• No results found

HOOFSTUK 3: KWALITEITLEER EN GEHALTE-ASSESSERING VIR

3.3 Belyning in assesseringspraktyke

Biggs (2003a:27) en McMillan (2011:88) beskryf belyning as die mate waartoe komponente van die kurrikulum, naamlik lesuitkomste, onderrigleer-aktiwiteite en assessering met mekaar geïntegreer is om die spesifieke doelwitte/uitkomste te bemeester volgens die voorgestelde SAKO-vlakbeskrywers (cf. 3.5.5); en KABV kognitiewe vlakke (cf. 3.5.6.1). Konstruktiewe belyning sluit twee prosesse in, naamlik die:

74

• die onderwyser wat die leeraktiwiteite en assesseringspraktyke met die beoogde uitkomste moet belyn (Biggs, 2003b:1).

Die konstruktiewe belyningsproses begin met die beoogde uitkomste (U) wat die leerders moet bemeester en demonstreer en daarna word onderrigleer-aktiwiteite (A) en assesseringsinstrumente (AP) gebruik om die uitkomste te meet (Pahad (1998) in Reddy, 2004:33). Die leerder moet ingelig wees rakende die uitkomste wat bemeester moet word (cf. 3.5.3 en Tabel 3.1) ten einde kwaliteitleer te verseker. In die KABV vir die Lewenswetenskappe is vaste voorgestelde leeruitkomste (cf. 3.2.1) wat leerders moet bemeester en is dit die verantwoordelikheid van die onderwyser om dit te belyn met die geskikte onderrigleer-aktiwiteite en assesseringsinstrumente. In Figuur 3.3 is ‘n voorstelling van hoe belyning moet verloop in terme van die genoemde komponente en die vlakke (V) waarop dit moet geskied soos voorgestel deur Biggs (1999:27).

75 ONDERRIGLEER- AKTIWITEITE Ontwerp om gewensde werkwoorde te genereer. Aktiwiteite kan:

beheer word deur die onderwyser

beheer word deur die portuur of gelyke

Selfbeheersd

wees, soos wat dit die konteks die beste pas.

KURRIKULUMUITKOMSTE Uitgedruk as aksiewerkwoorde wat

leerders moet uitvoer

ASSESSERINGS- TAKE

Evalueer hoe goed die teikenwerkwoorde in konteks benut word.

Die hoogste vlak werkwoord wat gemanifesteer moet word, word die finale punt

(bv. A, B, C of D). A

Die heel beste begrip wat redelik verwag kan word: kan werkwoorde bevat soos

hipoteseer, dit kan van toepassing wees op ‘vae’ domeine ens.

B

Hoogs bevredigende begrip:

Kan aksiewerkwoorde bevat soos: verduidelik, los op, analiseer, vergelyk,

ens. C

Taamlike bevredigende leer met begrip op ‘n verklarende vlak: werkwoorde soos:

brei uit, klassifiseer, verduidelik, dek onderwerpe a tot n.

D

Begrip op ‘n vlak wat ‘n slaag sal verseker: laevlak-werkwoorde, ook

onvoldoende, maar herwinbare hoër vlak pogings.

Figuur 3.3: Belyning van kurrikulumuitkomste, onderrigleer-aktiwiteite en assesseringstake

(Biggs, 1999:27)

Elliot et al. (2001:31) voer aan dat wanneer die uitkomste, onderrigleer-aktiwiteite en assessering met mekaar belyn is, die algemene prestasies van leerders kan verbeter, omrede die leerder ingelig is wat van hom/haar verwag word. Belyning tussen leeraktiwiteite en assessering is verder gemoeid met aspekte van gehalte-assessering soos geldigheid en

76

betroubaarheid (McMillan, 2011:88), omrede dit wat onderrig word geassesseer sal word en moet ’n verskeidenheid van assesseringsinstrumente geïmplementeer word om die leerder geleentheid vir maksimum deelname om die vaardighede te demonstreer.

Die KABV (DBE, 2011b:4) vir Lewenswetenskappe dui aan dat daar ’n balans moet wees tussen lae orde en hoër orde kognitiewe vrae ten einde die uitkomste te bemeester. In Afdeling 3.5.6.1 word daar verwys na progressiewe ontwikkeling in die kognitiewe domein en is dit egter belangrik om te onthou dat leerders op dieselfde vlak as wat die uitkoms gestel is geassesseer moet word. Figuur 3.4 is ‘n voorbeeld hoe belyning in graad 10 vir Lewenswetenskappe sal geskied.

Figuur 3.4: Voorbeeld van belyning in die Lewenswetenskappe

Vir die leerder om die uitkomste suksesvol te bemeester en kwaliteitleer te ervaar moet die assessering belyn wees met die inhoud en leeruitkomste en ook voldoen aan die beginsels vir kwaliteitleer. In besonder is dit ook van toepassing op leerders wat ’n intensiteitbehoefte ervaar.

In die volgende voorbeeld word belyning getoon vir ’n leerder met en ’n leerder sonder ’n intensiteitbehoefte voor.

Lesuitkomste: Leerders moet aan die einde van die les in staat wees om ’n DNS-

model te illustreer en beskryf.

Beoogde uitkomste Leerders moet aan die

einde van die les in staat wees om tussen verskillende grondprofiele

te onderskei

Assesseringstaak Voltooi die opdrag in die

PRAKTIESE WERKSKAART deur die verskillende grondprofiele te benoem en die verskille

te beskryf Onderrigleer-aktiwiteite Leerders moet verskillende grondsoorte insamel en die grondprofielsamestellings analiseer en die eienskappe tabuleer

77

Leeraktiwiteit vir leerder sonder ’n intensiteitbehoefte: Leerder illustreer met behulp

van verskeie materiale en toerusting ’n DNS model.

Figuur 3.5: Leerders konstrueer ’n DNS-model uit herwonne plastiekkoeldrankbottels en

blikkies

(Verkry vanaf: www.junkDNA.com) (www.rcsb.org)

In Figuur 3.5 word waargeneem dat die leerders van psigomotoriese vaardighede gebruik moet maak om die modelle te kan bou. Die leerders is dus aktief besig deur van voorafkennis gebruik te maak om die model te illustreer. Vir die leerder met ’n hoë intensiteitbehoefte (fisiese struikelblok: amputasie van bene (rolstoel-gebonde) sal dit heel moontlik nie uitvoerbaar wees nie, omrede die aktiwiteit sekere fisiese vaardighede (gebruik van bene) vereis waartoe die leerder nie in staat is nie. Die leeraktiwiteit moet dus aangepas word om die beginsel van regverdigheid in assessering te verseker, asook om die leerder die geleentheid te bied om die uitkomste te demonstreer.

Leeraktiwiteit vir die leerder met ’n intensiteitbehoefte: Leerder sal die DNS-model deur middel van strooitjies of ‘n plakkaat illustreer, waar die leerder nie beperk word deur sy/haar amputasie van bene nie.

78

Figuur 3.6: Leerder besig om ’n DNS-model te illustreer uit koeldrankstrooitjies en krale

(Verkry vanaf: dnamodelwide.com)

Figuur 3.7: Leerder met ’n intensiteitbehoefte illustreer die DNS-model op ’n plakkaat

In beide gevalle het die leerders die leeraktiwiteit uitgevoer en die uitkoms bereik, naamlik om ’n DNS-model te illustreer. Alhoewel die eindproduk verskil, was beide leerders aktief betrokke tydens die proses om nuwe kennis te konstrueer.

Die genoemde assesseringsbenaderings wat in die Lewenswetenskappe geïmplementeer word kan aan die onderwysers waardevolle inligting van die leerder voorsien wat gebruik kan word om die intensiteitbehoeftes en enige probleme wat leerders tydens die onderrigleer- en assesseringssituasie ervaar te identifiseer.

79