• No results found

Verbande tussen oorgewig, obesiteit en fisieke fiksheid van nege tot 12-jarige Suid-Afrikaanse kinders

BESPREKING VAN RESULTATE

Die resultate toon dat die voorkoms van oorgewig (18.6%) en obesiteit (6.5%) by die proefpersone ooreenstem met die bevindinge van navorsers in ander ontwikkelde lande agt jaar gelede.2 Dit bevestig die stelling van Armstrong et al.3 dat Suid-Afrikaanse kinders dieselfde tendens ten opsigte van oorgewig en obesiteit toon as kinders van ontwikkelde lande ‘n dekade gelede. Die resultate van hierdie studie toon verder dat een uit elke vyf kinders as oorgewig of obees geklassifiseer kan word, alhoewel die voorkoms effens laer is as die bevindinge van ander navorsers in Suid-Afrika. Meisies het ‘n hoër voorkoms van oorgewig sowel as obesiteit as seuns getoon. Die voorkoms van obesiteit was byna dubbel by meisies (4%) teenoor dié van seuns (2.5%). Hierdie verskynsel kan grootliks daaraan toegeskryf word dat die fisieke aktiwiteitsvlakke van meisies afneem sodra hulle die adolessensie-fase betree,26 en dat hulle ook vroeër in hulle puberteitsfase inbeweeg wat by die vroulike geslag met vetakkumulasie gepaard gaan.27

Die resultate toon dat die kardio-respiratoriese uithouvermoë van die proefpersone in die verskillende LMI-kategorieë betekenisvol van mekaar verskil, met die normale gewig proefpersone wat oor ‘n hoër kardio-respiratoriese uithouvermoë beskik as die oorgewig en obese proefpersone. Aerobiese kapasiteit neem gevolglik progressief af met ‘n toename in LMI. Hierdie resultate is in ooreenstemming met ander studies wat dieselfde tendense ondersoek het.6,7,8 Geslag toon ook ‘n verband met kardio-respiratoriese uithouvermoë wat aandui dat seuns oor ‘n hoër kardio-respiratoriese uithouvermoë as meisies beskik. Dit kom ook uit die resultate na vore dat obesiteit bydra tot ‘n betekenisvolle swakker aerobiese kapasiteit by seuns en meisies vergeleke met kinders van normale gewig.

Die liggaamsamestelling van die proefpersone soos gemeet in vetpersentasie in die verskillende LMI- kategorieë verskil verder statisties betekenisvol van mekaar, en hierdie resultaat is ook by die geslagte afsonderlik gevind. Hierdie resultate word bevestig deur soortgelyke resultate van ander studies.10,11,12

Wearing en medewerkers,14 sowel as met die bevindinge van Tokmakidis et al.8 dat normale gewig kinders statisties beter vaar in die staande verspring toets as obese kinders en dat oorgewig kinders beter vaar as obese kinders, alhoewel nie betekenisvol nie. Korrelasiekoeffisiënte wat bereken is om moontlike verbande tussen geslag en die fisieke veranderlikes te ontleed toon dat geslag ‘n verband toon met spierkrag, waar seuns beter as meisies in staande verspring aktiwiteite vaar. By beide geslagte is daar ook betekenisvolle verskille tussen kinders in die verskillende LMI-kategorieë met betrekking tot beenkrag, waar die obese kinders telkens die swakste gevaar het.

Die spieruithouvermoë van die proefpersone het progressief afgeneem met ‘n toename in LMI, alhoewel die afnames nie betekenisvol was nie. Die resultaat verskil van die resultate van Chen et al.7 wat aandui dat die abdominale spieruithouvermoë van oorgewig en obese seuns en meisies betekenisvol swakker is as dié van normale gewig kinders. Seuns van normale gewig het wel in twee spieruitvermoë toetse naamlik, knie-opstote en muursit, betekenisvol swakker gevaar as seuns in die obese kategorie, terwyl geen sodanige verskille by meisies by enige van die spieruithouvermoë toetse voorgekom het nie. Die ontleding van geslagsverbande het wel ‘n verband ten opsigte van abdominale spieruithouvermoë aangedui waar meisies betekenisvol swakker as seuns gevaar het. Dit kan moontlik die gevolg wees van meisies se betekenisvolle groter middelomtrek as dié van seuns (62.4cm vs 22.8cm).

Wat soepelheid betref, dui literatuurbevindinge7,8 aan dat daar nie betekenisvolle verskille in soepelheid van kinders van verskillende LMI voorkom nie, en die bevindinge word deur die resultate van hierdie studie ook bevestig, alhoewel daar wel ‘n afnemende tendens met toename in LMI teenwoordig was.

Dit blyk gevolglik uit die resultate van die studie dat oorgewig en obesiteit wel ‘n negatiewe effek op die gesondheidsbevorderende fisieke fiksheidveranderlikes van nege- tot 12-jarige kinders uitoefen. Die nadelige effek is die grootste by kardio-respiratoriese uithouvermoë en spierkrag, en daar is ook definitiewe soortgelyke geslagstendende in die veranderlikes teenwoordig. Spieruithouvermoë word in ‘n mindere mate nadelig beïnvloed deur obesiteit, alhoewel dit lyk of die effek effens groter by seuns as by meisies is. Soepelheid blyk nie deur verskillende grade van gewig beïnvloed te word nie.

SAMEVATTING

Uit die resultate kan afgelei word dat gesondheidsbevorderende fisieke fiksheid in ‘n groot mate negatief beïnvloed sal word by nege- tot 12-jarige kinders wat oorgewig en obees is en alhoewel hierdie negatiewe effekte nie noodwendig reeds in die kinderjare as siektestoestande teenwoordig is nie, blyk dit dat kinderobesiteit die voorloper van verskeie chroniese siektestoestande in volwassenheid te wees. Dit sluit aspekte soos hipertensie, Tipe II diabetes mellitis, koronêre hartvatsiektes en hiperlipiedemie in. Oorgewig en obese kinders se gewigdraende gewrigte word verder oorlaai en die stres kan aanleiding gee tot beenbreuke en ook osteoartritis. Verder beleef oorgewig en obese kinders verskeie negatiewe

ervarings soos verwerping deur hul portuurgroep, depressie en ‘n swak selfbeeld gepaardgaande met gedrags- en psigologiese probleme wat lewenslange gevolge kan inhou. Dit is dus belangrik om die kwessie reeds in die kinderjare aan te spreek. Geslag speel ‘n rol in die omvang van die verbande wat gevind is en die inligting wat in hierdie studie in hierdie verband gevind is kan gebruik word in die samestelling van intervensieprogramme vir kinders tussen nege- en 12-jaar. Die studie het egter tekortkominge gehad wat in ag geneem moet word wanneer die resultate geïnterpreteer word. Die proefpersoongrootte was relatief klein wat die veralgemening van die resultate bemoeilik. Desnieteenstaande het die studie steeds belangrike inligting na vore gebring wat deur gesondheidswerkers gebruik kan word in strategieë om oorgewig en obesiteit te bekamp of deur intervensie aan te spreek.

BRONNELYS

1. World Health Organization. http://www.who.int/mediacentre/factsheets/fs311/en/index.html

(Datum van gebruik [1 Februarie 2008]).

2. Boon CS, Clydesdale FM. A review of childhood and adolescent obesity interventions. Crit Rev Food Sci 2005;45:511-525.

3. Armstrong MEG, Lambert MI, Sharwood KA, Lambert EV. Obesity and overweight in South African primary school children – The Health of the Nation Study. JEMDSA 2006;11(2):52-63. 4. Somers A, Hassan MS, Rusford E, Erasmus RT. Overweight and obesity in learners residing in

the Belhar, Delft and Mfuleni communities of Cape Town, Western Cape, South Africa. Medical Technology SA 2006;20(1):11-20.

5. Bruininks RH, Bruininks BD. Bruininks-Oseretsky Test of Motor Proficiency. 2nd ed. Los Angeles: American Guidance Service 2005.

6. Graf C, Koch B, Kretshmann-Kandel, et al. Correlation between BMI, leisure habits and motor abilities in childhood (CHILT-Project). Int J Obesity 2004;28:22-26.

7. Chen LJ, Fox KR, Haase A, Wang JM. Obesity, fitness and health in Taiwanese children and adolescents. Eur J Clin Nutr 2006;60:1367-1375.

8. Tokmakidis SP, Kasambalis A, Christodoulos AD. Fitness levels of Greek primary schoolchildren in relationship to overweight and obesity. Eur J Pediatr 2006;165:867-874.

9. Nassis GP, Psarra G, Sidossis LS. Central and total adiposity are lower in overweight and obese children with high cardiorespiratory fitness. Eur J Clin Nutr 2005;59:137-141.

10. Tyrell VJ, Richards GE, Hofman P, Gillies GF, Robinson E, Cutfield WS. Obesity in Auckland school children: a comparison of the body mass index and percentage body fat as the diagnostic criterion. Int J Obesity 2001;25:164-169.

11. Angelopoulos PD, Milionis HJ, Moschonis G, Manios Y. Relations between obesity and hypertension: preliminary data from a cross-sectional study in primary schoolchildren: The

12. Hamidi A, Fakhrzadeh H, Moayyeri A, et al. Obesity and associated cardiovascular risk factors in Iranian children: A cross-sectional study. Pediatr Int 2006;48:566-571.

13. Mamalakis G, Kafatos A, Manios Y, Anagnostopoulou T, Apostolaki I. Obesity indices in a cohort of primary school children in Crete: a six year prospective study. Int J Obesity 2000;24:765-771.

14. Wearing SC, Hennig EM, Byrne NM, Steele JR, Hills AP. The impact of childhood obesity on musculoskeletal form. Obes Rev 2006;7:209-218.

15. Van der Merwe MT. Childhood Obesity. SA Fam Pract 2004;46(6):16-19.

16. Kruger HS, Puoane T, Senekal M, Van der Merwe MT. Obesity in South Africa: challenges for government and health professionals. Public Health Nutr 2005;008(005):491-500.

17. Labadarios D, Steyn NP, Mgijima C, Daldla N. Review of the South African nutrition policy 1994-2002 and targets for 2007: Achievements and challenges. Nutrition 2005;21(1):100-108. 18. Nemet D, Barkan S, Epstein Y, Friedland O, Kowen G, Eliakim A. Short- and long-term

beneficial effects of a combined dietary-behavioural-physical activity intervention for the treatment of childhood obesity. Pediatrics 2005;115(4):443-449.

19. Labadarios D, Steyn NP, Maunder E, et al. The National Food Consumption Survey (NFCS): South Africa, 1999. Public Health Nutr 2005;008(005):533-543.

20. Pienaar AE, Bell GJ, Dreyer LI. The incidence of obesity and Developmental Coordination Disorder (DCD) among 10-12- year old girls of different race groups in the North West province: THUSA BANA-study. AJPHERD 2007;13(1):221-237.

21. International Society for the Advancement of Kinanthropometry (ISAK). International standards for anthropometric assessment. Adelaide: International society for the advancement of kinanthropometry 2001.

22. Slaughter MH, Lohman TG, Boileau RA, et al. Skinfold equations for estimation of body fatness in children and youth. Hum Biol 1988;60:709.

23. Cole TJ, Belizzi MC, Flegal KM, Dietz WH. Establishing a standard definition for child overweight and obesity worldwide: international survey. Brit Med J 2000;320(7244):1240-1243. 24. Meredith MD, Welk GJ. ―Fitnessgram‖: Test administration manual. 2nded. The Cooper institute

for aerobics research. Dallas: Texas 1999.

25. Statsoft. Statistica for Windows. 8th ed. Tulsa, Oklahoma: StatSoft 2008.

26. Engelbrecht C, Pienaar AE, Coetzee B. Racial background and possible relationships between physical activity and physical fitness of girls: the THUSA BANA study. S Afr J Res Sport Ph 2004;26(1):41-53.

27. Parizkova J, Hills AP. Childhood obesity: Prevention and treatment. Boca Rator, Fla: CRC Press 2001.

Verbande tussen oorgewig, obesiteit en motoriese vermoëns van