• No results found

Semigestruktureerde onderhoude met die programleiers

BENADERING TOT ONTWIKKELINGSKOMMUNIKASIE

3.3 DIE NAVORSINGSONTWERP

3.4.2.2 Semigestruktureerde onderhoude met die programleiers

Daar is deur middel van e-posse en telefoonoproepe met elk van die bogenoemde programleiers gekommunikeer. In die e-pos of telefoniese gesprekke het die navorser die

implementering van metodes en aktiwiteite voortdurend verander na aanleiding van die gemeenskapslede se insette.

doel en konteks van die studie verduidelik en ook verduidelik wat van elke program verwag word. Tydens die gesprekke is gereël vir 'n ontmoeting met elke programleier voordat die formele semigestruktureerde onderhoud sou plaasvind, om sodoende die konteks en doel van die studie volkome te begryp. Tydens die ontmoeting is daar vasgestel dat die programleier beskikbaar sal wees vir 'n semigestruktureerde onderhoud en dat hy/sy ook sal reël vir fokusgroeponderhoude met die bevoordeeldes van die onderskeie programme op 'n tyd en plek wat vir hulle van pas is.

Die eerste formele semigestruktureerde onderhoud is gevoer met die programleier van Program Y1. Hierdie onderhoud het plaasgevind by die dansstudio van die program. Die onderhoudskedule het as riglyn gedien vir die verloop van die onderhoud en na 65 minute se onderhoudvoering het die fokusgroep-ontmoeting met die studente, wat bevoordeeldes van Program Y1 is, plaasgevind.

Die tweede semigestruktureerde onderhoud is met die direkteur van al die wiskundevaardigheid-programme, insluitende Program Y2 gevoer. Die onderhoud het in Braamfontein by haar kantoor plaasgevind. Die onderhoud het slegs 30 minute geduur en na afloop daarvan is die programleier van Program Y2 aangewys om dié program te verteenwoordig. Die opeenvolgende dag is 'n semigestruktureerde onderhoud met die programleier gevoer en van daar is daar na die program by 'n skool in Tembisa, 'n gemeenskap naby Braamfontein, gegaan waar die fokusgroep met die leerders plaasgevind het.

Die volgende semigestruktureerde onderhoud is met die evaluasiemaatskappy, wat verantwoordelik vir die evaluasie van programme Y1 en Y2 is, gevoer; hierdie semigestruktureerde onderhoud het ongeveer 45 minute geduur.

Die vierde semigestruktureerde onderhoud is met die uitvoerende direkteur van ’n NRO, waarvan Program X1 deel is, gevoer. Na 50 minute se onderhoudvoering is die navorser verwys na die programleier van Program X1. 'n Tweede semigestruktureerde onderhoud is op die dag gevoer met die programleier, wat 'n breër en meer indiepte-kennis van die program aan die lig gebring het.

Die vyfde semigestruktureerde onderhoud is gevoer met die skakelbestuurder van 'n aantal KSV-programme regoor Suid-Afrika, waarby verskillende maatskappye betrokke is. Hierdie onderhoud het in Brakpan plaasgevind en het 45 minute geduur. Tydens die onderhoud is beluit dat Program X2, wat een van die programme is wat deur Maatskappy X ondersteun word, besoek sou word; die program se kontakbesonderhede is beskikbaar gestel en daar is

vandaar gereël vir 'n fokusgroep-ontmoeting met die bevoordeeldes van die program wat in Khutsong geleë is.

Die laaste semigestruktureerde onderhoud is gevoer met die programleier van die Program X3. Hierdie onderhoud het 60 minute geduur en die fokusgroep van hierdie program het op 'n latere stadium in Potchefstroom plaasgevind, terwyl die bevoordeeldes almal daar was vir wiskunde-opleiding.

Die persepsies van die bevoordeeldes is belangrik om die werklike aard van die evaluasie van elke program te verstaan. Dieselfde onderhoudskedule wat tydens die semigestruktureerde gebruik is, is tydens die fokusgroepe as riglyn gebruik (Sien Tabel 3.3). Hierdeur is dieselfde vrae aan die bevoordeeldes gevra en kon inligting maklik vergelyk word. Die tabel lyk soos volg:

Tabel 3.3: Konsepte en konstrukte

Konsepte van Deelnemende

Evaluasie

Sekondêre konsep Konstruk

Vennootskap Gesprek  Dialoog

 Oopheid  Interaksie

 Indiepte-kennis van die ontwikkelingsisteem

 Gelyke regte om te praat en gehoor te word

Geleentheid  Om nuwe doelwitte en inisiatiewe daar te stel

 Om behoeftes en verwagtinge uit te lig

Verantwoordelikheid  Verantwoordelikhede,

prioriteite en oplossings in die vennootskap gedeel en geïmplementeer

 Gee en ontvang (lojaliteit)  Wedersydse respek

Deelnemende besluitneming

 Alle vennote word geken in die besluitneming van die hoeveelheid tyd en aandag wat daar aan die ontwikkeling en evaluasie spandeer gaan word

 Voorsiening in beide se behoeftes

 Selfvertroue word gebou

Deelname/ Betrokkenheid

Doelwitte  Stel eie doelwitte en inisiatiewe wat in program gebruik gaan word daar

Data-insameling  Data-insameling en metodes moet in die groep

(vennootskap) bespreek word

Besluitneming  Neem deel aan die

verskillende prosesse van besluitneming

Inagneming van plaaslike kennis

Inagneming  Plaaslike kennis moet in ag geneem word

Indikatore  Indikatore in die

evaluasieproses moet deur plaaslike mense bepaal word

Bemagtiging Selfonderhoud  Bemagtig om beheer te neem om self welstand te kan verbeter

Kognitiewe en

intellektuele dimensies

 Mense begin vir hulself praat en hul stemme word gehoor  Tweerigting-, interaktiewe

kommunikasie

Bestaande hulpbronne o Natuurlik o Vaardighede

 Maak staat op hulle natuurlike en kulturele omgewing

 Maak staat op eie hulpbronne soos lede uit die gemeenskap se energie

Verandering Aksie  Aksie word geneem teenoor

probleme wat tans ondervind word in ontwikkelingsproses

Implementering van metodes

 Verandering in die

Behoefte-georiënteerd  Meer behoefte-georiënteerd (Verandering in fokus en uitvoering van program)

Gemeenskapsbydrae  Gemeenskap lewer insette by identifisering van probleme en oplossings

3.4.3 Fokusgroepe

Daar is verskeie maniere om groepsonderhoude te voer, waarvan fokusgroepe een is. Fokusgroepe verskil van die ander omdat dit gefokus is. Gillham (2005:65) redeneer dat fokusgroepe op twee maniere gefokus is:

Deur die spesifieke identifisering van die onderwerpe wat bespreek gaan word

Deur die samestelling van die groep, in die sin dat al die deelnemers belange of ervaring het van die onderwerp(e), en ongeveer gelyk is in ander relevante sake (bv. geletterdheid en omstandighede van die respondente is dieselfde).

Daar is verskillende beperkinge en nadele van groepsonderhoude wat nie gefokus is nie, byvoorbeeld 'n ongelyke samestelling van 'n groep wat kan lei tot dominering in die gesprekke. Dit kan ook die struikelblok van verskillende vlakke van geletterdheid en taalvoorkeure meebring, aangesien skaam en ongeletterde persone geleentheid ky om hul opinies ook te lug (Stewart et al., 2007:43). Met fokusgroepe word hierdie beperkinge en nadele uit die weg geruim deur beplanning van die onderwerp en die keuse van deelnemers. Fokusgroepe word sedert die 1980’s gebruik en het sedertdien vinnig versprei en bekend geword in talle navorsingsvelde (Macnaghten & Myers, 2004:65). ’n Fokusgroep is ’n groepsbespreking van agt tot twaalf persone wat kennis oor dieselfde onderwerpe deel (sien paragraaf 1.8.4). Fokusgroepe word in die sosiale konteks gebruik vir onderwerpe waaroor mense met mekaar kan praat in die daaglikse gang van hul lewens, maar dit sluit meestal onderwerpe in waaroor hulle nie juis in hul alledaagse gesprekke praat nie (Macnaghten & Myers, 2004:65). Dit gaan met ander woorde oor onderwerpe waarvan almal bewus is en belang by het, maar nie noodwendig met mekaar oor gesels nie. As hulle egter in die situasie van 'n fokusgroep kom, waar die gedagtes rondom dié onderwerp(e) gestimuleer

word, sal daar moontlik gemaklike gesprekke daaroor kan begin. Fokusgroepe is voordelig omdat dit baie buigbaar is; daar is nie 'n vasgestelde soort onderwerp of tipe mense of situasies en plekke waarin dit moet geskied nie - dit kan by 'n groot verskeidenheid geleenthede, doelwitte en onderwerpe gebruik word (Stewart et al., 2007:43). Die navorser kan gedurende fokusgroepe die onderwerpe waaroor gepraat word, peil en beheer deur gekonsentreerde hoeveelheid inligting spesifiek oor die verlangde onderwerp in te bring in die gesprek (Morgan, 1997:13). Fokusgroepe kan ook lei tot gesprekke wat inligting bevat wat nie deur suiwer waarneming of voorafgestelde vraelyste na vore sou kom nie (Hocking

et al., 2003:209). Deelnemers behoort gemaklik te voel tydens die fokusgroepontmoeting en

vrylik en oop te gesels. 'n Rede hiervoor is die oop terugvoerformaat wat daargestel word deur fokusgroepe (Stewart et al., 2007:42). Die deelnemers kan dus ook deelneem aan die gesprek en is in staat om van ander se opinies te verkil of dit te beaam (Hocking et al., 2003:209). Die navorser behoort hierdeur dieper betekenisse en ervaringe van sekere aspekte in hierdie studie te kan identifiseer (Leslie, 2010:57).

In die studie is relevante, alledaagse situasies waarby die respondente betrokke is, ondersoek. Daar is gekyk na hoe die programme waarby hulle betrokke is geëvalueer word en hoe hulle deel daarvan is. Dit is moontlik nie 'n onderwerp waaroor daar spontaan gesels word nie, maar almal word geraak deur die program en spesifiek deur die evaluasie van die program, en dus het daar gemaklike gesprekke daarrondom gevorm tydens die fokusgroepe.

By die programme wat ondersoek is, is baie van die persone ongeletterd, en die gemaklike geselsomgewing het hulle aangemoedig om hul perspektiewe te deel. Wanneer daar oor die evaluasie van die KSV-programme gesels is, is almal wat deel is van die fokusgroep vanselfsprekend geraak en daarom het almal saam gesels en hulle opinies gemaklik gelewer.

Fokusgroeponderhoude beperk nie deelnemers tot een onderwerp nie (Leslie, 2010:57). Tydens die fokusgroepe met de bevoordeeldes het verskeie temas en sienings rondom evaluasie na vore gekom en is dit bespreek as deel van die fokusgroeponderhoud. Hoewel die onderwerp van al die fokusgroepbesprekings dieselfde is in die studie, verskil die opset en individue van die programme van mekaar, en dus is daar tydens elke fokusgroeponderhoud verskillende temas aan die lig gaan bring. ’n Laaste rede waarom fokusgroepe gebruik is in die studie, gaan oor die feit dat fokusgroepe 'n redelike vinnig en goedkoop manier is om kwalitatiewe inligting te bekom (Hocking et al., 2003:209; Leslie, 2010:57).

Die bogenoemde eienskappe en voordele van fokusgroepe beklemtoon die redes waarom dié navorsingsmetode geskik is vir die empiriese afdeling van hierdie studie. Die afleiding word gemaak dat fokusgroepe die beste manier is om volle deelname, ryk inligting en perspektiewe vanaf die bevoordeeldes oor die evaluasie van die KSV-programme te kon bekom. Die maatskappyverteenwoordigers het op grond van hulle kennis en insig in die programme die deelnemers gekies en die fokusgroepe gereël.