• No results found

Departement Ontwikkeling se bemoeienis met die Alabama Studentegeselskap

HOOFSTUK 2 Literatuurstudie en agtergrond ten opsigte van die beoefening van kunskulturele

2.5 Benutting van uitvoerende studentegroepe vir werwing en bemarking

2.5.4 Departement Ontwikkeling se bemoeienis met die Alabama Studentegeselskap

Na Bingle se oorsese besoek is daadwerklike pogings aangewend om fondsinsamelingsprosesse en bemarkingsgeleenthede aan te gryp (Van Eeden, 2006:62).

Die groot klem wat op skakeling met Alumni gedoen is (en steeds gedoen word) (NWU, 2014a), sny aan by Bingle se opmerking: “hulle organiseer hulle oudstudente tot in die fynste besonderhede en hulle verbind die mense met onverbreekbare koorde aan hulle Alma Mater deur in ruil vir die toegeneentheid aan te bied verdere akademiese vorming en sosiale en sportbyeenkomste”. Bingle merk ook op dat “hulle publiseer in die pers, radio en televisie op ’n skaal wat ’n mens jaloers maak”.

29

Nie alleen het mediaskakeling daarna binne die Departement Ontwikkeling begin beslag kry nie, maar die televisieoptredes wat Alabama en die Koor later gehad het, sny beslis hierby aan.

Bingle was van mening dat die “ontwikkelingsdepartement nooit ’n geldsaak moet wees nie. Daar is ander dinge, gesindhede, wat veel belangriker is as geld. En daardie gesindhede moet mens op ’n ander manier kweek as die wyse waarop jy net jou universiteit verkoop ter wille van geld” (Kruger, 1969:9).

Die Departement Ontwikkeling het in 1967 tot stand gekom, nadat die Uitbreidingsdepartement se naam verander is. Dr JF O’Grady is in 1962 as “uitbreidingsbeampte” aangestel en hy was hoof van die Departement Ontwikkeling tot mnr HM Robinson in 1968 dié pos gevul het (Van Eeden, Bütow & Ryke, 2006:383).

’n Artikel wat op 31 Maart 1966 oor die PU vir CHO in die studenteblad van die Universiteit van Natal, Nux, verskyn het, het verrykende gevolge aan die PU gehad. Die PU se studenteblad, Wapad, berig op 27 April 1966 daaroor en beskryf dit as ’n “smeerartikel”. Wapad haal Nux se artikel aan: “’Aan die PU heers ’n hoërskoolatmosfeer wat die besoeker verras. Studente word nie soos volwasse en opgevoede mense behandel nie, maar is onderhewig aan regulasies soos in kosskole . . . Indien ’n lesing nie bygewoon word nie, word die studente soos ongehoorsame kinders gestraf’” (Anon., 1966d:1).

Dit blyk dat die PU daarna hand in eie boesem gesteek het en besluit het om stappe te neem om dié beeld, wat ’n “eng hoërskoolatmosfeer” reflekteer, te probeer verander en die Universiteit in ’n meer positiewe lig te stel.

Later in 1966, na die Alabama Studentegeselskap se optrede tydens die Lentekonsert, het die latere direkteur van die Departement Ontwikkeling, mnr HM Robinson, sekere voorstelle aan Alabama se musiekleier, Johan van Rensburg (Van der Walt, 1993:7), gemaak wat aanleiding gegee het tot die skep van die eerste revue-aanbieding van Alabama. Dit was dus duidelik dat die goeie “gesindhede” wat vir Bingle belangrik was, gekweek moes word en optredes van Alabama is gesien as ’n manier waarop dit gedoen kon word.

Die revue-styl aanbieding van Alabama het die groep landswyd bekend gemaak. Alabama was die eerste groep wat ’n revue geskep het (Van der Walt, 1993:20) en daar was gou na-apers, maar niemand kon dieselfde sukses behaal nie. Dié momentum van Alabama se sukses is vir meer as veertig jaar behou tot in die nuwe millennium, waarna die groep in 2007 die laaste keer ’n produksie op die planke gebring het (Bütow, 2007a:1). Redes vir die staking van die Alabama-produksies is hoofsaaklik hoë kostes en die gebrek aan toewyding van studente (Bütow, 2014a).

30

Johan van Rensburg reken dat Alabama instrumenteel daarin was om die PUK se beeld te verander van ’n eksklusiewe Afrikaanse universiteit vir lede van die Gereformeerde Kerk, tot ’n gesogte Afrikaanse universiteit (Van Rensburg, 2014). Die poging om die Alabama Studentegeselskap in te span as werwingsinstrument het dus duidelik vrugte afgewerp en skep ’n verband tussen die groei van die PU vir CHO en hierdie georganiseerde uitvoerende studentegroep.

Die Alabama Studentegeselskap was egter nie die enigste groep wat vir hierdie doel aangewend is nie. Nadat dit ’n paar keer vroeër herstig is, bestaan die PU-Koor sedert 1971 onafgebroke en het sedertdien die Universiteit nasionaal en internasionaal bekend gemaak (Anon., 1971a). Teen 1991 is hulle gereken as een van die voorste kore in die land (Van Niekerk, 1991) en in 2011 het die koor in Praag in die Tsjeggiese Republiek ’n internasionale koorwedstryd gewen (NWU, 2012a). In 2014 het hulle goue medaljes in albei die kategorieë waarvoor hulle ingeskryf het gewen, tydens die

Wêreldkoorspele (NWU, 2014b). Dié Wêreldkoorspele word gereken as die Olimpiese Spele vir kore en is gehou in Riga, Letland (Venter, 2014a).

Nie net die Koor en Alabama nie, maar al die uitvoerende studentegroepe van die PUK was benewens die waarde wat dit vir die Universiteit ingehou het, vir die studente wat daaraan deel gehad het, een van die hoogtepunte van hulle studentejare (Gouws, 2013). Die bestuur van die PU vir CHO het in die sestigerjare die waarde hiervan besef en daadwerklike pogings aangewend om die sukses van veral Alabama te verbeter.

Vanaf die tagtigerjare het die Departement Openbare Betrekkinge Alabama-vertonings benut as gasteaande vir alumni en vriende van die Universiteit as bemarkingsgeleentheid, wat daarop dui dat die Universiteit die waarde van Alabama besef het in dié opsig (Van der Walt, 1993:24).

Die groei wat Alabama in die jare na 1967, toe die revue-styl geskep is, beleef het, het dit genoodsaak dat die studente, wat steeds alleen verantwoordelik was vir die organisasie van die Alabama-toere, bystand moes kry. Dit is een van die faktore wat aanleiding gegee het tot die totstandkoming van die Kultuurkantoor.

2.5.5 ’n Kort oorsig oor die verdere geskiedenis van die Departement Ontwikkeling tot

Bemarking en Kommunikasie en die vestiging van ’n korporatiewe identiteit en beeld vir

die Universiteit

Die rol van kunskulturele studenteaktiwiteite in die vestiging van die openbare beeld van die Universiteit strek egter veel wyer as bloot die benutting van sekere uitvoerende studentegroepe as bemarkingsinstrumente. Die verhouding tussen dié groepe en die skakelafdeling van die Universiteit was wel later minder intiem, maar het steeds bestaan.

31

In 1982 is die afdelings Fondswerwing en Openbare Betrekking, wat tot in daardie stadium afsonderlik gefunksioneer het, saamgesnoer in een Departement Openbare Betrekkinge met mnr Chris Windell as direkteur (Anon., 1982a:2). Fondswerwing het in dié jare al hoe meer noodsaaklik geword nadat staatsubsidie aan die Universiteit drasties gesny is. Volgens Van Eeden is dit vanaf sowat 80% aan die begin van die tagtigerjare verminder tot 62% in 1989 (Van Eeden, 2006:64). In 1991 het prof Peter van Eldik die bestuurshoof van die Departement geword (Van Eeden, 2006:386). Dit is gevolg deur verdere herstrukturering in 1996 toe die Departement die Buro vir Bemarkingsdienste geword het en sekere take is na ander afdelings afgewentel. Volgens Cloete (2015) is die afdelings Alumni en Fondswerwing enersyds en Bemarking en Media in 1997 geskei. Mnr Anton Kruger was hoof van Bemarking en Media en Theo Cloete was hoof van Alumni en Fondswerwing. Cloete meen dat met dié skeiding het die sinergisme tussen die twee afdelings verlore gegaan en die twee afdelings is na twee jaar weer herenig met Cloete as direkteur. Van Eeden (2006:388) vervolg:

Veranderende rolle en die groter wordende kompleksiteite rondom die Departement Bemarking en Openbare Betrekkinge het in Augustus 2002 daartoe gelei dat die Raad die naam van die

Departement verander het na Departement Bemarking en Kommunikasie en dat die Departement in drie bestuursfunksies verdeel is, te wete bestuurs-, organisasie- en bemarkingskommunikasie. Die NWU moes met sy totstandkoming in 2004 geheel en al ’n nuwe korporatiewe identiteit skep. Volgens Holtzhausen en Fourie (2011) het die Universiteit hiermee voor die probleem te staan gekom om ’n eenheid te skep uit twee instellings met uiteenlopende agtergronde. Die PU vir CHO was histories toegewy aan Christelike waardes en het oorwegend blanke studente gehad. Die NWU het ’n Setswana-kultuur gehad en was toegewy aan die behoeftes van swart studente uit

agtergeblewe plattelandse gemeenskappe. Die dilemma was om dié twee instellings saam te smelt sodat eenheid van binne af gereflekteer kon word. Die korporatiewe identiteit moes die wese van die nuwe universiteit weerspieël, maar steeds toelaat dat elkeen as entiteit in sy eie reg funksioneer. The character and tone of the NWU was informed by the values and personality traits of the

university. . . The NWU aspired to have a value-driven culture. The four do-values as endorsed by the institutional management, namely integrity, commitment, accountability and respect have been incorporated into the NWU’s brand blueprint and overall strategy to form the character of the institution. The character of the university overall is perceived mainly as: innovative, progressive, vibrant, ambitious and recognised. Being aligned with the institutional plan, the university is now known by the brand essence of being: ‘empowering, innovative and making a difference’

32

Volgens die NWU se webblad (NWU, 2015c) het Bemarking en Kommunikasie die volgende

afdelings: Fondswerwing; Studentewerwing; Korporatiewe Kommunikasie; Afkampus- en Nagraadse werwing; Kliëntediens; Alumni; en E-media.

ILLUSTRASIE2.4

MNR CHRIS WINDELL WAS VANAF 1976 AAN DIE PU VIR CHO VERBONDE AS SKAKELBEAMPTE.HY HET IN

1982 DIREKTEUR VAN OPENBARE BETREKKINGE GEWORD EN DIÉ POS TOT IN 1995 BEKLEE (FOTOKUNS, 1982B).

ILLUSTRASIE2.5

MNR THEO CLOETE IS IN 2014 DIREKTEUR VAN

BEMARKING EN KOMMUNIKASIE AAN DIE NWU- PUK(FOTOKUNS,1982C).

Terwyl daar in die verlede klem gelê is op ‘beeldbou’ deur ’n boodskap te bring aan ’n groot groep, byvoorbeeld by ’n Alabama-konsert, is daarvandaan heeltemal wegbeweeg. Volgens Cloete (2015) is een-tot-een kommunikasie baie belangrik. Gevolglik is sosiale media en elektroniese media uiters belangrik. Hier is platforms geskep waar mense vrae kan vra wat persoonlik beantwoord word. Die Alabama Studentegeselskap as ‘uitstalvenster’ vir die PU vir CHO het dus nie meer aan die veranderde behoeftes van die gemeenskap voldoen nie en dit is een van die redes waarom daar besluit is om nie meer Alabama as bemarkingsinstrument te gebruik nie. Dit word in hoofstuk 5 in meer besonderhede bespreek.

Uitvoerende studentegroepe blyk egter steeds ’n invloed te hê op die openbare beeld en reputasie van die Universiteit. Holtzhausen reken dat ’n akkumulasie van verskeie “beelde” oor ’n tydperk die “reputasie” skep (Holtzhausen, 2009:57). Dit is in ooreenstemming met Cutlip et al. (2002:323) wat meen: “Students are both a university’s most important public and its most important public relations representatives.” In hulle artikel: “Employees’ perceptions of institutional values and employer-employee relationships at the North-West University” verklaar Holtzhausen en Fourie

33

(2011) ook dat interne belanghebbendes al hoe meer belangrik word:

It has also become more and more important to communicate the corporate identity to internal stakeholders as they themselves can become part of the corporate identity and are therefore viewed as one of the most important stakeholder groups of any institution.

Alhoewel Holtzhausen en Fourie se artikel op werknemers betrekking het, kan studente ook as interne belanghebbendes gesien word. Devlin en Knight (1990:51), in ’n handleiding oor openbare skakeling vir skole in die Verenigde Koninkryk, beaam dit:

The internal group who have the greatest power to make or mar the reputation of the school are students. Mr and Mrs Average Citizen do not normally visit your school; so their most enduring impression of it will be gained from your students as they clog the pavements or push onto buses. Bad behaviour and language, smoking, rudeness, untidy dress, litter and petty theft do not help the image.

En: Actions speaks louder than words. How people connected with the school act conveys a powerful message (Devlin en Knight, 1990:50).

’n Aspek wat dus direk verband hou met die rol wat studente speel, is dié van korporatiewe identiteit, as wat as volg omskryf word:

Combination of color schemes, designs, words, etc., that a firm employs to make a visual statement about itself and to communicate its business philosophy. It is an enduring symbol of how a firm views itself, how it wishes to be viewed by others, and how others recognize and remember it. Unlike corporate image (which is 'in there' changeable mental impression), corporate identity is 'out there' sensory-experience conveyed by things such as buildings, décor, logo, name, slogan, stationery, uniforms, and is largely unaffected by its financial performance and ups and downs in its fortunes (Business Dictionary, 2017b).

Die wyse waarop studente die korporatiewe identiteit van die Universiteit weerspieël is uiters belangrik. ’n Praktiese wyse waarop dit gedemonstreer kan word is wanneer die korporatiewe identiteit gereflekteer word in die kleredrag van studente, veral klere wat die handelsmerk van die Universiteit dra. Devlin en Knight, (1990:52) beaam dit: “Probably student’s dress makes the greatest visual impact on the local community.”

Studente se gedrag en voorkoms het dus ’n direkte invloed op die reputasie van die Universiteit. Gaultier-Gaillard et al. reken dat: “An organisation enjoys a good reputation when it consistently meets or exceeds the expectations of its stakeholders. A bad reputation results when the

organisation’s words or deeds fall short of stakeholder expectations” (Gaultier-Gaillard et al., 2009:162). Die belegger, Warren Buffet, wat gereken word as een van die rykste mense in die

34

wêreld, word deur Gaultier-Gaillard et al. aangehaal en stel onomwonde: “It takes 20 years to build a reputation and five minutes to ruin it. If you think about that, you’ll do things differently” (Gaultier- Gaillard et al., 2009:161). Dit is dus noodsaaklik vir die Universiteit om die risiko van reputasie noukeurig te bestuur.

Reputasiebestuur word omskryf as:

Activities performed by individual or organization which attempt to maintain or create a certain frame of mind regarding themselves in the public eye. Reputation management is the process of identifying what other people are saying or feeling about you or your business; and taking steps to ensure that the general consensus is in line with your goals. Many people and organizations use various forms of social media to monitor their reputation” (Business Dictionary, 2017a).

Neef meen dat daar drie belangrike stappe is wat geneem kan word om duur en selfvernietigende foute te voorkom. Eerstens moet die maatskappy aktief die proses van korporatiewe integriteit bestuur. Dit beteken dat werknemers (in die geval van die Universiteit, ook die studente) moet weet wat die verwagting van die bestuur is. Dit is dat etiese gedrag verwag word en prosesse in plek gestel moet word om die gedrag wat verwag word aan te moedig, te monitor en toe te pas (Neef, 2003:viii).

’n Tweede stap om selfvernietigende foute te voorkom, reken Neef, is dat die maatskappy hom aktief daarop moet toelê om ’n beter begrip te kry van wat binne die maatskappy gebeur en ook ten opsigte van die maatskappy in die buitewêreld, sodat hy van potensiële probleme bewus kan word en dit kan hanteer. Die voordeel is dat daar nooit tevore soveel geleenthede en stelsels beskikbaar was om kennis te bekom, te analiseer en daarop te reageer nie. Hierdie proses staan bekend as kennisbestuur.

Laastens is dit nie net belangrik dat ’n maatskappy aktief sy integriteit bestuur nie, maar dit ook aan die buitewêreld wys (Neef, 2004:ix).

Dit val binne die kader van korporatiewe kommunikasie. Volgens Van Riel (2007:14) behels dit ’n “integrative communication structure linking stakeholders to the organization. A corporate communication structure describes a vision of the ways in which an organization can strategically orchestrate all types of communication.”

Hoe die Universiteit dus sy korporatiewe beeld en identiteit kommunikeer, hetsy deur konvensionele kanale of op onbewuste wyse, is van kardinale belang vir die reputasie van die Universiteit.

35

2.5.6 Die verband tussen kunskulturele studenteaktiwiteite en die reputasie van die