• No results found

2.2. Definisies van aktivisme en ʼn bespreking

2.2.2. Taal en taalregte-aktivisme

Enige proses van transformasie het noodwendig ʼn invloed op die taalstatus, taalkorpus en taalbemagtigingsmoontlikhede van al die taalgemeenskappe binne die omgewing waarin dit plaasvind. Cooper (1989), wat van mening is dat taalbeplanning in wese ten nouste met enige vorm van sosiale transformasie gemoeid is, bevestig dit. Sover dit die rol van taalaktiviste betref, kan hulle deur hul reaksie op sodanige transformasie tot die vestiging van taaldemokrasie bydra (ʼn situasie wat die multikulturele en veeltalige aard van ʼn samelewing erken en waarin ruimte geskep word vir die taalkeuses van die burgers) of andersins daarteen werk.

18

ʼn Gemeenskap wat aan die beginsels van demokrasie toegewyd is, moet ook bereid wees om vir taalregte te beywer (Tollefson, 1991:211). Martel (1999:47) meen dat taalregte- aktivisme in werklikheid onafwendbaar en noodsaaklik is in die demokratisering van ʼn veeltalige land. Volgens du Plessis (2006:75) moet tussen taalaktivisme en taalregte- aktivisme onderskei word. Taalaktivisme het volgens Steyn (1980:74) en later Du Plessis (1986) selde te make met taal as sodanig, en het eerder te make met die rol van ’n politieke- of taaldrukgroep. In die geval van taalregte-aktivisme, poog rolspelers om verandering in sosiale praktyke, ideologieë en strukture, wat ’n invloed op die handhawing en ontwikkeling van taalgemeenskappe het, te bewerkstellig. Martel (1999:49) definieer taalregte-aktivisme as ’n manifestasie van ’n opkomende bewustheid, en verwerping van toestande van onderdrukking/beheer/dominansie/outoriteit/ sentralisering en monopolie.

Martel (1999:47) huldig die mening dat, soos wat sosio-politieke praktyke en strukture onder druk kom om te verander, die aktivistiese fenomeen sekere kwessies uitlig waaroor nagedink moet word. Dit sluit in:

 Die samelewings- en etiese betekenis daarvan. Die visie van geregtigheid, van emansipasie of van plaaslike belange wat dit voed.

 Die instrumente wat gebruik word om vir verandering te agiteer. Litigasie, werwing, navorsing, gemeenskapsmobilisering, mediadekking en selfs geweld.  Die terrein van aktiwiteit. Buite/binne/teen staatsgrense, ondersoek van ’n nuwe

geografiese dinamika in die tydvak van globalisering.  Die resultate. Doeltreffende beïnvloeding van verandering.

Hierdie kwessies moet voortdurend aandag geniet wanneer taal- of taalregte-aktivisme analiseer word. Meer kwessies kan bygevoeg word. Martel noem dat elke aktivistiese beweging sy eie linguistiese doelwitte asook sy eie spesifieke streeks-, nasionale- en internasionale dinamika besit. Elkeen het ʼn eie gebruik van die wet as instrument van verandering en ʼn eie vermoë of onvermoë om die wanbalans in mag te neutraliseer. Die

19

grootste toets vir taalaktivisme vanuit ’n etiese benadering is dat dit in staat moet wees om gemeenskappe te bemagtig.

Volgens Freeland en Patrick (2004:29) handel ʼn taalstryd nie noodwendig oor taal nie, maar vorm gewoonlik deel van ’n groter politieke, ekonomiese en kulturele stryd ten opsigte van die verkryging van amptelike erkenning, die manier waarop dit verkry word en die materiële en ideologiese wins waarmee dit gepaard gaan. Alhoewel daar meer steun vir eentaligheid in die meerderheidstaal is, redeneer May (2004:48) dat die doel van taalregte-aktivisme steeds is om sosiale en politieke strukture so te beïnvloed dat pariteit tussen meerderheids- en minderheidstale bereik kan word. Volgens May is dit ’n gedugte taak omdat die sosiale en politieke magte wat teenoor minderheidstale opgestel is stewig gevestig is.

Volgens Florey (2008:9) het taalaktivisme uit die “nuwe linguistiek” ontstaan. Die “nuwe linguistiek” verwys na ’n meer deelnemende en gepolitiseerde linguistiek met taalaktivisme as kern, gekenmerk deur betekenisvolle veranderinge aan die etiek, metodes en aksies in die praktyk van taalaktivisme. Alliansies word tussen eksterne en interne taalaktiviste gevorm wat tot ’n gedeelde doelwit van dokumentering en ondersteuning van minderheidstale en kulture saamwerk. ’n Taalaktivis sal volgens Florey iemand wees wat kwessies rakende taalontwikkeling energiek aanspreek. ’n Taalaktivis inisieer aksies of aktiwiteite ter ondersteuning van ʼn taal- en sprekersgemeenskap.

Florey bespreek taalaktiviste ook aan die hand van die aktivistiese rolle wat hulle speel, die agtergrond waarteen hulle optree en die kundigheid wat in die onderskeie stelsels vereis word. Sy onderskei die volgende kategorieë taalaktiviste:

 Interne taalaktiviste. Dit behels gemeenskapslede met ’n persoonlike belang in hul erfenistale.

 Eksterne taalaktiviste. Dit behels mense buite die gemeenskap wat geen persoonlike band met die inheemse tale het nie.

20

 Inheemse-eksterne taalaktiviste. Florey bespreek twee tipes inheemse-eksterne taalaktiviste. Dit is eerstens, inheemse mense wat verkies om nie hul aktivisme op hul eie tale te fokus nie, maar wat eerder met ander tale in hul lande saamwerk, en tweedens, eksterne taalaktiviste wat verkies om hul aktiwiteite in hul eie lande te baseer.

Inheemse-eksterne taalaktiviste en interne taalaktiviste deel kennis, byvoorbeeld van politieke- en onderwysstelsels, sosiale en kulturele eienskappe, en ander tale soos die lingua franca en nasionale tale.

 Uitheemse-eksterne taalaktiviste. Dit is aktiviste wat verkies om projekte en aktiwiteite in ’n land anders as hul eie aan te pak. Hierdie kategorie sluit volgens Ishida die volgende in: 1) linguiste wat internasionale navorsing en/of opleidingsprogramme onderneem; 2) inheemse taalaktiviste wat by konferensies optree en daardeur gespesialiseerde kennis internasionaal oordra; en 3) lede van organisasies met internasionale bande (soos finansiële agentskappe, nie- winsgewende organisasies, onderwysinstellings, ens.).

Met inagneming van bogenoemde kan taal- en taalregte-aktivisme beskou word as inherent deel van, en dus onontbeerlik vir, die vestiging van demokrasie in ʼn veeltalige samelewing.