• No results found

Hoofstuk 3 Grammatikalisering van perifrastiese progressiewe

3.4. Kriteria vir die analise van Afrikaanse perifrastiese progressiewe

3.4.1. Frekwensie

3.4.1.2. Frekwensie van die aan die en aan 't-progressief

Hoe verder 'n konstruksie gegrammatikaliseer is, hoe meer gereeld sal hy gebruik word in nieleksikale, oftewel grammatikale kontekste (vergelyk 2.4.1.1.3). Soos genoem is dit dus sinvol om die frekwensie van 'n konstruksie se leksikale gebruike te vergelyk met die frekwensie van die konstruksie se grammatikale gebruike, aangesien dit 'n aanduiding gee van die mate waartoe die konstruksie gegrammatikaliseer het. Die leksikale oorsprong van die aan die-progressief ((byvoorbeeld (248)) is 'n lokatiewe voorsetselkonstruksie met aan, wat oorspronklik 'n lokatiewe betekenis uitgedruk het (byvoorbeeld (244)). Aan word ook in Afrikaans gebruik om verskeie nieprogressiewe betekenisse uit te druk (byvoorbeeld (246) en (247)). In hiérdie leksikale (asook nieprogressiewe) gebruike van aan die het, anders as die aan die- progressief, aan + die egter geen eenheidstatus nie. Om hierdie rede is dit in die meeste gevalle moontlik om die bepaalde lidwoord die te vervang deur die onbepaalde lidwoord 'n (vergelyk (244)). Dit is egter in die aan die-progressief nie moontlik om aan en die van mekaar te skei nie en ook nie om die te vervang met 'n nie (sien (248)).

(244) Afr: Na 'n rukkie verskyn Egmond weer en gaan sit effens mistroostig aan die kop van die tafel.26

(245) Afr: Na 'n rukkie verskyn Egmond weer en gaan sit effens mistroostig aan 'n kop van die tafel.

(246) Afr: Eintlik wil ek later aan die 400 deelneem.

(247) Afr: Daar word aandag gegee aan die aard van die inklusiewe skool- omgewing.

(248) Afr: Dit is Greller wat die drama vir sy gaste aan die aandik is. Afr: *Dit is Greller wat die drama vir sy gaste aan 'n aandik is.

Die kollokasiefrekwensie van aan + die is derhalwe baie hoog. Die soektog vir "aan

die" het 130 228 resultate opgelewer. Wanneer die progressiewe gebruike van aan die

vergelyk word met die nieprogressiewe gebruike van aan die (byvoorbeeld sinne (244) tot (247)), is dit duidelik dat aan die se progressiewe gebruike (ongeveer 4 600 resultate, oftewel 3,5%) aansienlik minder is as die nieprogressiewe gebruike (ongeveer 125 629, oftewel 96,5%).

ʼn Soektog na "aan 't" het 360 resultate opgelewer. Wanneer dieselfde vergelyking gemaak word vir die resultate van "aan 't", word gesien dat 330 (dus 91,66%) van die

aan 't-resultate progressiewe betekenis het (byvoorbeeld (249)), terwyl slegs 30 (dus

8,33%) van die resultate nieprogressiewe betekenis het (byvoorbeeld (250)). (249) Afr: Vader is aan 't uitkyk vir julle vir 'n regte skoolmeester.

(250) Afr: Aan 't eettafel glip daar maklik stories uit wat eintlik 'n maatskappy- geheim is.27

Daar is in 3.4.1.1 aangetoon dat aan die-progressief heelwat meer frekwent voorkom as die variasiekonstruksie aan 't-progressief. Daar is pas aangetoon dat aan 't tot só mate gegrammatikaliseer is dat die laasgenoemde konstruksie byna uitsluitlik in progressiewe betekenisse gebruik word. Aan 't se gebruik het dus byna volledig gespesialiseer tot progressief.

27 Voorbeeldsinne (249) tot (250): TK-korpus

Konstruksie Progressief Nieprogressief Totaal

aan die 4599 (3,53%) 125629 (96,46%) 130228 (100%) aan 't 330 (91,66%) 30 (8,33%) 360 (100%)

Tabel 6 – Progressiewe en nieprogressiewe gebruike van aan die en aan 't

Figuur 18 – Progressiewe en nieprogressiewe gebruike van aan die en

Uit die frekwensieverskil tussen hierdie twee Afrikaanse konstruksies en die gespesialiseerde gebruik van aan 't kan myns insiens afgelei word dat aan 't besig is om argaïes te word. Die enkele nominale konstruksies (byvoorbeeld (249)) van aan 't wat wel in die korpus gevind word, is hoofsaaklik stilisties van aard. Dus, hoewel aan

't byna uitsluitlik in sy grammatikale (d.i. progressiewe) betekenis gebruik word, en

in die sin dus verder gegrammatikaliseer is as die aan die-progressief, kan die konstruksie se lae frekwensie en beperkte kontekstuele gebruik (sien 3.4.2.1.2) 'n aanduiding daarvan wees dat die aan 't-konstruksie besig is om te verdwyn uit Afrikaans.

3.4.1.3. Frekwensie van die VPOS te- en VPOS en-progressiewe konstruksies

Voorbeelde van die Nederlandse en Afrikaanse VPOS in hul leksikale gebruike, is sinne

(251) tot (253). Voorbeelde van die Nederlandse en Afrikaanse VPOS in hul

grammatikale, progressiewe gebruike, is sinne (254) tot (256):

(251) Ndl: Hij zit op een stoel en werkt met het gereedschap dat hij al 50 jaar hanteert, een glimlacht op zijn gezicht. 28

Afr: Hy sit op 'n stoel en werk met die gereedskap wat hy al 50 jaar hanteer, 'n glimlag op sy gesig.

(252) Ndl: Hij staat op en geeft een keiharde ruk aan de noodrem. Afr: Hy staan op en gee 'n baie harde ruk aan die noodrem.

(253) Ndl: Hij ligt op zijn matras, iedereen is blij dat hij het overleeft heeft. Afr: Hy lê op sy matras, almal is bly dat hy dit oorleef het.

(254) Ndl: Ton heeft de hele middag aan zijn bureau zitten te werken.29 Afr: Tonie het die hele middag by sy lessenaar gesit en werk. (255) Ndl: Ze vroegen mij hoelang ik daar al stond/zat te wachten.

28 Voorbeeldsinne (251): www.athensinfoguide.com/nl/shoppingpoet.htm

Sin (252): www.treingein.nl/Moppen.htm

Sin(253): http://www.iselinge.nl/Scholenplein/pabolessen/01022awereld/dezeven- wereldwonderen/vervolgc.htm

29Sin (254): E-ANS, 18·5·4·2 (http://www.let.ru.nl/ans/e-ans/18/05/04/02/body.html)

Sin (255): E-ANS, 18·5·7·4·ii (http://www.let.ru.nl/ans/e-ans/18/05/07/04/02/body.html) Sin (256): E-ANS, 18·5·4·2 (http://www.let.ru.nl/ans/e-ans/18/05/04/02/body.html)

Afr: Sy het my gevra hoe lank ek al daar staan/sit en wag. (256) Ndl: Ik lig altijd nog even te lezen, voor ik inslaap.

Afr: Ek lê altyd eers nog 'n bietjie en lees voor ek gaan slaap.

Lemmens (2005:188) tref 'n vergelyking tussen die frekwensie van die mees algemene Nederlandse postulêre werkwoorde (zitten/staan/liggen) en die frekwensie van die postulêre werkwoorde in hul progressiewe gebruik (zitten te/staan te/liggen

te). Vergelyk Tabel 7 en Figuur 21 tot Figuur 19.

Uit 'n vergelyking tussen die progressiewe en nieprogressiewe gebruike van die Nederlandse postulêre werkwoorde kan 'n paar afleidings gemaak word. Eerstens stem die algehele ratio van die frekwensies van die aspektuele en nie-aspektuele gebruike en die leksikale gebruike met mekaar ooreen. Staan is vir beide die nieaspektuele en aspektuele gebruik die mees frekwente postulêre werkwoord (Lemmens, 2005:191), dus staan > zitten > liggen.

Konstruksietipe Zitten Staan Liggen Totaal

Nie-aspektueel (VPOS) 21 908 (28,9%) 36 883 (48,7%) 16 948 (22,4%) 75 739 (100%)

Aspektueel (VPOS te) 529 (38,6%) 658 (48,1%) 182 (13,3%) 1 369 (100%)

Totaal 22 438 37 541 17 130 77 112

Tabel 7 – Aspektuele en nie-aspektuele gebruike van die Nederlandse VPOS-konstruksies (Lemmens, 2005:188)

Figuur 21 – Frekwensie van Nederlandse VPOS in aspektuele

gebruik (Lemmens, 2005:188) Figuur 20 – Frekwensie van

Nederlandse VPOS in nie- aspektuele gebruik (Lemmens, 2005:188) Figuur 19 – Totale frekwensie

van Nederlandse VPOS (Lemmens, 2005:188)

Tweedens, hoewel al drie kategorieë dieselfde frekwensierangorde in nie-aspektuele en aspektuele betekenis behou, is die interne ratio van die konstruksies nie dieselfde nie: Staan se nie-aspektuele gebruik (48%) en aspektuele gebruik (52%) het relatief dieselfde frekwensie, terwyl liggen se aspektuele gebruik minder frekwent is in vergelyking met die werkwoord se nie-aspektuele gebruik (9% minder). Zitten se aspektuele gebruik is egter meer frekwent as die nie-aspektuele gebruik (met bykans 10%) (Lemmens, 2005:192). Hierdie frekwensieverskil van zitten se aspektuele gebruik teenoor die nie-aspektuele gebruik is 'n aanduiding dat zitten in sy aspektuele gebruik verder gegrammatikaliseer is as die ander Nederlandse VPOS-progressiewe

konstruksies. Zitten te is dus besig om te veralgemeen.

Laastens stem die frekwensierangorde van die aspektuele, d.w.s. progressiewe gebruik van die Nederlandse postulêre werkwoorde, ooreen met die nie-aspektuele gebruike, naamlik staan > zitten > liggen.

Die vraag kan gevra word of die VPOS en- progressiewe konstruksies van Afrikaans tot

dieselfde mate gegrammatikaliseer het as die Nederlandse ewekniekonstruksies. Wanneer dieselfde frekwensie-ondersoek in die Afrikaanse korpus gedoen word, word die volgende resultate opgelewer:

Konstruksietipe Sit Staan Totaal

Nie-aspektueel (VPOS) 24 408 (91.38%) 34 679 (95,86%) 19 971 (96.59%) 79 058 (94.62%)

Aspektueel (VPOS te) 2 301 (8.62%) 1 492 (4.12%) 706 (3.41%) 4 499 (5.38%)

Totaal 26 709 36 171 20 677 83 557

Tabel 8 – Aspektuele en nie-aspektuele VPOS-konstruksies in Afrikaans

Figuur 24 – Frekwensie van Afrikaanse VPOS in aspektuele

gebruik Figuur 23 – Frekwensie van

Afrikaans VPOS in nie-aspektuele

gebruik Figuur 22 – Totale frekwensie

Ooreenstemmend met die Nederlandse resultate, is staan die mees frekwente VPOS in

nie-aspektuele gebruik. Die frekwensierangorde van die VPOS in nie-aspektuele

gebruik stem derhalwe ooreen met dié van Nederlands, naamlik staan > sit > lê. Verder, ooreenstemmend met die Nederlandse resultate, is die proporsionele frekwensie van sit se aspektuele gebruik hoër as die nie-aspektuele gebruike. Die verskil tussen die Afrikaanse en Nederlandse resultate is dat die frekwensie van Afrikaanse sit in aspektuele gebruik dermate toegeneem het dat dit die mees frekwente VPOS in aspektuele gebruik is. Die frekwensierangorde van die Afrikaanse

VPOS in aspektuele gebruik is sit > staan > lê, en verskil derhalwe van dié van die

Nederlands (vergelyk Figuur 25 tot Figuur 27).

Nederlands: staan > zitten > liggen

Afrikaans: sit > staan >

Een afleiding wat gemaak kan word uit die opvallende frekwensieverskil tussen die Afrikaanse sit in aspektuele gebruik teenoor nie-aspektuele gebruik, is dat sit moontlik veralgemeen het om in meer kontekste en met 'n groter verskeidenheid van tipes werkwoorde te kombineer. Hierdie moontlikheid word in 3.4.2.2 ondersoek.