In die vierdie strofe is alles naby: Tant'-Tolie-met-die-kanker ('n belangrike karakter
wat die sterk afwykings in die ritme beklemtoon: die hoofkarakter) ‘kom sit’. Die
enjamberende ‘kom’ met ‘sit’, en die aksentuering van albei woorde is belangrik vir
die ruimtelike bepaling, maar ook omdat dit a.g.v. die distansiëringstegniek van die
ritme die indruk kan gee dat dit in aanhalingstekens staan: dat Tant'-Tolie as't ware
‘uitgenooi’ word om te kom sit.
Nou is die agtergrond klaar geteken, die toneel is opgestel vir 'n gebeurtenis, die
karakters is dáár: die ‘skáwagter’ wat op wag staan, ‘Oum Appie Slagkraal’ wat
gekom het met sy fiets, en die waarnemers wat dit gaan ervaar. Maar hierdie
waarnemers is nie so belangrik as die ander karakters nie, want daar val volgens die
jambiese patroon geen heffing op ‘ons’ nie. Die tyd het ook gaan verander: vanaf
‘laatmiddag’ tot ‘vanaand’. En dan volg die angswekkkende gebeurtenis, weergegee
in 'n normale jambiese ritme, sonder afwykings:
‘vanaand gaan hoor ons ng hoe sy die Here en die uile roep.’
Saam met die betekenis gee hierdie ritme 'n atmosfeer van die ‘unheimliche’, van
spookagtigheid. Dit moet 'n werking van die ironie wees dat die laaste reëls - die
sleutelreëls, die drama self - wat juis die angswekkendste is, ook ritmies die rustigste
is. Daarby wys die ritme nog sekere woorde uit deur die heffings daarop, nl. ‘nog’,
‘en’ en ‘roep’. Die belangrikheid van ‘nog’ kan gesien word as deel van die
interpretatiewe waarneming wat gegee is met ‘wag-hou’, ‘Slagkraal’, ‘moeg’. Dit
lyk of dié ‘nog’ ook verband kan hou met daardie woorde: of daardie karakters - die
voëltjie wat wag-hou, oom Appie met sy slagkraal-beroep - iets met dié geroep tot
die Here en die uile te doen gaan hê. Met die geaksentueerde ‘roep’ word die
ouditiewe bepalings wat met ‘fluit’ en ‘sing’ 'n aanvang geneem het, voltooi; maar
ontstellend voltooi omdat die geroep nie 'n aangename, rustige, geluid soos die fluit
van 'n trein of
In document
Abel J. Coetzee, Ritme en skandering. 'n Ondersoek na ritmiese sisteme in uitgesoekte Afrikaanse gedigte · dbnl
(pagina 175-178)