• No results found

Invloede op die verband tussen perseptueel-motoriese bevoegdhede en akademiese prestasie by laerskoolleerders: NW-CHILD studie

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Invloede op die verband tussen perseptueel-motoriese bevoegdhede en akademiese prestasie by laerskoolleerders: NW-CHILD studie"

Copied!
306
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

Invloede op die verband tussen

perseptueel-motoriese bevoegdhede en

akademiese prestasie by

laerskoolleerders: NW-CHILD studie

E. de Waal

Orcid.org/0000-0001-7451-1506

Proefskrif voorgelê ter nakoming vir die graad

Philosophiae Doctor in Menslike Bewegingskunde aan die

Noordwes-Universiteit

Promotor:

Prof. Anita E. Pienaar

Gradeplegtigheid:

Oktober 2018

(2)

i

VERKLARING

Hierdie proefskrif is in artikelformaat uitgevoer. Die studie is beplan en uitgevoer deur twee navorsers. Die bydrae van elke outeur word vervolgens in tabelvorm uiteengesit met die verklaring van elke outeur se rol in die studie. Hiermee gee die outeurs ook toestemming dat die artikels in hierdie proefskrif vir graaddoeleindes voorgelê kan word.

Outeur se Naam en Van Rol van die outeur in hierdie studie

Mej. Elna de Waal (EDW) (M.Sc. Kinderkinetika)

EDW en AEP was saam verantwoordelik vir die voltooiing van die studie. EDW en AEP het die data ingesamel. EDW is die eerste outeur en AEP die tweede outeur in al vier artikels.

Prof. Anita E. Pienaar (AEP) (PhD Menslike Bewegingskunde)

AEP was die promotor en verantwoordelik vir die beplanning van die projek. AEP het ʼn

betekenisvolle bydra gelewer ten opsigte van die skryf van die artikels.

Plegtige verklaring deur promotor

Ek verklaar hiermee dat die bogenoemde artikels goedgekeur is en dat my rol in die studie soos bo uiteengesit korrek is en my aandeel in die studie weerspieël. Ek gee verder hiermee toestemming dat die artikels as deel van die proefskrif van mej. Elna de Waal gepubliseer mag word.

Prof. Anita E. Pienaar Promotor

(3)

VOORWOORD

Here, ek vind my vreugde in U! Dankie vir die lewenslesse en waarhede wat ek tydens hierdie proses kon leer. Ek glo U rus ons elke dag toe vir dit wat oor ons pad kom en ook vir die rol wat ons in ander se lewens moet vervul. My gebed is dat die lewenslesse wat ek die afgelope tyd geleer het, my dan ook sal help om U Koninkryk uit te brei. Ek leef in U liefde en standvastigheid, en ek dank U dat U altyd goed is – gister, vandag en môre. U het my toegerus met wysheid, deursettingvermoë, wilskrag, rustigheid en bowenal vrede, DANKIE! Dankie vir die groei wat U in my bewerkstellig het, groei in my vermoë as navorser, groei in my persoonlike lewe en groei in my verhouding met U. Aan U al die eer!

Die pad wat ʼn mens tydens die voltooiing van ʼn doktorgraad stap is om die minste te sê uniek. Dit is soms eensaam en met tye frustrerend, maar ander kere is dit weer baie verrykend, insiggewend en stimulerend. Dit is ʼn pad wat mens nie sommer alleen stap nie en graag bedank ek die volgende persone.

o Aan my gesin, familie en vriende wil ek opregte waardering uitspreek vir jul ondersteuning, belangstelling en aanmoediging, dit het ʼn groot rol gespeel in die voltooiing van hierdie proefskrif. Julle maak die lewe die moeite werd en my lewe is skatryk met julle daarin!

o Prof. Anita Pienaar, baie dankie vir die wysheid, insig, leiding, moeite en geduld. Dankie dat ek soveel by Prof. kon leer en dankie dat ons ʼn goeie werksverhouding die afgelope paar jaar kon opbou, dit word hoog op prys gestel. Dankie vir elke minuut wat Prof. in hierdie studie ingestoot het – eers wanneer mens self aan die akademie se kant is, word die waarde van ʼn dosent, promotor en mentor besef, en dan gaan die dankies met groot begrip en waardering saam. Dankie!

o Prof. Suria Ellis, dankie vir die geduld waarmee Prof. moeilike statistiek aan my verduidelik het en dankie dat raad en hulp altyd net ʼn oproep of e-pos vêr was.

o Prof. Dané Coetzee en prof. Ankebé Kruger, baie dankie vir jul hulp tydens die data-insamelingsgeleenthede, julle is goeie mense met goeie harte. Dankie ook vir waardevolle insae en leiding ten opsigte van die artikels.

o Elzet Gous baie dankie vir jou hulp met die insameling van data, jy het saam hard gewerk en ek sal altyd dankbaar wees daarvoor.

(4)

iii

o Aan my kollegas by die Universiteit van die Vrystaat, dankie dat julle ingestaan het wanneer ek weg was met studieverlof, dankie dat julle belanggestel het en dankie vir jul aanmoediging en motivering.

o Spesiale dank aan die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns vir die toekenning van ʼn beurs wat my in staat gestel het om hierdie proefskrif in Afrikaans te kon skryf en so ook my liefde vir my moedertaal te kon uitleef.

o Ek is ook dankbaar vir verdere indirekte finansiële steun van die NWU (Nagraadse studiebeurse), SASA (South African Sugar Association), NRF (National Research Foundation) en die MRC (Medical Research Council of South Africa) wat ʼn gedeelte van hul fondse beskikbaar gestel het en dit vir my moontlik gemaak het om die projek te kon voltooi.

o Dankie aan me. C. Geldenhuys vir taalversorging van die dokument en dat ek my werk in u bekwame hande kon toevertrou.

(5)

OPSOMMING

Invloede op die verband tussen perseptueel-motoriese bevoegdhede en akademiese prestasie by laerskoolleerders: NW-CHILD studie

Perseptueel-motoriese bevoegdheid is belangrik vir kinders se algehele ontwikkeling. Dit dra veral by tot hulle kognitiewe ontwikkeling en speel gevolglik ʼn belangrike rol in hul akademiese prestasie op skoolvlak. Verskeie rolspelers beïnvloed perseptueel-motoriese bevoegdheid, sowel as akademiese prestasie, waar sommiges buite die beheer van die kind is (bv. sosio-ekonomiese status, die skoolomgewing, en onderwysers se kennis), terwyl ander rolspelers weer hoofsaaklik van toepassing is op onderliggende vermoëns waaroor die kind beskik, en motoriese vaardighede, visuele persepsie, uitvoerende funksie, fisieke fiksheid en liggaamsamestelling onder andere insluit.

Hierdie proefskrif is op vier doelstellings gebaseer, waarvan die eerste twee doelstellings slegs op ontledings van graad 7-leerders van toepassing is, terwyl doelstelling drie en vier longitudinale ontledings van die volle tydperk van sewe skooljare waaroor die studie gestrek het, ingesluit het. Eerstens was ten doel om die mate waartoe verskillende funksionele visueel-perseptuele konstrukte wat onderverdeel word in basiese, opeenvolgings- en komplekse vaardighede, se invloede op akademiese prestasie van graad 7-leerders in die Noordwes Provinsie van Suid-Afrika, te bepaal. Tweedens het die studie ten doel gehad om die invloed van uitvoerende funksies, soos onderverdeel in werksgeheue, uitvoerende funksie en inhiberingsbeheer, op akademiese prestasie van graad 7-leerders in die Noordwes Provinsie van Suid-Afrika te bepaal. Die derde doel was om die langdurige invloed van lae sosio-ekonomiese status, soos geïdentifiseer by graad 1-leerders, op die verband tussen hul vroeë perseptueel-motoriese bevoegdheid en akademiese prestasie in graad 7 in die Noordwes Provinsie van Suid-Afrika te bepaal. Laastens was die doel om te bepaal wat die langdurige invloed van obesiteit, soos geïdentifiseer by graad 1-leerders, op die verband tussen hulle vroeë perseptueel-motoriese bevoegdheid en hulle akademiese prestasie in graad 7 in die Noordwes Provinsie van Suid-Afrika sal wees.

Die studie het gebruik gemaak van verskeie proefgroepsamestellings binne die North-West Child

Health, Integrated with Learning and Development (NW-CHILD) longitudinale studie. Dié studie

het oor die hele laerskooltydperk van sewe jaar gestrek en het proefpersone afkomstig van Kwintiel 1- tot Kwintiel 5-skole, vanuit 20 verskillende skole in vier skooldistrikte in die Noordwes Provinsie van Suid-Afrika ingesluit. Proefpersone is ewekansig gekies en het longitudinaal deelgeneem aan ʼn basislyntoetsing in graad 1 (2010, N=816) en twee opvolgmetings in graad 4

(6)

v

(2013) en graad 7 (2016), onderskeidelik. Verskillende geslagte (seuns en dogters), rasse (wit, swart, Indiër en ander), en sosio-ekonomiese statusgroepe (hoog en laag) is by die gestratifiseerde ewekansige NW-CHILD populasiesamestelling ingesluit. Vir die doeleindes van die betrokke studie is sosio-ekonomiese skoolstatus as ʼn proksie vir kategorisering van sosio-ekonomiese status gebruik.

Doelstelling een het gebruik gemaak van ʼn dwarsdeursnit-studieontwerp binne die longitudinale

NW-CHILD studie en het 518 proefpersone met ʼn gemiddelde ouderdom van 12.92 jaar (±0.42)

ingesluit, waarvan 51.98% seuns was, 48.02% dogters, 74.70% swart, en 25.30% wit. Die ondersoekgroep het ook proefpersone vanaf lae (59.55%) en hoë sosio-ekonomiese status-skole (40.45%) ingesluit. Proefpersone se basiese, opeenvolgings- en komplekse visueel-perseptuele vaardighede is met die Test of Visual Perceptual Skills, derde uitgawe (TVPS-3) vasgestel, terwyl hul akademiese prestasie bepaal is deur ʼn provinsiale assessering (Noordwes Provinsiale Assessering [NWPA]) en die Junie-skoolassessering van die betrokke skole.

Vir doeleindes van die tweede doelstelling is slegs twee van die vier skooldistrikte wat deel uitmaak van die NW-CHILD studie, as ʼn subpopulasie geselekteer waar 272 (12.95 jaar, ±0.40) proefpersone deel van die ondersoekgroep uitgemaak het, waarvan 54.41% seuns was, en 45.58% dogters. Die proefpersoongroep het verder ook uit verskillende rasse (77.21% swart en 22.79% wit) en sosio-ekonomiese status-groepe (58.46% laag en 41.54% hoog) bestaan. Uitvoerende funksie vermoë, verdeel in werksgeheue, uitvoerende funksie en inhiberingsbeheer, is bepaal deur gebruik te maak van die Tower of London, tweede uitgawe (TOLDX-2). Akademiese prestasie is

weereens vasgestel deur provinsiale (NWPA) en Junie-skoolassesserings.

Doelstellings drie en vier het al die proefpersone betrek wat in 2010, 2013 en 2016 aan die metings deelgeneem het en gevolglik oor volledige datastelle beskik het (N=381). Die geslagsverspreiding binne die groep was redelik gelyk (seuns 47.51%, dogters 52.49%), terwyl rasgroepe ʼn aanvaarbare verteenwoordiging van Suid-Afrika se bevolkingsdemografie was (swart 72.70%, wit 27.30%), en proefpersone uit hoë (42.78%) en lae (57.22%) sosio-ekonomiese status-skole, deel van die ondersoekgroep uitgemaak het. Akademiese prestasie in graad 1, 4 en 7 is bepaal deur punte wat tydens die provinsiale (JNA en NWPA) en skoolassesserings behaal is, te analiseer. Perseptueel-motoriese bevoegdheid is vasgestel deur gebruik te maak van die Bruininks Oseretsky

Test of Motor Proficiency Short Form, tweede uitgawe (BOT-2 SF), asook drie volledige

subkomponente van die BOT-2, naamlik krag, balans en hardloopspoed en ratsheid. Addisioneel tot reedsgenoemde metings vir doelstellings drie en vier, is proefpersone se liggaamsmassa-indeks

(7)

(LMI) ook vir doelstelling vier bereken en is die proefpersone op grond van gestandaardiseerde norme van ontledingsdoeleindes in vier LMI-kategorieë geplaas. Die vier LMI-kategorieë het nooit-oorgewig-; normaal-na-oorgewig-; altyd-oorgewig-; en oorgewig-na-normaal-groepe ingesluit.

Statistiese analises vir doelstellings een en twee was soortgelyk en die Statistica-rekenaarprogram is gebruik om die data te analiseer (Statsoft, 2017). Om die verbande tussen onderskeidelik verskillende funksionele visueel-perseptuele konstrukte en akademiese prestasie, en uitvoerende funksies en akademiese prestasie te bepaal is gebruik gemaak van Spearman Rangorde korrelasiekoëffisiënte (r). Vir uitvoerende funksie is ʼn Pearson korrelasie-analise (r) verder uitgevoer om vir die effek van sosio-ekonomiese status op bogenoemde analise te kontroleer. Geslag-, ras- en sosio-ekonomiese statusverskille is in beide doelstellings ontleed deur onafhanklike T-toetsing, waar p≤0.05 as ʼn statisties-betekenisvolle maatstaf gebruik is, en hierdie verskille opgevolg is met praktiese betekenisvolheid, waar d-waardes gelyk aan 0.2 (klein), 0.5 (medium), en 0.8 (groot) as prakties-betekenisvolle verskille aanvaar is. Vir doelstellings drie en vier is ʼn Spearman Rangordekorrelasie-analise (r) uitgevoer om eerstens te bepaal of daar ʼn verband tussen vroeë perseptueel-motoriese bevoegdheid en latere akademiese prestasie bestaan (Statsoft, 2017). Akademiese en perseptueel-motoriese bevoegdheidsverskille en veranderinge tussen die verskillende sosio-ekonomiese groepe (hoog en laag) en verskillende liggaamsmassa- indeks-kategorieë (altyd-oorgewig, oorgewig-na-normaal, nooit-oorgewig, normaal-na-oorgewig) is longitudinaal ondersoek deur gebruik te maak van ʼn latente groeikurwe-analise binne ʼn strukturele vergelykingsmodel (Structural Equation Modeling/SEM) raamwerk (AMOS, weergawe 25). Die SEM-analise is verder gebruik om die langdurige invloed van onderskeidelik sosio-ekonomiese status en oorgewig/obesiteit op die verband tussen vroeë perseptueel-motoriese bevoegdheid en latere akademiese prestasie te bereken.

Die resultate wat behaal is met betrekking tot doelstelling een het getoon dat basiese, opeenvolgings-, sowel as komplekse visueel-perseptuele vaardighede die akademiese prestasie van graad 7-leerders op twaalfjarige ouderdom betekenisvol beïnvloed het. Betekenisvolle korrelasies is tussen basiese visueel-perseptuele prosesse (veral ruimtelike verhoudings) en die eerste addisionele taal (r=0.33; r=0.30), wiskunde (r=0.32), sowel as die graadpuntgemiddeldes (r=0.41; r=0.40), tydens onderskeidelik die skool- en provinsiale assesserings gevind. Visueel-perseptuele opeenvolgingsprosesse het statisties-betekenisvolle korrelasies van slegs klein praktiese betekenisvolheid met tale, wiskunde en die graadpuntgemiddeld getoon (r=0.14 tot

(8)

vii

taal (r=0.33) en die graadpuntgemiddeld tydens die provinsiale (r=0.39), en die skoolassessering (r=0.40). Die twee komplekse visueel-perseptuele vaardighede, naamlik figuuragtergrond-diskriminasie (r=0.34) en visuele sluiting (r=0.36), het ook betekenisvol met die graadpunt- gemiddeldes tydens die Junie-skoolassessering gekorreleer.

Die resultate behaal met betrekking tot doelstelling twee dui daarop dat sekere uitvoerende funksies ook in graad 7, op twaalfjarige ouderdom, akademiese prestasie betekenisvol beïnvloed. Uitvoerende funksie en inhiberingsbeheer het onderskeidelik statisties-betekenisvolle korrelasies van klein praktiese betekenisvolheid met tale (r=0.12; r=0.13), wiskunde (r=0.15; r=0.12) en graadpuntgemiddeldes (r=0.14; r=0.14) tydens beide die assesseringsgeleenthede getoon. Werksgeheue (beplanning- en probleemoplossingsvaardighede) het egter nie met akademiese prestasie van graad 7-leerders gekorreleer nie. Nadat daar vir sosio-ekonomiese status se invloede gekontroleer is, het slegs inhiberingsbeheer (r=0.14) statisties betekenisvol met wiskundeprestasie in graad 7 gekorreleer.

Die SEM-modelle wat ontwikkel is met betrekking tot doelstellings drie en vier het beide oor goeie passingsmaatstawwe volgens statistiese vereistes beskik (CFI = 0.873, 0.879 en 0.864, 0.868;

CMIN/DF = 3.983, 4.289 en 3811, 4.093; RMSEA = 0.089, 0.093 en 0.086, 0.090). Die resultate

het betekenisvolle invloede op die verband tussen perseptueel-motoriese bevoegdheid en akademiese prestasie getoon, met akademiese grondslag (0.380; 0.386) en goeie perseptueel-motoriese vermoëns in graad 1 (0.149; 0.208), wat getoon het om belangrik te wees vir akademiese prestasie in graad 4 (0.653; 0.799) en gevolglik ook in graad 7. Seuns (-0.237; -0.256), en leerders uit lae sosio-ekonomiese omstandighede (-0.463; -0.576) het volgens die ontleding van doelstelling drie ook akademies swakker presteer. Lae sosio-ekonomiese status het akademiese prestasie gedurende graad 1, 4 en 7 negatief beïnvloed, terwyl oorgewig- en obese leerders in die ontleding van doelstelling vier akademiesgewys betekenisvol beter gevaar het as leerders in die ander LMI-kategorieë (nooit-oorgewig, normaal-na-oorgewig en oorgewig-na-normaal). Uit die studie het dit geblyk dat oorgewig en obesiteit die perseptueel-motoriese bevoegdheid van laerskoolleerders benadeel, hoewel oorgewig, soos geïdentifiseer in graad 1, nie op die lange duur hulle akademiese prestasie negatief beïnvloed het nie. Beter akademiese prestasie het veral tydens graad 1 en graad 4 in die oorgewiggroepe voorgekom, alhoewel hierdie verskille teen graad 7 hoofsaaklik nie meer beduidend was nie en ook nie die verband tussen perseptueel-motoriese bevoegdheid en akademiese prestasie op die lang duur beïnvloed het nie. Ander rolspelers soos sosio-ekonomiese status was eerder beduidend vir akademiese prestasie teen graad 7.

(9)

Op grond van bogenoemde bevindinge word die gevolgtrekking gemaak dat vroeë perseptueel-motoriese bevoegdheid ʼn betekenisvolle rol in latere akademiese prestasie speel en dat lae sosio-ekonomiese status tot ʼn groot mate beide perseptueel-motoriese bevoegdheid en akademiese prestasie regdeur die laerskoolloopbaan negatief beïnvloed. Hierdie gevolgtrekking lei tot die aanbeveling dat perseptueel-motoriese bevoegdheid reeds vanaf ʼn jong ouderdom beklemtoon moet word deurdat dit op ʼn ouderdomsgepaste wyse deur kundiges ontwikkel moet word, weens die bevestigde verband met latere akademiese prestasie. Daar word ook aanbeveel dat leerders uit lae sosio-ekonomiese areas spesiale aandag ontvang in terme van addisionele akademiese hulp, blootstelling aan visueel-perseptuele en uitvoerende funksie-ervarings, asook ouderdomsgepaste perseptueel-motoriese ontwikkeling, om die nadelige effek van lae sosio-ekonomiese status op akademiese prestasie te minimaliseer. Sosio-ekonomiese status het deurgaans invloede getoon op akademiese prestasie wat verdere strategieë vanuit verskillende oorde en vanaf belanghebbendes noodsaak om hierdie negatiewe effekte op kinders se akademiese vordering te probeer minimaliseer. Oorgewig het geblyk om wel perseptueel-motoriese bevoegdheid op die lange duur negatief te affekteer, hoewel dit nie akademiese prestasie negatief beïnvloed het nie. Die agteruitgang wat gevind is in oorgewig leerders se perseptueel-motoriese vaardighede vereis wel voorkomende strategieë, aangesien dit later in hul lewens akademiese prestasie negatief kan beïnvloed of tot fisieke onaktiwiteit kan bydra, wat kan lei tot gepaardgaande negatiewe gesondheidsgevolge.

Sleutelterme: Perseptueel-motoriese bevoegdheid, akademiese prestasie, visuele persepsie, uitvoerende funksie, sosio-ekonomiese status, oorgewig/obesiteit

(10)

ix

SUMMARY

Influences on the relationship between perceptual-motor proficiency and academic achievement at primary school learners: NW-CHILD study

Perceptual-motor proficiency is important for children's overall development. This in particular contributes to their cognitive development and consequently plays an important role in their academic achievement at school level. Various role-players influence perceptual-motor proficiency as well as academic performance, where some are out of control of the child (e.g. socio-economic status, the school environment, and teachers' knowledge), while other role players again apply mainly to underlying abilities of the child, including motor skills, visual perception, executive function, physical fitness and body composition, amongst others.

This thesis is based on four objectives, the first two objectives of which apply only to the analysis of Grade 7 learners, while objective three and four covered longitudinal analyses of the full study, which stretched over a period of seven school years. The first aim was to determine the extent to which different visual-perceptual constructs, subdivided into basic, sequential and complex skills, influence the academic achievement of Grade 7 learners in the North-West Province of South Africa. Secondly, the study aimed to determine to what extent executive functions, subdivided into work memory, executive function and inhibitory control would influence the academic achievement of Grade 7 learners in the North-West Province of South Africa. The third aim was to determine the long-term influence of low socio-economic status, as identified in Grade 1 learners, on the relationship between their early perceptual-motor proficiency and academic achievement in Grade 7 in the North-West Province of South Africa. Finally, the aim was to determine the long-term influence of overweight and obesity, as identified by Grade 1 learners, on the relationship between their early perceptual-motor proficiency and their academic achievement in Grade 7 in the North-West Province of South Africa.

The study made use of several participant group compilations within the seven-year-long North-West Child Health, Integrated with Learning and Development (NW-CHILD) study. This study spread throughout the seven-year primary-school period and included participants from Quintile 1 to Quintile 5 schools from 20 different schools in four school districts in the North-West Province of South Africa. Participants were chosen randomly and participated longitudinally in a baseline test in Grade 1 (2010, N = 816) and in two follow-up measurements in Grade 4 (2013) and Grade 7 (2016), respectively. Different genders (boys and girls), races (white, black, Indian and other), and socio-economic status groups (high and low) were included in the stratified random

(11)

NW-CHILD study sample. For the purpose of the current study, socio-economic school status was used as a proxy for categorisation of socio-economic status.

Objective one used a cross-sectional study design within the longitudinal NW-CHILD study and included 518 participants with an average age of 12.92 years (± 0.42), of which 51.98% were boys, 48.02% girls, 74.70% black, and 25.30% white. The study population also included participants from low (59.55%) and high socio-economic status schools (40.45%). The Test of Visual Perceptual Skills, third edition (TVPS-3), determined the participants’ basic, sequential and complex visual-perceptual skills, while their academic performance was determined by a provincial assessment (North-West Provincial Assessment [NWPA]) and the June school assessments of the relevant schools.

For purposes of the second objective, only two of the four school districts forming part of the NW-CHILD study were selected as a subpopulation, where 272 (12.95 years, ± 0.40) participants were part of the study group, of which 54.41% were boys and 45.58% were girls. The group also consisted of different races (77.21% black and 22.79% white) and socio-economic status groups (58.46% low and 41.54% high). Executive function, divided into working memory, executive function and inhibitory control was determined using the Tower of London, second edition

(TOLDX-2). Academic performance was once again determined by provincial (NWPA) and June

school assessments.

Objectives three and four involved all the participants who participated in the measurements in 2010, 2013 and 2016; therefore including participants who had complete datasets (N=381). The gender distribution within the group was quite similar (47.51% boys, 52.49% boys), while racial groups were a good representation of South Africa's population composition (black 72.70%, white 27.30%), and where participants from high (42.78%) as well as low (57.22% ) socio-economic status schools were included in the study population. Academic achievement in Grades 1, 4 and 7 was determined by analysing marks obtained during the provincial (JNA and NWPA) and school assessments. Perceptual-motor proficiency was determined using the Bruininks Oseretsky Test or

Motor Proficiency Short Form, second edition (BOT-2 SF), as well as three selected composites

of the BOT-2, namely strength, balance and running speed and agility. In addition to the aforementioned measurements for objectives three and four, participants' body mass index (BMI) was also calculated for objective four and the participants were placed in four BMI categories based on standardised norms. The four BMI categories included never-overweight; normal-to-overweight; always-normal-to-overweight; and overweight-to-normal groups.

(12)

xi

Statistical analyses for objectives one and two were similar and the Statistica computer program was used to analyse the data (Statsoft, 2017). To determine the relationships between different visual-perceptual skills and academic achievement, and executive function and academic performance respectively, Spearman Rank-order correlation coefficients (r) were used. For executive function, a Pearson correlation (r) analysis was further carried out to control for the effect of socio-economic status on the above analysis. Gender, racial and socio-economic status differences were analysed in both objectives by means of independent T-testing, where p≤0.05 was used as a statistically significant measure. These differences were followed by practical significance where d-values equal to 0.2 (small), 0.5 (medium) and 0.8 (large) were accepted as practical significant differences. For objectives three and four, a Spearman Rank-order correlation (r) analysis was firstly performed to determine whether there is a relationship between early perceptual-motor proficiency and later academic achievement (Statsoft, 2017). Academic and perceptual-motor differences and changes between the different socio-economic groups (high and low) and different body mass index categories (never-overweight, normal-to-overweight, always-overweight, and overweight-to-normal) have been investigated longitudinally by making use of a latent growth curve analysis within a Structural Equation Modeling (SEM) framework (AMOS, version 25). The SEM analysis was further used to calculate the long-term influence of socio-economic status and overweight/obesity on the relationship between early perceptual-motor proficiency and later academic achievement.

The results achieved with regard to objective one showed that basic and sequential, as well as complex visual-perceptual skills significantly affected academic achievement of Grade 7 learners at the age of twelve. Significant correlations were found between basic visual-perceptual processes (especially spatial relationships) and first additional language (r=0.33; r=0.30), mathematics (r=0.32), as well as the grade point average (r=0.41; r=0.40), during the school and provincial assessments, respectively. Visually-perceptual sequencing processes showed statistically significant correlations of only small practical significance with languages, mathematics and the grade point averages (r=0.14 to r=0.28). Complex visual-perceptual processes were moderately correlated with the first additional language (r=0.33) and the average grade point during the provincial (r=0.39), and the school assessments (r=0.40). The two complex visual-perceptual skills, namely figure background discrimination (r=0.34) and visual closure (r=0.36), also correlated significantly with the grade point averages during the June school assessments.

The results achieved with regard to objective two indicate that certain executive functions also significantly influence academic achievement in Grade 7, at the age of twelve. Executive function

(13)

and inhibitory control portrayed statistically significant correlations, of small practical significance with languages (r=0.12; r=0.13), mathematics (r=0.15; r=0.12) and grade point averages (r=0.14;

r=0.14), during both assessment opportunities. Work memory (planning and problem-solving

skills), however, did not correlate with the academic achievement of Grade 7 learners. After controlling for the impact of socio-economic status, only inhibitory control (r=0.14) correlated significantly with mathematics achievement in Grade 7.

Both the SEM models that were developed with respect to objectives three and four had good fit measurements according to statistical requirements (CFI = 0.873, 0.879 and 0.864, 0.868; CMIN/DF = 3.983, 4.289 and 3811, 4.093; RMSEA = 0.089; 0.093 and 0.086, 0.090). The results indicated significant influences on the relationship between perceptual-motor proficiency and academic achievement, with academic foundation (0.380; 0.386) and good perceptual-motor skills in Grade 1 (0.149; 0.208), that showed to be of importance for academic performance in Grade 4 (0.653; 0.799) and consequently also in Grade 7. Boys (-0.237; -0.256), and learners from low socio-economic conditions (-0.463; -0.576), portrayed poorer academic performance, according to the analysis of objective three. Low socio-economic status affected academic performance during Grades 1, 4 and 7 negatively, while the analysis of objective four indicated that overweight and obese learners did significantly better on an academic level than learners in the other BMI categories (never-overweight, normal-to-overweight and overweight-to-normal). The study found that overweight and obesity negatively influenced the perceptual-motor skills of primary school learners, although overweight, as identified in Grade 1, did not affect their academic performance negatively in the long term. Better academic performance occurred especially in Grade 1 and Grade 4 in the overweight groups, although these differences were mainly no longer significant in Grade 7 and did not affect the relationship between early perceptual-motor skills and later academic performance. Other role players such as socio-economic status were rather significant for academic achievement at Grade 7.

Based on the above findings, it is concluded that early perceptual-motor proficiency plays a significant role in later academic achievement and that low socio-economic status affects both perceptual-motor skills and academic achievement adversely throughout the primary school years. Due to the confirmed connection between perceptual-motor skills and subsequent academic achievement, this conclusion leads to the recommendation that perceptual-motor skills should be emphasized from an early age and have to be developed in an age-appropriate manner by experts. It is also recommended that learners from low socio-economic areas should receive special attention in terms of additional academic assistance, exposure to visual-perceptual and executive

(14)

xiii

function experiences, and age-appropriate perceptual-motor development to minimize the detrimental effect of low socio-economic status on academic performance. Socio-economic status has consistently demonstrated an impact on academic achievement, which necessitates further strategies from different sources and stakeholders to try to minimize these negative effects on children's academic progress. Overweight has proved to affect perceptual-motor proficiency, although it did not affect academic performance adversely. The deterioration found in overweight children's perceptual-motor skills requires well-established strategies, as this may affect children’s academic performance adversely later in their lives or contribute to physical inactivity, which can lead to associated negative health effects.

Key terms: Perceptual-motor competence, academic achievement, visual perception, executive function, socio-economic status, overweight/obesity

(15)

INHOUDSOPGAWE

VERKLARING ... I VOORWOORD ... II OPSOMMING ... IV SUMMARY ... IX 1.1 Inleiding ... 23 1.2 Probleemstelling ... 27 1.3 Doelstelling ... 29 1.4 Hipotese ... 30

1.5 Struktuur van proefskrif ... 30

HOOFSTUK 2 ... 44

LITERATUUROORSIG: DIE INVLOED VAN ROLSPELERS EN TUSSENGANGER-VERANDERLIKES OP DIE VERBAND TUSSEN PERSEPTUEEL-MOTORIESE BEVOEGDHEID EN AKADEMIESE PRESTASIE VAN LAERSKOOLLEERDERS ... 44

2.1 Inleiding ... 44

2.2 Die belangrikheid en huidige stand van onderwys in Suid-Afrika ... 45

2.2.1 Assessering van akademiese uitkomste in Suid-Afrika ... 46

2.2.2 Rolspelers in akademiese prestasie van Suid-Afrikaanse leerders ... 48

2.3 Die verband tussen perseptueel-motoriese bevoegdheid en akademiese prestasie ... 51

2.3.1 Perseptueel-motoriese bevoegdheid ... 54

2.3.2 Perseptueel-motoriese bevoegdheid en akademiese prestasie ... 55

2.4 Visuele persepsie as rolspeler en tussenganger-veranderlike in akademiese prestasie ... 56

2.4.1 Die ontwikkeling van visueel-perseptuele vaardighede en die invloed daarvan op perseptueel-motoriese bevoegdheid ... 58

(16)

xv

2.5 Uitvoerende funksie van die brein as rolspeler en tussenganger-veranderlike

in akademiese prestasie ... 62

2.5.1 Die onderliggende verband tussen perseptueel-motoriese bevoegdheid en uitvoerende funksies ... 64

2.5.2 Uitvoerende funksie en akademiese prestasie ... 66

2.6 Sosio-ekonomiese status as rolspeler en tussenganger-veranderlike in akademiese prestasie ... 70

2.6.1 Sosio-ekonomiese status en perseptueel-motoriese bevoegdheid... 72

2.6.2 Sosio-ekonomiese status en akademiese prestasie ... 73

2.7 Obesiteit as rolspeler en tussenganger-veranderlike in akademiese prestasie ... 74

2.7.1 Voorkoms van obesiteit ... 75

2.7.2 Faktore wat oorgewig/obesiteitsvoorkoms beïnvloed ... 79

2.7.3 Invloed van obesiteit op motoriese vaardighede en perseptueel-motoriese bevoegdheid ... 82

2.7.4 Invloed van obesiteit op akademiese prestasie ... 84

2.8 Samevatting ... 86

HOOFSTUK 3 ... 109

DIE ROL VAN VERSKILLENDE FUNKSIONELE VISUEEL-PERSEPTUELE KONSTRUKTE OP AKADEMIESE PRESTASIE VAN GRAAD 7 LAERSKOOLLEERDERS: DIE NW-CHILD STUDIE ... 109

3.1 Inleiding ... 111 3.2 Metode ... 115 3.2.1 Studieontwerp ... 115 3.2.2 Ondersoekgroep ... 116 3.2.3 Meetinstrumente ... 116 3.2.3.1 Skolastiese prestasie ... 116

(17)

3.2.4 Prosedure ... 118 3.2.4.1 Etiese oorwegings ... 118 3.2.4.2 Statistiese prosedure ... 119 3.3 Resultate ... 119 3.4 Bespreking ... 127 3.5 Gevolgtrekking ... 131 HOOFSTUK 4 ... 139

DIE ROL VAN UITVOERENDE FUNKSIE IN DIE AKADEMIESE PRESTASIE VAN GRAAD 7 LAERSKOOLLEERDERS: DIE NW-CHILD STUDIE ... 139

4.1 Inleiding ... 141 4.2 Metode ... 144 4.2.1 Studie-ontwerp ... 144 4.2.2 Ondersoekgroep ... 145 4.2.3 Meetinstrumente ... 145 4.2.3.1 Skolastiese prestasie ... 145

4.2.3.2 Tower of London – Drexel University, tweede uitgawe (TOLDX-2) ... 146

4.2.4 Prosedure ... 147 4.2.4.1 Etiese oorwegings ... 147 4.2.4.2 Statistiese prosedure ... 148 4.3 Resultate ... 148 4.4 Bespreking ... 154 4.5 Gevolgtrekking ... 157

(18)

xvii

HOOFSTUK 5 ... 164

INVLOEDE VAN SOSIO-EKONOMIESE STATUS OP VROEË PERSEPTUEEL-MOTORIESE BEVOEGDHEID EN LATERE AKADEMIESE PRESTASIE VAN LAERSKOOLLEERDERS: NW-CHILD STUDIE ... 164

5.1. Inleiding ... 166

5.2 Metode ... 169

5.2.1 Studie-ontwerp ... 169

5.2.2 Ondersoekgroep ... 170

5.2.3 Meetinstrumente ... 170

5.2.3.1 Bruininks Oseretsky Test of Motor Proficiency, tweede uitgawe (BOT-2) ... 170

5.2.3.2 Skolastiese prestasie ... 171 5.2.4 Prosedure ... 173 5.2.4.1 Etiese oorwegings ... 173 5.2.4.2 Statistiese prosedure ... 173 5.3 Resultate ... 174 5.4 Bespreking ... 182 5.5 Gevolgtrekking ... 187 HOOFSTUK 6 ... 196

INVLOEDE VAN OORGEWIG EN OBESITEIT OP DIE VERBAND TUSSEN VROEË PERSEPTUEEL-MOTORIESE BEVOEGDHEID EN LATERE AKADEMIESE PRESTASIE VAN LAERSKOOLLEERDERS: DIE NW-CHILD STUDIE ... 196

6.1 Inleiding ... 198 6.2 Metode ... 200 6.2.1 Studie-ontwerp ... 200 6.2.2 Ondersoekgroep ... 201 6.2.3 Meetinstrumente ... 201 6.2.3.1 Liggaamsamestelling/Antropometrie ... 201

(19)

6.2.3.2 Bruininks Oseretsky Test of Motor Proficiency, tweede uitgawe (BOT-2) ... 203 6.2.3.3 Skolastiese prestasie ... 204 6.2.4 Prosedure ... 205 6.2.4.1 Etiese oorwegings ... 205 6.2.4.2 Statistiese prosedure ... 205 6.3 Resultate ... 206 6.4 Bespreking ... 218 6.5 Gevolgtrekking ... 222 HOOFSTUK 7 ... 231

SAMEVATTING, GEVOLGTREKKINGS EN AANBEVELINGS ... 231

7.1 Samevatting ... 231 7.2 Gevolgtrekkings ... 241 7.3 Aanbevelings en tekortkominge ... 244 7.3.1 Aanbevelings ... 244 7.3.2 Tekortkominge ... 249 BYLAAG A: TVPS-3 (DOELSTELLING 1) ... 252

BYLAAG B: TOLDX-2 (DOELSTELLING 2) ... 254

BYLAAG C: BOT-2 (DOELSTELLING 3 EN 4) ... 256

BYLAAG D: ETIESE DOKUMENTASIE VAN DIE STUDIE ... 258

BYLAAG E: JOERNAALRIGLYNE ... 272

BYLAAG F: JOERNAALRIGLYNE ... 278

BYLAAG G: JOERNAALRIGLYNE ... 289

BYLAAG H: JOERNAALRIGLYNE ... 293

BYLAAG I: BEWYS VAN AANBIEDING VAN ARTIKELS AAN GEAKKREDITEERDE JOERNALE VIR MOONTLIKE PUBLIKASIE ... 303

(20)

xix

LYS VAN TABELLE

Tabel 3-1: Beskrywende statistiek van die proefpersoongroep ... 120

Tabel 3-2: Spearman Rangordekorrelasies tussen verskillende funksionele visueel-perseptuele konstrukte en oorkoepelende visueel-visueel-perseptuele prosesse se

persentielwaardes (N=581) ... 122

Tabel 3-3: Spearman Rangordekorrelasies tussen verskillende funksionele

visueel-perseptuele konstrukte en akademiese leerareas (N=581) ... 123

Tabel 3-4: Geslag, ras en sosio-ekonomiese verskille ten opsigte van die TVPS-3

kategorieë ... 124

Tabel 3-5: Betekenisvolle persentielwaardeverskille in visueel-perseptuele vaardighede en oorkoepelende prosesse ten opsigte van geslag, ras en sosio-ekonomiese status ... 126

Tabel 4-1: Beskrywende statistiek van die proefpersoongroep ... 149

Tabel 4-2: Spearman Rangorde korrelasies tussen die standaardtellings van verskillende

afdelings in die TOLDX-2 ... 150

Tabel 4-3: Spearman Rangorde korrelasies tussen die standaardtellings van die TOLDX-2

afdelings en akademiese leerareas ... 152

Tabel 4-4: Pearson korrelasies tussen die standaardtellings van die TOLDX-2 afdelings en

akademiese leerareas nadat vir sosio-ekonomiese status gekontroleer is ... 152

Tabel 4-5: Geslag, ras en sosio-ekonomiese verskille ten opsigte van TOLDX-2 afdelings ... 153

Tabel 4-6: Onafhanklike T-toetsing van geslag-, ras- en sosio-ekonomiese statusverskille

in die verskeie TOLDX-2 afdelings ... 153

Tabel 5-1: Beskrywende statistiek van die proefpersoongroep (N=381) ... 174

Tabel 5-2: Spearman Rangordekorrelasies tussen perseptueel-motoriese bevoegdheid en akademiese prestasie in graad 1 (2010) en opvolg van die verbande in graad 4

en graad 7 ... 176

Tabel 5-3: Groeikurwe analise van perseptueel-motoriese en akademiese vaardighede oor

(21)

Tabel 5-4: Totale en indirekte gestandaardiseerde regressiekoëffisiënte vir akademiese

prestasie in graad 7 ... 182

Tabel 6-1: Beskrywende statistiek van die totale proefpersoongroep in graad 7 (N=381),

verdeel in verskillende LMI-kategorieë ... 207

Tabel 6-2: Spearman Rangordekorrelasies tussen perseptueel-motoriese bevoegdheid en akademiese prestasie in graad 1 (2010) en opvolg van die verbande in graad 4

en graad 7 ... 209

Tabel 6-3: Groeikurwe analise oor sewe skooljare vir verskillende LMI-kategorieë ... 210

Tabel 6-4a: Prakties-betekenisvolle perseptueel-motoriese bevoegdheidsverskille oor ʼn

tydperk van sewe skooljare tussen die verskillende LMI-kategorieë ... 212

Tabel 6-4b: Prakties-betekenisvolle akademiese prestasieverskillende oor ʼn tydperk van

sewe skooljare vir die verskillende LMI-kategorieë ... 213

Tabel 6-5: Totale en indirekte gestandaardiseerde regressiekoëffisiënte vir akademiese

(22)

xxi

LYS VAN FIGURE

Figuur 5-1a: Groeikurwe analise van akademiese prestasie (skoolassessering) vir perseptueel-motoriese bevoegdheid, SES en geslag met gestandaardiseerde

regressiekoëffisiënte (*= p≤0.05) ... 180 Figuur 5-1b: Groeikurwe analise van akademiese prestasie (provinsiale assessering) vir

perseptueel-motoriese bevoegdheid, SES en geslag met gestandaardiseerde

regressiekoëffisiënte (*= p≤0.05) ... 180 Figuur 6-1a: Groeikurwe analise van akademiese prestasie (skoolassessering) vir

perseptueel-motoriese bevoegdheid, obesiteit, sosio-ekonomiese status en

geslag met gestandaardiseerde regressiekoëffisiënte (*= p≤0.05) ... 216

Figuur 6-1b: Groeikurwe analise van akademiese prestasie (provinsiale assessering) vir perseptueel-motoriese bevoegdheid, obesiteit, sosio-ekonomiese status en

(23)

LYS VAN AFKORTINGS

ANA Annual National Assessment

BOT-2 Bruininks Oseretsky Test of Motor Proficiency, tweede uitgawe CAPS Curriculum and Assessment Policy Statements

JNA Jaarlikse Nasionale Assessering LMI Liggaamsmassa indeks

NW-CHILD North-West Child Health, Integrated with Learning and Development

NWPA Noordwes Provinsiale Assessering SES Sosio-ekonomiese status

TOLDX-2 Tower of London, tweede uitgawe

TVPS-3 Test of Visual Perceptual Skills, derde uitgawe

(24)

HOOFSTUK 1

INLEIDING

1.1 Inleiding

Perseptueel-motoriese vaardighede en motoriese bevoegdheid speel ʼn belangrike rol in kinders se algehele ontwikkeling, fisiologiese en psigososiale welstand, asook kognitiewe ontwikkeling (Gallahue et al., 2012:39; Piek et al., 2006:74). Bruininks en Bruininks (2005:1, 2) beskryf motoriese bevoegdheid as die beheer en koördinasie van vinger- en handbewegings (fynmotoriese), sowel as beheer oor bewegings wat die grootspiere van die liggaam betrek (grootmotories). Motoriese bevoegdheid word ook beskryf as die vermoë om binne ʼn bewegingsituasie aan bepaalde eise te voldoen (Gallahue et al., 2012:449). Perseptueel-motoriese vermoëns is ʼn onlosmaaklike deel van Perseptueel-motoriese bevoegdheid en omsluit ʼn verskeidenheid vermoëns soos balans, lateraliteit, ruimtelike oriëntasie, dieptepersepsie, kruislaterale integrasie en liggaamsbewustheid (Auxter et al., 2010:146-152). Hierdie vermoëns is afhanklik van die ontvangs van intakte inligting vanaf die sensoriese invoersisteem, sowel as effektiewe integrasie van die inligting deur die brein (Auxter et al., 2010:133). Volgens Piaget se kognitiewe ontwikkelingsteorie is algehele ontwikkeling en ontwikkeling van hoër kognitiewe strukture by kinders afhanklik van selfontdekkende spel en motoriese aktiwiteite (Wadsworth, 1971:9). Langtermyngesondheidsvoordele word verder gekoppel aan motoriese bevoegdheid (Cattuzzo et al., 2016:128; Stodden et al., 2008:302), terwyl psigososiale ontwikkeling ook deur kinders se motoriese bevoegdheid beïnvloed kan word (Eggleston et al., 2012:460; Gallahue et al., 2012:36; McIntyre et al., 2015:339). Verskeie navorsingsbevindinge toon verder dat perseptueel-motoriese vaardighede en motoriese bevoegdheid ʼn betekenisvolle rol in kognitiewe ontwikkeling speel, met akademiese prestasie wat direk hierdeur geraak word (Bornstein et al., 2013:1914; Davis et al., 2011:578, 579; Lopes

et al., 2013:14; Magistro et al., 2015:158; Murray et al., 2006:27; Nourbakhsh, 2006:44;

Pienaar et al., 2013:376; Pienaar et al., 2011:123; Son & Meisels, 2006:763; Van Niekerk et

al., 2015:1330; Vuijk et al., 2011:280 Westendorp et al., 2011:2777).

Verbande tussen motoriese ontwikkeling en akademiese prestasie word reeds vanaf ʼn vroeë ouderdom gerapporteer (Bornstein et al., 2013:1914). Volgens Bornstein et al. (2013:1914) speel die ontwikkeling van motoriese vaardighede tydens die babajare ʼn rol in intellektuele vermoë wat akademiese prestasie tydens die adolessensiejare kan beïnvloed. Navorsers

(25)

rapporteer verder dat ʼn verskeidenheid grootmotoriese en/of perseptueel-motoriese vaardighede by vierjariges (Piek et al., 2008:678), agtjariges (Magistro et al., 2015:152, 158), ouer kinders tussen die ouderdom van nege tot twaalf jaar (Lopes et al., 2013:14) en dertien tot veertien jaar (Van Niekerk et al., 2015:1324, 1330) betekenisvol verband hou met akademiese prestasie. Volgens Piek et al. (2006:73) word skolastiese vermoëns ook deur fynmotoriese vaardighede beïnvloed, terwyl grootmotoriese koördinasie aspekte van persepsie en/of kognisie kan beïnvloed (Getchell et al., 2005:34).

Die dinamiese sisteemteorie soos beskryf deur Newell (1986:348) dui aan dat die motoriese ontwikkeling van ʼn kind voortdurend beïnvloed word deur die komplekse interaksie wat die eise van die omgewing stel, die taak wat uitgevoer moet word en die kenmerkende eienskappe van die kind self, en dat hierdie onderlinge wisselwerking motoriese bevoegdheid positief of negatief kan beïnvloed. Getchell et al. (2005:34) voer aan dat motoriese koördinasievaardighede belangrike inligting kan verskaf vir die vroeë uitkenning van leerprobleme by kinders, terwyl dit verder as ʼn geleentheid kan dien om die risiko vir moontlike leeragterstande vroegtydig te assesseer. Literatuur dui ʼn verskeidenheid faktore aan wat ʼn rol kan speel in leerders se vermoë om op akademiese vlak te presteer. Dit sluit faktore in wat buite die beheer van die leerder is en as eksterne rolspelers aangevoer kan word, sowel as faktore wat eie aan die leerder en meer intern van aard is. Die vermoëns van die onderwyser/es (Booyse, 2013:134; Carnoy, 2012:xvi; Grobler et al., 2001:52), effektiwiteit van die oordrag van inligting (Carnoy, 2012:xvi), onderwyser-leerder-ratio’s (Pienaar & McKay, 2014:118), huislike omstandighede (Van Wyk, 2013:107; Visser et al., 2015:4), huistaal (Visser et al., 2015:5), siekte en afwesigheid (Van Wyk, 2013:107) en sosio-ekonomiese omstandighede (Baxter et al., 2013:554; Chomitz et al., 2009:33; Coe et al., 2013:503; Jehangir et al., 2015:13; Piek et al., 2008:679; Pienaar et al., 2013:378) word onder andere as eksterne faktore ingesluit. Faktore of vermoëns wat eie aan die individu is en wat as rolspelers van akademiese prestasie beskou kan word, sluit aspekte in soos visueel-motoriese integrasievaardighede (Carlson et al., 2013:527; Pienaar et al., 2013:376), uitvoerende funksies van die brein (Baars et al., 2015:4; Bresgi et al., 2017:7; Lemberger et al., 2015:32; Thorell et al., 2013:636; Viterbori et al., 2015:51), obesiteit (Chomitz et al., 2009:34; Davis & Cooper, 2011:S67; Taras & Potts-Datema, 2005:292), fisieke aktiwiteit en fiksheid (Bezold et al., 2014:778; Du Toit et al., 2011:32; Telford et al., 2012:371), intellek (Van Wyk, 2013:107), emosionele ontwikkeling (Edossa et al., 2018:198) en geslag (Melhuish et al., 2008:1162).

(26)

Visuele persepsie, uitvoerende funksie, sosio-ekonomiese status en obesiteit word in verskeie studies met akademiese prestasie verbind en literatuur oor hierdie verbande word vervolgens meer breedvoerig bespreek. Visuele persepsie dui op die vermoë om visuele stimuli te verwerk en dit wat gesien word korrek te kan identifiseer (Martin, 2006:11). Martin (2006:10) onderverdeel visuele persepsie in visuele diskriminasie, visuele geheue, ruimtelike verhoudings, vormkonstantheid (basiese visueel-perseptuele vaardighede), opeenvolgingsgeheue (opeenvolgende visueel-perseptuele vaardighede), figuur-agtergrond- en visuele sluiting (komplekse visueel-perseptuele vaardighede). Navorsingsresultate deur Brown (2012:57), waar die Test of Visual Perceptual Skills (TVPS-3), derde uitgawe, gebruik is om visueel-perseptuele vaardighede te toets, toon dat visuele persepsie met visueel-motoriese integrasie verband hou en dat beide vermoëns ʼn belangrike rol in akademiese prestasie speel. Agterstande in perseptueel-motoriese vaardighede en, meer spesifiek, visuele persepsie, tesame met visueel-motoriese integrasie, motoriese koördinasie en motoriese vaardighede word in België by leerders met leeragterstande gerapporteer (Pieters et al., 2012:503). De Waal (2015:102) rapporteer ʼn sterk verband tussen visuele persepsie en graad 4-leerders in die Noordwes Provinsie van Suid-Afrika se wiskundeprestasie (r=0.46), terwyl visuele persepsie as die grootste voorspeller (22.0%) van prestasie in wiskunde in dié studie geïdentifiseer word. Pienaar et al. (2013:376) rapporteer ook ʼn sterk verband tussen visuele persepsie en basiese wiskunde-, lees- en skryfvaardighede by graad 1-leerders in die Noordwes Provinsie van Suid-Afrika. Studiebevindinge met betrekking tot verskillende visueel-perseptuele vaardighede toon verder dat visuele diskriminasie (Feagans & Merriwether, 1990:422, 423), visuele geheue (Larsen, 2011:60), motoriese integrasievaardighede (Kulp, 1999:163), visueel-ruimtelike integrasie (Carlson et al., 2013:527) en visueel-visueel-ruimtelike geheue (Bull et al., 2008:221) almal betekenisvolle invloede op akademiese prestasie, veral op wiskunde, uitoefen. Teenstrydige resultate word egter ook deur Floyd en medewerkers (2003:166) gerapporteer, waar geen betekenisvolle verband tussen ses- tot negentienjarige individue se visueel-ruimtelike vermoëns en hulle wiskundeprestasie voorgekom het nie.

Uitvoerende funksie word gedefinieer as kognitiewe prosesse waartydens die vermoë gebruik word om gedagtes en aktiwiteite te organiseer, take te prioritiseer, tyd effektief te bestuur en besluite te neem (American Heritage Medical Dictionary, 2007). Volgens Lezak (1995:507) word uitvoerende funksie gekenmerk deur vier prosesse, naamlik formulering van ʼn doel, beplanning, uitvoering van doelgerigte planne en effektiewe prestasie. Culberson en Zillmer (2005:1) dui aan dat uitvoerende beplanning benodig word met die bereiking van ʼn spesifieke

(27)

doel, wat dan die organisasie en integrasie van gedrag vereis. Studies bevestig dat goeie uitvoerende funksies bydra tot die akademiese prestasie van kleuters (Bull et al., 2008:225; Fuhs et al., 2015:217; Viterbori et al., 2015:51), laerskoolleerders (Lemberger et al., 2015:32; Thorell et al., 2013:636), adolessente (Latzman et al., 2010:460) en studente (Baars et al., 2015:4; Knouse et al., 2014:24), moontlik weens die betrokkenheid van beplanningsvaardighede tydens die uitvoering van skolastiese take. Gedurende die eerste drie jaar van kinders se lewens word uitvoerende funksie deur sosio-ekonomiese status beïnvloed, wat weer gedurende die kleuterskooljare ʼn betekenisvolle voorspeller vir latere akademiese prestasie blyk te wees, veral in terme van ontwikkelende wiskundevaardighede (Nesbitt, et al., 2013:779). Nesbitt et al. (2013:781) kom tot die gevolgtrekking dat wanneer leerders van diverse ekonomiese- en rassegroepe se uitvoerende funksie reeds op ʼn vroeë ouderdom verbeter word, dit die impak van sosio-ekonomiese status op vroeë skoolgaande akademiese prestasie kan verlaag.

Sosio-ekonomiese status word wêreldwyd met akademiese prestasie verbind, waar faktore soos akademiese geletterdheid van die ouers en huishoudelike en opvoedkundige hulpbronne leerders se vermoë om op akademiese vlak te presteer, beïnvloed. Hierdie bevindinge word gebaseer op ʼn oorsigstudie wat in 33 lande uitgevoer is waar akademiese prestasie en faktore wat met sosio-ekonomiese status verband hou, ondersoek is (Pokropek, 2015:16). Piek et al. (2008:678) bevestig ook dat sosio-ekonomiese status ʼn betekenisvolle voorspeller vir kognisie is, terwyl Pokropek et al. (2015:17) aanvoer dat individue se kultuur en hul opvoedkundige hulpbronne grootliks verantwoordelik is vir die invloed van sosio-ekonomiese status op hul akademiese prestasie. In die Suid-Afrikaanse konteks blyk sosio-ekonomiese omstandighede ʼn rol te speel in verskeie fasette van leerders se ontwikkeling. Pienaar et al. (2013:377) bevind in dié verband dat die akademiese prestasie van graad 1-leerders in die Noordwes Provinsie van Suid-Afrika betekenisvol met hul sosio-ekonomiese status verbind kan word. Teenstrydige resultate word egter ook in dié verband gerapporteer. Themane en medewerkers (2006:299) rapporteer dat graad 4- tot 8-leerders uit ʼn lae sosio-ekonomiese omgewing in Suid-Afrika se wiskundige vermoëns en prestasie in Engels nie betekenisvol met die huisgesin se maandelikse inkomste of die vader se akademiese geletterdheid verbind kon word nie, hoewel geringe verbande wel tussen akademiese prestasie en die fisiese kwaliteit van wonings gevind is (Themane et al., 2006:304).

(28)

Obesiteit, wat as ʼn wêreldwye gesondheidsprobleem by kinders beskou word (Kelishadi et al., 2014:397; Lobstein et al., 2004:4; Ng et al., 2014:777), word deur die Wêreldgesondheids-organisasie/WGO (WHO, 2015) gedefinieer as abnormale of oortollige akkumulasie van vet wat ʼn kind se gesondheid en akademiese vordering negatief kan beïnvloed. Obesiteit by kinders word geassosieer met swakker motoriese beheer, verandering in breinplastisiteit (Wang et al., 2016:5), asook swakker kognitiewe vermoëns (Datar & Sturm, 2006:1454, Edlow & Mattei, 2016:18). Navorsers rapporteer in dié verband ʼn negatiewe verband tussen oorgewigstatus en perseptueel-motoriese vermoëns, met spesifieke verwysing na balans by vyf- tot tienjariges (D’Hondt et al., 2009:31), en hardloopspoed, ratsheid en krag by onderskeidelik ses- tot sewejariges (Kemp & Pienaar, 2013:641), en nege- tot dertienjariges (Truter et al., 2012:434). Navorsingsbevindinge toon verder dat ʼn gesonde en gebalanseerde dieet betekenisvol verband hou met goeie akademiese prestasie (Correa-Burrows et al., 2016:188; Li & O’Connell, 2012:40), asook dat ʼn ekstreme liggaamsamestelling (Coe et al., 2006:1517) en oorgewig- of obesiteitstatus (Afzal & Gortmaker, 2015:471; Burkhalter & Hillman, 2011:203S, 204S; Chomitz et al., 2009:33; Hollar et al., 2010:650; Liao et al., 2015:113; Kim & So, 2013:182; Wang et al., 2016:5) negatief met akademiese prestasie korreleer. ʼn Omvattende studie deur Kantomaa et al. (2013:1919) in Finland op sestienjarige kinders voer ook aan dat fisieke aktiwiteit en obesiteit ʼn effek op die verband tussen vroeë motoriese vaardighede en latere akademiese prestasie het. Teenstrydighede ten opsigte van die moontlike invloed van obesiteit op akademiese prestasie word egter ook deur navorsers gerapporteer. Chen et al. (2012:429) en Baxter et al. (2013:554) rapporteer byvoorbeeld geen betekenisvolle verband tussen oorgewigstatus en akademiese prestasie nie.

1.2 Probleemstelling

Akademiese prestasie van Suid-Afrikaanse leerders toon oor die afgelope jare stelselmatige verbeteringe (AP, 2015:10), hoewel vier uit nege Suid-Afrikaanse provinsies steeds swakker slaagsyfers (7% of meer) na afloop van die Nasionale Senior Sertifikaateksamen in 2015 behaal het (Motshekga, 2016:4). Die akademiese teikens soos uiteengesit in 2011 se Aksieplan wat deur die Departement van Basiese Onderwys saamgestel is, word gevolglik steeds nie bereik nie (AP, 2015:11). Volgens die nuutste Aksieplan na 2019, wat ʼn uitbreiding en vervolgens ʼn vervanging van die Aksieplan na 2014 is, word 27 doelwitte uiteengesit, waarvan vyf voorkeur geniet (AP, 2015:3, 8). Die Minister van Basiese Onderwys, me. A. Motshekga, stipuleer die belangrikheid van die Aksieplan en alhoewel dit ʼn groot aantal doelwitte insluit, weerspieël dit

(29)

die diversiteit van rolspelers wat bydraes lewer tot die verbetering van basiese opvoeding in Suid-Afrika (AP, 2015:8). Onvoldoende infrastruktuur by skole, bemeestering van die kurrikulum, terughouding van leerders en ondersteuning van leerders en onderwysers word ondermeer as rolspelers in die onderwyssisteem en akademiese prestasie in die Suid-Afrikaanse konteks aangevoer (AP, 2015:2). Akademiese prestasie in Suid-Afrika toon unieke uitdagings en alhoewel prestasie op akademiese vlak tot ‘n groot mate deur hierdie vyf geïdentifiseerde aspekte beïnvloed word, speel faktore eie aan die kind ook ‘n rol.

Uit voorafgaande bespreking het dit na vore gekom dat perseptueel-motoriese vaardighede tydens die vroeë kinderjare wel ʼn invloed op kinders se latere akademiese prestasie kan uitoefen. Die literatuur toon egter dat hierdie verband deur verskeie faktore en rolspelers beïnvloed kan word, wat insluit fisieke aktiwiteit en obesiteit (Kantomaa et al., 2013:1919). Tans bestaan daar beperkte inligting oor die invloed van hierdie, sowel as ander rolspelers soos byvoorbeeld sosio-ekonomiese status, op veral die langdurige verband tussen perseptueel-motoriese bevoegdheid en akademiese prestasie. Die verband tussen perseptueel-perseptueel-motoriese bevoegdheid en akademiese prestasie, sowel as die invloed van ander faktore op hierdie verband by laerskoolleerders, is nog nie op die lang termyn binne die Suid-Afrikaanse konteks ontleed nie, wat gevolglik ʼn leemte blootlê. Hoewel verskeie studies reeds uitgevoer is om die verband tussen visueel-motoriese integrasie en akademiese prestasie te ondersoek (Brown, 2012:57; Pienaar et al., 2013:376), word min studies gerapporteer wat die verband tussen verskillende perseptuele vaardighede (wat uit basiese, opeenvolgings- en komplekse visueel-perseptuele vaardighede bestaan) en akademiese prestasie by laerskoolleerders in die meer gevorderde grade soos graad 7 ondersoek het. Uitvoerende funksie se rol in akademiese prestasie van leerders op hierdie ouderdom is ook nog nie binne die Suid-Afrikaanse konteks ondersoek nie. Sosio-ekonomiese status se invloed op onderskeidelik akademiese prestasie (Cheng & Kaplowitz, 2016:276) en perseptueel-motoriese bevoegdheid (Venter et al., 2015:180), sowel as obesiteit se onderskeidelike invloede op akademiese prestasie (Du Toit et

al., 2011:31) en perseptueel-motoriese bevoegdheid (Cheng et al., 2016:348) is wel in

verskillende studies ondersoek. ʼn Leemte is egter geïdentifiseer in terme van longitudinale studies van hierdie verbande by Suid-Afrikaanse leerders.

Gevolglik is vier navorsingsvrae geformuleer wat met hierdie studie beantwoord wil word om sodoende meer lig te werp op verskillende rolspelers binne die verband tussen perseptueel-motoriese bevoegdheid en akademiese prestasie by laerskoolleerders. Eerstens word die vraag

(30)

gevra tot watter mate die verskillende visueel-perseptuele konstrukte (basies, opeenvolgend en kompleks) akademiese prestasie van graad 7-leerders in die Noordwes Provinsie van Suid-Afrika sal beïnvloed? Die tweede vraag is tot watter mate uitvoerende funksies (werksgeheue, uitvoerende funksie en inhiberingsbeheer) van graad 7-leerders in die Noordwes Provinsie van Suid-Afrika hul akademiese prestasie sal beïnvloed? Derdens word die vraag gevra of lae sosio-ekonomiese status soos vasgestel by graad 1-leerders in die Noordwes Provinsie van Suid-Afrika ʼn langdurige invloed sal uitoefen op hulle akademiese prestasie in graad 7, en wat die invloed van vroeë perseptueel-motoriese bevoegdhede in hierdie verband sal wees. Laastens word gevra of obesiteit wat reeds by graad 1-leerders in die Noordwes Provinsie van Suid-Afrika geïdentifiseer is, ʼn langdurige invloed sal uitoefen op die verband tussen vroeë perseptueel-motoriese bevoegdheid en akademiese prestasie in hulle graad 7-jaar. Die beantwoording van bogenoemde navorsingsvrae kan insig en riglyne aan onderwysers en Kinderkinetici verskaf met betrekking tot faktore wat spesifiek ʼn invloed uitoefen op leerders se vroeë motoriese ontwikkeling en latere akademiese prestasie, asook hoe belangrik faktore soos uitvoerende funksie en visuele persepsie vir akademiese prestasie op ouer ouderdomme is. Hierdie inligting kan lei tot die ontwikkeling van gepaste intervensiebenaderings en strategieë, soos gebaseer op bevindinge deur navorsers en kinderontwikkelingspesialiste. Die beplanning en uitvoering van bogenoemde intervensie-benaderings, waar rolspelers en invloede effektief tydens kontaksessies, klassituasies en huislike omstandighede by laerskoolleerders aangespreek kan word, kan groot voordele vir die leerder se ontwikkeling as geheel inhou. Indirek lei verbeterde motoriese ontwikkeling en beter akademiese prestasie tot sukses buite die skoolopset en selfs op tersiêre vlak, wat leerders verder toerus om ʼn positiewe bydrae te lewer tot hul direkte omgewings, en ook tot die ontwikkeling van menslike potensiaal en ekonomiese kapitaal van die land.

1.3 Doelstelling

Die doelstellings van hierdie navorsing is derhalwe om:

1.3.1 die mate waartoe verskillende funksionele visueel-perseptuele konstrukte (basies, opeenvolgend en kompleks) akademiese prestasie van graad 7-leerders in die Noordwes Provinsie van Suid-Afrika sal beïnvloed, te bepaal;

1.3.2 die mate waartoe uitvoerende funksies (werksgeheue, uitvoerende funksie en inhiberingsbeheer) akademiese prestasie van graad 7-leerders in die Noordwes Provinsie van Suid-Afrika sal beïnvloed, te bepaal;

(31)

1.3.3 die langdurige invloed van lae sosio-ekonomiese status van graad 1-leerders op die verband tussen hulle vroeë perseptueel-motoriese bevoegdheid en latere akademiese prestasie tydens die laerskooljare, in die Noordwes Provinsie van Suid-Afrika te bepaal, en;

1.3.4 die langdurige invloed van oorgewig en obesiteit, soos geïdentifiseer by graad 1-leerders, op die verband tussen hulle vroeë perseptueel-motoriese bevoegdheid en latere akademiese prestasie tydens die laerskooljare in die Noordwes Provinsie van Suid-Afrika te bepaal.

1.4 Hipotese

Hierdie studie is op die volgende hipoteses gegrond:

1.4.1 Basiese, opeenvolgings- en komplekse visueel-perseptuele konstrukte beïnvloed akademiese prestasie van graad 7-leerders in die Noordwes Provinsie van Suid-Afrika, betekenisvol.

1.4.2 Uitvoerende funksies (werksgeheue, uitvoerende funksie en inhiberingsbeheer) beïnvloed akademiese prestasie van graad 7-leerders in die Noordwes Provinsie van Suid-Afrika, betekenisvol.

1.4.3 Lae sosio-ekonomiese status het ʼn betekenisvolle langdurige invloed op die verband tussen vroeë perseptueel-motoriese vaardighede en latere akademiese prestasie van laerskoolleerders in die Noordwes Provinsie van Suid-Afrika.

1.4.4 Oorgewig en obesiteit, wat reeds vanaf graad 1 voorkom, is ʼn betekenisvolle negatiewe rolspeler in die verband tussen vroeë perseptueel-motoriese bevoegdheid en latere akademiese prestasie van laerskoolleerders in die Noordwes Provinsie van Suid-Afrika.

1.5 Struktuur van proefskrif

Hierdie proefskrif word in artikelformaat aangebied.

1.5.1 Hoofstuk 1 bevat die inleiding, probleem, en doelstellings van die studie. Die bronaanhalings vir die betrokke hoofstuk volg direk daarna en is volgens die aangepaste Harvard-styl, soos voorgeskryf deur die Noordwes-Universiteit saamgestel.

(32)

1.5.2 Hoofstuk 2 bied ʼn bondige literatuuroorsig oor verskillende rolspelers en invloede op die verband tussen perseptueel-motoriese bevoegdheid en akademiese prestasie van laerskoolleerders. Die bronaanhalings van hoofstuk 2 volg direk daarna en is volgens die aangepaste Harvard-styl soos voorgeskryf deur die Noordwes-Universiteit.

1.5.3 Hoofstuk 3 bevat die navorsingsresultate van doelstelling een en word in die vorm van ʼn artikel aangebied. Die titel van die artikel is: The role of visual perception skills on

academic achievement of Grade 7 primary school learners: the NW-CHILD study, en

is aan die tydskrif Perceptual and Motor Skills voorgelê vir moontlike publikasie (Bylaag I). Riglyne vir outeurs wat artikels vir hierdie tydskrif wil aanbied, is in Bylaag E geplaas. Vir tegniese doeleindes, eenvormigheid en om die proefskrif tegnies makliker leesbaar te maak is daar enkele wysigings aan die riglyne van die tydskrif aangebring. Die hoofstuk in die proefskrif is ʼn Afrikaanse weergawe van die Engelse artikel wat vir die tydskrif aangebied is. Die artikel se kantlyne en lynspasiëring is soos die res van die proefskrif uiteengesit.

Die Test of Visual Perceptual Skills (TVPS-3), derde uitgawe, wat in die betrokke artikel as meetinstrument gebruik word, is ʼn gestandaardiseerde toetsbattery wat aan kopiereg onderhewig is en derhalwe sal geen spesifieke inligting rondom hierdie meetinstrumente in bylae weergegee kan word nie. Bylaag A bevat wel ʼn uiteensetting van die stappe wat gevolg is vir die voltooiing van die toetsvorm.

1.5.4 Hoofstuk 4 bevat die navorsingsresultate van doelstelling twee en word in die vorm van ʼn artikel aangebied. Die titel van die artikel is: The role of executive functioning in the

academic achievement of Grade 7 primary school learners: the NW-CHILD study, en

is aan die tydskrif Journal of Experimental Child Psychology voorgelê vir moontlike publikasie (Bylaag I). Riglyne vir outeurs wat artikels vir hierdie tydskrif wil aanbied, is in Bylaag F geplaas. Om die proefskrif tegnies makliker leesbaar en eenvormig te maak is daar enkele wysigings aan die riglyne van die tydskrif aangebring. Die hoofstuk in die proefskrif is ʼn Afrikaanse weergawe van die Engelse artikel wat vir die tydskrif aangebied is. Die artikel se kantlyne en lynspasiëring is soos die res van die proefskrif uiteengesit.

Die Tower of London (TOLDX), tweede uitgawe wat as meetinstrument in hierdie artikel

(33)

derhalwe sal geen spesifieke inligting rondom hierdie meetinstrument in die bylae weergegee kan word nie. Riglyne vir die voltooiing van die toetsvorm word wel in Bylaag B weergegee.

1.5.5 Hoofstuk 5 bevat die navorsingsresultate van doelstelling drie en word in die vorm van ʼn artikel aangebied. Die titel van die artikel is: Influences of socio-economic status on

early perceptual-motor proficiency and later academic performance of primary school learners: NW-CHILD study, en sal aan die tydskrif South African Journal of Education

voorgelê word. Riglyne vir outeurs wat artikels vir hierdie tydskrif wil aanbied, is in Bylaag G geplaas. Om die proefskrif tegnies makliker leesbaar te maak is daar enkele wysigings aan die riglyne van die tydskrif aangebring. Die hoofstuk in die proefskrif is ʼn Afrikaanse weergawe van die Engelse artikel wat vir die tydskrif aangebied sal word. Die artikel se kantlyne en lynspasiëring is soos die res van die proefskrif uiteengesit en die lettertipe is van Arial na Times New Roman verander ter wille van eenvormigheid van die proefskrif. Die afkorting vir sosio-ekonomiese status (SES) is regdeur die artikel gebruik.

Die Bruininks Oseretsky Test of Motor Proficiency, tweede uitgawe (BOT-2) wat in die betrokke artikel gebruik word, is ʼn gestandaardiseerde toetsbattery wat aan kopiereg onderhewig is en derhalwe sal geen spesifieke inligting rondom hierdie meetinstrument in die bylae weergegee kan word nie. Bylaag C bevat wel ʼn uiteensetting met riglyne vir die voltooiing van die toetsvorm.

1.5.6 Hoofstuk 6 bevat die navorsingsresultate van doelstelling vier en word in die vorm van ʼn artikel aangebied. Die titel van die artikel is: Influences of obesity on the relationship

between early perceptual-motor proficiency and later academic achievement of primary school learners: the NW-CHILD study. Hierdie artikel sal aan die tydskrif BioMed Central Public Health voorgelê word. Riglyne vir outeurs wat artikels vir hierdie

tydskrif wil aanbied, is in Bylaag H geplaas. Vir tegniese doeleindes en eenvormigheid van die proefskrif is daar enkele wysigings aan die riglyne van die tydskrif aangebring. Die hoofstuk in die proefskrif is ʼn Afrikaanse weergawe van die Engelse artikel wat vir die tydskrif aangebied sal word. Die artikel se kantlyne en lynspasiëring is soos die res van die proefskrif uiteengesit.

(34)

Die Bruininks Oseretsky Test of Motor Proficiency, tweede uitgawe (BOT-2) wat in die betrokke artikel gebruik word, is ʼn gestandaardiseerde toetsbattery wat aan kopiereg onderhewig is en derhalwe sal geen spesifieke inligting rondom hierdie meetinstrument in bylae weergegee kan word nie. Bylaag C bevat wel ʼn uiteensetting met riglyne vir die voltooiing van die toetsvorm.

1.5.7 Hoofstuk 7 bevat die samevatting, gevolgtrekkings en aanbevelings van die studie. Vervolgens sal Hoofstuk 2, wat die literatuuroorsig van die proefskrif bevat, aangebied word.

(35)

Bronnelys

Afzal, A.S. & Gortmaker, S. 2015. The relationship between obesity and cognitive performance in children: A longitudinal study. Childhood obesity, 11(4):466-474.

American heritage medical dictionary. 2007. Academic.

http://encyclopedia.thefreedictionary.com/executive+functions Date of access: 2 April 2016. AP kyk South Africa. Action Plan to 2019.

Auxter, D., Pyfer, J. & Huettig, C. 2010. Principles and methods of adapted physical education and recreation. 10th ed. McGraw-Hill.

Baars, M.A.E., Bijvank, M.N., Tonnaer, G.H. & Jolles, J. 2015. Self-report measures of executive functioning are determent of academic performance in first-year students at a university of applied sciences. Frontiers in psychology, 6(1131):1-7.

Baxter, S.D., Guinn, C.H., Tebbs, J.M. & Royer, J.A. 2013. There is no relationship between academic achievement and body mass index among fourth-grade, predominantly African-American children. Journal of the academy of nutrition and dietetics, 113(4):551-557. Bezold, C.P., Konty, K.J., Day, S.E., Berger, M., Harr, L., Larkin, M., Napier, M.D., Nonas, C., Saha, S., Harris, T.G. & Stark, J.H. 2014. The effects of changes in physical fitness on academic performance among New York City youth. Journal of adolescent health, 55:774-781.

Booyse, A.M. 2013. The environmentally deprived child. (In Kapp, J.A., ed. Children with problems: an orthopedagogical perspective. Pretoria: Van Schaik. p. 121-144).

Bornstein, M.H., Hahn, C.S. & Suwalsky, J.T.D. 2013. Physical development and exploratory young infants contribute to their own long-term academic achievement.

Association for psychological science, 24(10):1906-1917.

Bresgi, L., Alexander, D.L.M. & Seabi, J. 2017. The predictive relationships between working memory skills within the spatial and verbal domains and mathematical performance of Grade 2 South African learners. International journal of educational research, 81:1-10. Brown, T. 2012. Are motor-free visual perceptual skill constructs predictive of visual-motor integration skill constructs? Hong Kong journal of occupational therapy, 22:48-59.

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

Omdat voor de overige combinaties van jaartallen de gekozen kansverdeling verschillen, zijn de ongelijkheidsmaten vergeleken op basis van de parameters van de GB2-verdeling,

Wanneer vervolgens nog naar de groepsgemiddelden gekeken wordt in tabel 3, valt af te lezen dat de gemiddelde score van de Eureka!groep, tegen de verwachting in, lager is dan de

externaliserend probleemgedrag. Meisjes rapporteren volgens dit onderzoek ook een hogere mate van gehechtheid dan jongens. Om passende interventies te kunnen bieden aan jongeren

Bij de groep jong-adolescenten wordt er een significant hogere samenhang verwacht tussen gedrag (de YSR, MINI en de Kooij) en cognitie (de d2 & de Stroop-test) op het gebied van

Because the shape of a tadpole resembles that of a circle with an attached splitter plate, we exploit the knowledge on hydrodynamic consequences of such an attachment to test the

Contents of EISs include: detailed description of the project and its activities; potentially affected environments, technology and processes used; outline of alternatives

The dispute settlement mechanism of the North American Free Trade Agreement (NAFTA) and the World Trade Organisation (WTO) may serve as examples for the Southern African

As there is little specific experimental evidence that links dissemination of climatic risk information and improved smallholder livelihoods, this thesis examines the