• No results found

Hoofstuk 3 Grammatikalisering van perifrastiese progressiewe

3.4. Kriteria vir die analise van Afrikaanse perifrastiese progressiewe

3.4.2. Werkwoordkollokasies

3.4.2.2. Werkwoordkollokasies van die V POS en-progressief

3.4.2.2.3. Verdere semantiese uitbreiding van die V POS en-konstruksie

Buiten vir die feit dat die postulêre werkwoorde in Afrikaans gegrammatikaliseer het tot progressiewe aspektuele konstruksies, het sommige van hierdie postulêre konstruksies verder veralgemeen om bykomende betekenis uit te druk. In hierdie betekenisse het die konstruksie derhalwe gegrammatikaliseer vanaf ʼn leksikale postulêre werkwoord, na ʼn progressiewe konstruksie en daarna tot ʼn volgende grammatikale gebruik. Vergelyk die volgende voorbeelde:

(308) Afr: Vir wat staan en nooi jy nou die vroumens? Het ek nie genoeg probleme nie?42

(309) Afr: Hulle gooi dan die venster oop en hy vra haar om voor die venster te loop43 sit en haar verbeel dat sy soos 'n vlinder by die venster uitvlieg. (310) Afr: Wie het haar jare gelede só verwond dat sy vandag nog loop en skerm

as 'n man net naby haar asemhaal?

In voorbeelde (308) tot (310) word die VPOS en-konstruksies gebruik om die handelinge

van nooi, haar verbeel en skerm uit te druk. Tog is dit duidelik uit hierdie kontekste dat hierdie konstruksies nie progressiewe betekenis uitdruk nie. Wat die konstruksies éérder uitdruk, is een of ander subjektiewe betekenis. Die spreker se negatiewe gevoel, opinie of mening word deur die VPOS en-konstruksie uitgedruk. Hierdie twee

konstruksies het dus ontwikkel tot konstruksies wat subjektiewe betekenis uitdruk, en die grammatikale roete van hierdie ontwikkeling kan opgesom word soos in (xix).

(xix) VPOS.LEX  VPOS en-Progressief  VPOS en-subjektiewe konstruksie

Hierdie subjektiewe gebruik van die VPOS en-konstruksie blyk redelik algemeen te

wees. In die TK-korpus is 38 resultate vir subjektiewe gebruike van staan en gevind

42 Voorbeeldsinne (309) tot (316): TK-korpus 43 Loop vorm hier nie deel van die V

POS en-progressief nie, maar word eerder gebruik as variasie op die

werkwoord gaan, soos in byvoorbeeld die verskil tussen "Gaan speel!" en "Loop speel!". Voorbeeldsinne van beide die kollokasies loop VPOS en (32 resultate) en gaan VPOS en (851 resultate) word in die TK-

korpus gevind. Dit lyk asof die loop VPOS en- en gaan VPOS en-konstruksies sinonieme van mekaar is,

maar dat die gebruik loop VPOS en-konstruksie hoofsaaklik ʼn dialektiese of ʼn omgangstaalverskynsel is

(vergelyk voorbeelde in Bylaag 2). Slegs progressiewe gebruike van VPOS'e word in hierdie studie

bespreek, en derhalwe word die gebruik van loop in hierdie kontekste nie in hierdie studie verder bespreek nie.

en 23 resultate vir sit en. Slegs 2 resultate is egter vir loop en-subjektiewe konstruksies gevind (vergelyk voorbeeldsinne in Bylaag 1), en geen voorbeelde vir subjektiewe gebruike van lê en is gevind nie.

Dit is verder ook opmerklik dat hierdie subjektiewe sit/staan en-konstruksies dikwels die werkwoorde kom en gaan (of loop), bevat, of die bywoorde hier, daar, nou en dan. Vergelyk die volgende voorbeelde (sien ook verdere voorbeelde in Bylaag 1):

(311) Afr: “Daar is massas woedende mense van die gemeenskap wat kom staan en vinger swaai," sê hy.44

(312) Afr: “Dat jy darem so 'n dom ding kon doen om jou weer aan Moira te gaan staan en verloof," sê tant Siena ongeveins toe hy die kombuis binnegaan.

(313) Afr: Dis die ding sien, sy't my daar kom staan en uitbuit vir al die jare wat ek niks met haar uit te waaie wou gehad het nie.

(314) Afr: Hier staan en maak hy hom weer op soos 'n vroumens, en hy het nie die vaagste benul hoekom hy dit doen nie.

(315) Afr: Nie dat 'n paar swaeltjies nou 'n somer staan en maak nie. (316) Afr: Dan loop sit sy nog by Anna se hotnotshuis en koffie drink!

ʼn Moontlike verklaring vir die gebruik van deiktiese bewegingswerkwoorde (kom en

gaan en loop) en bywoorde (hier, daar, nou en dan) in hierdie konstruksie is die

subjektiewe betrokkenheid van die spreker by die situasie waaroor hy praat. Deur die gebruik van hiérdie werkwoorde en bywoorde kan hy sy emosionele afstand van of betrokkenheid by die situasie uitdruk (vergelyk voorbeeldsinne in Bylaag 1).

ʼn Verdere moontlike verklaring is dat hierdie woorde dikwels evolueer tot diskoersmerkers, waarvan die funksie is om 'n versterkende emosionele effek te genereer, byvoorbeeld (317):

(317) Eng: There you go again!

Die ontwikkeling van 'n progressiewe konstruksie om subjektiewe betekenis uit te druk, is tipologies 'n algemene verskynsel (vergelyk De Wit & Brisard, 2012; Kranich, 2010:112; Wright, 1994:467-485). Vergelyk byvoorbeeld sin (318):

(318) Eng: Why are you always giving me gifts?

Buiten vir die subjektiewe gebruik van die sit en-konstruksie, blyk dit ook dat hierdie konstruksie verder gegrammatikaliseer het tot 'n konstruksie wat kontinuatiewe aspek spesifiseer (vergelyk (319)). Die kontinuatief is een van die progressiewe imperfektiewe betekenisse, en die sit en-konstruksie het dus so gespesialiseer om hierdie progressiewe gebruik uit te druk. Daar is ses voorbeelde in die TK-korpus gevind van hierdie gebruik van sit en. Die konstruksie word gebruik om aan te dui dat 'n gebeurtenis langdurig en deurlopend plaasvind. Aansluitend hierby kan die sit en- konstruksie ook gebruik word om aan te dui dat 'n handeling 'amptelik', belangrik, beslis of 'ernstig' is (vergelyk (320)). In hierdie twee gebruike word die progressiewe betekenis van die VPOS en-konstruksie egter steeds onderhou.

(319) Afr: Nog 'n familie het ná die laaste Kersfees van oordaad gaan sit en besin en besluit om slegs vir die klein kindertjies geskenke te gee wat minder as R50 kos.45

(320) Afr: Ja, ek dink ek sal ná die Wêreldbeker volgende jaar gaan sit en besluit of ek net toets- of eendag-krieket wil speel.