• No results found

2. Pastorale berading en mentorskap by ouer-kind verhoudings in die Suid-

4.2 Teologiese interpretasies

4.2.1 Verbond

4.2.1.7 Die Nuwe Verbond

Wright (1991:266,267) verwys tereg na die Nuwe Verbond as die klimaks van die verbonde. Hy verwys hier na die kruisiging en opstanding van Jesus Christus. Hy laat ook nie na om opsommend te verwys na die Heilige Gees nie.

Volgens Louw (2008:217), gaan dit in die Christologie om die herskepping van die mens en die “nuutskepping” van die skepping. Die Christologie bring ’n wesenlike verandering by die mens. Die verandering is van die “ou Adam”, verlore sondaar, na die “nuwe Adam”, wedergebore mens. Dit wys die mens dus op die aarde en status van die nuwe lewe, asook op die oorwinnende krag van die opstanding. Daar is dus ’n vryspraak en versoening teenwoordig.

Om hierdie nuwe lewenstyle in die praktyk te laat realiseer, benodig die God-mens- verhouding die pneumatologie. Dit is in pneumatologie wat die Christologie binne die daaglikse eksistensiële oriëntering en sosiale konteks van die mens gekonkretiseer

128

word. Die mens kan dus slegs waarlik mens word en tot nuwe selfaanvaarding en ontdekking van sy identiteit kom deur die werk van die Heilige Gees.

Hierdie verbond het ’n nuwe wending geneem met Jesus Christus se kruisiging en dit word as volg duidelik gemaak in Hebreërs 9: 11-14:

“Christus, wat opgetree het as Hoëpriester van die toekomstige weldade, het deur die groter en meer volmaakte tabernakel, wat nie met hande gemaak is nie, dit wil sê, wat nie aan hierdie skepping behoort nie, ook nie met bloed van bokke en kalwers nie, maar met Sy eie bloed, eenmaal ingegaan in die heiligdom en ’n ewige verlossing teweeg gebring. Want as die bloed van stiere en bokke en die as van ’n vers wat die verontreinigdes besprinkel, heilig maak tot reiniging van die vlees, hoeveel te meer sal die bloed van Christus, wat Homself deur die ewige Gees van God sonder smet geoffer het, julle gewete reinig van dooie werke om die lewende God te dien.”

(Dunn 1994:104-105; Dennison 1999:59; Eldredge 2001:127-128; Gentry & Wellum 2012:565-589).

Die leringe van Jesus Christus bewys dat Hy in die nuwe verbond selfs outoriteit het bo die Sinai-wette. Jesus Christus se unieke nuwe stellings wat die wet betref word bewys in die volgende skrifte: Matteus12:1-8, Markus 2:23-28, Lukas 6:1-5, Matteus 23:23-24, Lukas 11:42-44 en Matteus 5:17-48. Die belangrikste stelling waarna Jesus verwys is waarskynlik: “Ek het gekom om vir eens en altyd die wet te vervul” (Matt. 5:17).

Jesus Christus doen ’n beroep op sy volgelinge om ten volle te lewe en nie onder die onderdrukkende wetlike strukture van die Farisieërs se praktyke nie. Hy beveel almal om te lewe met vreugdevolle liefde vir hul naastes soos gekarakteriseer in sy bergpredikasie (Matt. 5:17-18). Geregtigheid kan nou bekom word deur Jesus se

129

voorbeeld te volg met behulp van die Heilige Gees wat deur Jesus Christus verdien is (Rom. 8:3, 4:11, 2 Kor. 3:4-6).

God die Vader se nuwe dispensasie deur Christus vervang heeltemal die wetsgebaseerde teologiese stelsel. Die nuwe genadestelsel neem sy plek in deur die hele wêreld deur die kruisdood van Christus te verlos en so arriveer die mensdom se nuwe verlossing. Vir die mens om voort te gaan met die wet as die verlossing is om te misluk om te verstaan dat “die reëls verander het”. Alles is moontlik gemaak deur die koms van Christus wat die verlossing en die verhouding met die Vader deur genade moontlik gemaak het. Indien hierdie nuwe genadeverbond bo die ou verbonde aanvaar word, word die spanningsverhouding tussen God en die mens, wat deur die wet daargestel is, totaal verander na ’n genadeverhouding (Parker 2003:19; Gentry & Wellum 2012:565-589).

Dit is ook bevestigend vir hierdie studie om te besef dat hierdie nuwe verbond van ’n vredevolle genade- en liefdesverhouding tussen ouers en kinders binne gesinsverband nou volkome tot sy reg kan kom. Hierdie nuwe verbond verwys na God se liefde vir die mens deur sy Seun, Jesus Christus, wat Hy vir ons as Verlosser aarde toe gestuur het. Hy is gekruisig, begrawe en het opgestaan om vrymaking te bring vir die kinders van God. Oral in die Nuwe Testament word daarna verwys. In Lukas, Markus, Handelinge en die boeke van Paulus word hierdie nuwe verbond uitgelig as die genadeverbond (Kovàcs 2006:1-8).

4.2.2 Godsvoorstellings

Soos met menige probleemgevalle, is die mens geneig om aan God die skuld te gee vir hulle probleme. Die rede hiervoor is die botsende aard van die wanpersepsie van ’n deelnemer dat ’n almagtige en liefdevolle God wel slegte dinge oor die mens laat kom.

130

4.2.2.1 Negatiewe Godsvoorstelings

Louw (1999:400-403) verwys na die negatiewe Godsvoorstelling wat Potgieter (2009:204-205) soos volg in ’n alternatiewe tabelvorm weergegee het:

Tabel 7: Negatiewe Godsvoorstellings

Negatiewe Godsvoorstelling Geloofsinhoud Effekte op gedrag

God as kragreus God kan alles …

Hoe kan God toelaat dat dit met my gebeur?

Verwyt en neerslagtigheid

God as Paaiboelie God straf onregverdig Weerstand,

omstandigheidsgevoelens, haatgedagtes en aggressie God as kersvader God gee net die goeie dinge Teleurstelling en vertwyfeling God as outeur God is die oorsaak van die

kwaad

Neutraliteit en ongeloof

God as programmeerder God besluit alles vooraf Onsekerheid, angs en knaende twyfel

God as towenaar God is die antwoord op probleme

Oppervlakkige optimisme

Potgieter (2009:204-205) verduidelik hierdie tabel volledig, maar hier word dit slegs bondig weergegee:

God as kragreus

As God as kragreus in ’n lydingsituasie geïnterpreteer word en geen positewe verandering vind plaas nie, lei dit tot rebelse vrae en negatiewe gevoelens. Hierdie gevoelens kan dan lei tot verwyt en neerslagtigheid.

131

God as paaiboelie

Alhoewel God nie noodwendig as ’n paaiboelie beskou word nie, word Hy wel as die een wat straf, beskou. Die skrif “God tugtig dié wat Hy lief het” word deur die lydende persoon as ’n God wat behae in lyding het, beskou. Tug kry nou ’n sadistiese konneksie in pleks daarvan dat dit gesien word as ’n beskermingsmaatreël en liefdesgreep van die Vader om koerswysiging in negatiewe gedrag daar te stel.

God as kersvader

God weet wat goed is vir die mens en sal moontlik nie dinge aan jou toevertrou wat jou verder van Hom sal wegneem nie. In baie gevalle is mense self verantwoordelik vir hul probleme en nou moet God kersvader wees. Hy is bereid om te help in sy liefde, maar sy hoofdoel is om jou in verhouding met Hom te kry.

God as programmeerder

God besluit alles vooraf en beplan selfs jou lyding. Hierdie misinterpretasie het dan die gevolg dat jy in vrees en angs lewe. Johannes 10:10 stel dit duidelik dat die duiwel gekom het om te steel, te slag en te verwoes, maar Jesus het gekom dat ons lewe en dit in oorvloed kan hê.

God as towenaar

God is wel ’n God van wonderwerke en het dit deur sy Seun Jesus se wonderwerke hier op aarde kom bewys. Maar ’n towenaar wat slegs op oëverblinding staatmaak, is Hy gewis nie. Hy wil jou in die holte van Sy hand hou as jy jou totaal aan Hom oorgee en in ’n liefdesverhouding met Hom lewe. Alles is dan wel moontlik vir die een wat in Hom glo.

132

4.2.2.2 Positiewe Godsvoorstelling

Die verskil tussen die negatiewe Godsvoorstelling en die positiewe Godsvoorstelling lê hoofsaaklik in hoe die mens God sien en ervaar. In die volgende soortgelyke tabel kan die onderskeid duidelik getref word:

Tabel 8: Positiewe Godsvoorstellings

Positiewe Godsvoorstelling Geloofsinhoud Effekte op gedrag

God as Almagtige, die Skepper van alle dinge

God kan alles doen en deur Jesus as middelaar, is ons tot alles in staat

Vryheid, verlosssing van sonde en tot geregtigheid gemaak God as Liefdevolle Vader God se goedheid en trou is vir

ewig en hou Sy beloftes in stand

Soos Jesus is ons vredemakers, gee liefde en hulp waar ons kan. God is ons Vader wat daar is in

goeie en slegte tye

God het medelye in ons swakheid en Jesus het gekom dat ons kan lewe

Vertroue en onwrikbare geloof op die Drie-eenheid van onse God

God as outeur van ons toekoms God beplan vir ons goed en nie sleg nie

Gerus en verseker oor dit wat Hy vir ons beplan in goeie en slegte tye

God Drie-eenheid as

programmeerder van ons lewe

Erken en glo in God Drie- eenheid

Doelbewuste geloof in Hom

God as Vader

Die gelowige kan op God se beloftes staatmaak. Kinders wat uit disfunksionele huise kom, het dan nie die beeld van God soos dit behoort te wees nie. God as Hemelse Vader konkretiseer met sy belewenis sy aardse vader. Vertroue, versorging, sekuriteit en die geloofwaardigheid van sy vader word bevraagteken en dit lei tot ontkenning van die Vaderskap van God.

133

God as vriend

God is naby en teenwoordig. Sy vriendskap dui op vergifnis in geval van menslike nood en oorwinningshulp in die geval van angs. Johannes 1:1-15 bewys duidelik hoe intens die liefde van God vir ons is.

God as verlosser

Sonde bring vervreemding tussen mens en God. Die versoening wat God in Christus bewerkstellig het, bring vrede tussen God en die mens in die vorm van algehele bevryding.

God as trooster

Die Heilige Gees bevestig dat God alle bose magte oorwin het en aan die kant van die mens staan. God verklaar die mens regverdig en Hy is werklik elke oomblik in die mens se teenwoordigheid.

God as regter

Louw (1999:404) maak die volgende belangrike stellings oor wat die motief van God vir die mens beteken, naamlik:

• Skeppingsmotief: God skep en die mens is op Hom gerig.

• Lydingsmotief: In ’n krisis indentifiseer God met die mens.

• Oorwinningsmotief: Die kontinuïteit tussen sonde en genade, dood en lewe, is die trou van God.

• Strydmotief: Geloof gaan met stryd gepaard. Deel van die stryd is twyfel, onsekerheid en angs. Die wete dat God altyd daar is, gee vir ons ’n anker waarop ons kan vertrou.

• Singewingsmotief: God gee ’n raamwerk van sinontsluiting en wek ’n hoop wat gedrag-toekomsgeoriënteerd en doelmatig aan ons rigting verskaf.

134

4.3 Etiese refleksie

Volgens Osmer behels die etiese refleksies die volgende: etiese beginsels, reëls of riglyne om uitkomstes van morele waardes as die volgende aspekte van die normatiewe ondersoek te verkry (vergelyk Osmer 2008:161).

Hierdie afdeling kan onder andere die volgende sake behels: waardes en norme en die werk van die Heilige Gees in die toepassing van hierdie waardes en norme.

4.3.1 Waardes en norme

De Klerk en De Wet (2013:82) is van mening dat die formulering van norme die lig is op die probleem wat ontvang is tydens die verkenning en intensiewe omgang met die Skrif. Die Christen behoort aangegryp te word deur die rykdom, krag en wysheid wat daar vir hom/haar in die hantering van die Woord oopgegaan het. Die formulering moet poog om norme neer te lê wat leiding kan gee om die Woord as genesing- en antwoordkrag in die konkrete probleemsituasie van groep, gemeentes of persone te ervaar.

Die verhouding tussen God en die mens kan gesien word as ’n simbool van betrokkendheid by die hele familie. God was die Vader van die hele familie en sy verantwoordelikheid was dat almal God moet aanbid en gehoorsaam. Om in God se seën te deel, moes iemand ’n deel van ’n familie wees. Lede van ’n familie se voorspoed en beskerming was daarin geleë dat hulle natuurlike afstammelinge van die Vader was en onder sy seën geleef het (Gen. 27-28), (Nolte 2007:217). Vandaar dan die nodigheid om kennis en insig in die pastoraat en die verbond te hê, om uiteindelik deur die Heilige Gees in die grootmaakproses van kinders gelei te word. Indien kinders van kleins af hierdie waardes geleer word, maak dit die proses in die latere jare soveel makliker wanneer groter probleme opduik. In Spreuke 22:6 lees ons: “Oefen die seun volgens die eis van sy weg; dan sal hy, ook as hy oud word, daar nie van afwyk nie.”

135

Larney en Lotter (2005:662) maak die volgende stelling onder die opskrif, Ouers se rol

in die oordrag van etiese en morele waardes:

“Ten slotte word die vertikale dimensie van waarde-oordrag betrek: die invloed van en wyse waarop kinders godsdiensbepaalde waardes internaliseer en hulle godsdiens uiteindelik gevestig en versterk word.”

In die geval van Christenouers beteken die oordrag van waardes en norme aan die kind hoofsaaklik ook die feit dat die mens ’n beelddraer van Jesus Christus is. Vandaar dan die noodsaaklikheid daarvan vanuit ’n Christelike perspektief. Morele en etiese waardes lei tot aanvaarbare lewenswyses en is gerig vanuit die besef dat dit in ooreenstemming is met die bedoeling van die Skepper wat die mens geskape het.

Na vele menings van skrywers binne literatuurstudies kom Larney en Lotter (2005:669) tot die waardevolle slotsom dat ouers en gesinne ’n uiters belangrike rol speel in die morele vorming van kinders se fases van ontwikkeling. Afgesien van portuur- en ander drukgoepe speel die ouers waarskynlik die mees belangrike rol by die vestiging van morele en etiese waardes. Binne gesinne het ouers ook die unieke geleentheid om as fasiliteerders oor ’n wye front van die kind se psigologiese, sosiologiese en fisiese ontwikkelingsproses op te tree.

Die meer gevorderde ontwikkelingsfases word ook deur Larney en Lotter (2005:683) aangeraak, naamlik die rol van die ouer by die vorming en oordrag van Godsdienstige waardes, inhoud en affiliasie by die kind. Indien die kind die geleentheid kry om reeds baie vroeg in sy/haar lewe Bybelse beginsels as norme te aanvaar, sal die uitkomste op etiese en morele vlakke soveel meer positiewe uitkomstes in die kind se latere gedrag en sienswyses hê.

Alhoewel Csordas (2009:414-416) in ’n empiriese studie onder kinders van verskillende ouderdomsgroepe binne Charismatiese kerke verwys na metodes van lofprysings as blote gewoontes, kan die teendeel ook waar wees. In hierdie geval word verwys na

136

kinders wat van kleins af hande klap, hande opsteek, in tale praat en in die kerk dans, nie noodwendig daarby baatvind nie. Daar kan saamgestem word met die skrywer se sienswyse, maar selfs in sy studie is daar kinders wat hierdeur goeie persoonlike verhoudings met Jesus Christus het. In Christenskap gaan dit nie bloot oor mense se kerkgedrag nie, maar wel op die vrugte wat hulle dra. Die voordele van bogenoemde is sonder twyfel dat die kind in ’n Christelike omgewing grootword en ouers wat wel die kinders kerk toe neem. Dit opsigself is al ’n goeie begin vir die ontwikkeling van etiese en morele waardes wat uit die Woord van God kom.

Piper (2007:18) gee die rede hoekom God verheerlik moet word deur die mens se morele gedrag. Volgens hom sê hy dit omdat Jesus dit so stel. Hy vewys na Matteus 5:6 “Let your light shine before others, so that they may see your good works and give glory to your father who is in heaven.” Die “ander” waarna hier verwys word, moet gesien word as eerstens die gesin en veral die kinders wat jy in die wêreld gebring het. Die opdrag van Jesus Christus is dus direk gerig aan ouers teenoor kinders, ouers teenoor andere en kinders teenoor kinders. Almal se taak is dus om die koninkryk uit te bou en sonder etiese en morele waardes is dit ’n onmootlike taak.

Baring (2012:282) is oortuig dat liefde en vergifnis tussen ouers en kinders die weg baan vir kinders om ouers se voorbeelde te volg. Die kind sal hierdie voorbeeld aanvaar en die geneigdheid toon om ander liefde te gee en te vergewe met die gevolg dat etiese en morele waardes weereens die positiewe uitkoms sal wees.

Denton (2010:61) stel dit as volg: “Vergifnis is ’n komplekse fenomeen en betrek sosiale, spirituele, kognitiewe en emosionele dimensies van menslike ervaring wat ’n uitdaging vir integrasie voorsien. Vergifnis moet eerstens as ’n teologiese saak wat onlosmaaklik gekoppel is aan die gebeure van die versoening in Jesus Christus (sy kruisdood) gesien word.”

137

In hierdie proses word ook met die vorige skrywer (vergelyk Piper 2007:18) saamgestem dat God verheerlik sal word tussen ouers en kinders en selfs binne samelewings (1 Kor. 13).

Etiese en morele waardes is bykans die algemeenste verwysings wat in die Bybel voorkom. In Spreuke, Psalms en die bergpredikasie van Jesus in Matteus, asook die gelykenisse in Matteus, Markus en Lukas, is maar enkele verwysings waar Jesus etiese en morele waardes aanhaal en beklemtoon.

4.3.2 Die werk van die Heilige Gees in die toepassing van hierdie waardes