• No results found

2.2. Definisies van aktivisme en ʼn bespreking

2.2.3. Taalaktivisme en taalregte

Die kwessie van taalregte het belangriker geword soos wat taal toenemend as ’n bepalende faktor in nasieskap beskou word. Die meeste van die aanvanklike literatuur rakende taalregte het in lande ontstaan waar tale ten koste van minderheidstale of -dialekte op mense afgedwing is. Skutnabb-Kangas en Philipson (in Garcia & Baker, 1995:27) verskaf ’n raamwerk waarop die verskillende posisies rakende taalregte in verskillende lande geklassifiseer kan word. Volgens Philipson kan diskriminasie teen taal 1) openlik (’n taal word in skole verbied), 2) verborge (sekere tale word net eenvoudig nie in skole gebruik nie), 3) bewustelik (onderwysers verbied hul leerders om hul

21

moedertaal te gebruik omdat dit in die aanleer van die tweede taal kan inmeng) of 4) onbewustelik (Engels word sondermeer aanvaar as die beste taal vir onderrig) wees.

Figuur 1. Raamwerk soos ontwikkel deur Skutnabb-Kangas en Philipson waarvolgens die verskillende posisies rakende taalregte voorgestel word.

Assimilasiegeorienteerd Handhawingsgeoriënteerd Openlik

. . .

Verbiedend Vergunnend Nie-diskriminerend Toelatend Bevorderend .

. .

Verborge

Ten einde taalbalans te behou het individue en groepe hulle tot hul taalregte gewend (Kymlicka & Pattern, 2003). Volgens Brutiaux (2008) was dit egter eers teen die 1900s dat taalregte amptelike erkenning binne die politiek begin geniet het. Taalregte is eers in 1948 as internasionale reg in die Universal Declaration of Human Rights opgeneem. Ander belangrike internasionale dokumente sluit in: die European Charter for Regional

or Minority Languages en die Framework Convention for the Protection of National Minorities.

Verskeie definisies van taalregte het reeds die lig gesien.

Skutnab-Kangas en Philipson (1995:1-2) beskou die volgende as voorbeelde van linguistiese menseregte:

 Elke sosiale groep het die reg om positief met een of meer tale te identifiseer en dat sodanige identifisering aanvaar en gerespekteer sal word deur ander groepe.

22

 Elke kind het die reg om die taal van sy groep ten volle aan te leer.

 Elke persoon het die reg om die taal/tale van sy groep in enige amptelike situasie te gebruik.

 Elke persoon het die reg om ten minste een van die amptelike tale van die land waarvan hy ’n burger is, volgens sy keuse ten volle aan te leer.

Hierdie sienings van Skutnab-Kangas en Philipson (1995:1-2) impliseer volgens Ishida (2003:2) dat die bevordering en beskerming van linguistiese menseregte ’n poging is om die konsep van menslike gelykheid op taal toe te pas, en om daardeur enige taaldiskriminasie aan die kaak te stel.

Skutnab-Kangas en Philipson (1995:1-2) bepleit die posisie van taalregte vir minderheidsgroepe soos volg:

“Linguistic rights should be considered basic human rights. Linguistic majorities, speakers of a dominant language, usually enjoy all those linguistic human rights which can be seen as fundamental, regardless of how they are defined. Most linguistic minorities in the world do not enjoy these rights. It is only a few hundred of the world’s 6-7,000 languages that have any kind of official status and it is only speakers of official languages who enjoy all linguistic human rights”.

Die dilemma vir taalregteaktiviste is volgens Blommaert (2004:55) dat “we believe we know what is right, but what is right does not work in practice, either because it is just not the way in which reality works, or because the people don’t believe it is right”. In die geval van taalregte word aktiviste met die situasie gekonfronteer dat niemand ooit daarteen beswaar maak nie, maar dat ’n praktiese benadering gebaseer op taalregte nie in die praktyk werk nie. ’n Benadering wat op taalregte gebaseer is, is volgens Blommaert (2004:55) in ’n web van teenstrydige faktore vasgevang. Gebaseer op die werk van Skutnabb-Kangas en Philipson lys hy die volgende:

23

 Dit is grootliks simbolies, ten minste op die kort- en mediumtermyn, en is van die elite en ekonomiese ontwikkeling afhanklik.

 Dit bots dus met mense se begrip van wat hulle wil hê en hul behoefte oor die kort- en mediumtermyn.

 Dit is gewoonlik teenstrydig met aanvaarde opwaartse sosiale mobiliteit.  Dit word dus deur die teikengroep ervaar as weerhouding van opwaartse

mobiliteit.

Blommaert (2004:62) stel twee benaderings voor, naamlik

 dat die regte redes vir taalbeplanning gebaseer op taalregte weergegee moet word en dat die beste moontlike wetenskaplike metodes gebruik moet word om implementering moontlik en aanvaarbaar vir veral die teikengroep te maak; en

 dat ons siening van taalbeplanning gebaseer op taalregte uitgebrei moet word sodat dit tereg as ’n instrument tot sosiale mobiliteit beskou kan word.

Edwards (1985:45) waarsku dat aktivisme vir taalregte nie in onverstaanbare wetenskaplike diskoerse moet ontaard nie, maar dat die belange van die minderheidsgroepe deurgaans beklemtoon moet word. Die dilemma met so ’n standpunt is dat ’n volledige sosiale raamwerk in werklikheid daarmee saam ondersteun moet word ten einde groepbelange te ondersteun. Die ondersteuning van een groep se belange impliseer dan weer die ontkenning van ’n ander groep se belange. O’Brien (in Edwards, 1985:45) doen as oplossing vir hierdie probleem aan die hand dat menseregte, in plaas van groepsregte, die fokus moet wees.

Patrick (2004:178) beweer dat die diskoers oor taalregte, teenstrydighede en onregte tot gevolg het. Om vir regte te veg moet gekoloniseerde groepe volgens haar kultureel in die diskoerse en prosedures van die staat getransformeer word. Hierdie strukture is dikwels teenstrydig met plaaslike gebruike en gelowe. Een van die voorvereistes in die erkenning van inheemse tale is dus dat die tale dieselfde vlak as nasionaal erkende tale moet beklee.

24

Aanvaarding hiervan lei tot vervreemding van die eie kultuur en dus tot spanning. By sommige groepe kan dit tot weerstand en die gevolglike agitering vir die behoud van die

status quo aanleiding gee. Volgens Patrick mag daar by ander groepe min of geen

weerstand of openbare afkeur vir die standaardisering van hul tale wees nie. Hoewel dit dus mag lyk of die proses van implementering van ’n taalbeleid glad verloop, impliseer dit nie noodwendig dat daar geen teenstand daarteen is nie. Dit kan bloot apatie teenoor die proses wees. Patrick (2004:181) lig ook ʼn derde scenario uit. Sodra ’n inheemse taal regte in onderwys en ander instellings verkry, beweeg hierdie taal in ’n ander sfeer waar dit met dominante tale kompeteer wat weer aantrekliker vir die sprekers van die inheemse tale lyk. Die rede is omdat die dominante tale met sosiale mobiliteit en kulturele prestige vereenselwig word. Hieroor verklaar Dorian (in Edwards, 1985:93) dat taallojaliteit voortbestaan terwyl die ekonomiese en sosiale omstandighede voordelig vir die betrokke taal is. Sodra dit egter lyk of ’n ander taal groter waarde het, vind daar ʼn verskuiwing na daardie taal plaas. Edwards (1985:93) is ook van mening dat ekonomiese redes die kern vorm van taalkeuses. Patterson (1985:95) beklemtoon ook die mag van ekonomiese oorwegings bo ander oorwegings, soos byvoorbeeld identiteit en etnisiteit. Patterson (1985:95) stel dit soos volg:

“There is no a priori reason to believe that individuals always choose ethnic identification over other forms of identification. The primacy of economic factors over all others has been demonstrated ... people never make economic decisions on the basis of ethnic allegiance, but, on the contrary ... the strength, scope, viability, and bases of ethnic identity are determined by and are used to serve the economic and general class interests of individuals”.

Taalregte, vanuit die perspektief van ‘taal as hulpbron’, is volgens Hornberger (1998:454) nie ’n outomatiese “concession of demand” nie, maar eerder ’n kwessie van gebalanseerde beheer en die keuse tussen potensiële alternatiewe. Hornberger redeneer daarom dat dit uiters belangrik is dat taalminderhede bemagtig moet word om besluite te neem rakende watter tale en watter lees- en skryfkennis ontwikkel moet word, asook die

25

redes daarvoor. Taalminderhede moet bemagtig word om te besef dat hierdie keuses nodig is vir balans in die verskillende dimensies van taalregte ten einde gesamentlike beskerming aan almal te bied. Balans moet byvoorbeeld gekry word tussen verdraagsaamheid- en bevorderingsgeoriënteerde regte, individuele en gemeenskaplike vryhede, vryheid om jou eie taal te gebruik en die vryheid van diskriminasie omdat jy jou keuse uitoefen, en ‘aanspraak op iets’ en ‘aanspraak teen iemand anders’. Hierdie is volgens Hornberger moeilike etiese keuses en die mense wat die beste keuses kan maak, is die minderheidstaalsprekers self.

Desnieteenstaande die moeilike keuses wat gemaak moet word, mag taalontwikkeling nie aan die voorsienigheid oorgelaat word nie. As verteenwoordigers van minderheidstaalgroepe is taalaktiviste die beste in staat om insette oor hul eie tale te lewer. Taalbeplanning moet dus nie as ’n monolitiese aktiwiteit van bo hanteer word nie, maar moet die belang van al die rolspelers in die linguistiese omgewing, waarvan taalaktiviste ʼn integrale deel vorm, in ag neem.