• No results found

2. Pastorale berading en mentorskap by ouer-kind verhoudings in die Suid-

4.5 Hoofstuk samevatting

Hierdie hoofstuk is saamgestel as die normatiewe hoofstuk (Osmer 2008:6). Die volgende drie begrippe van Osmer (2008:161) is met aandag gevolg.

1. Teologiese interpretasies: waar gebruik gemaak word van teologiese interpretasie van spesifieke episodes, situasies en kontekste.

2. Etiese reflekte: waar gebruik gemaak word van etiese beginsels, reëls of riglyne om uitkomstes van morele waardes te verkry.

3. Goeie praktyke: waar pastorale modelle ondersoek word om die beste model vir ’n spesifieke taak te vind. Sodanige model moet ook aanpasbaar gemaak word vir ’n spesifieke geval om positiewe verandering te bewerkstellig. Selfs die bespreking van die verbond sal aandag geniet (Osmer 2008:161).

158

By Punt 1 is hoofsaaklik gebruik gemaak van Ou en Nuwe Testamentiese verbonde. Hierdie teologies-gefundeerde aksie is gevolg omrede die verhouding tussen God en die mens so onlosmaaklik in alle verbonde is. Positiewe en negatiewe Godskonsepte is hierby ingeskakel met die doel om die mens se siening van God te verduidelik.

Via twee diagramme is aangetoon dat die mens geneig is om soms God in ’n negatiewe lig te sien en soms as positief ervaar. Hierdie kan ook gesien word as ’n metode om ’n persoon te toets ten opsigte van sy persepsie van God.

By Punt 2 is die waarde van etiese en morele waardes en norme bespreek met die uitgangspunt dat dit noodsaaklik vir ouers is om van kleins af die kind binne hierdie raamwerk groot te maak. Dit het nie net waarde vir die kind in sy latere lewe nie, maar kan ook die dinamiek by skole en die hele samelewing positief beïnvloed.

Hier word ook die werking van die Heilige Gees bespreek omdat dit so ’n groot impak op die Christen se lewe het. Indien besef word dat die Heilige Gees in ’n persoon leef, is hy ’n nuwe skepping en word daagliks bygestaan deur Jesus Christus, wat vir ons almal aan die kruis gesterf het, opgevaar het, en vandag aan die regterhand van die Vader sit.

Onder Punt 3 word verwys na verskeie pastorale modelle ter oplossing van die mens se emosionele probleme waarmee hy gereeld moet omgaan. Dit gee die terapeut die geleentheid om tussen verskeie opsies te kies om ’n individu te hanteer. Hierdie modelle word ook met mekaar vergelyk sodat die mees toepaslike model vir ’n individu gebruik kan word. Elke individu se persoonlikheid, situasie en probleem verskil van die ander en ’n terapeut moet uiters versigting wees om nie in ’n groef te verval deur gebruik te maak van een spesifieke model nie.

159 Beskrywende Taak Interpretatiewe Taak Normatiewe Taak Pragmatiese Taak

Hoofstuk 5

Pastorale berading en mentorskap by ouer-kind verhoudings

in die Suid-Afrikaanse konteks: Pragmatiese

benaderingswyse

5.1 Inleiding

Die vierde taak word deur Osmer beskryf as die pragmatiese taak. Dit gaan oor strategieë en handelinge wat onderneem word om die praksis te verander volgens die gestelde doelwittte in die woorde van Osmer: “How might we respond in ways that are faithful and effective?” (Osmer 2008:10).

Volgens Hoofstuk 1 is die volgende navorsingsvrae gevra:

Dit is hanteer in Hoofstuk 2 met die volgende opskrifte en inleiding:

Navorsingsvraag 1: Kan inligting uit kwalitatiewe navorsing positiewe gevolge vir

160

Hoofstuk 2: Deskriptief-empiriese benadering

Die eerste taak van Praktiese Teologie was die deskriptief-empiriese taak, volgens Osmer en Schweitzer (2003:2), met die vraag: “What is going on?” Dit het gegaan in hierdie taak om die versameling van inligting wat help om die patrone en dinamika van spesifieke episodes, situasies of kontekste te onderskei en te beskryf.

Navorsingsvraag 2: Tot watter mate kan mentorskap deur ouers die ouer-kind

verhoudings verbeter?

Hoofstuk 3: Interpretatiewe benaderingswyse

In hierdie gedeelte word verwys na die interpretatiewe taak en ondersoek is ingestel na verskillende teorieë om die geïdentifiseerde patrone te verstaan en te verklaar. Die vraag wat hier beantwoord moet word is: “Waarom?” of “ Why is this going on?” (Osmer 2008:4-6).

Navorsingsvraag 3: Tot watter mate kan die toepassing van Bybelse beginsels

gesinsverhoudinge verbeter?

Hoofstuk 4: Normatiewe benaderingswyse

In hierdie hoofstuk word verwys na die normatiewe taak van Osmer (2008:6). Hy verwys na die vraag: “What ought to be going on?”. Etiese reflekte: waar gebruik gemaak word van etiese beginsels, reëls of riglyne om uitkomstes van morele waardes te verkry. Die onderstaande drie begrippe van Osmer (2008:161) is met aandag gevolg:

Teologiese interpretasies: waar gebruik gemaak word van teologiese interpretasie van spesifieke episodes, situasies en kontekste.

Etiese reflekte: waar gebruik gemaak word van etiese beginsels, reëls of riglyne om uitkomstes van morele waardes te verkry.

161 Beskrywende Taak Interpretatiewe Taak Normatiewe Taak Pragmatiese Taak

Goeie praktyke: waar pastorale modelle ondersoek word om die beste model vir ’n spesifieke taak te vind. Sodanige model moet ook aanpasbaar gemaak word vir ’n spesifieke geval om positiewe verandering te bewerkstellig. Selfs die bespreking van die verbond sal aandag geniet (Osmer 2008:161).

Navorsingvraag 4: Wat is die bevindings, soos in die navorsingsvraag gestel, op grond

van die empiriese, literatuur- en normatiewe resultate wat kan lei tot strategiese beplanning?

Hoofstuk 5: Pastorale berading en mentorskap by ouer-kind verhoudings in die Suid-

Afrikaanse konteks: Pragmatiese taak.

Hierdie vierde taak word deur Osmer beskryf as die pragmatiese taak. Dit gaan oor strategieë en handelinge wat onderneem word om die praksis volgens die gestelde doelwittte te verander. “How might we respond in ways that are faithful and effective?” (Osmer 2008:10).

Samevattend verwys die onderstaande figuur na die wyse van bespreking in Hoofstuk 5.

Figuur 7: Wyse van bespreking

Hoofstuk 2 Hoofstuk 3 Hoofstuk 4 Hoofstuk 5

– Die bespreking van die empiriese studie – Die literatuurstudie mentorskap en ouer-

kind verhoudings

– Die Bybelse beginsels, verbonde, Godsvoorstellinge en pastorale modelle – Die strategieë en handelinge uit die

resultate van studie, rigtinggewende leiding aan die leierskap

162

Verskeie studies kan in die literatuur gevind word waar ouer-kind verhoudings aandag geniet. Selfs mentorskap is heelwat bespreek. Literatuur oor die toepassing van Bybelse beginsels is al breedvoerig deur navorsers ondersoek. In hierdie studie word elke onderwerp egter saamgevat om al hierdie faktore in een studie te inkorporeer met spesifieke verwysing na die Suid-Afrikaanse konteks. Dit gee hierdie studie dus redelike oorspronklikheid. Die feit dat dit oor kultuurgrense heen gedoen is (soos dit by die deelnemers in die empiriese studie toon) verleen dan ook ’n verdere uniekheid aan hierdie studie.