• No results found

HOOFSTUK 2: LEWENSWETENSKAPPE IN ‘N INKLUSIEWE-ONDERWYSKONTEKS

2.3 Die Suid-Afrikaanse konteks vir inklusiewe-onderwys

2.3.1 Tydsraamwerk vir inklusiewe-onderwysimplementering

In Julie 2001 is Witskrif 6 (Special Needs Education: Building an Inclusvie Education and Training system) gepubliseer wat ’n 20 jaar tydsraamwerkplan vir inklusiewe- onderwystransformasie uitspel (Landsberg, 2005:62). Die DoE (2001:42) het verskeie onderwyssektore waarin veranderings moes plaasvind en ook die doelwitte wat nagestreef moet word, geïdentifiseer. Die voorgenoemde tydsraamwerk sal in hierdie studie ondersoek word, aangesien die implementering van ’n inklusiewe-onderwysbenadering direk verband hou met hoe die leerders geakkommodeer en bevorder is.

2.3.1.1 Korttermyn

Die DoE (2001:42-43) het gepoog om die korttermynproses vir inklusiewe- onderwystransformasie tydens 2001- 2003 te implementeer met die oog op die:

• voltooiing van ’n oudit van SSe en die implementering van programme om die effektiwiteit en kwaliteit van SSe te verbeter;

• aanwysing, beplanning en implementering vir die omskakeling van 30 SSe na HSs in 30 benoemde skooldistrikte;

• omskakeling van 30 primêre skole na voldiensskole in 30 van benoemde distrikte; • aanwysing, beplanning en implementering van DGOS vir die 30 distrikte; en

• bekendstelling en oriëntering van ’n algemene bestuurspan van professionele personeellede vir die inklusiewe-model.

27

2.3.1.2 Mediumtermyn

Die mediumtermynstappe vir inklusiewe-onderwys was volgens die DoE (2001:43) gedurende 2004-2008 onderneem. Binne die tydsraamwerk was daar gepoog om die volgende stappe te voltooi:

• transformasie van die VOO en Hoër Onderwysinstansies om die volle reeks diverse leerbehoeftes te herken en aan te spreek;

• uitbreiding van die getal SSe/HSs, voldiensskole en DGOS in lyn met die beskikbare hulpbronne te bring; en

• uitbreiding van gemeenskap-uitreikprogramme wat in lyn is met beskikbare hulpbronne en die mobilisering van leerders wat voorheen uitgesluit was.

Met die kort- tot mediumtermynstappe is gepoog om die tekortkominge en swakhede bloot te lê en onder andere voorsiening te maak vir die akkommodering van alle leerders. Die doel hiermee was dat die veranderings oor die verloop van agt jaar (2001 tot 2008) geïmplementeer sou word.

2.3.1.3 Langtermyn

Die langtermynstappe vir die vestiging van inklusiewe-onderwys strek oor die tydperk 2009-2021 met die oog om die volgende te bereik (DoE, 2001:43), naamlik die:

• uitbreiding van die geïdentifiseerde 380 SSe/HSs, 500 voldiensskole, kolleges en DGOS; en

• hervestiging van 280 000 uitgesluite leerders soos in 2001 aangedui is en die verbetering van spesiale onderwysvoorsiening aan 104 633 leerders wat in 2010 onderrig ontvang (DBE, 2012b:3).

Die langtermyn doelwitte volgens die DoE (2001:45) sou daarenteen insluit: • die identifisering van struikelblokke soos dit in leerders manifesteer; • die aanbieding en akkommodering van leerders met diverse behoeftes;

28

• ’n onderwyssisteem as ’n ‘ope sentrum’ vir alle leerders sal bestaan; • gehalte-onderwys vir lewenslange- leer met die oog op die 21 ste eeu;

• ‘n onderwyssisteem wat ’n verskeidenheid van opleidingsentrums sal vestig vir die insluiting van alle leerders; en

• ontwikkeling en vestiging van SSe as HSs, voldiensskole, publieke volwasse- leersentrums en VOO-instansies, waarvan die ontwikkelingsproses deel is van ‘n 20 jaar implementeringsplan.

Teen die agtergrond is die inklusiewe-onderwys transformasie-implementeringsproses in Suid-Afrikaanse skole saamgevat in onderstaande Tabel 2.1.

Tabel 2.1: Tydsraamwerk vir transformasie en implementering van inklusiewe-onderwys in

Suid-Afrikaanse skole

(Aangepas uit die DoE, 2001:42-43)

TYDSRAAMWERK VIR INKLUSIEWE-ONDERWYS KORTTERMYN 2001- 2003 MEDIUMTERMYN 2004- 2008 LANGTERMYN 2009- 2021

 Implementering van ’n nasionale loodsprogram vir inklusiewe- onderwys.

 Beplanning en implementering van uitreikprogramme vir landelike en stedelike leerders wat nie in skole is.

 Oudit van fasiliteite by SSe t.o.v gehalte en effektiwiteit.

 Omskakeling van 30 SSe na HSs.

 Loodsprojek in 30 distrikte vir die oprigting van HSs en

voldiensskole wat in kernareas hulp sal verleen.

 Instelling van DGOS en professionele personeellede.

 Instelling van Hoër onderwys en opleidingsentrums om diverse leerderbehoeftes, spesifiek gestremde leerders en volwassenes aan te spreek.

 Uitbreiding van die landelik en stedelike uitreikprogramme om leerders wat risiko’s is in skole op te neem.

 Uitbreiding van DGOS in HSs en voldiensskole.  Uitbreiding en voorsiening na 380 HSs en 500 skole en kolleges wat volle ondersteuningsdienste bied.

 Uitbreiding van die DGOS.

 Instelling van die finale uitreikprogramme gemik op die 280,000 leerders wat nie in skole

29

In hierdie studie is gepoog om assesseringspraktyke (2013/2014) binne ‘n inklusiewe- onderwysbenadering vir die Lewenswetenskappe te ondersoek en vas te stel tot watter mate riglyne in die assesseringspraktyke (langtermyn doelwitte) vir die Lewenswetenskappe geïmplementeer is. SSe is tans vyf jaar in die implementeringspraktykfase. Die aanname kan dus bestaan dat die SSe alreeds gevestigde assesserings-aanpassingspraktyke in plek moet hê vir die bevordering van inklusiewe-onderwys wat sou meebring dat die onderstaande tans in praktyk moet voorkom:

• akkommodering van leerders met SLB;

• identifisering van struikelblokke tydens assesseringspraktyke soos deur leerders ervaar word;

• identifisering van die vlak van ondersteuning wat ‘n spesifieke leerder benodig; • prioritisering van gehalte-onderwys;

• ondersteuning geskied binne die raamwerk van die onderrigleer- en assesseringspraktyke;

• assesseringspraktyke aan beginsels van geloofwaardigheid voldoen; en

• onderwysers hulle onderrigleer- en assesseringspraktyke ondersoek, aanpas en verbeter.

SSe in die verband speel ’n sentrale rol, omrede die skole rigtingwysers vir die bevordering van onderwys vir leerders met intensiteitbehoeftes moet wees. Indien die bevordering en ontwikkeling van onderwys in die sektor nie aandag geniet nie, sal die realiteit vir die implementering van inklusiewe-onderwys nie tot uitvoering kom nie.

2.4 Spesiale skole as hulpbronsentrums

Vaughn, Bos en Schumm (2003:28) is van mening dat inklusiwiteit ook die addisionele ondersteuningsvoorsiening aan leerders binne die hoofstroom onderwysstelsels vereis. In die Suid-Afrikaanse konteks is ’n tekort aan hulpbronne en ondersteuning in hoofstroom

30

skole geïdentifiseer en het die DoE die noodsaaklikheid vir die vestiging van SSe as HSs7 ingesien (Landsberg, 2005:65).

Landsberg (2005:65) verwys na die fundamentele rol van SSe as HSs om leerders met hoë intensiteitbehoeftes te akkommodeer. SSe sal nie op hulle eie funksioneer nie, maar in samewerking met die DGOS om gespesialiseerde ondersteuning oor die kurrikulum, assessering en onderrig-leersituasie aan ander skole in die distrik te versprei. Die DoE (2007:1) stel dat die ondersteuning wat SSe as HSs aan hoofstroom- en voldiensskole verskaf inklusiewe-onderwys moet bevorder. Landsberg (2005:65) voer aan dat SSe en DGOS ’n samewerkingsnetwerk sal vorm wat die volgende verantwoordelikhede nastreef, naamlik om:

• ondersteuning vir onderwysers van ander skole te bied oor hoe om leerders te ondersteun en te akkommodeer (cf. 2.4.2);

• gespesialiseerde inligting rakende kurrikulum, onderrigleer- en assesseringsaanpassings te bied;

• opleiding te verskaf aan onderwysers vir die bevordering van inklusiewe- onderwys;

• met die gemeenskap te skakel en ondersteuning te koördineer aan skole waar leerders struikelblokke ervaar; en

• beskikbare hulpbronne vir die gemeenskap aan te bied oor hoe om leerders met struikelblokke op ‘n vroeë stadium te identifiseer.

In samehang met die ondersteuningsdienste wat SSe aan die leerders bied, het die DoE die samewerking van die IOS en DGOS versoek. Die geïntegreerde ondersteuningsnetwerk waarop aanspraak gemaak word sal in die volgende afdeling bespreek word.

7 Die navorsing maak gebruik van die term spesiale skole, wat direk sal verwys na spesiale skole as

31