• No results found

2.7. Situasies van taalbeplanning en taalaktivisme in geselekteerde lande

2.7.2. Verenigde State van Amerika (VSA)

In teenstelling met taalaktivisme in Masedonië word taalaktivisme in die VSA hoofsaaklik deur minderheidstaalgroepe gevoer wat aandring op die reg om in hul moedertaal onderrig te word. Hierdie reg word deur die bewindhebbers teengestaan en deur anti-tweetalige onderwysdrukgroepe soos U.S. English, English Only, en English

First, wat voorstanders van eentalige Engelsonderrig was, ondersteun. In Steyn (1980:74)

en later Du Plessis (1986) se onderskeid tussen taal- en taalregte-aktivisme vind ons dus ʼn botsing tussen aktiviste wat na ʼn demokratiese taal in die onderwysbedeling streef

65

teenoor groepe wat eerder die assimilasie van minderheidstaalgroepe in die bestaande bestel van Engelsonderrig ten doel het.

Ovando (2003:1) redeneer dat betwisting en herformulering van tweetalige onderwys in die Verenigde State van Amerika (VSA) in verskillende historiese, politiese, sosiale en ekonomiese kontekste plaasgevind het. ’n Historiese oorsig van die ontwikkeling van die multikulturele onderwysbeleid beklemtoon die invloed van die veranderende sosio- politieke konteks op die burgerskapvoorwaardes, toegang tot openbare onderwysinstellings en die insluiting van diverse kulturele kennis en tale in die kurrikulum. Die definisie van ’n Amerikaanse burger en wie se taal en kultuur in die skole ‘tel’ het oor die verskillende tydperke gevarieer (Johnson, 2003:108). Ovando onderskei die volgende tydperke:

 Permissiewe Tydperk: 1700s – 1880s

Gedurende hierdie tydperk het groot getalle immigrante-gemeenskappe in groepe saamgetrek en hul taal, godsdiens en kultuur aggressief bevorder. Hulle het hul eie kultuur bewaar maar ook terselfdertyd aan die bedrywighede van die nasie deelgeneem. ’n Redelike toeganklikheid en verdraagsaamheid het tussen verskillende groepe bestaan. Hoewel die tydperk beskryf kan word as vergunnend van aard, en tweetalige- of nie-Engels-eentalige onderrig in baie skole voorsien was, was daar nie amptelike beleide in plek om tweetaligheid te bevorder nie. Die beleid wat gevolg was, kon eerder beskryf word as linguisties assimilerend en laissez-faire.

 Inperkende Tydperk: 1880s – 1960s

Hierdie tydperk kan beskou word as ’n draaipunt in linguistiese- en immigrasiebeperking. Vroeg in die 1880s is ’n aantal onderdrukkende beleide geformuleer wat veral daarop gerig was om die Indiaanse taal en kultuur te onderdruk. Die strewe na homogeniteit het gedurende die eerste helfte van die twintigste eeu ’n goed gevestigde patroon in skole bewerkstellig. Die behoefte aan nasionale eenheid het tot die bevordering van eentalige

66

Engelse skole gelei wat geen verdraagsaamheid teenoor die behoeftes van immigrante getoon het nie. Die superioriteit van die Amerikaanse ‘beskawing’ en die demokrasie is in taalbeleide opgehemel, terwyl dit in werklikheid ten doel gehad het om minderheidstale en -groepe te vernietig om sodoende koloniale oorheersing te behou.

Alhoewel die Inperkende Tydperk eentalige Engelsonderrig beklemtoon het, het agitasie vir nie-Engelse moedertaalonderrig tog plaasgevind. Die Hooggeregshof het byvoorbeeld in 1923 in die saak Meyer v. Nebraska die besluit van Nebraska om onderrig in vreemde tale te verbied, ongrondwetlik verklaar.

 Opportunistiese Tydperk: 1960s – 1980s

Hierdie tydperk volg op die Tweede Wêreldoorlog wat as ’n wekroep vir die VSA oor die tekortkominge in vreemdetaalonderrig gedien het. Hierdie besef het in 1958 aanleiding gegee tot die aanvaarding van die National Defense Education Act. Hoewel die wet ten doel gehad het om die vlak van vreemdetaalonderrig te verhoog, het dit tog nie daarin geslaag om linguistiese diversiteit te bevorder nie.

Hierdie toedrag van sake het vanaf die 1960s begin verander as gevolg van die burgerregtebeweging en die 1964 Civil Rights Act, wat ook tot die totstandkoming van die Office for Civil Rights gelei het. Die herinstelling van tweetalige onderrig is ook te danke aan die Kubaanse Revolusie van 1959. Groot getalle Kubane wat in Florida gewoon het, het daarna gestreef om hul moedertaal, Spaans, te behou. In 1963 het hulle ’n suksesvolle tweetalige onderwysprogram te Coral Way Elementary School begin. Dit is moontlik gemaak deur die ondersteunende rol van professionele Kubaanse ouers. Beskikbare, goed gekwalifiseerde Kubaanse onderwysers, federale ondersteuning deur die Cuban Refugee Act, en lae vlakke van rassisme teenoor Kubane het ook bygedra tot die sukses wat hulle met hul tweetalige onderwysprogramme behaal het. Die sukses van

Coral Way het weer as stimulus gedien vir ander tweetalige onderwysprogramme in

Florida en ander dele van die land. Die meeste van hierdie programme is deur plaaslike gemeenskappe geïnisieer en gefinansier.

67

Ter versterking van moedertaalonderrig en Engels is die Bilingual Education Act in 1986 aanvaar. Vir die eerste keer in die geskiedenis van Amerika het die federale regering ’n onderwysstelsel begin wat die waarde van leerders se kulture, tale en vorige ervarings in suksesvolle onderrig erken het. As gevolg van die Bilingual Education Act van 1986, gemeenskapsaktivisme en litigasie deur Spaanssprekende inwoners in die Suidweste, is baie tweetalige programme deur die hele land geïmplementeer. Die volgende belangrike gebeurtenis in die herlewing van tweetalige onderwys was die 1974 Hooggeregshof- uitspraak in die saak van Lau v. Nichols. Die Lau-saak was die gevolg van ’n klas-aksie deur 1 800 Chinese studente wat aangevoer het dat hulle nie op hul beste kan presteer nie omdat hulle nie toegang tot moedertaalonderrig gehad het nie. Hierdie uitspraak kan beskou word as die belangrikste en blywendste simbool waarop die burgerregte van minderheidstaalgroepe vir ’n lang tyd geskoei sal word. Die Lau-uitspraak is opgevolg deur die saak van Castañeda v. Pickard (1981). Dit het aan die taalgemeenskappe spesifieke riglyne verskaf waarvolgens bepaal kon word of ’n skooldistrik by die gees en letter van die Lau-uitspraak hou.

Die opportunistiese tydperk het baie geleenthede vir die ontwikkeling van tweetalige onderwys deur middel van federale wetgewing, litigasie en gemeenskapspogings geskep. Hierdeur is die burgerregte van minderheidstaalgroepe verstewig.

 Uitsluitingstydperk: 1980s –

Hierdie tydperk word gekenmerk deur massiewe maatreëls om immigrasie vanaf ontwikkelende lande teen te werk. Die stryd teen tweetalige onderwys het in hierdie tydperk momentum gekry. Die politiek van taalonderrig tydens Ronald Reagan en George H.W. Bush se termyne het die konteks vir die anti-tweetalige sade wat gedurende die 1980s gesaai is, voorsien. Dit het selfs tot ’n verskuiwing in regeringsfinansiering ten gunste van eentalige Engelsonderrig gelei. Die Lau-onderworpenheidstandaarde, wat hoofsaaklik op die Castañeda v. Pickard-riglyne gebaseer was, is nooit as amptelike

68

riglyne gepubliseer nie. Daardeur is die riglyne wat as mandaat vir tweetalige onderwys kon dien in die kiem gesmoor.

Politieke aktiviste het landswyd begin druk uitoefen vir ’n terugkeer na die sink-of-swem- dae en die smeltkroesideologie. Anti-tweetalige onderwysdrukgroepe soos U.S. English,

English Only, en English First het op die toneel verskyn. Hierteenoor het groepe soos English Plus, ’n groep wat tweetalige onderwys voorgestaan het en as alternatief tot

eersgenoemde groepe ontstaan het, swak gevaar omdat hulle nie soveel openbare steun en mediadekking kon genereer nie.

Die debat ten gunste van eentalige Engelsmediumskole is gedurende hierdie tydperk verskerp. Die debat het ’n hoogtepunt bereik met die aanvaarding van Proposition 227, dat Engels die primêre taal van onderrig vir minderheidstaalleerders moes wees. Onderwysers, professors, navorsers en programbestuurders, wat in die waarde van tweetalige onderrig geglo het, moes nou ’n program implementeer wat nadelig vir minderheidstaalleerders sou wees.

Aktivisme vir tweetalige onderrig het egter steeds in hierdie moeilike omstandighede voortgegaan. In 1999, tydens die Clinton-regering, is besnoeiings in regeringsfinansiering vir tweetaligeonderrig byvoorbeeld herstel. Skematies kan die bespreking van Ovando soos volg voorgestel word:

69

Tabel 7: ’n Skematiese voorstelling van die betwisting en herformulering van tweetalige onderwys in die Verenigde State van Amerika (VSA) in verskillende historiese, politiese, sosiale en ekonomiese kontekste

Die Permissiewe Tydperk: 1700s - 1880s Die Inperkende Tydperk: 1880 - 1960s Die Opportunistiese Tydperk: 1960s - 1980s Die Uitsluitingstydperk: 1980s - Politieke

agtergrond Linguisties assimilerend en laissez-faire.

Koloniale dominansie. Strewe na

Nasionale eenheid.

Periode volg op die Tweede Wêreld Oorlog.

Maatreëls word implemen- teer om immigrasie uit ontwikkelende lande te stop. Regeringsfinansiering vir eentalige

Engelsonderrig.

Beleid Redelike openheid en verdraagsaamheid. Vernietiging van minderheidstale en –groepe. Behoud van koloniale dominansie.

Eerste keer erken-ning aan die waarde van leerders se kulture, tale vir suksesvolle onderrig.

Onverdraagsaamheid teenoor tweetalige onderwys.

Betrokkenes Groot getalle

immigrante. Burgerregtebewe-gings. Goed gekwali- fiseerde Kubaanse onderwysers.

Kubaanse immigrante.

Anti-Tweetalige groepe soos U.S. English, English

Only, en English First baie

aktief. Groepe soos English

Plus vaar swak. Aktiwiteite Bevorder

aggressief hul tale, godsdienste en kulture. Regerings finansiering. Stigting van gemeenskap- skole. Gemeenskaps- aktivisme en litigasie Spaanssprekers.

Aktivisme vir Twee-talige onderwys kry weer momentum onder Clinton regering.

Die geskiedenis van taalbeplanning in die VSA word gekenmerk deur die teenwoordigheid van beide positiewe en negatiewe benaderings. Die intensiteit van taalaktivisme in die VSA is hoofsaaklik deur die politieke klimaat van die land tydens verskillende tydperke in die land se geskiedenis beïnvloed. Twee uiteenlopende groepe kan onderskei word, naamlik diegene wat ten gunste van moedertaalonderrig agiteer teenoor diegene wat vir Engelsonderrig agiteer het. Aktivisme vir veeltalige onderrig is veral vanuit die geledere van die minderheidsgroepe, wat hoofsaaklik immigrantegroepe was, gevoer. Hul motivering was die handhawing van hul taal, godsdiens en kultuur. Die sosiale bewegings wat hier betrokke was, was hoofsaaklik burgerregte-organisasies, sowel as ouer- en onderwysersorganisasies. Hul doeltreffendste instrument was litigasie. Die Lau v. Nichols-saak, die belangrikste en blywendste simbool waarop die burgerregte van minderheidstaalgroepe vir ’n lang tyd geskoei sou word, was byvoorbeeld die gevolg van Chinese ouers se aandrang op hul reg tot onderwys wat aan hul kinders die beste moontlike kans sou gee om ten beste te presteer. Teenoor hierdie groep was die Anti-

70

tweetalige groepe soos US. English, English Only, en English First baie aktief. Onder die liberale Clinton-beleid het die teenstanders van tweetalige onderwys veld verloor.