• No results found

Bybelse beginsels om gesinstrukture te versterk

2. Pastorale berading en mentorskap by ouer-kind verhoudings in die Suid-

3.5 Die bou van gesonde gesinsstrukture

3.5.3 Bybelse beginsels om gesinstrukture te versterk

Goeie gesinstrukture kan as die toepassing van Bybelse beginsels beskou word, omdat daar so dikwels daarna in die Bybel verwys word.

Jesus Christus het dikwels met mense oor hul persoonlike behoeftes gepraat. Hy het ook gereeld klein groepies mense ontmoet, waarvan seker die bekendste die “opleiding van sy dissipels” was. Jesus was betrokke by sielkundige, gedrags- of geestelike kwale. Dit het ook sover gestrek soos wonderbaarlike genesings en selfs die opwekking van mense uit die dood. Die Bybel toon duidelik sy liefde en omgee vir die mens aan. Hier is slegs ’n paar voorbeelde daarvan: Psalms 33:4; Efesiërs 1:4; Kolossense 3:12-14; Hebreërs 13:1; 1 Petrus 1:22.

In ons samelewing is daar veel waarde in genesende gemeenskappe wat groepe vorm met die doel om in ’n intense toewyding en ’n gedeelde belangstelling enige hulp aan mekaar te bied. Kerke kan as ’n formele voorbeeld daarvan gesien word, maar daar is ook verskeie ander nie-amptelike groepe wat so funksioneer. Die groot waarde hiervan is die positiewe invloed op huwelike en die morele waardes wat vroeg reeds aan

115

kinders oorgedra word. Plaaslike geloofsgemeenskappe verskaf ’n gevoel van samehorigheid aan lede, ondersteun dié wat swak is, bring genesing aan die belaste mense en gee leiding wanneer mense besluite moet neem en tot volwassenheid moet groei (Collins 2005:8-10; Edina 2005:1-2).

Die voorbeelde in die Bybel van God as Vader behoort as voorbeeld te dien vir ons as aardse vaders en moeders teenoor ons kinders, ander gelowiges en selfs binne die samelewing. Daarom behoort ouers hulself te vergewis wat die Woord van God oor ouerskap leer. Burke (2006) verwys deurgaans in sy studie hoe alle gelowiges deur God as sy kinders aangeneem is.

Die Bybel gee vele verwysings van bogenoemde skrywer se stelling. Dit word ook duidelik wanneer in Galasiërs 3:26 geskryf word: “Want julle is almal kinders van God deur die geloof in Christus Jesus.” Verder sê Galasiërs 4:5-6: “… om dié wat onder die wet was los te koop, sodat ons die aanneming tot kinders kan ontvang, en omdat julle kinders is, het God die Gees van sy Seun in julle harte uitgestuur, en Hy roep Abba, Vader.” Paulus word ook as voorbeeld gebruik toe God hom op ’n dramatiese wyse volgens Handelinge 9 aangeneem het. Op al Paulus se sendingreise, gevangenisskappe en selfs in sy briewe aan die onderskeie gemeentes, verwys hy na God as Vader en as die liefdeswerk van Jesus Christus vir alle gelowiges.

Enkele jare gelede (2008) is ’n studie gedoen waar 8 000 jeugdiges van elf hoofstroomkerke, wie se ouers almal gereelde kerkgangers is, ondervra is. Die hoofbevinding was dat meeste ouers die kinders se Christenskap aan Sondagskole of kerkgroepe oorlaat en nie self met kinders oor hulle geloof binne gesinsverband praat nie. Die bevinding was dat slegs 10% van ouers met hul kinders op ’n gereelde basis oor Christelike geloofsaangeleenthede praat en 43% van deelnemers se ouers praat nooit met hulle kinders oor hul geloof nie (Bunge 2008:48).

John Chrysostom en Horace Burchell, wat groot kerkleiers in die 19de eeu was, verwys na die gesin as “The little Church” (vergelyk Bunge 2008:351). Hulle bedoeling met die

116

benaming is dat ouers vir hulle kinders moet Bybel lees, saam met hulle bid en om goeie voorbeelde te wees soos Jesus Christus ons op aarde geleer het. Alhoewel die kerk en sy aksies ’n groot rol speel, beweer hulle dat die primêre agent van genade die gesin en nie die kerk is nie. In Burchell se boek, ”Christian Nurture”, maak hy die volgende stelling: “Religion never thoroughly penetrates life until it becomes domestic within a family” (Bunge 2008:351).

Bunge meen dat selfs Martin Luther dieselfde mening gehad het as bogenoemde kerkleiers. Hy gaan selfs verder deur sy volgende kosbare stelling: “Most certainly fathers and mothers are apostles, bishops, and priests to their children, for it is they who make them acquainted with the gospel. In short, there is no greater or nobler authority on earth than that of parents over their children, for this authority is both spiritual and temporal” (Bunge 2008:352).

Ander navorsers het vroeër dieselfde resultate op hul studies gehad. Hulle het bevind dat in alle gevalle waar ouers meer gereeld kerkdienste bywoon, hoe beter gaan dit met hulle ouer-kind verhoudings en moraliteit neem toe by beide ouers en kinders. Dit is bevind in studies waar verskillende Christelike kerkgroepe betrokke was (Smith 2003:418; Scheepers & Van der Slik 1998:688; Bartkowski & Ellison 1995:31-32).

Volgens Worsley (2004:14-16), het jong kinders van nege tot tien jaar getoon dat hulle die narratiewe van die Bybel baie geniet en dit ’n groot positiewe impak op hulle het. Hierdie narratiewe het vir die kinders baie waarde indien dit met die volgende gekombineer word:

• Bybelse toneelstukkies waar volwassenes en kinders dit saam vertolk.

• Poppeteater is doeltreffend.

• Skilderwerk en beeldhou is baie doeltreffend.

117

Dit gee die kinders ’n beter begrip en meer belangstelling om die Bybel self te lees. Kinders behoort op gereelde basis en vasgestelde tye geleentheid te kry tot bybelstudie, al is dit op ’n baie eenvoudige vlak. As ouers of kerkgemeenskappe nie kinders aanmoedig om dit te doen nie, sal hulle nie sondermeer dit op hul eie doen nie. Daar is navorsing gedoen wat totaal ingestel was op die Bybel en kinders en meer spesifiek om te bewys dat dit moontlik is om kinders te leer om die Bybel self te kan lees en verstaan (Worsley 2004:14-16; Kang-Hamilton 2008:130-143; Warkenton 2011:317-325; Heikkinen & Luebbe 1987:152-160).

Soos heelwat literatuur waarna hierbo verwys word, behoort kinders te leer om die Bybel te verstaan. Dit is immers ’n opdrag van God aan ouers om hulle kinders in die regte weë groot te maak sodat hulle nie later onder allerhande versoekinge val nie. Soos God ons as kinders aangeneem het, so het hy dan ook vir ouers kinders gegee met die doel dat hulle die kinders met die liefde van Jesus moet grootmaak (Ammerman 2007:10-11; Jacobs 2010:64-70).

Die ideale verhouding volgens die Bybel is dat kinders deur die biologiese ouers binne die gesinsverband (met albei ouers betrokke) grootgemaak word. In ons hedendaagse samelewing is aanneming van kinders deur andere egter ’n groot deel van ons kinders se lot.

Bryan, Flaherty en Saunders (2010:91-110), Hoepfner (2009:78-80), en Gilkes en Capstick (2008:34-50) verwys na ander aannemings. In hierdie geval gaan dit oor die aanneming deur ouers van weeskinders, aanneming deur families waar ouers te sterwe kom (asook ander redes), aanneming deur ander ouers in geval van trou na egskeiding (aangetroude kinders) en staatsaanneming in weeshuise.

Omdat daar nie natuurlike ouer-kind verhoudings is wat van kleins af ontwikkel is nie, is heelwat van bogenoemde gevalle hoë-risiko aannemings. Wat hiermee bedoel word, is dat:

118

• Kinders se veranderende omgewing, huis en samelewing verg aanpassing.

• Normale gewoontes word verander.

• Ander reëls en dissiplines geld.

• Kind se normale tydskedules word omver gegooi.

• Nuwe “vader” en/of “moeder” gee meer aandag aan eie kinders as aan aangetroude kinders.

• Nuwe “vader” en/of “moeder” stem nie saam oor opvoeding nie en beide bogenoemde gevalle veroorsaak stres binne die vader en moeder se verhouding, wat traumaties vir die kind kan wees.

• In gevalle van staats- en ander weeshuise, lei sommige kinders aan die stigma wat kleef aan weeshuiskinders.

• Kinders se aanpassing waar hulle binne ander kultuurgroepe geplaas word kan groot trauma vir sommige kinders beteken.