• No results found

Obesiteit se verband met motoriese en fisieke ontwikkeling en die effek van 'n multidissiplinêre fisieke aktiwiteitsintervensie daarop by 10– tot 12–jarige kinders

N/A
N/A
Protected

Academic year: 2021

Share "Obesiteit se verband met motoriese en fisieke ontwikkeling en die effek van 'n multidissiplinêre fisieke aktiwiteitsintervensie daarop by 10– tot 12–jarige kinders"

Copied!
201
0
0

Bezig met laden.... (Bekijk nu de volledige tekst)

Hele tekst

(1)

Obesiteit se verband met motoriese en fisieke

ontwikkeling en die effek van „n multidissiplinêre

fisieke aktiwiteitsintervensie daarop by

10- tot 12-jarige kinders

LEANI TRUTER

12777439

Proefskrif voorgelê vir die graad Philosophiae Doctor in

Kinderkinetika aan die Potchefstroomkampus van die

Noordwes-Universiteit

Promotor:

Prof. A.E. Pienaar

Medepromotor: Dr. D. du Toit

November 2011

Potchefstroom

(2)

PLEGTIGE VERKLARING

Plegtige verklaring deur student

Hiermee verklaar ek, Leani Truter, die ondergetekende, dat die proefskrif getiteld, Obesiteit se verband

met motoriese en fisieke ontwikkeling en die effek van „n multidissiplinêre fisieke aktiwiteitsintervensie daarop by 10- tot 12-jarige kinders, wat ek by die Noordwes-Universiteit,

Potchefstroomkampus, ter voldoening aan die vereiste van die Ph.D.-graad, hiermee inhandig, my eie werk is, dit volgens die vereistes taalversorg is en dat dit nie reeds by ‗n ander universiteit ingehandig is nie. Ek verstaan en aanvaar dat die eksemplare wat vir eksaminering ingehandig word, die eiendom van die universiteit is.

Handtekening van die student _______________________ Universiteitsnommer 12777439 Geteken te Potchefstroom hierdie _______ dag van __________________________ 2011 Verklaar voor my hierdie _____ dag van ________________2011

Kommissaris van Ede: __________________________________

Plegtige verklaring deur promotor

Hiermee verklaar ondergetekende:

1.1 dat die genoemde student ‗n goedgekeurde module vir die betrokke kwalifikasie bygewoon het en die werk van die module uitgevoer het of werk gedoen het wat deur die Senaat goedgekeur is;

1.2 dat die student aan die minimum duur van studie voldoen soos voorgeskryf in die jaarboek; 1.3 dat sy derhalwe gemagtig word om haar proefskrif in te handig;

1.4 dat die registrasie/wysiging van die titel goedgekeur is;

1.5 dat die aanwysing/wysiging van eksaminatore goedgekeur is en

1.6 ander voorskrifte soos vervat in die Handleiding vir Nagraadse Studie nagekom is.

Handtekening Promotor: ______________________ Datum: Handtekening Navorsingsdirekteur: ______________________ Datum: Handtekening Dekaan: ______________________ Datum:

(3)

VOORWOORD

Ek wil graag my opregte dank en waardering uitspreek teenoor elkeen wat ‗n aandeel gehad het om my studie suksesvol te voltooi:

Prof. Anita Pienaar, my promotor: Baie dankie vir Prof se kosbare tyd, raad, hulp en leiding tydens my studietydperk. Woorde kan nie beskryf hoe baie ek Prof se moeite waardeer nie!

Dr. Dorita du Toit, my medepromotor: Dorita, baie dankie vir die insette wat jy gelewer het om hierdie studie moontlik te maak.

Mev. Anneke Coetzee van die Ferdinand Postma biblioteek, baie dankie vir jou vriendelike hulp en bystand met die soek van artikels.

Dr. Suria Ellis, dankie vir die hulp met die statistiese analise van die data.

Mev. Antoinette Bischoff (018 293 3046), vir die taalversorging van die proefskrif.

Mev. Hendia Baker (084 779 5969), vir die vertaling van die opsomming van die proefskrif, asook die vertaling van die navorsingsartikels.

Mr. André Meintjes van Web IT Solutions, dankie vir die ontwerp van die voorblad en ook vir die hulp met die tegniese versorging van die proefskrif.

Die Noordwes-Universiteit, dankie vir die finansiële ondersteuning wat hierdie proefskrif moontlik gemaak het.

My hartsmense, dankie klink na so ‗n klein woordjie om die waardering wat ek vir elkeen van julle voel uit te druk. Julle is ongelooflik spesiaal vir my.

My gesin, Pa, Ma, Boetie, baie dankie vir julle ondersteuning op alle maniere denkbaar die afgelope paar jaar. Ek is lief vir julle.

Ek dra hierdie studie op aan elkeen wat in my bly glo het in die tye wat ek nie meer in myself geglo het nie.

(4)

OPSOMMING

Obesiteit se verband met motoriese en fisieke ontwikkeling en die

effek van „n multidissiplinêre fisieke aktiwiteitsintervensie daarop

by 10- tot 12-jarige kinders

Die toenemende voorkoms van kinderobesiteit wêreldwyd word beskou as ‗n globale epidemie (World Health Organization, 2010). Dit word geassosieer met verskeie gesondheidsprobleme asook met fisieke-

(kardio-respiratoriese uithouvermoë, soepelheid, spierkrag, spieruithouvermoë en liggaamsamestelling),

en motoriese vermoëns (fynmotoriese kontrole, manipulasie-koördinasie, liggaamskoördinasie en

krag-en-ratsheid) (Asayama et al., 2003:644; Okely et al., 2004:242; Tokmakidis et al., 2006:870). Wat die

Suid-Afrikaanse konteks aanbetref bestaan daar min navorsing oor verbande tussen obesiteit en fisieke- en motoriese vermoëns en die effek van fisieke aktiwiteitsintervensies op nege- tot 12-jarige kinders.

Die eerste en tweede doelstellings van hierdie studie was om te bepaal of obesiteit die fisieke en/of die motoriese vermoëns van nege- tot 12-jarige Suid-Afrikaanse kinders sal beïnvloed. Die derde en vierde doelstellings was om die effek van ‗n multidissiplinêre intervensie op die fisieke- sowel as die motoriese vermoëns van nege- tot 12-jarige obese kinders te bepaal.

Vir doelstelling een en twee is ‗n dwarsdeursnitstudie uitgevoer op 280 kinders (128 seuns en 152 meisies) met ‗n gemiddelde ouderdom van 10.6-jaar (±1.05). Antropometriese-, fisieke- en motoriese metings is verkry deur die ―Fitnessgram‖ (Meredith & Welk, 1999) en die ―Bruininks-Oseretsky Test of Motor Proficiency-II‖ (Bruininks & Bruininks, 2005). Liggaamsmassa-indeks (LMI) afsnypunte is gebruik om die proefpersone as normaal-, oorgewig of obees te klassifiseer (Cole et al., 2000). Die Statistica rekenaarprogram is gebruik om beskrywende statistiek, Spearman-rangordekorrelasies en variansieanalises uit te voer om die data met betrekking tot die bogenoemde doelwitte te ontleed.

Die fisieke fiksheidveranderlikes wat betekenisvolle afnames met ‘n toename in LMI getoon het is kardio-respiratoriese uithouvermoë en spierkrag, veral beenspierkrag. ‘n Progressiewe, maar nie-betekenisvolle afname is in spieruithouvermoë gevind met ‘n toename in LMI, terwyl soepelheid die swakste verband met LMI getoon het. Wat die motoriese veranderlikes betref het krag-en-ratsheid betekenisvol verswak met ‘n toename in LMI, terwyl fynmotoriese kontrole, manipulasie-koördinasie en liggaamskoördinasie die swakste verbande met LMI getoon het. Variansieanalise het verder

(5)

ratsheid (p<0.05) getoon. Die gevolgtrekking is gemaak dat die fisieke- en motoriese vermoëns van jong Suid-Afrikaanse kinders negatief beïnvloed word deur obesiteit en intervensiestrategieë word aanbeveel om die lewenskwaliteit van sodanige kinders te bevorder.

Vir doelstelling drie en vier is ‗n beskikbaarheidsteekproef van 37 proefpersone, met ‗n gemiddelde ouderdom van 11-jaar (±0.99) geneem, waar 20 proefpersone (sewe seuns en 13 meisies) aan ‗n multidissiplinêre intervensieprogram deelgeneem het, en 17 proefpersone (ses seuns en 11 meisies) deel gevorm het van ‗n kontrolegroep. Antropometriese-, fisieke- en motoriese metings is ontleed met die ―Fitnessgram‖ (Meredith & Welk, 1999) en die ―Bruininks-Oseretsky Test of Motor Proficiency-II‖ (Bruininks & Bruininks, 2005) tydens basislynmetings, na voltooing van die intervensieprogram en na ‗n opvolgperiode van drie maande. Die resultate, wat met behulp van ‗n herhaalde metings analise, Bonferroni-post-hoc analise en afhanklike en onafhanklike t-toetsings ontleed is, toon dat die intervensieprogram ‗n betekenisvolle verandering in al die liggaamstellingsveranderlikes, uitgesluit liggaamslengte, bewerkstellig het. Soepelheid, spierkrag en abdominale spieruithouvermoë sowel as een van die vier fynmotoriese kontrole toetsitems (papiervou), twee van die 12 liggaamskoördinasie toetsitems (voet en vingertikke - teenoorgestelde kant gesinchroniseer en staan op een been op 'n lyn - toe oë) en ses van die sewe krag-en-ratsheid toetsitems (wisselhardloop; sywaarts trap oor balansbalk; eenbeenspronge; eenbeen sywaartse spronge; tweebeen sywaartse spronge en opsitte) het betekenisvolle verskille na afloop van die intervensieprogram met die kontrolegroep getoon. Die resultate dui daarop dat die intervensie wel verskille in liggaamsamestelling, fisieke- en motoriese vermoëns bewerkstellig het en oor ‗n tydperk van drie maande na voltooiing van die program ‗n volhoubare effek op veranderlikes soos liggaamsvetpersentasie, subskapulêre velvou en beenspierkrag getoon het. Hieruit kan afgelei word dat jong oorgewig en obese kinders volgehoue begeleiding benodig om die lewenstylaanpassings te kan volhou wat deur obesiteitsintervensies verlang word.

Die gevolgtrekking kan gemaak word dat die fisieke- en motoriese vermoëns van kinders negatief beïnvloed word deur obesiteit en verder dat ‗n multidissiplinêre intervensieprogram, nie net die liggaamsamestellingprofiel van obese kinders verbeter nie, maar ook ‗n positiewe effek op die fisieke- en motoriese vermoëns van obese nege- tot 12-jarige Suid-Afrikaanse kinders uitoefen, alhoewel die effek nie volhoubaar is sonder voortgesette, gekontroleerde intervensie nie.

Sleutelwoorde: oorgewig, obesiteit, kinders, fisieke fiksheid, motoriese vermoëns, multidissiplinêre

(6)

ABSTRACT

The relationship of obesity to motor and physical development and

the effect of a multidisciplinary physical activity intervention on it in

10- to 12-year-old children

The increasing prevalence of childhood obesity worldwide is viewed as a global epidemic (World Health Organization, 2010). It is associated with a variety of health problems as well as physical-

(cardio-respiratory endurance, flexibility, muscular strength, muscular endurance, and body composition), and

motor proficiency (fine manual control, manual coordination, body coordination, and

strength-and-agility) (Asayama et al., 2003:644; Okely et al., 2004:242; Tokmakidis et al., 2006:870). As far as the

South African context is concerned, there is little research examining these relationships and the effect of physical intervention there upon, in nine- to 12-year old children.

The first and second objectives of this study were to determine whether obesity would influence the physical- and/or the motor proficiency of nine- to 12-year-old South African children. The third and fourth objectives of this study were to determine the effect of a multidisciplinary intervention on the physical- and the motor proficiency of nine- to 12-year-old obese children.

For objectives one and two, a cross-sectional study was performed on 280 children (128 boys and 152 girls), with an average age of 10.6 years (±1.05). Anthropometric-, physical- and motor measurements were obtained by the ―Fitnessgram‖ (Meredith & Welk, 1999) and the ―Bruininks-Oseretsky Test of Motor Proficiency-II‖ (Bruininks & Bruininks, 2005). Body mass index (BMI) cut-off points were used to classify the children as normal, overweight, or obese (Cole et al., 2000). The data was analysed with regard to the above-mentioned objectives with the Statistica computer program, by means of descriptive statistics, Spearman rank correlations, and variance analyses.

The results show that the physical fitness variables, cardio-respiratory endurance and muscular strength, particularly leg muscular strength, showed significant decreases with an increase in BMI. A progressive, but insignificant, decrease was found in muscular endurance with an increase in BMI, while flexibility showed the weakest relationship to BMI. The motor variables strength-and-agility weakened significantly with an increase in BMI, while fine manual control, manual coordination, and body coordination showed

(7)

concluded that health-promoting physical fitness and the motor proficiency of young South African children are negatively influenced by obesity and intervention strategies are recommended to promote the quality of life of such children.

For objectives three and four, an availability random sample of 37 experimental subjects, with an average age of 11 years (±0.99) was taken, where 20 subjects (seven boys and 13 girls) took part in a multidisciplinary intervention programme, and 17 subjects (six boys and 11 girls) formed part of a control group. Body composition, physical-, and motor proficiency were analysed by the ―Fitnessgram‖ (Meredith & Welk, 1999) and the ―Bruininks-Oseretsky Test of Motor Proficiency-II‖ (Bruininks & Bruininks, 2005) during baseline measurements, on completion of the intervention programme, and after a follow-up period of three months. The results, which were analysed with a repeated-measures analysis, Bonferroni-post-hoc analysis, and dependent and independent t-tests, show that the intervention programme brought about a significant change in all the body composition variables, excluding body height. Flexibility, muscular strength, and abdominal muscular endurance, as well as one of the four fine manual control test items (folding paper), two of the 12 body coordination test items (tapping feet and fingers – opposite sides synchronised, and standing on one leg on a line – eyes closed), and six of the seven strength and agility test items (shuttle run, stepping sideways over a balance beam, one-legged stationary hops, one-legged side hops, two-legged side hops, and sit-ups), showed significant differences from the control group on completion of the intervention programme. The results indicate that the intervention brought about differences in body composition and physical- and motor proficiency and also showed a sustainable effect over a period of three months on body fat percentage, subscapular skinfold and leg muscular strength. From this, it can be deduced that young obese children need sustained guidance to be able to maintain the lifestyle adaptations that are required by obesity interventions.

It can be concluded that the physical- and motor proficiency of children is negatively influenced by obesity, that a multidisciplinary intervention programme improves the body composition profile of obese children and has a positive effect on the physical- and the motor proficiency of obese nine- to 12-year old South African children, although the effect is not sustainable without ongoing, controlled intervention.

Keywords: overweight, obesity, children, physical fitness, motor development, multidisciplinary

(8)

INHOUD

Plegtige verklaring i Voorwoord ii Opsomming iii Abstract v Inhoud vii

Lys van tabelle xi

Lys van figure xiii

HOOFSTUK 1 1

Probleem en doelstelling van die studie

1.1 Inleiding 2

1.2 Probleemstelling 4

1.3 Doelstellings van die studie 4

1.4 Hipoteses van die studie 5

1.5 Struktuur van proefskrif 5

HOOFSTUK 2 9

„n Literatuuroorsig oor oorgewig en obesiteit, verbande met motoriese- en fisieke vermoëns en die intervensie effek hierop by kinders

2.1 Inleiding 11

2.2 Omskrywing van oorgewig en obesiteit 11 2.3 Insidensie van oorgewig en obesiteit 13 2.3.1 Geslag en oorgewig en obesiteit 14 2.3.2 Etnisiteit en oorgewig en obesiteit 15

2.4 Oorsake van oorgewig en obesiteit 16

2.4.1 Eksogene oorsake 16

2.4.2 Endogene oorsake 17

(9)

INHOUD (vervolg)

2.5 Gesondheidsverwante aspekte van oorgewig en obesiteit 18

2.5.1 Hipertensie 18

2.5.2 Diabetes Mellitis 23

2.5.3 Psigososiale gevolge 24

2.6 Motoriese ontwikkeling en oorgewig en obesiteit by kinders 24

2.6.1 Fynmotoriese kontrole 24

2.6.2 Manipulasie-koördinasie 24

2.6.3 Liggaamskoördinasie 25

2.6.4 Ratsheid 26

2.6.5 Ontwikkelingskoördinasieversteuring en oorgewig en obesiteit 26 2.7 Fisieke fiksheid en oorgewig en obesiteit by kinders 26

2.7.1 Spierkrag 27

2.7.2 Spieruithouvermoë 27

2.7.3 Kardio-respiratoriese uithouvermoë 27

2.7.4 Soepelheid 28

2.7.5 Liggaamsamestelling 28

2.8 Intervensieprogramme om oorgewig en obesiteit aan te spreek 28 2.8.1 Obesiteitvoorkomingsintervensies 28 2.8.2 Obesiteitbehandelingsintervensies 29 2.8.3 Eenkomponent-intervensieprogramme 30 2.8.3.1 Fisieke aktiwiteit 30 2.8.3.2 Voedingsvoorligting en dieetaanpassings 31 2.8.3.3 Gedragsmodifikasie 32 2.8.4 Multikomponent-intervensieprogramme 32 2.8.4.1 Skoolgebaseerde intervensieprogramme 32 2.8.4.2 Kliniese intervensieprogramme 34 2.9 Samevatting 35 2.10 Bronnelys 37

(10)

INHOUD (vervolg)

HOOFSTUK 3 47

Navorsingsartikel 1: Verbande tussen oorgewig, obesiteit en fisieke fiksheid van nege- tot 12-jarige Suid-Afrikaanse kinders

HOOFSTUK 4 64

Navorsingsartikel 2: Verbande tussen oorgewig, obesiteit en motoriese vermoëns van nege- tot 12-jarige Suid-Afrikaanse kinders

HOOFSTUK 5 84

Navorsingsartikel 3: Die effek van „n multidissiplinêre intervensieprogram op die fisieke fiksheid van nege- tot 12-jarige kinders

HOOFSTUK 6 107

Navorsingsartikel 4: Die effek van „n multidissiplinêre intervensieprogram op die motoriese vermoëns van nege- tot 12-jarige kinders

HOOFSTUK 7 129

Samevatting, gevolgtrekkings en aanbevelings

7.1 Samevatting 130 7.2 Gevolgtrekkings 134 7.2.1 Gevolgtrekking 1 134 7.2.2 Gevolgtrekking 2 134 7.2.3 Gevolgtrekking 3 134 7.2.4 Gevolgtrekking 4 135 7.3 Aanbevelings 135

(11)

INHOUD (vervolg)

BYLAE 137

Bylaag A: Riglyne vir outeurs vir die “South African Journal of Family Practice” 138

Brief vir aanvaarding van navorsingsartikel 1 142

Brief vir erkenning van ontvangs van navorsingsartikel 2 143

Bylaag B: Riglyne vir outeurs vir die “International Journal of Childhood Obesity” 144 Brief vir erkenning van registrasie by “International Journal of Childhood

Obesity” 147

Bylaag C: Riglyne vir outeurs vir die “Journal of Child Health Care” 148 Brief vir erkenning van registrasie by “Journal of Child Health Care” 152

Bylaag D: Ingeligte toestemming vir deelname aan die dwarsdeursnitstudie 153

Bylaag E: Ingeligte toestemming vir deelname aan die eksperimentele studie 155

Bylaag F: Intervensieprogram 157

Bylaag G: Tuisprogram 172

(12)

LYS VAN TABELLE

HOOFSTUK 2

Tabel 2.1 Ouderdomspesifieke afsnypunte vir oorgewig en obesiteit by nege- tot 13-jarige

kinders 12

Tabel 2.2 Persentiele van sistoliese en diastoliese bloeddrukvlakke (90ste en 95ste) volgens

lengtegroei by een- tot 17-jarige seuns 19 Tabel 2.3 Persentiele van sistoliese en diastoliese bloeddrukvlakke (90ste en 95ste) volgens

lengtegroei by een- tot 17-jarige meisies 21

HOOFSTUK 3

Tabel 1 Demografiese inligting van die totale groep proefpersone 53 Tabel 2 Antropometriese inligting van die proefpersone in die verskillende

liggaamsmassa-indeks kategorieë 55

Tabel 3 Korrelasiekoeffisiënte van liggaamsmassa-indeks en liggaamsvetpersentasie met

demografiese, antropometriese en fisieke veranderlikes 57 Tabel 4 Betekenisvolheid van verskille ten opsigte van fisieke fiksheidveranderlikes in

die verskillende liggaamsmassa-indeks kategorieë 58

HOOFSTUK 4

Tabel 1 Ouderdomspesifieke afsnypunte vir oorgewig en obesiteit by nege- tot 13-jarige

kinders 69

Tabel 2 Demografiese inligting van die proefpersone 71 Tabel 3 Korrelasiekoeffisiënte van liggaamsmassa-indeks en liggaamsvetpersentasie met

die verskillende motoriese veranderlikes 73 Tabel 4 Fynmotoriese kontrole veranderlikes van proefpersone in die verskillende

gewigsgroepe 75

Tabel 5 Manipulasie-koördinasie veranderlikes van proefpersone in die verskillende

gewigsgroepe 75

Tabel 6 Liggaamskoördinasie veranderlikes van proefpersone in die verskillende

gewigsgroepe 76

Tabel 7 Krag-en-ratsheid veranderlikes van proefpersone in die verskillende

gewigsgroepe 78

(13)

HOOFSTUK 5

Tabel 1 Beskrywende inligting en voortoetsverskille tussen die intervensie- en die

kontrolegroep 93

Tabel 2 Aangepaste gemiddelde natoetswaardes met die voortoets as koveranderlike

(ANCOVA) 94

Tabel 3 Betekenisvolheid van binnegroepverskille 100

HOOFSTUK 6

Tabel 1 Beskrywing van voortoetsverskille tussen die intervensie- en die kontrolegroep 114 Tabel 2 Aangepaste gemiddeldes deur middel van ‘n ANCOVA met die voortoets as

(14)

LYS VAN FIGURE

HOOFSTUK 5

Figuur 1 Tydseffek op die liggaamsamestellingveranderlikes a) massa, b) middelomtrek, c) ontspanne bo-armomtrek, d) subskapulêre velvou, e) trisepsvelvou, f) kuitvelvou, g) LMI en h) liggaamsvetpersentasie 98 Figuur 2 Tydseffek op die fisieke fiksheidveranderlikes a) kardio-respiratoriese

uithouvermoë: PACER, b) soepelheid: sit-en-reik na regs, c) soepelheid: sit-en-reik na links, d) spierkrag: staande verspring, e) spieruithouvermoë: knie-opstote, f) spieruithouvermoë: opsitte, g) spieruithouvermoë: muursit h) spieruithouvermoë: vliegtuiglê 99

HOOFSTUK 6

Figuur 1 Grafiese voorstelling om die tydseffek van die intervensie op die fynmotoriese kontrole veranderlikes te toon a) fynmotoriese presisie: papiervou,

b) fynmotoriese integrasie: kopieer 'n vierkant, c) fynmotoriese integrasie:

kopieer 'n ster 122

Figuur 2 Grafiese voorstelling om die tydseffek van die intervensie op die manipulasie-koördinasie veranderlikes te toon a) tweehandigheid: dra pennetjies oor,

b) boonste ledemaatkoördinasie: dribbel bal - alternerende hande 122 Figuur 3 Grafiese voorstelling om die tydseffek van die intervensie op die

liggaamskoördinasie veranderlikes te toon a) bilaterale koördinasie: spring op die plek - teenoorgestelde kant gesinchroniseer, b) balans: staan op eenbeen op 'n lyn - toe oë, c) balans: staan hak-toon op 'n balansbalk 123 Figuur 4 Grafiese voorstelling om die tydseffek van die intervensie op die krag-en-ratsheid

veranderlikes te toon a) hardloopspoed-en-ratsheid: wisselhardloop,

b) en-ratsheid: trap sywaarts oor balansbank, c) hardloopspoed-en-ratsheid: eenbeenspronge, d) hardloopspoed-hardloopspoed-en-ratsheid: eenbeen sywaartse spronge, e) hardloopspoed-en-ratsheid: tweebeen sywaartse spronge,

(15)
(16)

HOOFSTUK 1

Probleem en doelstelling van die studie

INHOUDSOPGAWE

1.1 Inleiding 2

1.2 Probleemstelling 4

1.3 Doelstellings van die studie 4

1.4 Hipoteses van die studie 5

1.5 Struktuur van die proefskrif 5

1.1 Inleiding

Obesiteit word huidig as ‘n chroniese leefstylsiekte beskou (Steyn, 2005:540). Onlangse navorsing toon dat die voorkoms van obesiteit (ʼn toename in liggaamsgewig bo skeletale en fisiese standaarde as gevolg van ʼn oormatige akkumulering van liggaamsvet) (World Health Organization, 2008), by kinders wêreldwyd kommerwekkend hoog is. Daar word gereken dat meer as 22 miljoen kinders wêreldwyd onder die ouderdom van vyf-jaar oorgewig is (World Health Organisation, 2009). ‘n Studie deur Padez et

al. (2005:1552) op sewe- tot nege-jarige Portugese kinders toon dat 20.3% van die kinders as oorgewig en

11.3% as obees geklassifiseer kan word. ‘n Soortgelyke studie op vier- tot 10-jarige kinders in Skotland het gevind dat 24.6% van die kinders oorgewig is, waarvan 6.1% as obees geklassifiseer kan word (Cecil

et al., 2005:1200). Onlangse navorsing in Spanje toon ‗n kommerwekkende toename in kinderobesiteit,

met 14% kinders wat as obees geklassifiseer word (Roman et al., 2009:S94), terwyl ‗n derde (31%) van Nieu-Seelandse kinders tussen die ouderdom van vyf- en 14-jaar oorgewig of obees is (Maddison et al., 2009:146). In Europa het die voorkoms van obesiteit met 50% toegeneem sedert die laat 1990‘s, aldus Lobstein en Wang (2006:6). Indien diè tendens voortduur, word daar deur die navorsers voorspel dat 10% van Europese kinders obees sal wees teen 2010. Voorts toon statistieke dat die persentasie kinders wat as oorgewig in die VSA geklassifiseer word, ongeveer 13% is, wat op ‘n 300% verhoging in obesiteit oor die afgelope 40 jaar dui (Corbin & Pangrazi, 2003:10). Die ―National Center for Health Statistics‖ van die ―Centre for Disease Control and Prevention (CDC)‖ toon dat tot 15.3% van kinders tussen die ouderdomme van ses- en 11-jaar oorgewig is, wat moontlik veroorsaak kan word deur ‘n verhoogde kalorie inname gepaardgaande met ‘n onaktiewe leefstyl (Ogden et al., 2002:1730).

(17)

Afrika is geen uitsondering wat die voorkoms van oorgewig en obesiteit aanbetref nie. Navorsing in Kenya toon dat 6.5% en 2.6% seuns onderskeidelik oorgewig en obees is, terwyl 10.9% en 3.6% meisies oorgewig en obees is (Kamau et al., 2011:312). Verskeie navorsers in Suid-Afrika het ‘n voedselinname opname op een- tot nege-jarige kinders in 1999 uitgevoer en die statistieke in 2005 gepubliseer. Daar is gevind dat 16% van een- tot drie-jariges, 12% van vier- tot ses-jariges en 6.5% van sewe-tot agt-jariges oorgewig is. Verder kan 7.8% van een- tot drie-jariges, 3.8% van vier- tot ses-jariges en 3% van sewe- tot agt-jariges as obees geklassifiseer word (Labadarios et al., 2005a:537). ‘n Meer onlangse omvattende studie om die voorkoms van oorgewig en obesiteit by ses- tot 13-jariges in Suid-Afrika te bepaal, toon dat 14% en 3.2% van die seuns en 17.9% en 4.9% van die meisies onderskeidelik oorgewig en obees is (Armstrong et al., 2006:52). Diè navorsers kom tot die gevolgtrekking dat hierdie waardes ooreenstem met die voorkoms van oorgewig en obesiteit van ‘n dekade gelede in ontwikkelde lande. In die Noord-wes provinsie toon navorsing dat 5.4% van meisies tussen die ouderdomme van 10- tot 12-jaar obees en 15.9% oorgewig is (Pienaar et al., 2007:221) en dat 73.3% skoolgaande meisies (13- tot 15-jaar) lae fisieke aktiwiteitsvlakke toon (Engelbrecht et al., 2004:45).

Obesiteit by kinders word geassosieer met verskeie pulmonêre (asma), ortopediese (versnelde liniêre groei, platvoete, enkelverstuitings), neurologiese (idiopatiese intrakraniale hipertensie), gastro-intestinale (lewer steatose, gastro-esofageale refluks), endokriene (glukose intoleransie/insulien weerstand, Tipe II diabetes, menstruele abnormaliteite/vroeë puberteit, polisistiese ovarium sindroom, hiperkortisisme) en kardiovaskulêre (hipertensie, dislipedemie) siektestoestande (Van der Merwe, 2004:18; Kruger et al., 2005:494; Labadarios et al., 2005b:104; Nemet et al., 2005:443; World Health Organization, 2010.) ‘n Verdere risikofaktor van obesiteit by kinders is agterstande in die groot motoriese en fisieke ontwikkeling van die kind (Du Toit & Pienaar, 2003:37;Graf et al., 2004:22). Volgens Du Toit (2001:7) speel groot motoriese vaardighede ‘n belangrike rol in die fisieke, perseptuele, kognitiewe, taal, sosiale, affektiewe en gedragsontwikkeling van kinders. Oorgewig en obesiteit kan gevolglik hierdie totaliteitsontwikkeling strem. ʼn Studie deur Okely et al. (2004:238) toon dat normale gewig seuns en meisies in Graad 4, 6, 8, en 10 oor twee tot drie keer meer gevorderde motoriese vaardighede beskik in vergelyking met oorgewig seuns en meisies. Obese kinders met ‘n gemiddelde ouderdom van 6.8-jaar het in ‘n studie van Graf et al. (2004:24) swakker resultate getoon in uithouvermoë, beenkrag, koördinasie en balans in vergelyking met nie-obese kinders.

Strauss et al. (2001:900) se navorsing toon ‘n afname in fisieke aktiwiteit by veral meisies tussen die ouderdomme van 10- en 16-jaar, wat die risiko vir obesiteit by die groep vergroot. Hierdie navorsers wys daarop dat fisieke aktiwiteit ‘n kritieke rol in die voorkoming en behandeling van obesiteit by kinders speel (Strauss et al., 2001:901). Enkele studies is reeds gerapporteer waar die intervensie effek van fisieke aktiwiteit by obese kinders ondersoek is (Tokmakidis et al., 2006:870). Dit kan tot ‘n verhoogde aerobiese kapasiteit by kinders met ‘n lae oefeningskapasiteit bydra, soepelheid en krag by chroniese

(18)

rugprobleme sowel as by sportbeserings verbeter, asook tot verlaagde hipertensie bydra (Rowland & Freedson, 1994:671).

1.2 Probleemstelling

Dit blyk dus uit voorafgaande literatuur dat obesiteit ‘n aktuele probleem by kinders is en dat hulle bewegingsvermoë sowel as hul fisieke fiksheid negatief daardeur beïnvloed kan word. Daar is egter min literatuur beskikbaar oor die verbande van obesiteit met motoriese en fisieke ontwikkeling van kinders in die nege- tot 12-jarige ouderdomsgroep woonagtig in Suid-Afrika, alhoewel Suid-Afrikaanse kinders ‘n hoë voorkoms van oorgewig en obesiteit toon (Labadarios et al., 2005a:537; Armstrong et al., 2006:52; Pienaar et al., 2007:222). Verskeie bestaande navorsingstudies het gepoog om die intervensie effek op die voorkoms van oorgewig en obesiteit te bepaal, en sommige het die effek van intervensie op liggaamsamestelling en aerobiese kapasiteit nagevors (Eliakim et al., 2002:451; Nemet et al., 2005:445; Sacher et al., 2005:4; Dreimane et al., 2007:162). Daar blyk egter geen studies te bestaan wat die effek van intervensie op die soepelheid, spierkrag en –uithouvermoë van oorgewig en obese kinders nagevors het nie. Wat die motoriese vermoëns van oorgewig en obese kinders aanbetref, kon geen studies opgespoor word wat die intervensie effek nagevors het nie.

Daar word gevolglik met hierdie studie gevra of oorgewig en obesiteit eerstens die fisieke vermoëns en tweedens die motoriese vermoëns van nege- tot 12-jarige kinders sal affekteer en derdens en vierdens wat die effek van ‗n fisieke aktiwiteit, voedingsvoorligting en gedragsmodifikasie intervensie op die fisieke en motoriese vermoëns sal wees. Antwoorde op hierdie vrae sal kinderkinetici en ander gesondheidswerkers bewus maak van die omvang en verband van oorgewig en obesiteit met motoriese en fisieke ontwikkeling by pre-adolessente kinders, sowel as kennis beskikbaar stel oor die samestelling en sukses van gesondheidsbevorderende programme om die voorkoms van oorgewig en obesiteit by kinders te verminder om sodoende ‘n gesonder en beter lewenskwaliteit te kan handhaaf.

1.3 Doelstellings van die studie

Die doelstellings van hierdie studie is:

1.3.1 Om te bepaal of oorgewig en obesiteit die fisieke vermoëns van nege- tot 12-jarige kinders sal beïnvloed;

1.3.2 Om te bepaal of oorgewig en obesiteit die motoriese vermoëns van nege- tot 12-jarige kinders sal beïnvloed;

(19)

1.3.4 Om die effek van ‗n fisieke aktiwiteit, voedingsvoorligting en gedragsmodifikasie intervensie op die motoriese vermoëns van nege- tot 12-jarige oorgewig en obese kinders te bepaal.

1.4 Hipoteses van die studie

Hierdie studie is op die volgende hipoteses gegrond:

1.4.1 Oorgewig en obesiteit by nege- tot 12-jarige kinders sal ‗n betekenisvolle negatiewe invloed op die fisieke vermoëns van dìe kinders uitoefen;

1.4.2 Oorgewig en obesiteit by nege- tot 12-jarige kinders sal ‗n betekenisvolle negatiewe invloed op die motoriese vermoëns van dìe kinders uitoefen;

1.4.3 Nege- tot 12-jarige oorgewig en obese kinders se fisieke vermoëns sal betekenisvol verbeter na deelname aan ‗n fisieke aktiwiteit, voedingsvoorligting en gedragsmodifikasie intervensie en 1.4.4 Nege- tot 12-jarige oorgewig en obese kinders se motoriese vermoëns sal betekenisvol verbeter

na deelname aan ‗n fisieke aktiwiteit, voedingsvoorligting en gedragsmodifikasie intervensie.

1.5 Struktuur van proefskrif

Hierdie proefskrif word in artikelformaat aangebied. Die struktuur van die proefskrif lyk soos volg:

1.5.1 Hoofstuk 1 bevat die probleem, doelstellings en hipoteses van die studie. Die titel van die proefskrif verwys slegs na 10- tot 12-jarige kinders, terwyl daar verder deurgaans in die proefskrif verwys word na nege- tot 12-jarige kinders. Die rede is dat die ondersoekgroep uit leerlinge in Graad 4 (10-jaar), 5 (11-jaar) en 6 (12-jaar) bestaan het en daar is dus tydens die titelregistrasie van die proefskrif verwys na 10- tot 12-jarige kinders. Tydens data insameling is daar egter gevind dat 53 van die proefpersone in Graad 4 steeds nege-jaar oud is en die ouderdomsgroep is dus aangepas in die navorsingsartikels wat voorgelê is vir publikasie. Bronaanhalings wat in dié hoofstuk voorkom, volg nie direk daarna nie, maar wel na Hoofstuk 2 en is volgens die aangepaste Harvard-voorskrifte soos voorgeskryf deur die Noordwes-Universiteit aangebied.

1.5.2

Hoofstuk 2 bied ‘n literatuuroorsig aangaande oorgewig en obesiteit en verbande met motoriese- en fisieke vermoëns by kinders, sowel as die effek van verskillende intervensiestrategieë op sodanige ontwikkeling. Bronaanhalings van hierdie hoofstuk, sowel as die van Hoofstuk 1 volg direk daarna en is volgens die aangepaste Harvard-voorskrifte soos voorgeskryf deur die Noordwes-Universiteit aangebied.

(20)

1.5.3

Hoofstuk 3, 4, 5 en 6 bevat die vier navorsingsartikels met betrekking tot die studie en sal die metode van ondersoek toelig.

 Die eerste navorsingsartikel is getiteld: Verbande tussen oorgewig, obesiteit en fisieke fiksheid van nege- tot 12-jarige Suid-Afrikaanse kinders. Hierdie proefskrif bevat die Afrikaanse weergawe van die navorsingsartikel wat in Engels deur die ―South African Journal of Family Practice‖ gepubliseer is.

Die navorsingsartikel is gefinaliseer volgens die riglyne van bogenoemde joernaal en dit word as sulks in die proefskrif aangebied. Die riglyne vir outeurs kom in Bylaag A voor, terwyl die gepubliseerde navorsingsartikel in Bylaag H geplaas is. Die Afrikaanse weergawe van die navorsingsartikel verskyn in die proefskrif. Vir tegniese doeleindes is daar enkele wysigings aan die outeursriglyne van die joernaal aangebring. Die navorsingsartikel se teksgrootte is 11 en nie 10 nie, terwyl die lynspasiëring een-en-‗n-half is, en nie enkel nie. Die bladsynommers is onder in die middel van die bladsy ingevoeg en nie in die onderste regterkantste hoek nie. Die opskrifte van die tabelle in die navorsingsartikel is gewysig en in die teks geplaas. Bronaanhalings in die navorsingsartikel is geplaas volgens die ―Uniform requirements for manuscripts submitted to biomedical journals‖ soos saamgestel deur die ―International Committee of Medical Journal Editors‖ en soos voorgeskryf deur die joernaal. Bogenoemde wysigings maak die proefskrif makliker leesbaar en pas by die proefskrif se struktuur.

 Die tweede navorsingsartikel is getiteld: Verbande tussen oorgewig, obesiteit en motoriese vermoëns van nege- tot 12-jarige Suid-Afrikaanse kinders. Hierdie proefskrif bevat die Afrikaanse weergawe van die navorsingsartikel wat in Engels vir die ―South African Journal of Family Practice‖ aangebied is.

Die navorsingsartikel is volgens die outeursriglyne van bogenoemde navorsingsartikel gefinaliseer en as sulks in die proefskrif aangebied. Die outeursriglyne van die navorsingsartikel is in Bylaag A geplaas. Daar is enkele wysigings aan die outeursriglyne van bogenoemde joernaal aangebring, suiwer om tegniese redes. Die navorsingsartikel se teksgrootte is 11 en nie 10 nie, terwyl die lynspasiëring een-en-‗n-half is, en nie enkel nie. Die bladsynommers is onder in die middel van die bladsy ingevoeg en nie in die onderste regterkantste hoek nie. Die opskrifte van die tabelle in die navorsingsartikel is gewysig en in die teks geplaas. Bronverwysings in die navorsingsartikel is geplaas volgens die ―Uniform requirements for manuscripts submitted to biomedical journals‖ soos saamgestel deur die ―International Committee of Medical Journal Editors‖ en soos voorgeskryf deur die joernaal. Hierdie wysigings maak die proefskrif makliker leesbaar en pas by die proefskrif se struktuur.

(21)

 Die derde navorsingsartikel is getiteld: Die effek van ‗n multidissiplinêre intervensieprogram op die fisieke fiksheid van nege- tot 12-jarige kinders. Hierdie proefskrif bevat die Afrikaanse weergawe van die navorsingsartikel wat in Engels vir die ―International Journal of Childhood Obesity‖ aangebied is.

Die navorsingsartikel is gefinaliseer volgens die riglyne van bogenoemde joernaal en dit word as sulks in die proefskrif aangebied. Die riglyne vir outeurs kom in Bylaag B voor. Die Afrikaanse weergawe van die navorsingsartikel verskyn in die proefskrif. Vir tegniese doeleindes is daar enkele wysigings aan die outeursriglyne van die joernaal aangebring. Bronverwysings in die teks van die navorsingsartikel is genommer en in blokhakies geplaas, en die bronnelys is numeries soos voorgeskryf deur die joernaal. Bogenoemde wysigings maak die proefskrif makliker leesbaar en pas by die struktuur van die proefskrif.

Die vierde navorsingsartikel is getiteld: Die effek van ‗n multidissiplinêre intervensieprogram op die motoriese vermoëns van nege- tot 12-jarige kinders. Hierdie proefskrif bevat die Afrikaanse weergawe van die navorsingsartikel wat in Engels vir die ―Journal of Child Health Care‖ aangebied is.

Die navorsingsartikel is volgens die outeursriglyne van bogenoemde navorsingsartikel gefinaliseer en as sulks in die proefskrif aangebied. Die outeursriglyne van die navorsingsartikel is in Bylaag C geplaas. Daar is enkele wysigings aan die outeursriglyne van bogenoemde joernaal aangebring, suiwer om tegniese redes. Die bronverwysings in die navorsingsartikel is geplaas volgens die universele Harvard-voorskrifte en nie volgens die aangepaste Harvard-Harvard-voorskrifte soos voorgeskryf deur die Noordwes-Universiteit nie. Verder is die lynspasiëring van die bronnelys een-en-‘n-half en nie dubbel soos voorgeskryf deur die joernaal nie. Die joernaal vereis dat die figure wat geplaas word, swart en wit is, terwyl dit in kleur in die proefskrif geplaas is. Hierdie wysigings maak die proefskrif makliker leesbaar en pas by die proefskrif se struktuur.

1.5.4

Hoofstuk 7 bevat die samevatting, gevolgtrekkings en aanbevelings van die studie.

1.5.5

Bylae is aan die einde van die proefskrif geplaas en bevat die volgende:

 Bylaag A: Riglyne vir outeurs vir die “South African Journal of Family Practice”, die brief van aanvaarding van navorsingsartikel 1, sowel as die brief van erkenning van ontvangs van navorsingsartikel 2.

(22)

 Bylaag B: Riglyne vir outeurs vir die ―International Journal of Childhood Obesity‖ en die brief van die erkenning van registrasie by bogenoemde joernaal met die oog op publisering van navorsingsartikel 3.

 Bylaag C: Riglyne vir outeurs vir die ―Journal of Child Health Care‖ en die brief van die erkenning van registrasie by bogenoemde joernaal met die oog op publisering van navorsingsartikel 4.

 Bylaag D: Ingeligte toestemming vir deelname aan die dwarsdeursnitstudie.

 Bylaag E: Ingeligte toestemming vir deelname aan die eksperimentele studie.

 Bylaag F: Die intervensieprogram waaraan die proefpersone deelgeneem het.

 Bylaag G: Die tuisprogram wat die intervensiegroep ontvang het.

 Bylaag H: Navorsingsartikel 1 soos dit in die “South African Journal of Family Practice” gepubliseer is.

Vervolgens sal Hoofstuk 2 ‗n oorsigtelike bespreking aangaande oorgewig en obesiteit en verbande met motoriese- en fisieke vermoëns by kinders, sowel as die verskillende intervensiestrategieë op sodanige vermoëns bied.

(23)
(24)

HOOFSTUK 2

„n Literatuuroorsig oor oorgewig en obesiteit, verbande met

motoriese- en fisieke vermoëns en die intervensie effek hierop by

kinders

INHOUDSOPGAWE

2.1 Inleiding 11

2.2 Omskrywing van oorgewig en obesiteit 11 2.3 Insidensie van oorgewig en obesiteit 13 2.3.1 Geslag en oorgewig en obesiteit 14 2.3.2 Etnisiteit en oorgewig en obesiteit 15

2.4 Oorsake van oorgewig en obesiteit 16

2.4.1 Eksogene oorsake 16

2.4.2 Endogene oorsake 17

2.4.3 Ander faktore wat bydra tot oorgewig en obesiteit 17 2.5 Gesondheidsverwante aspekte van oorgewig en obesiteit 18

2.5.1 Hipertensie 18

2.5.2 Diabetes Mellitis 23

2.5.3 Psigososiale gevolge 24

2.6 Motoriese ontwikkeling en oorgewig en obesiteit by kinders 24

2.6.1 Fynmotoriese kontrole 24

2.6.2 Manipulasie-koördinasie 24

2.6.3 Liggaamskoördinasie 25

2.6.4 Ratsheid 26

2.6.5 Ontwikkelingskoördinasieversteuring en oorgewig en obesiteit 26 2.7 Fisieke fiksheid en oorgewig en obesiteit by kinders 26

2.7.1 Spierkrag 27

2.7.2 Spieruithouvermoë 27

2.7.3 Kardio-respiratoriese uithouvermoë 27

2.7.4 Soepelheid 28

2.7.5 Liggaamsamestelling 28

2.8 Intervensieprogramme om oorgewig en obesiteit aan te spreek 28 2.8.1 Obesiteitvoorkomingsintervensies 29

(25)

2.8.3 Eenkomponent-intervensieprogramme 30 2.8.3.1 Fisieke aktiwiteit 30 2.8.3.2 Voedingsvoorligting en dieetaanpassings 31 2.8.3.3 Gedragsmodifikasie 32 2.8.4 Multikomponent-intervensieprogramme 32 2.8.4.1 Skoolgebaseerde intervensieprogramme 33 2.8.4.2 Kliniese intervensieprogramme 34 2.9 Samevatting 35 2.10 Bronnelys 37 2.1 Inleiding

Die voorkoms van oorgewig en obesiteit by volwassenes en kinders in ontwikkelde, sowel as ontwikkellende lande is tans kommerwekkend hoog en dit neem progressief toe. Meer as 22 miljoen kinders onder die ouderdom van vyf-jaar word wêreldwyd as obees beskou (World Health Organization, 2010). Daar word tans in navorsing al hoe meer gefokus op die voorkoms, sowel as die voorkoming van oorgewig en obesiteit by kinders, aangesien oorgewig en obesiteit tydens die kinderjare en adolessensie ‘n goeie voorspeller van oorgewig en obesiteit tydens volwassenheid is en gepaardgaan met verskeie gesondheidrisiko‘s (Campbell et al., 2001:150; Eliakim et al., 2002:449; Asayama et al., 2003:643; Bosch et al., 2004:354). Die doel van hierdie navorsingstudie is eerstens om moontlike verbande tussen oorgewig en obesiteit en motoriese vermoëns sowel as fisieke fiksheid te bepaal. Derhalwe sal oorgewig en obesiteit eerstens in hierdie literatuuroorsig beskryf word, waarna die voorkoms van oorgewig en obesiteit by kinders ontleed sal word. Geslags- en rasverskille sal in dié verband toegelig word en moontlike oorsake en gesondheidsverwante aspekte van oorgewig en obesiteit sal bespreek word. Verder sal die motoriese- en fisieke ontwikkeling van kinders beskryf word en bestaande literatuur wat op verbande tussen oorgewig, obesiteit, motoriese- en fisieke ontwikkeling dui, sal kortliks toegelig word. Die navorsingstudie het tweedens ten doel om die effek van intervensie op die voorkoms van oorgewig en obesiteit, sowel as die motoriese vermoëns en die fisieke fiksheid van kinders te bepaal. Derhalwe sal intervensies beskryf word ten opsigte van obesiteitsvoorkoming- en behandeling.

2.2 Omskrywing van oorgewig en obesiteit

Obesiteit word deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (World Health Organization) beskryf as ʼn toename in liggaamsgewig bo skeletale en fisieke standaarde as gevolg van ʼn oormatige akkumulering van liggaamsvet (World Health Organization, 2010). Die mees algemene metode wat gebruik word om vetmassa te bereken behels die meting van die verhouding tussen liggaamslengte (m) en liggaamsmassa

(26)

(kg) deur middel van ‘n formule en word as ‘n persoon se liggaamsmassa-indeks (LMI) uitgedruk. ‘n LMI van meer as 25kg/m2 en 30kg/m2 dui onderskeidelik op oorgewig en obesiteit by volwassenes (World Health Organization, 2007). Aangesien die LMI van kinders voortdurend verander soos hulle ouer word, het Cole en medewerkers (2000:1240) ouderdomspesifieke afsnypunte daargestel om obesiteit by groeiende kinders te identifiseer. Die ―International Obesity Task Force‖ beveel aan dat Cole et al. (2000:1240) se kriteria wêreldwyd gebruik word om oorgewig en obesiteit by kinders te identifiseer, aangesien die gebruik van verskillende metodes in die verlede dit moeilik gemaak het om studies met mekaar te vergelyk. Volgens hierdie kriteria word kinders met ‘n LMI wat tussen die 85ste

en 95ste persentiel vir hulle ouderdom en geslag val, as oorgewig beskou, terwyl kinders met ‘n LMI hoër as die 95ste persentiel vir hulle ouderdom en geslag as obees geklassifiseer kan word (Cole et al., 2000:1245). ‘n Volledige opsomming van hierdie ouderdomspesifieke afsnypunte by nege- tot 13-jarige kinders (wat die fokus van hierdie studie is) word in tabel 2.1 uiteengesit.

Tabel 2.1 Ouderdomspesifieke afsnypunte vir oorgewig en obesiteit by nege- tot 13-jarige kinders Ouderdom (jaar) LMI afsnypunte

vir oorgewig by seuns (kg/m2) LMI afsnypunte vir obesiteit by seuns (kg/m2) LMI afsnypunte vir oorgewig by meisies (kg/m2) LMI afsnypunte vir obesiteit by meisies (kg/m2) 9 19.10 22.77 19.07 22.81 10 19.84 24.00 19.86 24.11 11 20.55 25.10 20.74 25.42 12 21.22 26.02 21.68 26.67 13 21.91 26.84 22.58 27.76

Velvoudiktes kan gebruik word om liggaamsdigtheid, vetvrye massa, vetmassa en liggaamsvetpersentasie te bepaal (Pietrobelli, 2004:87). Die dikte van die vetlaag kan bepaal word deur die vel op te tel met die duim en voorvinger van die linkerhand en dan die dikte van die vel en die onderliggende vetlaag te meet met ‘n velvoukaliper (ISAK, 2001:59). Die trisepsvelvou afsonderlik, die som van die triseps- en subskapulêre velvou, die som van die triseps- en kuitvelvou en die kuitvelvou alleen word gebruik om die liggaamsvetpersentasie van kinders te bepaal (Slaughter et al., 1988:709). ‘n Som van die triseps- en kuitvelvoue van 10mm tot 25mm word as optimaal vir seuns beskou en 16mm tot 30mm as optimaal vir meisies (Lohman, 1987:99).

Behalwe vir die bogenoemde antropometriese metodes, toon ‘n oorsig van tegnieke om liggaamsamestelling by kinders te bepaal dat bio-impedans analises (BIA) en ―dual energy X-ray absorptiometry‖ (DEXA) suksesvol gebruik kan word (Pietrobelli, 2004:88). BIA word egter deur ‘n aantal faktore beïnvloed (eet, drink, oefening, dehidrasie, menstruele siklus) en DEXA is ‘n duur en

(27)

2.3 Insidensie van oorgewig en obesiteit

Volgens die ―National Health and Nutrition Examination Survey‖ (NHANES) is 55.9% van alle Amerikaanse volwassenes oorgewig en 30.5% obees (Boon & Clydesdale, 2005:511). Oorgewig en obesiteit is egter nie net ‘n probleem wat by volwassenes manifesteer nie. Na aanleiding van ‘n vergelyking tussen die NHANES III (1988-1994) en die NHANES IV (1999-2000) het die voorkoms van oorgewig by Amerikaanse kinders van 7.2% na 10.4% by twee- tot vyf-jariges, van 11.3% na 15.3% by ses- tot 11-jariges en van 10.5% na 15.5% by 12- tot 19-jariges toegeneem (Ogden et al., 2002:1730). Voorts toon statistieke dat die persentasie kinders wat as oorgewig in die VSA geklassifiseer word, ongeveer 13% is, wat op ‘n 300% verhoging in obesiteit oor die afgelope 40 jaar dui (Corbin & Pangrazi, 2003:10). Soortgelyke tendense word ook in ander lande gerapporteer. Volgens Tyrell et al. (2001:165) is 14.3% van vyf- tot 10.9-jarige kinders in Nieu Zeeland obees. Tokmakidis et al. (2006:869) het gevind dat 25.8% en 14.8% Griekse kinders met ‘n gemiddelde ouderdom van 8.9-jaar onderskeidelik in die oorgewig en obese kategorieë val. Navorsers in Griekeland het verder gevind dat ‘n minderheid (2.1%) nie-obese ses-jarige kinders as obees geklassifiseer kan word op 12-jarige ouderdom, terwyl die helfte (50%) van obese ses-jariges steeds obees is op 12-jarige ouderdom (Mamalakis et al., 2000:767). ‘n Studie deur Padez et al. (2005:1552) op sewe- tot nege-jarige Portugese kinders toon dat 20.3% van die kinders as oorgewig en 11.3% as obees geklassifiseer kan word. ‘n Soortgelyke studie op vier- tot 10-jarige kinders in Skotland het gevind dat 24.6% van die kinders oorgewig is, waarvan 6.1% as obees geklassifiseer kan word (Cecil et al., 2005:1200). Die voorkoms van obesiteit by sewe- tot 15-jarige kinders in Australië het verdriedubbel in die laaste dekade, terwyl die voorkoms van oorgewig verdubbel het (Baur, 2001:554). Magarey et al. (2001:561) het verder aangetoon dat 15.5% seuns en 15.8% Australiese meisies in die ouderdomsgroep sewe- tot 15-jaar oorgewig was en ‘n verdere 4.7% seuns en 5.5% meisies obees was.

Beperkte navorsingstatistieke oor Suid-Afrikaanse kinders toon soortgelyke resultate. Die ―National Food Health Consumption Survey‖, uitgevoer in 1999 op die een- tot agt-jarige Suid-Afrikaanse populasie, toon dat 17.1% oorgewig en obees is (Labadarios et al., 2005a:536). Die voorkoms van oorgewig en obesiteit by 10- tot 12-jarige meisies in die Noord-Wes provinsie, Suid-Afrika, word onderskeidelik as 16.5% en 4.9% gerapporteer (Pienaar et al., 2007:228). Du Toit en van der Walt (2009:27) het ‘n oorsigstudie uitgevoer rakende die voorkoms van oorgewig en obesiteit binne die Suid-Afrikaanse konteks. Die navorsers maak die gevolgtrekking dat Suid-Afrikaanse kinders ‘n hoë voorkoms van oorgewig en obesiteit toon, veral in stedelike gebiede, dat meisies meer geneig is tot obesiteit as seuns en dat blanke kinders tot op die ouderdom van 11-jaar die hoogste voorkoms van oorgewig en obesiteit toon waarna swart meisies die hoogste insidensie toon. Bogenoemde resultate toon dat die voorkoms van oorgewig en obesiteit wêreldwyd progressief toeneem en dus nie beperk is tot ‘n sekere land of ras nie. Vervolgens sal die voorkoms van oorgewig en obesiteit in verband met geslags- en rasverskille meer breedvoerig bespreek word.

(28)

2.3.1 Geslag en oorgewig en obesiteit

Die meerderheid navorsers is dit eens dat daar duidelike geslagverskille tussen seuns en meisies met betrekking tot die voorkoms van oorgewig en obesiteit bestaan. In Australië is 16.1% tot 16.9% seuns en 17.4% tot 20.4% meisies oorgewig en 5.1% tot 6.9% seuns en 5.7% tot 7% meisies obees (Campbell et

al., 2001:150). Die resultate van navorsingstudies uitgevoer in Engeland en Skotland toon dat die

voorkoms van oorgewig by seuns met 3.6% verhoog het na 9% tot 10% en met 4.1% tot 5.4% na 13.5% tot 14.8% by meisies gedurende die 1984-1994 tydperk, terwyl die voorkoms van obesiteit soortgelyk verhoog het na 1.7% (Engelse seuns), 2.1% (Skotse seuns), 2.6% (Engelse meisies) en 3.2% (Skotse meisies) (Campbell et al., 2001:150). Dit stem ooreen met Cecil en medewerkers (2005:1200) se bevinding, dat meisies meer geneig is tot oorgewig en obesiteit as seuns tydens ‘n studie uitgevoer op vier- tot 10-jarige Skotse kinders. Padez et al. (2005:1552) het gevind dat ‘n hoër persentasie meisies as seuns oorgewig is (behalwe op 7.5-jarige ouderdom) en ook dat ‘n hoër persentasie meisies as seuns obees is (behalwe op nege-jarige ouderdom). In teenstelling hiermee het Marshall en Bouffard (1997:227) egter gevind dat vyf- tot 10-jarige Kanadese meisies ‘n laer obesiteitinsidensie toon as seuns. Angelopoulos et al. (2006:1229) het in ‘n studie op Graad 5-leerlinge in een van die armste gedeeltes van Europa soortgelyke resultate met betrekking tot obesiteit gevind. Die navorsers toon dat 29.4% en 11.8% seuns onderskeidelik oorgewig en obees is, terwyl 39% en 7.5% meisies in dié kategorieë val. Dit sluit aan by die resultate van Chen et al. (2006b:1369) wat toon dat die voorkoms van oorgewig by Taiwanese seuns van 14.1% in 1999 na 18.6% in 2001 toegeneem het, terwyl dit by meisies bykans onveranderd in dieselfde tydperk gebly het (13%). Die voorkoms van obesiteit by seuns was 5.7% in 1999 en 8.2% in 2001, terwyl meisies ‘n laer insidensie toon in 1999 (2.4%) sowel as in 2001 (3.6%). Daar blyk egter geen geslagsverskille by Nieu-Zeelandse kinders voor te kom nie (Tyrell et al., 2001:167).

Die ―International Obesity Task Force‖ rapporteer dat 25% van alle Suid-Afrikaanse meisies in die 13- tot 19-jarige ouderdomsgroep oorgewig is, terwyl slegs 7% van seuns as oorgewig geklassifiseer kan word (Somers et al., 2006:11). Die ―South African Youth Risk Behaviour‖ studie toon dat 13- tot 19-jarige meisies (30%) bykans drie keer meer oorgewig en obees is as seuns (9%) (Steyn, 2005:540). Armstrong en medewerkers (2006:52) het ‘n studie op ses- tot 13-jarige kinders uitgevoer om oorgewig en obesiteit in Suid-Afrika te ondersoek. Die navorsers het gevind dat 14% en 3.2% van die seuns onderskeidelik as oorgewig en obees geklassifiseer kan word, terwyl 17.9% en 4.9% van die meisies onderskeidelik in die oorgewig en obese kategorieë val. Die navorsers stel ook dat meisies meer geneig is tot oorgewig en obesiteit, veral voor die aanvang van die groeiversnellingsfase op ongeveer 10-jarige ouderdom en na die aanvang van menarg (eerste maandstonde). Somers et al. (2006:12) het wel gevind dat 10- tot 16-jarige Suid-Afrikaanse meisies (21.1%) betekenisvol meer oorgewig is as seuns (8.4%), maar geen betekenisvolle verskille ten opsigte van obesiteit is verkry nie.

(29)

2.3.2 Etnisiteit en oorgewig en obesiteit

Verskeie navorsers toon dat etnisiteit die voorkoms van oorgewig en obesiteit by kinders wel beïnvloed. Vergelykings tussen verskillende etniese groepe in ‘n studie deur Ogden et al. (2002:1729) op kinders en adolessente in die VSA toon dat die voorkoms van oorgewig tussen 12- tot 19-jarige nie-Hispanese swartes (23.6%) en Meksikaans-Amerikaners (23.4%) betekenisvol hoër was as by nie-Hispanese blankes (12.7%). Die navorsers het ook gevind dat die voorkoms van oorgewig tussen nie-Hispanese swart en Meksikaans-Amerikaanse adolessente met meer as 10% verhoog het tussen die tydperke van 1988-1994 tot 1999-2000 (Ogden et al., 2002:1728). Tyrell et al. (2001:166) rapporteer ook etniese verskille tussen vyf- tot 10.9-jarige Nieu-Zeelandse kinders. Volgens dié navorsers is kinders afkomstig van die Pasifiese eilande asook Maori-kinders meer geneig tot obesiteit as Europese kinders, terwyl Asiërs weer minder geneig is tot obesiteit as Europese kinders.

Armstrong en medewerkers (2006:57) het betekenisvolle verskille in LMI tussen verskillende etniese groepe in Suid-Afrika gevind. Blanke seuns in die navorsingsgroep het deurgaans die hoogste LMI getoon. Blanke meisies het aanvanklik die hoogste LMI tot op 11-jarige ouderdom getoon, waarna swart meisies die hoogste LMI getoon het. Verder het die voorkoms van oorgewig en obesiteit by swart meisies van 12% op ses-jarige ouderdom na 22% op 13-jarige ouderdom toegeneem, terwyl die voorkoms by blanke meisies afgeneem het van 25% na 15%. Blanke seuns was swaarder as swart seuns en het betekenisvol groter vetvrye massa as swart seuns getoon in ‘n studie deur McVeigh et al. (2004:1008) op nege-jarige Suid-Afrikaanse kinders. Die navorsers het egter geen betekenisvolle verskille in LMI tussen blanke en swart seuns en meisies gevind nie. Blanke seuns se groter liggaamsmassa kan moontlik die gevolg wees van ‘n hoër beenmassa (McVeigh et al., 2004:1010). Die ―South African Youth Risk Behaviour‖ studie toon dat die voorkoms van oorgewig en obesiteit by swart, blanke en Indiër meisies in die 13- tot 19-jarige ouderdomsgroep onderskeidelik 30%, 34% en 41% is (Steyn, 2005:540). Pienaar et

al. (2007:228) het gevind dat daar etniese verskille voorkom in die voorkoms van oorgewig en obesiteit

by 10- tot 12- jarige meisies in die Noord-Wes provinsie. Die bevindinge van dié navorsers stel dat blanke meisies (21.3%) die hoogste voorkoms van oorgewig toon, gevolg deur Indiërmeisies (17.4%), swart meisies (15.8%) en kleurlingmeisies (9.1%). Verder is 8.7% Indiër meisies, 8.5% blanke meisies en 4.4% swart meisies obees, terwyl die kleurling meisies geen voorkoms van obesiteit getoon het nie. Navorsing wat deur Somers en medewerkers (2006:12) uitgevoer is met die doel om die voorkoms van oorgewig en obesiteit tussen 10- tot 16-jarige plattelandse kinders in die Wes-Kaap, ‘n Suid-Afrikaanse provinsie, te bepaal, toon dat 15.7% van die kinders as oorgewig en 6.2% as obees geklassifiseer kan word. Die voorkoms van oorgewig was betekenisvol hoër by swart kinders (21.8%) as by kleurlinge (13.7%), terwyl die voorkoms van obesiteit bykans dieselfde was (5.8% teenoor 6%). Verder toon swart meisies (30.8%) die hoogste voorkoms van oorgewig, veral dié in die 16-jarige ouderdomsgroep (58.8%).

(30)

2.4 Oorsake van oorgewig en obesiteit

Daar word verskeie oorsake vir die hoë voorkoms van oorgewig en obesiteit by kinders regoor die wêreld aangedui. Hierdie oorsake word as eksogene of endogene oorsake beskryf. Oorgewig en obesiteit veroorsaak deur eksogene faktore is die gevolg van ongebalanseerde energie-inname (kalorieë verkry uit voedsel) en energieverbranding (kalorieë verbrand deur basale metabolisme en fisieke aktiwiteite), terwyl oorgewig en obesiteit veroorsaak deur endogene faktore die gevolg van ‘n abnormaliteit in die liggaam self is. Vervolgens sal die eksogene en endogene oorsake van oorgewig en obesiteit kortliks bespreek word.

2.4.1 Eksogene oorsake

Volgens Singhal et al. (2007:1259) word oorgewig en obesiteit veroorsaak deur ‘n oormatige inname van kalorieë wat nie gepaardgaan met ‘n toename in energieverbruik nie. Dié navorsers stel dat ‘n oormatige inname van slegs 50 tot 100 kalorieë per dag tot ‘n gewigstoename van tussen 2kg en 5kg per jaar kan lei. Ongesonde eetgewoontes word reeds in die kinderjare gevestig en dra by tot ‘n toename in liggaamsvetmassa. Ongeveer 80% van alle skoolleerlinge neem nie die aanbevole vyf porsies groente en vrugte per dag in nie (Ogden et al., 2002:1731). Angelopoulos et al. (2006:1226) se studie op leerlinge in primêre skole woonagtig in Griekeland toon dat oorgewig en obese leerlinge ‘n betekenisvolle hoër energie-inname in vergelyking met normale gewig leerlinge toon. Die navorsers het verder gevind dat LMI positief korreleer met ―kitskos‖-inname. Studies wat die energie-inname van nie-obese en obese adolessente vergelyk het, toon egter dat obese adolessente dieselfde en selfs minder kalorieë inneem as hul nie-obese maats (Graf et al., 2006b:216). Dit blyk dus dat beide kante van die energiekontinuum ‘n rol speel in die voorkoms van oorgewig en obesiteit.

Verskeie navorsers stel dat hedendaagse kinders lae fisieke aktiwiteitsvlakke toon (Steyn, 2005:543; Somers et al., 2006:11). Verder word ‘n toename in fisieke aktiwiteit geassosieer met ‘n verlaging in LMI (Berkey et al., 2003:836). Volgens Whitney en Rolfes (2005:275) kan hierdie tendens hoofsaaklik toegeskryf word aan die moderne leefstyl wat daartoe bydra dat energievereistes vir daaglikse aktiwiteite by die huis en werkplek daal. Die voorkeurgebruik van roltrappe en hysbakke in plaas van trappe en die gebruik van voertuie asook afstandbeheerders is voorbeelde hiervan wat kinders ontneem van die geleentheid om fisiek aktief te wees. Navorsers huldig die standpunt dat ‘n toename in sedentêre gedrag, soos televisie kyk, verband hou met ‘n toename in die liggaamsmassa van kinders, aangesien fisieke aktiwiteit bykans ‘n derde van totale energieverbruik verteenwoordig (Steyn, 2005:543; Somers et al., 2006:11). Twee primêre meganismes word voorgestel deur Robinson (1999:1561) om die tendens van verbande tussen verhoogde televisie kyk en obesiteit te verduidelik nl. (1) verlaagde energieverbruik

(31)

ongeveer 40% van alle Suid-Afrikaanse advertensies tydens kinderprogramme van voedselprodukte met ‘n hoë vet en/of suikerinhoud is. Energie-inname word dus deur bemarkingstrategieë aangemoedig.

2.4.2 Endogene oorsake

Oorgewig en obesiteit word geassosieer met ‘n verskeidenheid genetiese (Prader-Willi-, Bardet-Biedl-, Cohen-, Turner-, Down-, Alstrom- en Frölich sindroom) en endokriene afwykings (Hipotiroïdisme, Cushing sindroom en groeihormoonafwykings) (Singhal et al., 2007:1259). Endogene obesiteit staan ook as simptomatiese obesiteit bekend (Asayama et al., 2003:644) en kinders met endogene oorgewig en obesiteit is dikwels kort en het gewoonlik ‘n normale of ‘n laer skeletale ouderdom, terwyl kinders met eksogene oorgewig en obesiteit langer is en ‘n versnelling in groei toon gepaardgaande met ‘n hoër skeletale ouderdom. Minder as 1% van die voorkoms van oorgewig en obesiteit by kinders kan egter toegeskryf word aan endogene oorsake (Singhal et al., 2007:1259).

2.4.3 Ander faktore wat bydra tot oorgewig en obesiteit

Volgens Kruger et al. (2005:493) dra verskeie sosio-ekonomiese en kulturele faktore by tot die obesiteitsepidemie in Suid-Afrika. In Suid-Afrika en in ander ontwikkelende lande kan die voorkoms van oorgewig en obesiteit veral toegeskryf word aan verstedeliking aangesien dit geassosieer word met ‘n hoë risiko vir die ontwikkeling van oorgewig en obesiteit (Armstrong et al., 2006:52). Verstedeliking gaan gepaard met ‘n toename in inkomste wat lei tot ‘n drastiese verhoging in vetinname sowel as ‘n toename in sedentêre gedrag (Kain et al., 2004:483). Van der Merwe (2004:16) stel dat die insidensie van obesiteit in ontwikkelende lande soos Suid-Afrika hoër is in hoë inkomste gebiede.

Studies toon verder dat oorgewig en obese ouers die grootste risikofaktor is vir die voorkoms van oorgewig en obesiteit by kinders (Van der Merwe, 2004:17). Die ―American Academy of Child and Adolescent Psychiatry‖ dui aan dat indien beide ouers obees is, die risiko vir die kind om ook obees te wees 80% is en 50% indien een ouer obees is (AACAP, 2010). Dit blyk dat dié verband hoër is by moeders as vaders (Padez et al., 2005:1553). Verdere voorspellers van oorgewig en obesiteit by kinders is ‘n lae geboortegewig, moeders wat rook tydens swangerskap en ‘n gebrek aan borsvoeding deur die moeder (Burke, 2006:834).

Dit blyk dat kinderobesiteit nie beperk is tot ‘n spesifieke ras, ouderdom of sosio-ekonomiese groep nie, maar dat kulturele, omgewings en genetiese faktore in ag geneem moet word as die oorsake ondersoek word.

(32)

2.5 Gesondheidsverwante aspekte van oorgewig en obesiteit

Volgens Asayama et al. (2003:644) kan siektestoestande wat verband hou met oorgewig en obesiteit in twee kategorieë verdeel word. Siektestoestande wat onmiddellike intervensie vereis word beskou as Tipe A-probleme en sluit in hipertensie (hoë bloeddruk), slaapapnee of hipoventilasie wat gepaardgaan met asma, Tipe II diabetes mellitis of glukose intoleransie en ‘n akkumulering van visserale vetweefsel of ‘n toename in middelomtrek. Tipe B-probleme is metaboliesverwant en behels disfunksie van die lewer, hiperinsulinemie, hipercholesterolemie, hipertrigliseridemie, lae HDL cholesterolvlakke en hiperurisemie. ‘n Dwarsdeursnitstudie uitgevoer deur Hamidi et al. (2006:566) op sewe- tot 12-jarige kinders woonagtig in Iran toon dat minstens een kardiovaskulêre risikofaktor teenwoordig is by 75.4% oorgewig en 81.9% obese kinders. Dit blyk verder dat die risiko vir kardiovaskulêre siektestoestande toeneem met ‘n toename in die aantal risikofaktore teenwoordig (Burke, 2006:832). Vervolgens sal die Tipe A-probleme wat verband hou met oorgewig en obesiteit, sowel as moontlike psigososiale probleme, bespreek word.

2.5.1 Hipertensie

Volgens riglyne daargestel deur die ―International Task Force‖ rakende kontrole van bloeddruk by kinders, kan een- tot 17-jarige kinders met hipertensie gediagnoseer word as hul gemiddelde sistoliese en diastoliese bloeddruk op óf bo die 95ste persentiel vir hul ouderdom, geslag en liggaamslengte val, terwyl hul ‘n verhoogde risiko vir hipertensie toon as hul tussen die 90ste

en 95ste persentiel vir hul ouderdom, geslag en liggaamslengte val. Tabel 2.2 en 2.3 beskryf die huidige bloeddruk standaarde soos verskaf deur die ―National Heart, Lung and Blood Institute‖ vir die 90ste

en 95ste persentiel vir een- tot 17- jarige seuns en meisies.

(33)

Tabel 2.2 Persentiele van sistoliese en diastoliese bloeddrukvlakke (90ste en 95ste) volgens lengtegroei by een-tot 17-jarige seuns

Sistoliese BD (mm Hg), vir lengte

persentiel van standaard groeikurwes

Diastoliese BD (mm Hg), vir lengte persentiel van standaard groeikurwes Ouderdom (jaar) BD persentiel 5 10 25 50 75 90 95 5 10 25 50 75 90 95 1 90 94 95 97 98 100 102 102 50 51 82 53 54 54 55 95 98 99 101 102 104 106 106 55 55 86 57 58 59 59 2 90 98 99 100 102 104 105 106 55 55 86 57 58 59 59 95 101 102 104 106 108 109 110 59 59 60 61 62 63 63 3 90 100 101 103 105 107 108 109 59 59 60 61 62 63 63 95 104 105 107 109 111 112 113 63 63 64 65 66 67 67 4 90 102 103 105 107 109 110 111 62 62 63 64 65 66 66 95 106 107 109 111 113 114 115 66 67 67 68 69 70 71 5 90 104 105 106 109 110 112 112 65 65 66 67 68 69 69 95 108 109 110 112 114 115 116 69 70 70 71 72 73 74 6 90 105 106 108 110 111 113 114 67 68 69 70 70 71 72 95 109 110 112 114 115 117 117 72 72 73 74 75 76 76 7 90 106 107 109 111 113 114 115 69 70 71 72 72 73 74 95 110 111 113 115 116 118 119 74 74 75 76 77 78 78 8 90 107 108 110 112 114 115 116 71 71 72 73 74 75 75 95 111 112 114 116 118 119 120 75 76 76 77 78 79 80 9 90 109 110 112 113 115 117 117 72 73 73 74 75 76 77 95 113 114 116 117 119 121 121 76 77 78 79 80 80 81 10 90 110 112 113 115 117 118 119 73 74 74 75 76 77 78 95 114 115 117 119 121 122 123 77 78 79 80 80 81 82 11 90 112 113 115 118 119 120 121 74 74 75 76 77 78 78 95 116 117 119 121 123 124 125 78 79 79 80 81 82 83 12 90 115 116 117 119 121 123 123 75 75 76 77 78 78 79 95 119 120 121 123 125 126 127 79 79 80 81 82 83 83

(34)

Tabel 2.2 (vervolg) Persentiele van sistoliese en diastoliese bloeddrukvlakke (90ste en 95ste) volgens lengtegroei by een-tot 17-jarige seuns

Sistoliese BD (mm Hg), vir lengte persentiel van standaard groeikurwes

Diastoliese BD (mm Hg), vir lengte persentiel van standaard groeikurwes Ouderdom (jaar) BD persentiel 5 10 25 50 75 90 95 5 10 25 50 75 90 95 13 90 117 118 120 122 124 125 126 75 76 76 77 78 79 80 95 121 122 124 126 128 129 130 79 80 81 82 83 83 84 14 90 120 121 123 125 126 128 128 76 76 77 78 79 80 80 95 124 125 127 128 130 132 132 80 81 81 82 83 84 85 15 90 123 124 125 127 129 131 131 77 77 78 79 80 81 81 95 127 128 129 131 133 134 135 81 82 83 83 84 85 86 16 90 125 126 128 130 132 133 134 79 79 80 81 82 82 83 95 129 130 132 134 136 137 138 83 83 84 85 86 87 87 17 90 128 129 131 133 134 136 136 81 81 82 83 84 85 85 95 132 133 135 136 138 140 140 85 85 86 87 88 89 89

Referenties

GERELATEERDE DOCUMENTEN

finansiele instellings word nie bepaal deur die werklike ekonomiese behoef- tes van Suid-Afrika n·ie maar deur die winsmoontlikhede vir hul beleggings.. Ons

Xcwwny Enjln ~;cbou op trollie, Eenry · mlellcplamer, :l!lcllc·nrmn-kcr, SkoC!elploeg, Morrl•- Oitchcr... Advertenalegelde

Vanjaar, net soos in die vertede, Is Vrylteidsdag weer dwarsdeur die.. lengte en breedte van ons land, op skouspelagtige wys · e

Die volk staan brandwag vir elke votks· lid, elke volkslid staan brandwag vir elke ander volkslid en etke volkslid staan brandwag vir .die volk.. J: ·li erd ie

Cleaning up a data breach is subject to the type of breach, but can be gen- eralised to a certain extent that the creation of a uniform post-leak protocol is possible. An

Each heuristic were considered to be accepted if the players unanimously agreed it was valid and useful within the context of strategic level complex decision making, or if

right stimuli difficult. It was easier to choose the right brand for the neutral brand condition. Bolletje and Vifit were the final options, because both brands scored high

The purpose of this study is to examine the relationship between equity based executive compensation and accrual-based earnings management, and whether audit quality will have a