• No results found

HOOFSTUK 3 Thalia Toneel

3.6 Koshuistoneel word kompetisie

’n Geleentheid wat vinnig gegroei het tot een van die gewildste aanbiedings op die PUK-kampus is die koshuistoneelkompetisie. Dit maak in 2005 sy buiging. Bütow (2005) skryf in die Departement Kultuur se jaarverslag:

Twee stukke, sowel as die koshuistoneelkompetisie het groot aftrek gekry. Die doelwit vir 2006 lê daarin om die standaard van die nuwe jong bestuur te volhou en uit te bou. ’n Ander moontlikheid is om vir die eerste keer in jare ’n produksie buite Potchefstroom te neem.

Heimat en Minjonet het in 2005 die koshuistoneelkompetisie gewen en “het weer eens bewys dat hulle ’n kultuurkrag is om mee rekening te hou”. Dit is aldus Wapad (Keogh, 2005b:6) van 23 Mei: Met die stuk Diamantbruilof geskryf deur Tjaard du Plessis, seun van bekende skrywer Hans du Plessis, het die twee koshuise met die trofee vir beste toneelstuk weggestap. Die trofee vir beste

79

akteur gaan aan Zarius Grové vir sy vertolking van ’n flambojante kunstenaar in Veritas se produksie en die beste aktrise was Jenine Groenewald van Dinki.

Die koshuis-toneelkompetisie het gou nie net ’n instelling op kampus geword nie, maar was die bron van groot kontroversie. Wapad (Keogh, 2005b:6) berig in Augustus dat die hare behoorlik gewaai het by die koshuistoneelkompetisie na groot ontevredenheid toe Wag-’n-Bietjie-dameskoshuis en De Wilgers-manskoshuis se optrede gepenaliseer is. “Die penalisasie het gevolg nadat die beoordelaars gemeen het die opvoering was nie ’n eenbedryf nie, maar eerder ’n musiekblyspel en nie ’n

toneelopvoering.”

In 2006 maak Thalia nog steeds sy teenwoordigheid voel op die kampus en Wapad se Janice Keogh (2006a:3) skryf op 22 Mei onder die opskrif “Kom binne dat die show kan beginne” dat hulle motto vir die jaar is: “Ons sal jou famous maak.” Die berig meld verder dat plakkate van Thalia vroeër dié jaar glo blatant die stelling gemaak het dat Charlize Theron maar net kan wens sy was in Thalia. Vroeër die jaar het Thalia as gaskunstenaars opgetree tydens die Eerstejaarskonsert. Die titel van dié produksie was Thalianders. In Augustus sou hulle die Eerstejaarstoneel aanbied. Thalia het ook die hoop uitgespreek om in die toekoms weer te toer en is hoopvol want: “Thalia het tot nou toe met bitter min ver gekom en dit is sekerlik net ’n kwessie van tyd voordat hierdie mylpaal ook bereik kan word” (Keogh, 2006a:3).

Horst Bütow (2006:1) skryf in die Departement Kultuur se jaarverslag vir 2006 dat die

koshuistoneelkompetisie so gewild geword, dat “daar gekyk word daarna om die kompetisie na ’n groter venue te skuif” soos die Ouditorium. Dié kompetisie is aanvanklik in die Cachet-Kleinteater aangebied en later in die Totiussaal.

ILLUSTRASIE3.16

THALIA SE HOOFPRODUKSIE VIR 2007 WAS VAT HOM FLAFFIE, WAT IN ’N SPA AFSPEEL.DIE FOTO HET OP 24MEI IN WAPAD VERSKYN (ANON., 2007A:7).

80

In 2007 was Thalia se hoofproduksie Vat hom Flaffie. Wapad (Horn, 2007a:7) skryf op 24 Mei dat dit deur Pieter Fourie geskryf is, skreeusnaaks is en handel oor liefde, seks, losbandigheid en

gesondheid. Van ’n totale gebrek aan belangstelling in toneelspel in die 1990’s het die PUK-studente van die 2007 Thalia se hoofproduksie as ’n ‘rooiletterdag’ beskou.

Horn vervolg: “Thalia het iets amazing bereik hiermee. Hulle het ’n gedeelte van die lewe gevat wat gewoonlik onsmaaklik is en dit verander in iets wat so snaaks is dat jy letterlik van jou stoel gaan afval en in ’n plas van jou eie trane gaan rondrol.”

In 2008 het Thalia beplan om optredes te gaan hou in dorpe rondom Potchefstroom. Só berig Wapad (Theart, 2008:18) op 19 Januarie. Hulle wou die toneelstuk Die Tafel, van Henriette Gryffenberg, op die planke bring. In 2008 het Thalia wel ’n toneelstuk van Liz Meiring, Deon Opperman en Eric Nobbs gekies.

Nog ’n skandaal se verhaal vind plaas in ’n organiese spa wat met ’n paar toksiese werknemers en gaste op hol gejaag word. Wapad (Marx, 2008:10) van 21 Mei 2008 vervolg:

Die akteurs het hulleself oor die algemeen goed van hul taak gewyt. Armand van der Berg, wat Suzette se skelmpie gespeel het, was briljant, en so ook Josef Breedt in die rol van die wit sangoma. In 2008 bied die Kultuurraad in samewerking met Thalia die koshuistoneel-kompetisie aan, aldus Wapad (Erasmus, 2008:4) op 1 Mei, na ’n onderhoud met Chrisjan van den Berg, SR: Kultuur. Hy sê dat die kultuuraksie in so ’n mate gegroei het dat dit oor drie aande aangebied is en deur sowat 4 000 mense bygewoon is.

Teen 2008 help Thalia ook om die jaarlikse Eerstejaarstoneel te organiseer. In nog ’n berig in Wapad (Cilliers, 2008:9) van 1 Mei 2008 word Thalia Toneel beskryf as die kultuuronderliggaam van die PUK wat by verre die vinnigste groei:

Hulle bied jaarliks Eerstejaarstoneel aan in April en doen ’n hoof-produksie in Mei wat hoog geag word onder toneelkenners. Hulle is ook deur die Kultuurraad gevra om hand by te sit by die jaarlikse Koshuistoneel wat deur die Kultuurraad aangebied word. Dinge lyk baie belowend vir hierdie onderliggaam, wat selfs beoog om later vanjaar op toer te gaan.

Die Departement Kultuur is eweneens tevrede met Thalia in 2008. Horst Bütow skryf in sy jaarverslag:

Thalia het ook in 2008 weer eens ’n hoë standaard gehandhaaf, en het met die keuring ’n

onhanteerbaar groot getal studente getrek. Die bestuur het weer die beplande jaarprogram tot volle uitvoer kon bring binne die begroting. So het hulle ook daarin geslaag om ’n klomp studente aan

81

toneel bloot te stel. Die hoofproduksie was Skandaal 2, en die eerstejaarproduksies was Aap uit die mou, Sesvoet se eiendom, en Skottel vol ape.

Thalia se eerstejaarsproduksies van 2009 is in die Cachet-Kleinteater aangebied. Só skryf Wapad (Du Plessis, 2009a:6) op 1 Mei. Eerste aan die beurt was Knorries en die krisis wat handel oor ’n groep senior burgers en hul lewe in die ouetehuis. Na die pouse is Rys, vleis en gebakte klippe aangebied. Dit word beskryf as eg Suid-Afrikaans en handel oor ’n groep toeriste van alle kleure en geure wat ons land besoek. Du Plessis (2009a:6) vervolg: “Ek kan met sekerheid sê dat Rys, vleis en gebakte klippe die highlight van die aand was. Die uitbeelding van elke individuele karakter was fantasties en die storielyn het vlot verloop, al tel mens die bier wat oopgebars het by.” Die derde

eerstejaarstoneel was Bankdag, wat gaan oor toustanery in ’n bank.

Thalia pak in 2009 die eerste keer ’n drama aan, nadat hulle hul die vorige jare op komedies toegespits het. Wapad (Olivier, 2009:10) van 23 Oktober skryf: “Kaburu handel oor realiteite wat Suid-Afrikaners dikwels in die gesig staar soos emigrasie en die geweld in die land, asook die skaduwees wat die Angolese bosoorlog oor verskeie families gegooi het.”

Dié toneelstuk word beskryf as Thalia se “eerste openbare stuk” van die jaar (Olivier, 2009:10). “Die ses Thalia-akteurs het aanvanklik vir drie weke die stuk gerepeteer en daarna die hulp van die regisseur Leon Cloete ingeroep.” Leon was beïndruk en het die laaste afrondingswerk vir die stuk behartig. Olivier (2009:10) skryf verder: “Thalia Toneel moet in die toekoms ongetwyfeld weer ’n dramastuk oorweeg, aangesien die aand ’n groot kommersiële en openbare sukses was.”

ILLUSTRASIE3.17

MY BOETIE SE SUSSIE SE OU IS

IN 2010 DEUR THALIA OPGEVOER.DIE FOTO VAN

MANIELLE BRITS HET OP 19 AUGUSTUS IN WAPAD VERSKYN (BRITS,2010:11).

’n Familie-intrige is in 2010 die tema van Thalia se hoofproduksie. Wapad (Laubscher, 2010:11) berig op 19 Augustus dat My boetie se sussie se ou in Londen afspeel en handel oor ’n ou en meisie wat mekaar op die Internet ontmoet. Hulle het dieselfde van en hulle pa het dieselfde naam. Dit word gou duidelik dat hulle pa’s een en dieselfde persoon is. Die pa verdeel al vir byna 20 jaar sy aandag

82

tussen die twee gesinne. My boetie se sussie se ou is deur Ray Cooney geskryf en is ’n opvolg van My vrou se man se vrou. Die resensent (Laubscher, 2010:11) reken: “Alhoewel dit komedie is, is die humor soms onnodig vlak en blatant. ’n Mens moet egter nie die baba met die badwater uitgooi nie. Die stuk het beslis sy oomblikke en die onverwagse draaitjies en wendings hou ’n mens se aandag.” In ongeveer 2011 het Christa Cloete, wat baie jare lank die Trompoppies onder haar vlerk gehad het, die beskermvrou van Thalia geword en hulle met raad en daad bygestaan. Thalia was dié jaar

bedrywig op die kampus (Cloete, 2013).

In 2011 het Thalia egter ’n ander rigting ingeslaan. Wapad (Du Plessis, 2011:11) skryf op 11 April: Drama-junkies sal die volgende ruk min geslaap kry. Die Thalia dramagroep het vanjaar besluit om ’n facelift te ondergaan met groot gebeurtenisse en toneeluitvoerings op die kalender. Die hoogtepunte is die kunste-skakelprogram met Tukkies, ’n Stellenbosch wyntoer en Thalia se 68ste verjaarsdag Birthday Bash wat beloof om groter as H20 te wees. Die Thalia Birthday Bash is op 16 April in die Snowflake-fabriek aangebied in samewerking met Bourbons en MSM Productions.

Wapad skryf op 12 Mei: “Daar is die afgelope week net drama op kampus - gelukkig is dit Thalia se skuld.” Thalia het in een week twee aanbiedings gehad. Jutro, wat beteken om mekaar weer te sien, speel af tydens die Tweede Wêreldoorlog. Dit is opgevoer deur Erica Fourie en Snyman van den Berg. 50 note van die lewe is ’n eenpersoon-toneelkabaret, vertolk deur Alanka Craffert, met begeleiding deur Babette Viljoen, is ook aangebied (Vrey, 2011:6).

Horst Bütow (2011a:5) skryf in die jaarverslag van PUK Kunste van 2011 dat Thalia Toneel ook in September hulle tweede dubbeldoor-produksies suksesvol aangebied het. Twee 30-minuut produksies, getiteld Die goed, die sleg en die huisvrou asook Dis my mense dié, is in die Cachet- Kleinteater opgevoer. Dié vereniging is ook tydens die glansfunksie van die SR Kunsteraad aangewys as die besbestuurde en georganiseerde studente-onderliggaam.

Net na die Julievakansie was dit Kampustoneel en Wag-’n-Bietjie was die algehele wenners. Wapad (Spaumer, 2011a:9) skryf op 21 Julie dat Wag-’n-Bietjie ook die pryse gekry het vir beste regie en beste nuutgeskrewe teks en uiteraard eerste is in die damesafdeling. Die teks van Wees is geskryf deur Pierre-André Viviers, wat die teks van vier ander toneelstukke in die top agt geskryf het. In die toneelopvoerings van die sleepkoshuise het Heide en Heimat gewen. Viviers se prestasies het onder die aandag van die ATKV gekom, en tekste wat hy vir die ATKV Tienertoneel geskryf het, word deur Gerrie Lemmer van dié organisasie beskryf as “mees ongelooflik” (Lemmer, 2017).

Die woord “sleep” in sleepkoshuise is ontleen aan ’n term wat deur studente gebruik word om die tyd wat ’n studenteman met sy geliefde deurbring te beskryf. In 1967 omskryf “WM” dit so: “Die woordeboek verklaar diewoord as ’n voortstrompeling of voortbeweging van iets wat agteraan

83

getrek word.Die studentewoordeboek verstaanonder sleep al die aksiesvan twee jongmense van dieteenoorgestelde geslag wat meendat hulle mekaar Iief het of hoop dat hulle mekaar nog lief sal kry” (WM, 1967:2). Toe daar gedurende die 1980’s besluit is om ’n mans- en dameskoshuis vir ’n jaar saam te laat deelneem aan aktiwiteite soos Karnaval, sêr en toneelkompetisies, is die term “sleepkoshuise” gebruik. ’n Oorspronklike naam word uitgedink, gewoonlik saamgestel uit grepe uit dié twee koshuise se name. So byvoorbeeld was die dorpskoshuis Villagers en die dameskoshuis Wanda in 2003 mekaar se “slepe” en hulle sleepnaam vir die jaar was “Wille-Wragtig” (Sorgdrager, 2012:geen bladsynommers).

“Dit is weer daardie tyd van die jaar waar die Ouditorium die nuwe Yoof raak, koshuisgees sinoniem raak met rugbygees en toneelspelers cool is” (Van der Walt, 2012a:4) Dit verskyn in Wapad op 10 Mei 2012 en handel oor Kampustoneel: “Van Maandag tot Woensdag het die onderskeie koshuise aan hulle innerlike Meryl Streep gestalte gegee in die Totius met 12 tonele per aand.” Daar was ’n totaal van 36 tekste en die top agt sal om die gesogte titel as wenners van Kampustoneel meeding in die finaal by die Ouditorium.

Thalia se hoofproduksie vir 2012 is in die Cachet-Kleinteater aangebied. Twee stukke Desperate huisvroue en Aasvoëls en wolwe is opgevoer. In Oktober is Die tafel op die planke gebring (Bütow, 2012a:2).

ILLUSTRASIE3.18

DIE VROUEKOSHUIS,HEIDE, WAS IN 2013 DIE WENNER VAN KAMPUSTONEEL MET HULLE TONEELSTUK DROOM. MARLI NÖFFKE EN CARLA SCHUTTE VERSKYN OP DIÉ FOTO WAT OP 23MEI IN WAPAD VERSKYN HET (SR: MEK SNAPIT,2013:7).

Heide wen in 2013 Kampustoneel met hulle toneel, Droom, deur Pierre-André Viviers. Só berig Wapad (Anon., 2013a:7) op 23 Mei:

Die gehoor het toepaslik gelag en ’n traan gepik aan die einde. Die stuk gaan oor twee

kankerpasiënte met verskillende drome en wense rakende hulle lewe stel ’n doen-lysie op met alles wat hulle nog altyd wou doen voor Kersfees.

84

Horst Bütow (2013a:9) skryf in sy maandverslag vir Mei 2013 dat Thalia Toneel se twee eerstejaarproduksies, naamlik Glasgod, deur Mauleze Kotze, en Alkoholiste Anoniem, deur PA Viviers, in die Totiussaal aangebied is.

Teen 2011 word Thalia in die PUK Gids (Anon., 2011a:61) beskryf as: “Die kampus se

studentetoneelgeselskap wat jaarliks toneelstukke opvoer en kultuurdienste van allerlei ander aard lewer. Die gewilde kampustoneel-kompetisie vir koshuise vorm deel van hul aktiwiteite.”

Thalia se bootjie vaar egter in 2014 in onstuimige waters. Wapad berig op 13 Maart (Küssman, 2014:7) dat meer as die helfte van Thalia-toneelgeselskap se bestuur in Januarie bedank het en dat die onderliggaam tydelik ontbind is. Daar is egter kort tevore bestuurswete gehou en dit lyk “asof Thalia-toneelgeselskap nou reg is vir die jaar se verrigtinge na ’n nuwe bestuur aangestel is.” Die nuwe voorsitter is Rozeldi Trollip. “Swete” of “’n sweet” is ’n stadium in ’n proses waarmee komitees en rade wat studenteorganisasies bestuur, aangewys word (Kruger, 1975:4).

Maar dit was nie die einde van die moeilikheid nie. Op 22 Mei (Futcher, 2014:7) berig Wapad dat nog ’n bestuurslid, JP Myburgh-van der Walt, ook bedank het, nadat hy nie die mas kon opkom en ’n balans tussen sy akademie en ander aktiwiteite kon vind nie. Thalia het toe ’n weeklange

toneelkursus saam met PUK Kunste en die ATKV beplan. In sy verslag vir Mei 2014 berig Horst Bütow dat Thalia se bedrywighede egter weer voortgesit word.

Benewens sosiale aksies, bestaan Thalia se jaarprogram teen 2014 uit die aanbied van ’n

eerstejaarsproduksie en ’n hoofproduksie. Die eerstejaarsproduksie word gedurende Mei op die planke gebring en die hoofproduksie in Augustus (Van der Linde, 2015a).

ILLUSTRASIE3.19

THALIA SE EMBLEEM, SOOS DIT IN

2014 DAAR UITSIEN (VAN DER

LINDE,2015).