• No results found

HOOFSTUK 3 Thalia Toneel

3.1 Toere van die Toneelvereniging

Die toer per trein van 1929 is die eerste van sy aard wat deur studente van die PUK onderneem is. Die vyf-en-dertig mans en vier meisies het elf dae per trein getoer (Anon., 1929a:5). Die toneelstuk was As die tuig skawe, onder leiding van JP Pretorius (Anon., 1929a:18).

Die volgende jaar is weer ’n toer gereël. Die toneelstuk Van Riet van Rietfontein is op 14 plekke opgevoer in die Suid-Vrystaat en Oos-Kaap (Anon., 1930a:27). Die verslag daaroor in Die Besembos beskryf die toer as ’n groot sukses (Anon., 1930b:18) en vervolg:

Oor die gehalte van die opvoerings is met lof gepraat. So skryf dr Haden Guest, ’n Engelse geleerde wat ons op Venterstad gehoor het, in die Outspan van 22 Augustus 1930: ‘This is not a dramatic criticism or I should do more than pause to record the high level of the acting and the artistic interest of the play. The student actors, men and women, were keen and very capable: the audience keen and appreciative.’

In 1931 word die derde toer onderneem. Dié keer word ’n toneelstuk opgevoer en rugby- en

tennisspanne gekies om te speel teen spanne van die dorpe waar hulle aandoen (Du Plooy, 1931:23). Die toneelstuk was Sy geboortereg wat onder spelleiding van FJ Labuschagne, ’n lektor in Afrikaans- Nederlands, opgevoer is. Ten spyte van voorbereidings, onder meer deur Labuschagne, is daar in 1932 nie getoer nie (Anon., 1932:21).

Die toneelstuk vir 1933 was Die drie Van der Walts. “Orals is aan die opvoerings baie lof toegeswaai en soveel uitnodiginge vir opvoeringe is ontvang dat sommige van die hand gewys moes word.” Benewens die toer is verskeie opvoerings op Potchefstroom gehou, onder meer by skole en by verenigings (Jonker, 1933:16).

Nadat die Toneelkomitee, onder wie se leiding die toneelstukke waarmee op toer gegaan is, in 1934 nie aktief was nie, is daar in 1935 ’n Dramatiese Vereniging gestig. Die Vereniging het vanaf dié jaar die reëlings vir die opvoer van die toneelstuk getref. Dié jaar is Die handelaar van Venesië op die planke gebring (Coetzee, 1956:75). In die toerverslag word mev Aletta Nel bedank dat sy dié

51

Vereniging beskikbaar gestel het (Anon., 1935:30). Lektor Labuschagne was weer die regisseur en die toerverslag meld dat drie vertonings gekanselleer is (Pretoria, Warmbad en Krugersdorp), terwyl die trein eers 23:00 die aand op Pietersburg aangekom het, wat beteken het dat hulle nie daar kon optree nie.

In die eerste Die Veteraan wat in 1936 verskyn het (Anon., 1936:10), word berig dat ’n

studentegroep dié jaar gedurende Julie-Augustus onder leiding van prof GTS Eiselen getoer het na dele van Transvaal, Kaapland en die Vrystaat en die toneelstuk Die nuwe Lewe opgevoer het. “Die onderneming was besonder suksesvol en sal ongetwyfeld veel bydra om die PUK meer bekend te maak. Die studente verdien alle lof vir hulle opoffering en ywer.”

Die volgende jaar Transvaal, Natal en die Vrystaat besoek met die toneelstuk En hadde de liefde niet (Anon., 1937a:25). Die toer was onder leiding van dr Theron. Die berigskrywer vir Die Veteraan meld egter dat daar in die toekoms meer aandag gegee moet word aan die “voorbereidende

organisasiewerk”. Die toer het ’n opbrengs van £100 vir die boufonds opgelewer, dieselfde as in 1936.

In 1938 het die “toer deurgeval” (Kruger, 1938:22). Die volgende jaar word berig dat die Dramatiese Vereniging ontsaglike groot werk gedoen het.

Die drama Die Vooraand van JRL van Bruggen is ingeoefen en daarmee is ’n aantal naweektoere onderneem na verskillende plekke in die Wes-Transvaal en op die Rand. Verder is op ’n uiters moeilike tydstip van die jaar, nl. In die laaste kort vakansie, ’n veertiendaagse toer deur Noord- Kaapland onderneem. Vroeër die jaar het dit onmoontlik geblyk.

Ongelukkig is die totale koste nie ’n weerspieëling van die werk wat gedoen is nie. Dit is te wyte aan groot onkoste wat veral met die naweektoere gepaard gegaan het en aan die feit dat die

oorlogstemming miskien die entoesiasme vir toneelopvoeringe enigsins gedemp het (Coetzee, P.J., 1939:21).

52

ILLUSTRASIE3.2 PROF FJ(LAPPIES)

LABUSCHAGNE.IN 1986 HET DIE

DEPARTEMENT AFRIKAANS-

NEDERLANDS ’N

HULDIGINGSAAND VIR PROF

LABUSCHAGNE GEHOU OM SAAM TE VAL MET SY 91STE VERJAARDAG.PROF JACQUES VAN DER ELST, WAT TOE DEPARTEMENTSHOOF WAS, HET

’N OORKONDE AAN HOM OORHANDIG (GOUWS, 2010A:25;FOTOKUNS, 1986B).

Tussen 1940 en 1947 blyk dit dat die Dramatiese Vereniging doodgeloop het. Die “oorlogstemming,” waarin die verslag 1939 gemeld word, blyk die belangrikste rede hiervoor te wees. WJ de Klerk skryf in die April 1948-uitgawe van Wapad: “Alhoewel die vereniging sy bestaan in die verlede nog nie kon regverdig nie, is ons tog van plan om vanjaar die fondamente van die Toneelvereniging so sterk moontlik te lê” (De Klerk, 1948:7). De Klerk sê dat die toneelvereniging nie net vir mense is wat belangstel om toneel te speel nie. Ander “wat nie kan of wil toneelspeel nie” is ook welkom om aan te sluit en dit word beoog om vir hulle klasse in grimering en die bou van dekor aan te bied. Die Toneelvereniging het ene Verheyen uitgenooi om die PUK te besoek. Hy sou op 30 April die toneelstuk Schuld en Boete van Dostoyevsky opvoer en sou al elf die rolle in die toneelstuk vertolk. Die Besembos bevestig dat ’n toneel- en voetbaltoer in 1948 onderneem is (Anon., 1948a:92). Die eerste optrede was op Krugersdorp en daar is ook aangedoen op Potgietersrus, Pietersburg, Tzaneen, Magoebaskloof, Komatipoort, Barberton, Badplaas, Nelspruit, Machadodorp, Belfast Middelburg en Witbank. Die eerste optrede in Krugersdorp was nie goed bygewoon nie (Anon., 1948a:92) “Ons speel vir ’n klein klompie mense en verder rye en rye stoele wat lyk asof hulle met uitdrukkinglose oë na ons staar. Maar dis verby.”

In 1949 is nog ’n uitgebreide toer onderneem deur die Wes-Transvaal, Noord-Kaapland en Sentraal- Vrystaat. Boonop het hulle toneelstuk ’n eerste plek in die eerste ronde van die FATSA-feeste behaal (Anon., 1949c:101).

53

ILLUSTRASIE3.3BO:DIE PUK-TONEELGESELSKAP HET IN 1949 PER TREIN GETOER (ANON.,1949A).

ILLUSTRASIE3.4LINKS:VOORDAT DIE TONEELVERENIGING VAN DIE

PUK AS THALIA BEKENDGESTAAN HET, WAS DIT DIE PUK

TONEELVERENIGING.HIERDIE IS DIE PROGRAM VAN DIE VERENIGING SE DINEE VAN 1949(ANON.,1949B).

Dit word gevolg met ’n uitgebreide toer deur Oos-Kaapland en die OVS. WJ de Klerk (1950:18) berig in sy jaarverslag: “Die toer was ’n kostelike advertensie vir die PUK.”

Die Toneelvereniging voer dié jaar die eerste keer ’n Engelse toneel op. Dié eenakter Sunset in September is ook ingeskryf vir die ASB (Afrikaanse Studentebond) se toneelkompetisie. Die Afrikaanse toneelstuk wat tydens die toer opgevoer is, Mama het Planne, is ook vir die ASB-

kompetisie ingeskryf. Die PUK het dié jaar die meeste inskrywings vir dié fees gehad. Later die jaar is dit op versoek ook in die Potchefstroomse stadsaal opgevoer (De Klerk, 1950:18).

54 ILLUSTRASIE3.5

DIE PROGRAM VAN ’N KONSERT WAT THALIA OP 11 SEPTEMBER 1951 GEHOU HET, WAARSKYNLIK DIE OUDSTE PROGRAM VAN THALIA WAT BEHOUE GEBLY HET

(THALIA,1951).

ILLUSTRASIE3.6

’N BRIEF VAN GELUKWENSING VAN DIE REKTOR, PROF

FERDINAND POSTMA, AAN THALIA OP 7AUGUSTUS

1948, NA ’N OPVOERING OP 6AUGUSTUS (POSTMA, 1948).