• No results found

Samevattende waarnemings en afleidings van Groep 3

2. Pastorale berading en mentorskap by ouer-kind verhoudings in die Suid-

2.1 Kwalitatiewe analise as ’n samevatting van ouers en kinders se reaksies op beide

2.1.4 Groep 3 bespreking

2.1.4.1 Samevattende waarnemings en afleidings van Groep 3

Aandag en begrip:

In die gevalle van Deelnemers 6 (Nic), 9 (Cara) en 10 (Barry) wat baie gelukkig is en hulle ouers as mentors beskou, kry die navorser ’n heel ander positiewe indruk van die waarde van mentorskap. Die toepassing van Bybelse beginsels is deel van hulle lewensbestaan. Hulle kry beslis genoeg aandag en begrip. Binne die gesinne blyk die ouer-kind verhoudings en interne kommunikasie van hoogstaande gehalte.

Die liefdesband binne die gesin is byna aanvoelbaar. Alhoewel die navorser bedag was op ander negatiewe tekens, was dit duidelik dat dit opregte gesprekke was wat uit die hart na vore kom. As in ag geneem word dat deelnemer Cara se opvoeding hoofsaaklik van ’n enkelmoeder kom, is dit nog meer merkwaardig. Die vader werk in Johannesburg en is nie veel beskikbaar nie, alhoewel hy baie ondersteunend is. Deelnemer 12 (Sebole), wat deur haar tante Makusa grootgemaak word, kan as net so goeie voorbeeld beskou word. Sy kry ook genoeg aandag, en haar tante blyk ’n uitnemende mentor te wees wat Bybelse beginsels met oorgawe toepas. In haar geval is altwee haar ouers twee jaar gelede aan MIV/Vigs oorlede.

Deelnemers 18 (Botha), 20 (Montsi) en 21 (Willemse) is almal reeds goeie mentors vir hulle kinders. Al drie hierdie vaders gee beslis genoeg aandag en liefde aan hulle kinders. Die ouer-kind verhoudings word met liefde vertroetel terwyl tot ’n groot mate korrekte dissipline toegepas word. In al drie hierdie gesinne speel hul geestelike lewe ’n groot rol. Die gedrag van die kinders teenoor hulle ouers dui ook op die feit dat die totale opvoedingsproses van redelike hoë standaard is.

Deelnemer 24 (Mara) is ’n enkelmoeder wat waarskynlik bewys dat enkelmoeders ook goeie mentors kan wees. As alle standaarde oorweeg word, lyk dit nie asof sy enigsins hoef terug te staan vir vaderfigure soos deelnemers Botha, Montsi en Willemse nie. Haar stelling dat die tyd wel min is, maar haar gebruik om rondom die etenstafel twee

56

keer per dag as gesin te eet en te gesels, is vir haar deurslaggewend. Hier kry die kinders die geleentheid om oor alles te gesels en raad en insig vir onder andere besluitnemingsprosesse te bespreek. Na aandete word ook aan tafel Bybel gelees en gebid.

Aannames en observasie:

In die gevalle van deelnemers Nic, Cara, Barry en Sebole, is dit so maklik om die afleiding te maak dat hulle gelukkige kinders is. Hulle selfbeeld, persoonlikheid en kommunikasievaardighede staan beslis uit bo ander kinders waarmee onderhoude gevoer is. In al vier hierdie gevalle is hulle akademies sterk en sekeres blink ook uit op sportgebied. Hulle kan hulle doelwitte maklik uitwys en hulle glo werklik aan die feit dat hulle dit kan bereik.

Deelnemer Kognane, wat as vader so uitstaande voorkom, bly maar die voorbeeld van ’n aanwesige vader in hierdie studie.

Deelnemers Botha, Montsi, Willemse en Mara het ook elkeen hulle unieke maniere om tyd te maak vir kommunikasie met die kinders. Volgens hulle is dit uiters noodsaaklik vir ouers om elk van die kinders se behoeftes en persoonlikhede na die beste van jou vermoë te verstaan. Geen twee kinders behoort dieselfde behandel te word as dit kom by kommunikasie nie. Elkeen is in elk geval uniek en behoort ooreenstemmend behandel te word. Hulle het elkeen ook die behoefte om alleen saam met hul vader in gesprek te wees. Hulle probeer so goed as wat hulle moontlik kan om met aandag na elke kind te luister.

Ondervindige en persepsies:

In Groep 3 onderskei deelnemers hulself van Groep 1 en 2. Groep 3 is veel meer bewus van hulle pligte as mentors in die opvoeding van hulle kinders. Wat insiggewend is van Groep 3 is dat die kinders almal relatief gelukkig is. Hulle ouers gee goeie aandag, begrip en liefde en die kinders dui op ’n groot mate goeie selfbeelde, goeie kommunikasievaardighede en innemende persoonlikhede. Dit is veel meer as wat in die eerste twee groepe die geval was.

57

Daar kan wel verwys word na die feit dat slegs een ouer, naamlik Kognane, daadwerklik mentorskap toepas en selfs verder studeer om sy vaardighede in die verband te verbeter. Mentorskap is ’n wye veld en dit blyk asof relatief min ouers die insig het om dit doeltreffend toe te pas. Dit is ook ’n begrip wat al hoe meer in groot maatskappye en sportliggame gebruik word. Dit blyk asof sommige ouers dit eerder binne werksverband toepas as binne gesinsverband.

Evalueringsproses

Die puntestelsel is gebaseer op die mate waartoe die toepassing van mentorskap binne gesinsverband plaasgevind het. Dit verwys ook duidelik na die negatiewe en/of positiewe effekte wat bogenoemde op die kind of jeug het.

Die puntetelling is gekies van ’n -5 tot ’n +5 en ’n gemiddeld is volgens die getal deelnemers per groep bepaal.

Die resultaat word weergegee deur Groep 1, met ’n negatiewe punt van -3.55;

Groep 2, met ’n positiewe punt van +.833; en Groep 3, met ’n positiewe punt van +4.22.

Die bogenoemde punte is, hipoteties gesproke, blote riglyne. Wat dit wel aandui, is dat die werklike toepassing van die Bybelse beginsels en mentorskap binne gesinsverband uiterste positiewe effekte op die samelewing kan hê.

Tabel 3: Puntetelling GROEP 1 PUNT -5/+5 GROEP 2 PUNT -5/+5 GROEP 3 PUNT -5/+5

Trau (1) -3 Marie (3) +1 Nic (6) +5 Cin (2) -5 Ane (4) +2 Cara (9) +5 Banie (5) -5 Racè ( 7) -1 Barry (10) +5 Lisa (8) -3 Thihafu (13) +2 Sebole (12) +3 Makza (11) -4 Lehoha (14) +2 Kognane (16) +5 McPearson (17) -3 Ysel (15) -1 Botha (18) +3

58 Buitendacht (19) -5 Montsi (20) +4 Ferreira (22) -5 Willemse (21) +4 Sarie (23) +1 Mara (24) +4 Gemiddeld per groep -3.55 +.833 +4.22