HOOFSTUK 2: LEWENSWETENSKAPPE IN ‘N INKLUSIEWE-ONDERWYSKONTEKS
2.7 Die leerder in die onderrig-leersituasie
2.7.3 Intensiteitbehoeftevlakke van leerder met struikelblokke
2.7.3.3 Hoë intensiteitbehoeftevlakke
Vir die doeleindes van die studie sal spesiale aandag aan die leerders met hoë intensiteitbehoeftes en die nodige ondersteuning wat deur hulle vereis word geskenk word. Leerders wat binne die bestaande raamwerk van ’n hoë intensiteitbehoefte is, word in vlakke 4-5 geplaas. Leerders met struikelblokke binne die vlakke sal intense ondersteuning en bystand vereis, wat mediese, terapeutiese en sielkundig van aard is. Onderwys voorsiening sal hoofsaaklik binne die kapasiteit van SSe en voldiensskole geskied vir volle ondersteuningsvoorsiening aan die leerder (DoE, 2007:7).
Leerders met hoë intensiteitbehoeftes volgens die DoE (2005d:15) sal aanspraak kan maak op die volgende ondersteuningsbehoeftes:
Vlak 4:
• vereis volle ondersteuning, omrede deelname slegs in sekere aktiwiteite sal kan plaasvind;
• vereis addisionele gespesialiseerde ondersteuning in verskeie areas;
• deurlopende monitering en fasilitering en deelname om te verseker dat leeruitkomste gedemonstreer word; en
• volle bystand en goeie beplanning aan die kant van die DGOS en IOS.
Vlak 5:
• vereis volle ondersteuning, omrede deelname ernstig beperk is in sekere areas; • hoë vlakke van implementering en beplanning vir gespesialiseerde leerprogramme;
en
• vereis aanpassings wat op ’n deurlopende basis in alle areas gemonitor word.
So ‘n leerder sal byvoorbeeld beperk wees tot sy algemene beweging in die klaskamer en sal volle ondersteuning moet ontvang ten opsigte van beweeglikheid vir die deelname en uitvoer van leeraktiwiteite. Om duidelikheid te verkry oor die leerder se funksionering en die impak van die struikelblok(ke) op byvoorbeeld beweging en/of visuele duidelikheid word daar in die SIAS-dokument onderskeid getref tussen die verskeie vlakke waarop
50
leerders funksioneer. Die vasstelling van die intensiteitbehoeftevlak sal geskied aan die hand van die SIAS-dokument wat deur alle deelnemende partye en/of rolspelers, naamlik: DGOS, IOS, onderwysers, ouers en professionele persone van die SS voltooi moet word. Die assesseringsvorm, (cf. Tabel 2.3) vir hoë intensiteitbehoeftes sal in die studie ingesluit word met spesifiek fokus op die basiese ondersteuning van assesserings- aanpassingspraktyke vir die Lewenswetenskappe.
51
Tabel 2.3: Assesseringsvorm vir leerders met hoë intensiteitbehoeftes soos voorgeskryf in die SIAS-dokumente
(Aangepas uit DoE, 2005d:108-118; 2008b:32-35; 2008c:36-43)
VLAKKE VAN LEERDER FUNKSIONERING
HOË INTENSITEITBEHOEFTE- VLAKKE (4-5)
BASIESE ONDERSTEUNING EN TOERUSTING AAN LEERDER VOORSIEN BEWEEGLIKHEID VAN DIE LEERDER
Beweging in en uit die sitvlak Nie in staat om alleen te beweeg nie. • Eksterne persoon ondersteuning (amanuensis en leser)
• Verstelbare tafels en stoele • Vergrote rekenaar sleutelbord • Prosteses en kunsmatige ledemate • Rolstoele, looprame, krukke
• Rekenaargebaseerde-stemsintetiserende programmatuur
• Diktafoon, band en video-opnames Loop/rolstoel beweeglikheid Beweging baie beperk (minder as 10 meter).
Baie stadig met gereelde rusbreuke.
Algehele klaskamerbeweeglikheid Min of geen beweging sonder hulp, vereis ondersteuningstoerusting vir beweging.
KOMMUNIKASIEVAARDIGHEDE
Verstaan die leerder wat ander mense sê
Nie in staat om betekenisvolle kommunikasie te verstaan nie.
• Rekenaar-kommunikasieprogrammatuur (stemsintetiseerder).
• Band- en video-opnames.
• Eksterne persoon: amanuensis en leser. • Interaktiewe witbord.
• Rekenaargebaseerde-opvoedkundige programmatuur.
Kan die die leerder hom/haarself verstaanbaar uitdruk
Gebrekkige uitdrukking vereis ondersteuning.
Kommunikasieprobleme a.g.v strukturele aantasting en ander struikelblokke.
Kan die leerder ’n gesprek voer Leerder is nie in staat om gesprekke te voer.
Gefragmenteerde uitdrukkings met die behoefte vir bevraging deur die luisteraar.
Geskrewe kommunikasie en illustrasies
Leerder kan nie geskrewe kommunikasie en illustrasies verstaan nie en benodig aanpassingspraktyke.
Algehele klaskamer kommunikasie Leerder vind dit moeilik om te kommunikeer en vereis hulp vanaf amanuensis, rekenaarprogramme en ondersteuningstoerusting.
52
VISUELE DUIDELIKHEID
Vermoë om vorms, illustrasies en diagramme te identifiseer vanaf ’n nabye afstand
Leerder kan nie voorwerpe vanaf ’n meter herken nie. Vind dit moeilik om te lees en skryf (swaksiende) en vereis brail-toerusting (blinde leerder).
• Grootdruk toetsbord vir die rekenaar. • Hand-aangedrewe vergrootglas. • Rekenaar-vergrotingsprogrammatuur.
• Teksleser en stemsintetiserende programmatuur.
• Oorfone en FM-gehoortoestelle.
• Eksterne persoon: amanuensis en leser.
• Kleurkaarte en grootdrukuitgawes van inhoud en assessering.
• Brail-leerinhoud en -toerusting. • Kringtelevisie projektering.
Algehele klaskamervisie Leerder wat swaksiende is vereis
ondersteuningstoerusting en eksterne persoon. Moet voor in die klaskamer sit vir verbeterde visuele duidelikheid.
Blinde leerder sal intensiewe ondersteuning vereis in die gepaste omgewing van ’n SS wat daarin kan voorsien.
OUDITIEWE DUIDELIKHEID
Klankherkening vanuit nabye omgewing
Algehele of gedeeltelike onvermoë om klanke te hoor en herken.
• FM-gehoorstelsel en oorfone • Gehoortoestelle.
• Kogleêre inplantings.
• Opvoedkundige video’s en bandopnames • Eksterne persoon: gebaretaal interpreteerder,
amanuensis en leser.
• Opvoedkundige rekenaarprogrammatuur
Klankherkening in die
teenwoordigheid van van meer as een persoon wat praat (geraas)
Leerder kan slegs ’n gesprek uitvoer in ’n stil area. Stadige kommunikasie en goeie beligting vir liplees. Gesprekke is baie beperk of nie moontlik nie. Algehele klaskamergehoor Vereis om naby onderwyser te sit en
ondersteuningstoerusting soos: gebaretaal interpreteerder en FM-gehoorstelsel.
INTERPERSOONLIKE INTERAKSIES
Basiese interpersoonlike interaksies (sosialisering)
Gedrag gekenmerk deur ernstige afwykings en abnormale sosiale funksionering (psigologiese gevalle). In staat tot sosialisering op beperkte situasies.
• Rusbreuke en addisionele tyd gedurende onderrig-leersituasie.
• Verplasing na ’n ander omgewing en sitplek organisering.
• Taak-analise en vermindering van werklading. • Eksterne persoon: amanuensis
• Groepwerk-aktiwiteite
• Gebruik van rekenaarprogrammatuur Hantering van spanning Leerder kan nie spanning hanteer nie en vind uitlating
deur onvanpaste gedrag te demonstreer.
Hantering van werklading Min of geen vaardighede tot die hantering van werklading en voltooiing van akademiese werk nie. Algehele klaskamer
interpersoonlike interaksies
Leerder vind dit moeilik om saam met ander te werk en vereis ondersteuning vanaf eksterne persoon en toerusting.
53
KOGNITIEWE FUNKSIONERING
Verstaanbaarheid van konsepte,
probleemoplossing en
veralgemenings
Leerders is in staat tot basiese vaardighede, maar benodig ondersteuning en kurrikulum aanpassings. Gedeeltelik in staat tot probleem oplossing, maar vereis die toediening van verskeie leidrade.
• Taak-analise van inhoud en assessering. • Eksterne persoon: amanuensis en leser. • Opvoedkundige-rekenaargebaseerde
programmatuur.
• Stemsintetiserende programmatuur. • Diktafoon, band- en video-opnames. • Interaktiewe witbord.
Geheue (memorisering) Herroeping van kort- en langtermyn gebeure met besonderhede
Swak herroeping van besonderhede in gebeure. Vereis dat inhoud vereenvoudig moet word.
Inhoud moet in breuk gedeeltes aangebied word met ondervraging en konstante herroeping.
Taalvaardighede (lees, luister, skryf en praat)
Leerder kan slegs vaardighede gedeeltelik demonstreer en vereis deurlopende ondersteuning vanaf eksterne persoon en toerusting.
Wiskundige en wetenskaplike vaardighede
Besit geen of min begrip van die konsepte en vereis kurrikulumaanpassings.
Algehele klaskamer kognitiewe funksionering
Leerder vereis intensiewe onderrigleer-ondersteuning, waarin die inhoud vereenvoudig moet word.
MOTORIESE VAARDIGHEDE
Skryf van onderrigleer- en assesseringsaktiwiteite
Leerder slegs in staat tot gedeeltelike voltooiing van geskrewe assesseringsinstrumente.
Vereis addisionele tyd en verkorte aktiwiteite.
• Vasgehegte kopdrukker. • Vergrote sleutelbord. • Eenhandbeheersleutelbord en skakelaars • Stemherkennings en sintetiserende programmatuur. • Band-en video-opnames.
• Eksterne persoon: amanuensis en leser. Teken van sketse en diagramme Nie in staat tot die teken van enige sketse en diagramme
nie. Hantering van voorwerpe en toerusting
Leerder is nie in staat om voorwerpe te hanteer nie. Ondersteuningstoerusting moet saam met ‘n eksterne persoon hanteer word.
Algehele klaskamer motoriese funksionering
Leerder met fisiese struikelblok sal voorwerp en toerusting nie kan hanteer nie. Leerders met ander struikelblokke sal wel in staat wees.
GESONDHEIDSBEHOEFTES
Kroniese siektetoestand Gereelde afwesigheid a.g.v. hospitalisasie of siektetoestand
Die kroniese siek leerder se ondersteuningsbehoeftes en -toerusting sal op grond van die erns van die siektetoestand bepaal word, wat binne die kapasiteit van die skool is. Algehele klaskamer
gesondheidsbehoeftes
Eksterne hulp en ondersteuning vanaf verpleegster of professionele persone om akademiese werk te bemeester
54
Die SIAS-assesseringsvorm (cf. Tabel 2.3) om leerders met hoë intensiteitbehoeftes te identifiseer en evalueer, toon nie aan hoe die leerder tydens assesseringspraktyke ondersteun moet word nie. Die voorsiening van assesserings-aanpassingspraktyke sal waar moontlik deur die navorser aangevul word soos dit in die literatuur aangeteken is. Die verskeie leerder struikelblokke soos deur die DoE aangedui sal aan die hand van die volgende afdelings in Addendum J bespreek word:
• Definisie van die struikelblok • Manifestasie van die struikelblok • Rol van die onderwyser
• Aanpassings en ondersteuning • Intensiteitbehoeftevlak
Die plasing van die leerder met ’n struikelblok in ’n intensiteitbehoeftevlak vir die studie sal slegs as ’n aanduiding van die moontlike vlak dien. Die aanduiding sal alleenlik gebruik word om assesserings-aanpassingspraktyke in die Lewenswetenskappe as vak te rig.
Vanuit die tabelle in Addendum J blyk dit dat die leerder wat ’n struikelblok ervaar en oor intensiewe ondersteuningsbehoeftes beskik, binne ’n bepaalde onderrigomgewing geplaas moet word om aan die leerder se behoeftes te voldoen. Dit sal uit die aard van die ondersteuningsbehoefte dus baie van die leerder en ook die onderwyser verg om kwaliteitleer en gehalte-assessering te verseker (cf. 3.2.1 en 3.5). Uit die moontlike aanpassings wat gemaak kan word in die onderrig-leersituasie wil dit voorkom dat daar wel moontlike oplossings gevind kan word vir die spesifieke leerders. Die oplossings kan onder andere in moontlike aanpassing van die kurrikuluminhoud as derde komponent van die onderrig-leersituasie ondersoek en gevind word.