• No results found

5. Pas van verandering Status quo of, indien dit moet

3.4. Data-ontleding

3.4.8. Analise van resultate

Hierdie proses behels die lees en herlees van tekste met die doel om sin te maak uit die patrone en temas wat uit die data mag opduik. Die analise van die gedrukte mediarekords wat vir die doel van hierdie studie versamel is, lewer konsepte, betekenisse en definisies in terme waarvan hedendaagse taalaktivisme verstaan word.

Hierdie studie fokus primêr op ’n analise van gedrukte mediarekords oor taal in Suid- Afrika wat tussen 1994 en 2005 opgelewer is. Die hoofrede hiervoor is die hoë frekwensie van beriggewing oor taalaktivisme in die gedrukte media. Dit is algemeen bekend dat die gedrukte media, in ʼn groter mate as ander media soos televisie en radio, die kwessies wat met taalaktivisme en moedertaalonderrig verband hou, dek. Die analise begin met tersaaklike rekords vanaf 1994, met die aanbreek van die nuwe demokratiese bedeling, en eindig in 2005. Die tydperk bied dus die basis vir ’n historiese siening van die verskynsel van taalaktivisme tydens die sogenaamde demokratiseringstydperk.

Die mediarekords is deur joernaliste geskep en in die geval van briewe, deur lesers van die onderskeie koerante, dikwels in reaksie op mediaberigte, rubrieke, artikels, lesersbriewe, ens. Aangesien wetenskaplike ondersoek die kredietwaardigheid van bronne hoog ag, is dit nodig om te noem dat joernaliste nie slegs vir die leserspubliek skryf nie, maar dat hulle werk ook krities deur hulle kollegas geanaliseer kan word. Hedendaagse joernaliste se werk word op die werk van hul voorgangers gebaseer en hulle konseptualisering van die geskiedenis van moedertaalonderrig en taalaktivisme.

Die kategorieë of temas wat in die studie gebruik is, gebaseer op die sewe instrumente van taalaktivisme, is die volgende: aktivistiese navorsing; mediadekking (neutraal en

108

aktivisties); drukgroepvorming; taalklagtes; gemeenskapsmobilisering; litigasie en geweld. Onder gemeenskapsmobilisering kan vyf verdere indelings gedoen word, naamlik petisionering, boikotte, dreiging met litigasie, druk op die massas en demonstrasies.

Vir elke rekord is afleidings gemaak rakende taalaktivisme en die effek daarvan op taalbeleid (beide nasionaal, provinsiaal of ook op skoolvlak) en/of die standpunte van die regering, beheerrade van skole, universiteite en ander belangegroepe soos ouers. Die teorie waarop die afleidings gebaseer is, moet voldoen aan die vier kriteria van Straus en Corbin (1990) naamlik dat dit gepas, tersaaklik, werkbaar en kontroleerbaar moet wees. Die kategorie gepas behels dat die teorie by die fenomeen wat dit verteenwoordig moet pas. Om tersaaklik te wees moet die teorie die werklike belang van die deelnemers in die studie verteenwoordig. Die teorie moet werkbaar wees wat beteken dat dit in staat sal wees om te verduidelik hoe die probleem, met variasie, opgelos kan word. Laastens moet die teorie beheer of verander kan word indien nuwe tersaaklike data na vore kom.

Die rede waarom die totaal van 9 496 rekords veel hoër is as die 1 111 rekords wat uiteindelik in die studie gebruik is, is veelvoudig. Van die berigte het oorvleuel, dit wil sê verskillende trefwoorde het dieselfde rekord tot gevolg gehad. Slegs een van die rekords is dan gebruik. Die belangrikste rede vir die wegdoen van rekords is omdat slegs op taalaktivisme rakende taal van onderrig en leer gekonsentreer is. Die grootste persentasie rekords het oor taalaktivisme in die breë of moedertaalonderrig gehandel, maar het geen melding van aktivisme gemaak nie. Verskeie voorbeelde van duplisering het ook voorgekom omdat dieselfde berig in verskillende publikasies verskyn het. Dit is dieselfde berig met geringe verskille, byvoorbeeld ’n ander opskrif of tipografie.

Weens die aanvanklike groot getal rekords wat onttrek is, is bepaalde woorde, grepe en begrippe in rekords geïdentifiseer wat as riglyn gedien het sodat dit vir die navorser moontlik was om van ontoepaslike rekords ontslae te raak. Dit is egter slegs ʼn breë riglyn en nie geslote nie. Dit is gedoen ooreenkomstig die beskouing dat kwalitatiewe navorsing primêr ingestel is op die abstrahering van betekenis uit die data en dat ʼn besluit om slegs

109

gebeure te kodeer wat presies met die kodes ooreenstem, meer nadeel as voordeel mag inhou. Tabel 12 dui die woorde, grepe en begrippe aan wat in die aanvanklike korpus rekords geïdentifiseer is wat dit vir die navorser moontlik gemaak het om rekords te behou.

Tabel 12: Woorde, grepe en begrippe wat in die aanvanklike korpus rekords geïdentifiseer is

Voorbeelde van grepe en begrippe in mediarekords wat betrekking het op dade van aktivisme

aandrang op dié onderrig is rassisties; Afrikaans laager retreats into church; Afrikaans word erg benadeel; Afrikaanse kinders uit skool gehaal; optog na skool; Afrikaanse skole onder druk; ANC accepts Afrikaans at schools and universities; ANC backs Afrikaans as teaching medium; ANC wil Afrikaanse universiteite bykom; ANC wil wegdoen Afrikaanse skole; anderstaliges gebruik in veldtog teen Afrikaans; baring black children; bepleit; bereid om hulle te wend tot hof; beurse vir Afrikaanse skole; binne parlement; boikot; botsings met die polisie; boycott looms over Afrikaans; brandbomme maak plek vir vrede; Constitutional Court; CVO skole; dae dat Afrikaners agteroor kon sit is verby; dae getel van net Afrikaanse skole; disguise for racism; don’t deny others education; dreig dat druk sal uitloop op botsings; dring aan op; druk op skole; gaan kla; gesprek oor taal; help pupils with English; help skool hou en bou; hewige konflik; ignoreer bepalings; ignoreer oproepe; in hof verdedig; khaki-clad white parents; konflik; kruitvat; vra hulp; living in the new era; massa-aksie; Merensky feels the heat; model C days are numbered; must guarantee rights; myn en Escom los steun aan skool oor taalbesluit; offer matric papers in Xhosa; onderhandelinge; onderwys gevaar; ons Afrikaanse skole; oplossings gou nodig vir rus en vrede; ouers kla; overcoming old barriers; pikstele is gebruik; plan vir Afrikaanse skole; protes; raadpleging; raak van Engels ontslae; reaksie op druk; reaksie op ideologiese denke; regters vra vrae; representation; sakelui vir oopstelling; sal veg vir onderrig in Afrikaans; school apartheid; scrap model schools; sensitiewe skoolbenadering; shows sensible to go; shows the way around SA’s language barriers; skolestryd; skrikbewind deur die gepeupel; stel gesprek af; taal onreg; taalstappe kom; taalversoening; test case; toetssaak; tough opposition; tuisskole; val regering aan; veg vir taal; verbruikersboikotte; versette; sakelui vir oopstelling; Vesos sal hof toe oor taal in skool; voertuie en eiendom is beskadig; voorlegging; vordering met moedertaal geëis; wend tot Pansat; withdrawing children;

110

Uiteindelik is 1 111 rekords geïdentifiseer wat direk op die studie van toepassing was. Uit hierdie rekords is 651 (58,6%) uit Afrikaanse publikasies verkry terwyl die ander 460 (41,4%) uit die Engelse media verkry is.

Tabel 13. Mediarekords geklassifiseer volgens jaar van publikasie en die taal waarin dit verskyn het

Mediarekords

Jare Afrikaans Engels Totaal

1994 47 58,0 34 42,0 81 1995 110 58,5 78 41,5 188 1996 162 61,8 100 38,2 262 1997 79 62,7 47 37,3 126 1998 47 52,2 43 47,8 90 1999 22 56,4 17 43,6 39 2000 20 51,3 19 48,7 39 2001 28 50,9 27 49,1 55 2002 31 57,4 23 42,6 54 2003 38 57,6 28 42,4 66 2004 40 66,7 20 33,3 60 2005 27 52,9 24 47,1 51 Totaal 651 58,6 460 41,4 1111

Breë kategorieë en temas ter toeligting van die navorsingsvrae kon op hierdie stadium reeds uit die byeengebragte data blootgelê word. Dit word soos volg opgesom:

111

Tabel 14: Onderliggende temas uit die byeengebragte data geïdentifiseer

Onverbiddelike standpunte

Must guarantee rights; withdrawing children; ons Afrikaanse skole; Afrikaans laager retreats into church; khaki-clad white parents; barring black children; scrap model C-schools; Afrikaanse kinders uit skool gehaal; raak van Engels ontslae; tuisskole; voertaalprobleme hou swart kinders uit dié skole; VF steun kultuur-homogene skole; now its fists raised for English language; Tzaneen in opstand oor swart eise

Versoenende standpunte

Onderhandelinge; binne parlement; living in the new era; sensitiewe skoolbenading; shows sensible way to go; shows the way around SA’s language barriers; overcoming old barriers; bold move to embrace new order; education minister has taken reconciliatory step towards Afrikaansspeaking community

Inklusiewe standpunte

Aandrang op moedertaalonderrig nie rassisties; don’t turn away pupils; skole aangemoedig om in meer as een taal te onderrig; Afrikaanssprekers moet in vennootskap tree met Afrikataalsprekers

Verdagmakery

Disguise for racism; clinging to the old; school apartheid; Afrikaans laager retreats into church; taalbeleid vir skole ʼn suikerklontjie

Positiewe uitsprake deur regeringslui

ANC backs Afrikaans as teaching medium; ANC accept Afrikaans at schools and universities; schools allowed to choose own language policy; Hindle erken dat moedertaalonderrig onontbeerlik is

Negatiewe uitsprake deur regeringslui

ANC wil wegdoen met Afrikaanse skole; ANC wil Afrikaanse universiteite bykom; ANC dreig skole: praat Engels, of jul subsidie waai

ʼn Onderskeid, gebaseer op Martel (1999) se klassifikasie, is daarna tussen twee breë kategorieë van taalaktivisme gemaak, naamlik meer gematigde vorme van aktivisme teenoor aktivisme wat meer konfronterend van aard is. Die aard en die toon van hierdie twee tipes mediadekking bepaal die verskil tussen die twee. Dekking wat woorde gebruik soos ontevredenheid, kommer, gesprekvoering, raadpleging, voorlegging, onderhandeling, binne parlement, insluitende plan vir skole en beurse vir Afrikaanse skole dui op gematigde aktivistiese beriggewing. Die meer aktivistiese benadering dui op

die gebruik van metafore soos protes, stryd, oorlog, boikot, onttrek kinders, dreig, en

112

Ter verfyning van die studie en ten einde groter akkuraatheid te verseker, is die metodologie verder vereenvoudig. Die uiteindelike korpus rekords wat as databasis vir hierdie studie aangewend is, is volgens die verskillende instrumente van taalaktivisme geklassifiseer. Ruimte is vir nuwe konsepte gelaat wat uit die data mag voortkom. Daar is ook besluit om vir voorkoms te kodeer omdat frekwensie van ʼn konsep in hierdie studie van mindere belang geag is. Verder is daar besluit dat hoewel die vasstel van kernkodes belangrik is, ruimte gelaat sal word vir veralgemenings omtrent die inhoud van die data sodat alle betekenisvolle gevalle se data wel ingesluit sal word.

Die volgende tabel dui die woorde, sinne of grepe aan wat gebruik is om die data volgens die verskillende instrumente van taalaktivime te ontleed.

Tabel 15: Woorde, sinne of grepe in die analise van die data gebruik

Instrumente van taalaktivisme

K onfr onte re nd G emati g

Instrument Woorde, sinne, grepe, begrippe, suggesties

Navorsing Kundiges; bestudeer

Mediadekking Stryd; twis; mobiliseer; protes(teer); demonstreer; tree op; weerstand; waarsku; moedig aan; staan vas oor moedertaal

Taalklagtes gaan kla; Pansat

Skepping van drukgroepe Onderhandeling; vra hulp; gesprekvoering/ Gemeenskapsmobilisering

Petisionering Handtekeninge; memorandums; petisies aan owerhede;

voorleggings; protes

Boikotte Boikot; Ignorering van oproepe deur departement; weiering om beleide te verander; onttrekking van kinders uit skole; weerhouding van (geldelike)steun; onttrek steun

Dreiging met litigasie sal hof toe gaan; gaan kla; toetssaak

Druk op massa Verset; samewerking; massa-aksie; wees inklusief; moet saamstaan; dae van agteroor sit verby; maak provinsie onregeerbaar

Demonstrasies Betogings; plakkate; demonstrasies van ongelukkigheid;

weerhouding van kinders; versetaksie; optog; maak provinsie onregeerbaar

Litigasie Hofsake; hooggeregshof; litigeer; taalgeveg in hof; in hof

verdedig

Geweld Konflik; botsings met polisie; voertuie en eiendom beskadig;

113

Hierdie analise het die volgende resultate, volgens die instrumente van taalaktivisme, tot gevolg gehad:

1. Rekords wat inligting oor (aktivistiese) navorsing bevat

Altesaam 89 rekords is binne hierdie kategorie geklassifiseer. Na aanleiding van die eerste rondte inhoudsontleding is rekords waarin inligting oor navorsing voorkom, uitgesonder. Slegs taalnavorsing wat deur taalorganisasies of taalaktiviste ter bevordering van moedertaalonderrig geïnisieer is, is in ag geneem. Navorsing wat sprekers eksplisiet of implisiet aanmoedig om moedertaalonderrig in te span, is ook as relevant beskou. Na verdere verfyning van die studie is slegs nege werklike gevalle van aktivistiese navorsing as instrument van taalaktivisme uiteindelik geïdentifiseer.

2. Rekords wat inligting oor (aktivistiese) mediadekking bevat

Altesaam 256 rekords is binne hierdie kategorie geklassifiseer. Mediarekords waarin lesers gewaarsku en aangemoedig word oor, of herinner word aan, hul reg tot moedertaalonderrig, word in hierdie studie geklassifiseer as rekords wat aktivistiese mediaberiggewing bevat. Verskillende tipes rekords kan as sodanig geklassifiseer word. Ander tersaaklike mediarekords is die waarin taalgemeenskappe aangemoedig word tot aksie of waarin sekere aksies voorskryf of aanbeveel word ten einde taalregte te beskerm. Van die mediaberigte prys ook sekere aktivistiese dade. Opskrifte van berigte soos

Hensop eskapade of moet sterk staan dui gewoonlik reeds op aktivistiese media-inhoud.

Na verdere verfyning van die studie is slegs 90 werklike gevalle van aktivistiese mediadekking uiteindelik geïdentifiseer.

3. Rekords wat inligting oor taalklagtes bevat

Altesaam 83 rekords is binne hierdie kategorie geklassifiseer. Die media berig soms ook oor ontevredenes wat hul misnoeë uitspreek of wat kla oor taal in onderwyskwessies. Dikwels word die media as klagteforum aangewend maar soms word ook in die media

114

oor klagtelegging by amptelike instansies soos Pansat berig. Verskeie rekords bevat inligting oor sulke klagtes wat by Pansat en ander organisasies aanhangig gelê is. Dit is as tersaaklik beskou en by hierdie studie ingesluit. Na verdere verfyning van die studie is slegs ses werklike gevalle van taalklagtes uiteindelik geïdentifiseer.

4. Rekords wat inligting oor die skepping van drukgroepe bevat

Altesaam 156 rekords is binne hierdie kategorie geklassifiseer. Inligting oor gesprekke wat deur taalaktiviste met invloedrykes (gewoonlik politici) gevoer is om hul saak te versterk, is in hierdie studie as voorbeelde van drukgroepvorming hanteer. Na verdere verfyning van die studie is slegs 28 werklike gevalle van die skepping van drukgroepe as instrument uiteindelik geïdentifiseer.

5. Rekords wat inligting oor gemeenskapsmobilisering bevat

Altesaam 527 rekords is binne hierdie kategorie geklassifiseer. Inligting oor oproepe tot aksie ten einde ’n bepaalde doel te bereik, in hierdie geval moedertaalonderrig, word as gemeenskapsmobilisering geklassifiseer. Na verdere verfyning van die studie is slegs 109 werklike gevalle van gemeenskapsmobilisering as instrument van taalaktivisme uiteindelik geïdentifiseer.

Onder hierdie opskrif sorteer die volgende vyf sub-instrumente

5.1. Rekords wat inligting oor petisionering bevat

Altesaam 84 rekords is binne hierdie kategorie geklassifiseer. Petisionering kan op die insameling van handtekeninge, memorandums en petisies aan die owerhede dui. Na verdere verfyning van die studie is slegs 11 werklike gevalle van petisionering as instrument van taalaktivisme uiteindelik geïdentifiseer.

115 5.2. Rekords wat inligting oor boikotte bevat

Altesaam 93 rekords is binne hierdie kategorie geklassifiseer. Oproepe deur organisasies of individue wat op die ignorering van oproepe deur departemente, die weiering om beleide te verander, die onttrekking van kinders uit skole of die weerhouding van steun aan skole dui is vir die doeleindes van hierdie studie as boikotering beskou. Na verdere verfyning van die studie is slegs 10 werklike gevalle van boikotering as instrument van taalaktivisme uiteindelik geïdentifiseer.

5.3. Rekords wat inligting oor dreiging met litigasie bevat

Altesaam 28 rekords is binne hierdie kategorie geklassifiseer. Onder hierdie kategorie sorteer gesprekke oor litigasie, waarskuwings dat tot litigasie oorgegaan sal word of die aanmoediging van individue en organisasies om litigasie ten gunste van moedertaalonderrig te oorweeg. Na verdere verfyning van die studie is slegs ses werklike gevalle van dreiging met litigasie as instrument van taalaktivisme uiteindelik geïdentifiseer.

5.4. Rekords wat inligting oor druk op massas bevat

Altesaam 177 rekords is binne hierdie kategorie geklassifiseer. Oproepe tot samewerking of aktivistiese groeperinge wat na mekaar uitreik ten einde groter bedingingsmag te verkry is as druk op die massas geklassifiseer. Anders gestel is dit organisasies wat samewerking by eendersdenkende organisasies soek ten einde groter getalle te bekom. Na verdere verfyning van die studie is slegs 65 werklike gevalle van druk op die massas as instrument van taalaktivisme uiteindelik geïdentifiseer.

116

Altesaam 145 rekords is binne hierdie kategorie geklassifiseer. Dit is betogings, swaai van plakkate, demonstrasies van ongelukkigheid, die weerhouding van kinders uit skole om hul misnoeë te toon en die stigting van privaatskole as demonstrasie van hul afkeur aan gedwonge integrasie en die gevolglike verandering aan die taalbeleide van skole. Na verdere verfyning van die studie is slegs 17 werklike gevalle van demonstrasie as instrument van taalaktivisme uiteindelik geïdentifiseer.

6. Rekords wat inligting oor litigasie bevat

Altesaam 53 rekords is binne hierdie kategorie geklassifiseer. Rekords wat inligting oor hofsake ten gunste moedertaalonderrig of moedertaalskole is onder hierdie opskrif behandel. Na verdere verfyning van die studie is slegs 10 werklike gevalle van litigasie as instrument van taalaktivisme uiteindelik geïdentifiseer.

7. Rekords wat inligting oor geweld bevat

Altesaam 38 rekords is binne hierdie kategorie geklassifiseer. Enige vorm van geweldpleging of dreiging met geweld as middel tot die verkryging van moedertaalonderrig is as relevant in die studie geselekteer. Na verdere verfyning van die studie is slegs agt werklike gevalle van die gebruik van geweld as instrument van taalaktivisme uiteindelik geïdentifiseer.

Altesaam 260 werklike gevalle van die gebruik van die instrumente van taalaktivisme is uiteindelik geïdentifiseer en geanaliseer. Hierdie bevindinge van die studie is aan die hand van die volgende teoretiese skema bespreek. Die skema is ontwikkel aan die hand van die teoretiese insigte soos in Hoofstuk 2 bespreek.

1. Die politieke agtergrond van die tydperk as rede vir die aktivisme

Mediarekords wat op die reaksie van taalbewegings en individue op die politieke status

quo van die betrokke tydperk dui is berekening gebring. Die analise is aan die hand van

117

verandering te bewerkstellig, gedoen. Die Suid-Afrikaanse gemeenskap se toewyding aan die beginsels van demokrasie, soos deur Tollefson (1991:211) bespreek en of hulle bereid is om hulself te beywer vir taalregte, dien as verdere riglyn.

2. Aktivistiese agente/organisasies betrokke

Ten einde aktivistiese agente/organisasies uit die rekords te identifiseer, sal die definisies van onder andere Florey (2008:9), Schugurensky , Steyn (1980:74) en later Du Plessis (2006:75) sowel as die van Okano (2006:263) as riglyn gebruik word. ’n Taalaktivis sal volgens Florey (2008:9) iemand wees wat energieke aksie op kwessies rakende taalontwikkeling rig. ’n Taalaktivis inisieer aksies of aktiwiteite ter ondersteuning van ʼn taal en sprekersgemeenskap. Schugurensky erken egter ook dat daar ’n ander tipe aktivisme bestaan wat in die teenoorgestelde rigting beweeg. Hy noem eersgenoemde sosiaal-regsgeoriënteerde aktivisme of aktivisme vir demokrasie. Volgens Du Plessis (2006:75) moet onderskei word tussen taalaktivisme en taalregte-aktivisme. Taalaktivisme het volgens Steyn (1980:74) en later Du Plessis (1986) selde te make met taal as sodanig, en het eerder te make met die rol van ’n politieke- of taaldrukgroep. In die geval van taalregte-aktivisme, poog rolspelers om verandering in sosiale praktyke, ideologieë en strukture wat die handhawing en ontwikkeling van taalgemeenskappe beïnvloed, te bewerkstellig.

Taalaktivistiese bewegings sluit volgens Okano (2006:263) plaaslike politieke groeperinge, professionele onderwyspraktisyns, ouers, studente en ander minderheidsgroeperinge in.

3. Aksies van die aktivistiese agente

Hoeweldie woord aktivisme, volgens Schugerenski, beelde van protesaksies, demonstrasies, geweldpleging, traangas, burgerlike ongehoorsaamheid, konfrontasies en botsings met die polisie en weermag laat opduik, is dit nie noodwendig die aksies van taalbewegings nie. Hierdie bewegings het in ooreenstemming met wat Martel (1999:47) beskryf elk sy “eie gebruik van die wet as instrument van verandering en sy eie vermoë

118

of onvermoë om magswanbalanse te neutraliseer.” Die instrumente van taalaktivisme soos deur Martel (1999) en later Du Plessis (2006) geïdentifiseer, sal as riglyn dien.

4. Invloed van aktivisme vir die tydperk.

Die invloed van taalaktivisme vir die betrokke tydperk is aan die hand van wat May (2004:48) en Du Plessis (2006:75) as die doel van taalaktivisme beskou, geanaliseer. Wat die geslaagdheid van taalaktivisme betref redeneer May dat hoewel eentaligheid in die meerderheidstaal meer ondersteuning geniet, die doel van taalregteaktivisme steeds is “to influence, and if possible change the wider social, cultural and political processes that have seen the construction of, and distinction between, so called minority and majority languages in the first place.” May meen dat dit ’n formidabele taak is omdat die sosiale en politieke magte wat teenoor minderheidstale opgestel is, stewig gevestig is. Du Plessis (2006:75) stel dit dat die doel van taalaktivisme is om ’n verandering in die sosiale praktyke, ideologieë en strukture wat die handhawing en ontwikkeling van taalgemeenskappe beïnvloed, te bewerkstellig.

Ten einde die navorsingsvrae te beantwoord is die volgende raamwerk, gebaseer op