• No results found

HOOFSTUK 3: KWALITEITLEER EN GEHALTE-ASSESSERING VIR

4.9 Navorsingsproses

4.9.2 Toeligtingsessie

4.9.3.2 Deelnemerseleksie

Ary et al. (2010:149) beklemtoon dat die eerste stap in die seleksie van deelnemers aan die navorsing is om die teikenpopulasie te identifiseer. In die geval van die studie is die teikenpopulasie alle leerders wat Lewenswetenskappe as vak in graad 10 in ‘n SS neem. Maykut en Morehouse (1994:45) ondersteun die wyse van doelgerigte deelnemerseleksie, omrede die waarskynlikheid van die veranderlikes wat algemeen in die sosiale verskynsel voorkom verteenwoordigend behoort te wees.

‘n Nie-waarskynlike metode is gebruik om die deelnemers op ’n doelgerigte wyse te selekteer vir deelname, vanweë die beperkte omvang en beskikbaarheid van deelnemers met intensiteitbehoeftes in SSe wat Lewenswetenskappe in graad 10 neem (Ary et al. 2010:155). Cohen, Manion en Morrison (2007:100) voer aan dat die tipe van seleksie voordelig is omrede:

• ‘n diepere begrip van die verskynsel te bekom om assesserings-aanpassingspraktyke in die Lewenswetenskappe vir leerders met intensiteitbehoeftes in graad 10 te ondersoek;

• individue wat nie geskik is vir die navorsing geëlimineer kan word;

• die teikenpopulasie meer verteenwoordigend sal wees omrede die deelnemers spesifiek geselekteer is, en

• dit minder tydrowend en meer koste-effektief is as ‘n wyer populasie.

4.9.3.3 Deelnemers

Die navorsing fokus op die Lewenswetenskappe-assesseringspraktyke wat aangepas moet word om die assesseringsbehoeftes van leerders met verskeie vlakke van intensiteitbehoeftes te akkommodeer. Die vlakke van intensiteit sluit leerders in met:

• hoë intensiteitbehoeftes wat hul basiese funksionering in alledaagse handelinge ernstig beperk en hulle sal struikelblokke ervaar wat moontlik beweging,

144

kommunikasie, visuele en ouditiewe onduidelikheid, kognitiewe funksionering, motoriese vaardighede en gesondheidsbehoeftes insluit (cf. Tabel 2.3); en

• leerders met lae en matige intensiteitbehoeftevlakke wat beperkte ondersteuning vereis.

In die realisering van die algemene doelwit en die spesifieke doelwitte was dit nodig om ‘n deelnemerseleksie te maak van graad 10 Lewenswetenskappe-leerders en -onderwysers wat in SSe in die vyf distrikte in die Vrystaat onderrig ontvang. Slegs een skool voldoen aan die vereistes, naamlik dat:

• die skool as ’n hulpbronskool vir die distrik dien; • ondersteuningsvoorsiening in die skool plaasvind, en • die skool die hoofstroomkurrikulum volg.

Davies (2007:139) bevestig dat vir kwalitatiewe navorsing ’n groot getal deelnemers nie noodsaaklik is nie, maar eerder die ‘aangesig tot aangesig’ interaksie om diepgaande perspektiewe te bekom. Die getal deelnemers vir die studie word in Tabel 4.1 en 4.2 aangedui.

145

Tabel 4.1: Seleksie van leerder-deelnemers

Deelnemer Struikelblok(ke) Konsessie-

voorsiening

Seun Dogter Kode

1 Leerstruikelblok (spelprobleme en lees van woorde)

    D1S 2 Aandagafleibaarheid en leerstruikelblok (lees en spelprobleem) Lees en skryf  D2D 3 Konsentrasiestruikelblok (geheue en groot woorde)     D3S 4 Taalstruikelblok (Afrikaans as tweede taal)     D4D 5 Leerstruikelblok  D5S 6 Leerstruikelblok (leer en spelprobleme) Tyd  D6S

7 Leerstruikelblok (Disleksie) Tyd  D7S

8 Fisiese struikelblok (gestremdheid van bene, loop met krukke en skryf stadig) en visuele struikelblok (dra bril) Lees en skryf en tyd     D8S 9 Aandagafleibaarheid en spelprobleme     D9D

10 Leerstruikelblok (skryf stadig en spelprobleem)

Tyd  D10S

11 Fisiese, spraak en skryfstruikelblok (gebruik rolstoel vir beweging)

Tyd  D11S

Met verwysing na Tabel 4.1 wil dit voorkom dat slegs twee leerders (D8S en D11S) oor hoë intensiteitbehoeftes (vlak 4-5) beskik as gevolg van hul beweeglikheid, visuele en motoriese vaardighede wat hul funksionering in aktiwiteite soos onderrigleer- en assesseringspraktyke ernstig beperk. Die konsessielys soos deur die Lewenswetenskap-onderwyser (DO2M) voorsien het egter aangedui dat leerder (D2D) ingesluit word in die hoë intensiteitbehoeftevlak weens haar aandagafleibaarheid, leer- en leesstruikelblok wat hoë vlakke van ondersteuning vereis (cf. Tabel 4.1). Die meerderheid leerders, soos in Tabel 4.1 aangedui ervaar egter konsentrasie- en leerstruikelblokke wat moontlik lae (1-2) tot matige (3) intensiteitbehoeftevlakke insluit en sommige van die leerders kwalifiseer slegs vir ekstra tyd as konsessie11. Die konsessielys soos verskaf dui egter nie aan op watter intensiteitbehoeftevlak leerders geplaas word nie, maar dui net die ondersteuning aan soos

11 Die gebruik van die term konsessie in die navorsing verwys na die implementering van

assesseringsaanpassings-strategieë (cf. 3.10) wat as ondersteuning vir die hoë intensiteitbehoefteleerder tydens assesseringspraktyke aangebied word.

146

assesseringsaanpassings wat aan sekere leerders voorsien moet word. Weens die sensitiewe aard en beskerming wat aan die leerders verleen moet word kon die presiese intensiteitbehoeftevlak van die leerders nie by die IOS verkry word nie.

Die leerders wat deelgeneem het aan die navorsing moes aan sekere gelykmakende faktore voldoen, naamlik:

• graad 10-Lewenswetenskappe as ’n onderrigvak neem; • oor ’n intensiteitbehoefte/struikelblok beskik;

• deelname aan Lewenswetenskap-assesseringspraktyke hê, en • by ‘n SS/HSs onderrig ontvang.

Verdere verteenwoordigende faktore van die deelnemerseleksie is dat dit: • ‘n heterogene groep van seuns en dogters is;

• onderrig deur Afrikaans- of Engelsmedium ontvang, en

• ‘n diverse groep moet wees wat onder andere verskillende kulture en rasse insluit.

Gelykmakende faktore was ook van toepassing op die seleksie van onderwysers wat aan die navorsing deelgeneem het, naamlik dat hulle:

• graad 10-Lewenswetenskappe moet onderrig;

• reeds deel het aan assesserings-aanpassingspraktyke; en • in ‘n SS/HSs Lewenswetenskap onderrig.

Verdere verteenwoordigende faktore rakende die seleksie van onderwysers as deelnemers aan die navorsing, was dat hulle:

• in Afrikaans- en/of Engelsmedium moet onderrig, en

• onderrig moet verskaf aan diverse groepe leerders van verskillende kulture en/of rasse.

147

Tabel 4.2: Seleksie van onderwysers

Deelnemer Geslag

Aantal jare van onderrig in

Lewenswetenskappe Kode

1 Vroulik 2 jaar inklusief en 5 jaar hoofstroom DO1V

2 Manlik 9 jaar inklusief DO2M

4.9.4 Data-insamelingsinstrumente

Die data-insamelingsinstrumente is saamgestel soos in die literatuur voorgeskryf om die navorsingsvrae te beantwoord. Die gebruik van ‘n verskeidenheid van data- insamelingsinstrumente dra daartoe by dat daar verskillende interpretasies van die verskynsels verkry kan word (Davies, 2007:152; Neuman, 1994:324) wat die geldigheid en betroubaarheid versterk (Maykut & Morehouse, 1994:174).

Data is ingesamel in hierdie studie deur van die volgende instrumente gebruik te maak: Onderhoude met leerders; onderhoude met onderwysers; observasies en ‘n dokument- analise soos bespreek sal word in 4.9.5.

4.9.5 Data-insameling

Die proses van data-insameling vir die kwalitatiewe studie het plaasgevind nadat die instrumente wat gebruik is om die data in te samel, ontwerp is (Maree & Van der Westhuizen, 2007:37). Die navorsing is eie en uniek aan die konteks waarin dit uitgevoer word, daarom is die navorsingsinstrumente dienooreenkomstig ontwerp om die navorsingsprobleemvrae te beantwoord.

4.9.5.1 Semi-gestruktureerde onderhoude

Greef (2005:296) voer aan dat semi-gestruktureerde onderhoude as instrument vir data- insameling buigsaam moet wees ten einde ’n totale beeld van die deelnemer se oortuigings

148

en persepsies asook die verskynsels te kan bekom. Semi-gestruktureerde onderhoudsvrae moet doelmatig geskied om relevante data te bekom om die voorafopgestelde geformuleerde navorsing te beantwoord. Semi-gestruktureerde onderhoudsvoering verskaf aan deelnemers die ruimte om meer openlik hulle persepsies en ervarings te deel aangaande die verskynsel, omrede dit nie deur vooraf-opgestelde vrae gedomineer word nie (Davies, 2007:29; Mertens, 2010:370).

Die samestelling van die semi-gestruktureerde onderhoudsvrae vir die studie is gebaseer op kerntemas soos geïdentifiseer vanuit die literatuurhoofstukke (cf. hfst 2 en 3) (Greef, 2005:297). Die kerntemas van die onderhoudskedule (cf. Addendum F en G) sal die vrae rig en subvrae sal gebruik word indien meer inligting benodig word (Flick, 2002:74). Die onderhoude het op die skoolterrein in private lokale plaasgevind, in tye wanneer deelnemers beskikbaar was en dit nie inbreuk sou maak op die normale verloop van die skooldag nie (cf. Tabel 4.3).

Tabel 4.3: Tydraamwerk vir data-insameling

Deelnemer Datum Tyd Plek

Onderwyser 1 14 Augustus 2013 14:00-14:40 Onderwyser se klaskamer

Onderwyser 2 19 Augustus 2013 16:00-16:45 Onderwyser se klaskamer

Leerder 1 19 Augustus 2013 11:30-12:00 Adjunkskoolhoof se kantoor Leerder 2 19 Augustus 2013 13:00-13:25 Adjunkskoolhoof se kantoor Leerder 3 19 Augustus 2013 14:00-14:30 Adjunkskoolhoof se kantoor

Leerder 4 20 Augustus 2013 8:45-9:15 Adjunkskoolhoof se kantoor

Leerder 5 20 Augustus 2013 14:00-14:20 Adjunkskoolhoof se kantoor Leerder 6 20 Augustus 2013 14:30-15:00 Adjunkskoolhoof se kantoor Leerder 7 21 Augustus 2013 12:00-12:30 Adjunkskoolhoof se kantoor

Leerder 8 22 Augustus 2013 8:00-8:30 Adjunkskoolhoof se kantoor

Leerder 9 22 Augustus 2013 14:00-14:20 Adjunkskoolhoof se kantoor

Leerder 10 23 Augustus 2013 7:30-8:00 Adjunkskoolhoof se kantoor

149

4.9.5.2 Die observasieskedule

Observasies verwys na die sistematiese opname en aantekening van deelnemers se gedrag in ’n gegewe situasie (Nieuwenhuis, 2007a:59). Observasies ondersteun die navorser om dieper insig en begrip van die verskynsels (menslike gedrag) in die natuurlike omgewing te verkry.

Verskeie dimensies van menslike gedrag kan observeer word, maar slegs dit wat van toepassing is, moet aangeteken word om die navorsingsvrae aan te spreek. Data is deur middel van ‘n observasieskedule (cf. Addendum H) ingesamel. Die realiteit soos deur deelnemers beleef in hulle natuurlike konteks, naamlik die Lewenswetenskap-klaskamer, is deur die navorser geobserveer (Strydom, 2005c:275). Die navorser was dus in staat om eerstehandse inligting rakende die assesseringspraktyke binne die SS en hoe die leerders geakkommodeer word, te bekom.

Teen hierdie agtergrond is die observasieskedule opgestel deur toepaslike kategorieë te identifiseer. Tydens die observasies is inligting aangaande die kategorieë asook die implementering daarvan in die bepaalde konteks ondersoek, naamlik:

• watter assesseringsaanpassings-strategieë vir leerders aangebied word: tyd, omgewing, respons, eksterne persoon (cf. 3.10);

• watter leerderstruikelblok teenwoordig is en/of die aanpassings wat geïmplementeer was, dit aan spreek (cf. 3.11.2);

• of ’n verskeidenheid assesseringsbenaderings en die implementering daarvan waarneembaar was (cf. 3.4), en

• of die Lewenswetenskap-klaskamer en/of die fisiese voorkoms vir onderrigleer- en assesseringspraktyk bydraend is tot die ontwikkeling van vaardighede in die leeraktiwiteite en assesseringspraktyke (cf. 3.2.3).

150

• die graad 10-Lewenswetenskap-klaskamer as kernomgewing waarin onderrigleer plaasvind;

• die Lewenswetenskap-onderrigperiodes van 55 minute elk en observasie oor ‘n tydperk van ‘n week;

• die konsessiesaal waarin assesserings-aanpassingspraktyke plaasvind;

• Lewenswetenskap-assesseringspraktyke soos praktiese en teoretiese eksamens; • ‘n vooraf-geskeduleerde observasieskedule waarin die verskeie kategorieë wat

geïmplementeer aangeteken is (Strydom, 2005c:281).

4.9.5.3 Dokument-analise

‘n Derde data-insamelingsinstrument naamlik ‘n dokument-analise is gebruik om relevante dokumente wat verband hou met dit wat nagevors word te ontleed (Strydom & Delport, 2005:314). Vir doeleindes van die studie is die primêre bronne (Nieuwenhuis, 2007b:82), naamlik die onderrigleer-aktiwiteite en alle assessesseringsinstrumente wat gebruik is, ingesamel, ten einde dit te analiseer. Die dokumente is ontleed aan die hand van vooropgestelde kriteria en temas (cf. Addendum I) soos voorgestel in die SAQA- en die KABV-dokumente om die gehalte te bepaal. Die uitkoms van die dokument-analise was bydraende tot die geloofwaardigheid van die assesseringspraktyke soos dit in die Graad 10- Lewenswetenskappe by die spesifieke skool geïmplementeer was.

Die prosedures wat uitgevoer is om data van die dokument-analise te bekom het as volg plaasgevind:

• toestemming is van die Lewenswetenskap-onderwyser ontvang om die relevante dokumente van onderrigleer-aktiwiteite en assesseringspraktyke (formele toetse, eksamenvraestelle en antwoordstelle, praktiese werkskaarte en leeraktiwiteite) te ontleed.

• die ontleding het in skooltyd op die skoolterrein plaasgevind om enige onduidelikhede wat mag voorkom met die onderwyser te kan uitklaar.

151

4.9.6 Data-analise

Data-analise vir die kwalitatiewe studie het geskied soos deur die interpretivistiese benadering uiteengesit om betekenis te gee aan die waardes, persepsies, ervaringe en kennis van deelnemers binne die konteks wat nagevors word (Nieuwenhuis, 2007c:99). Die analise van die kwalitatiewe data is ’n proses waartydens die navorser poog om interpretasies en betekenis te gee soos dit binne die konteks ingesamel is eerder as statistiese meetings (Nieuwenhuis, 2007c:99-100).

Die data-analise volgens De Vos (2005b:333) moet op ’n gestruktureerde en georganiseerde wyse geskied ten einde betroubare en geldige resultate te lewer. Vir die doeleindes van die studie moes die data wat aan die hand van die drie insamelingsinstrumente (semi- gestruktureerde onderhoude, nie-deelnemende observasies en dokument-analise) ingesamel en geanaliseer word ten einde die navorsingsvrae te kan beantwoord.

4.9.6.1 Semi-gestruktureerde onderhoude

Creswell (1998 in De Vos, 2005b:334) voer aan dat data-analise in kwalitatiewe navorsing as nie-liniêr beskou word omrede daar telkens na die oorspronklike data teruggekeer word om die interpretasie van die data duideliker aan die navorser te maak. Die data wat uit die semi- gestruktureerde onderhoude verkry is, is geanaliseer aan die hand van die volgende stappe soos deur De Vos (2005b:334-338) en Nieuwenhuis (2007c:104-111) aangevoer:

• bestuur en organisering van die data; • transkribering van die data;

• identifisering van temas, kategorieë en patrone; • kodering van die data;

• interpretering van data; en • kruisverwysing na literatuur.

152

Die navorser het verskeie kere geluister na die digitale ingesamelde data van die onderhoude en die notas deurgelees wat tydens die onderhoude geneem is om duidelikheid te kry oor hoe om die data te organiseer (Nieuwenhuis, 2007c:104). De Vos (2005b:335) ondersteun die benadering omrede kwalitatiewe navorsing die geleentheid bied vir die identifisering van nuwe temas wat verband hou met die nagevorsde verskynsel. Onderhoude is direk na die afneem daarvan getranskribeer om betroubaarheid te verseker in terme van die interpretasie van die data en om enige onduidelikhede op te volg. Die verskeie onderhoude is woordeliks getranskribeer (Nieuwenhuis, 2007c:104) om die navorser die geleentheid te bied om daarop te reflekteer (is beskikbaar op die CD).

Nadat die onderhoud-data getranskribeer is, is dit herhaaldelik deur die navorser deurgelees vir die identifisering van soortgelyke response wat voorkom (Nieuwenhuis, 2007c:104). Die respons van elke deelnemer is vergelyk met dié van ‘n ander deelnemer om unieke en kerntemas te identifiseer wat mag voorkom (cf. Tabel 5.2 en Tabel 5.4). Die geïdentifiseerde temas in die transkripsies is gekodeer om struktuur en betekenis daaraan te gee. Kodering volgens De Vos (2005b:338) en Nieuwenhuis (2007c:105) is ’n proses van groepering in betekenisvolle analitiese eenhede, deur gebruik te maak van simbole en afkortings om eenhede te onderskei. Die kodering dui op die kollektiewe groepering van betekenisvolle data wat die navorser in staat stel om die data te vereenvoudig. Die interpretering van die data sal die navorser in staat stel om die navorsingsprobleemvrae (cf. 1.2) te beantwoord en met die data van die ander data-insamelingsinstrumente te trianguleer.

4.9.6.2 Nie-deelnemende observasies

Data wat deur die nie-deelnemende observasie in die graad 10-Lewenswetenskap- klaskamer en -assesseringspraktyke ingesamel is, is aan die hand van die vooraf-opgestelde observasiekategorieë en temas geanaliseer (cf. Addendum H) (Nieuwenhuis, 2007b:85). In die geval van die studie is die kategorieë saamgestel soos voorgeskryf in die dokumentasie vir inklusiewe-onderwys wat fokus op leerders met struikelblokke en die implementering van aanpassings binne die onderrigleer- en assesseringspraktyke, om sodoende die gehalte te kan bepaal (cf. 3.5 en 3.7). Die assesseringsaanpassings wat geïmplementeer is, asook

153

ander inligting wat betekenisvol vir die navorsing kan wees is daagliks in die observasieskedule aangeteken (Strydom, 2005c:281).

4.9.6.3 Dokument-analise

Die data soos verkry uit die dokument-analise, is aan die hand van vooraf-opgestelde kriteria geanaliseer (cf. Addendum I). Die vooraf opgestelde kriteria sluit verskeie aspekte in wat in die literatuur bespreek is, waarvolgens die ingesamelde dokumente geanaliseer is ten einde die gehalte van die assesseringspraktyke en kwaliteitleer te ondersoek soos voorgeskryf in die KABV- en SAQA-dokumente.

Kriteria vir die dokument-analise sluit in dat assesseringspraktyke en die aanpassing daarvan moet voldoen aan:

• SAKO-vlakbeskrywers en in die geval op vlak 2 (cf. 3.5.5);

• die voorgestelde kognitiewe vlakke soos omskryf in die KABV vir die Lewenswetenskappe (cf. Tabel 3.7);

• holistiese ontwikkeling van die leerder (cf. 3.5.6);

• belyning tussen die leeruitkomste, leeraktiwiteite en assesseringsinstrumente (cf. 3.3); • geloofwaardige assessering en dat die beoordeling betroubaar, geldig, regverdig en

uitvoerbaar was (cf. 3.5);

• getal voorgeskrewe assesseringspraktyke soos gestipuleer in die KABV (cf. Tabel 3.1); en

• gehalteversekering soos weerspieël moet word in moderering, memorandums en selfevaluering plaasgevind het (cf. 3.6).

4.9.7 Geloofwaardigheid van die navorsing

Die kwalitatiewe studie word gerig deur die interprevistiese paradigma waarin die navorser ’n aktiewe rol speel in die navorsingsproses (cf. 4.2). Die navorser was verantwoordelik vir die opstel van die data-insamelingsinstrumente en ook vir die insameling van die data. Die

154

navorser het ten alle tye gepoog om objektief te bly. Teen die agtergrond het die navorser verskeie stappe gevolg om te verseker dat die data en die interpretasie daarvan aan kriteria soos triangulering, waarheidswaarde, toepaslikheid, konsekwentheid en objektiwiteit voldoen. (De Vos 2005b: 345-347; Maree & Van der Westhuizen 2007:38) (cf. 4.9.71- 4.9.7.5).