• No results found

2. Antonio Rosmini se Sosiale Filosofie

2.8 Rosmini se samelewingsleer

In sy samelewingsleer vra Rosmini waarvoor die regering daar is en wat sy einddoel is. Volgens hom gaan die menslike samelewing op in die burgerlike (politieke) societas, kerklike societas en die huislike societas. Hy meen ons sal nie ons regte verantwoordelik uitoefen, indien ons onkundig omtrent die einddoel van die burgerlike regering is nie.241 Hy

verklaar dat ons van die burgerlike regering die vooruitsigte moet verkry dat ons menseregte (belange) in die burgerlike (politieke) societas gehandhaaf sal word, sodat die menslike samelewing as ’n geheel vooruitgang kan toon. Rosmini meen die doelwit van die burgerlike societas moet die bereiking van die welsyn van sy burgers wees.242 Hy verklaar:

“... If this end is forgotten or ignored, only a facade of society remains...”243

Rosmini beweer dus dat die einddoel van die burgerlike societas nie net in die materiële welsyn van die burgers gesetel is nie. Hy meen die einddoel van die burgerlike societas moet rekening hou met mense en nie net met dinge nie, omdat die mens die onderwerp van deug is. Dit is om hierdie rede dat die beoefening van deug net so belangrik vir Rosmini is

241

Rosmini 1994 (a): vii.

242

Rosmini 1994 (a): vii.

243

as vir Thomas Aquinas en Cicero. Die uitoefening van deug in die burgerlike societas lei tot die beklemtoning van menseregte in die samelewing.244

Deur sy samelewingsleer poog Rosmini dus om die vormende elemente in die burgerlike

societas te bepaal en om die wyses vir die behoud van die menslike samelewing te

bewerkstellig. Sy samelewingsleer, wat die gevolg van die antropologiese opvatting van siel/liggaam is, word bepaal deur: “... rules according to which we must evaluate the positive or negative value of all the forces acting upon and moving civil society.”245 Die

burgerlike regering se handelinge moet, volgens hom, binne die perke van die burgerlike regeergesag bly.246 Rosmini se samelewingsleer het dus as einddoel die behoud en

vooruitgang van die burgerlike societas,247 waarvan die belangrikste funksie die

promulgering of uitvaardiging van wetgewing is. Dié gedagte onderstreep die belang van die natuurreg en die positiewe reg in die burgerlike societas.248

244

Rosmini 1994 (a): vii.

245

Rosmini 1994 (b): 1.

246

Kritici van die natuurreg meen die werking daarvan is vaag en dit ontbreek die duidelikheid en presiesheid wat die positiewe reg geniet. Volgens dié kritici dien die positiewe reg as die beste kanaal vir die promulgering van menseregte, soos byvoorbeeld die grondwet van Suid-Afrika, waarin die Handves van Regte, uiteengesit is.

Rosmini glo die natuurreg moet as ideale reg voorgehou word, waarvan dié reëls in die positiewe reg opgeneem word, sonder dat die geldigheid van die positiewe reg aangetas word, indien dit die natuurreg weerspreek. Om as geldende reg te kan fungeer moet die natuurreg deur menslike vormgewing gepositiveer word.

247

Rosmini 1994 (a): 2.

248

Natuurreg-teoriste bepaal dat die natuurreg voor die totstandkoming van state alreeds bestaan het. Die burgerlike samelewing of staat is die gevolg van die rede. Die natuurreg het destyds die gesag van feodale aristokrate ondermyn ten gunste van ‘n bourgeoisie-samelewing. Die natuurreg het sodoende die weg gebaan vir die vestiging van menseregte. Hieruit kan die afleiding gemaak word dat die geskiedenis van van menseregte en die geskiedenis van die natuurreg duidelike parallelle met mekaar vertoon. Die basis van menseregte lê in die natuurreg, waarin regte en verpligtinge, vervat is: “… these two concepts being correlative – it becomes apparent that a declaration of rights should normally be rounded off by a declaration of man’s obligations and responsibilities towards the communities of which he is a part, notably the family group, the civil society and the international community” (Maritain 1949: 76).

Alle (menslike) positiewe reg is van die natuurreg afgelei. Rosmini bepaal ook dat die basis vir menseregte in die primitiewe reg gesetel is. Die primitiewe reg het met verloop van tyd ontwikkeling ondergaan soos die menslike rede wat daarna in die natuurreg verander het. Die

Die samelewingsleer van Rosmini veronderstel dat daar positiewe strafmaatreëls in die burgerlike societas teenwoordig moet wees, waardeur die mens gedwing word om die natuurreg en die positiewe reg te gehoorsaam.249 Dié benadering dui op die nakoming van

regte en pligte in die burgerlike societas deur die burgers. Volgens juridiese gelykheid word ook van die burgerlike societas vereis om die burgers se regte te erken en te respekteer.250

Rosmini meen die negentiende-eeuse positivisme alleen blyk onvoldoende te wees vir die behoud van die burgerlike societas. Met die bedreiging van die invloed van moderne sekularisme en die groeiende paganisme is ’n herlewing van die idee van die natuurreg nodig. Dit dien as ’n liggaam van etiese regsreëls en is belangrik vir Christelike wetgewing. Kritici van die natuurreg meen die werking daarvan is te vaag en gaan mank aan die duidelikheid en presiesheid van die positiewe reg. Om as geldende reg te kan fungeer, moet die natuurreg deur menslike vormgewing gepositiveer word.251

Met betrekking tot Rosmini se samelewingsleer moet elke burgerlike societas, ongeag die aard en vorm daarvan, gerig wees op die bereiking van die menslike welsyn, die

natuurreg bly dus die hoogste maatstaaf en norm vir die beoordeling van geregtigheid en van die positiewe reg. Die (menslike) positiewe reg wat ons verbied om ander te benadeel, is noodsaaklik in die burgerlike societas. Rosmini sluit onder sodanige positiewe reg die volgende regte in, naamlik die wetenskap aangaande die regulering van rykdom, gewapende magte, strafreg, ensovoorts (Rosmini 1994 (a): 2). Rommen verklaar: “… Natural law calls for positive law, for concretization and individualization of the perennial principles according to the circumstances… therefore legislation is the most essential political function.” (Rommen 1945: 205).

249

Rosmini 1996: 260. Volgens Rosmini is diefstal strydig met die natuurreg en maak inbreuk op menseregte. Die vergeldende beregting van die positiewe strafreg vereis dat ‘n misdadiger boete moet doen vir sy oortreding. Die straf toegemeet aan die misdadiger moet deur ‘n bevoegde gesag bepaal en opgelê word.

250

Rosmini 1996: 257.

251

sogenaamde “common good.”252 Dit moet aan die mens die ruimte bied waarbinne hy

homself as mens kan uitleef253 en dit moet toesien dat die burgers se regte gerespekteer

word: “... that is why every unjust and immoral political act is in itself harmful to the common good and politically bad...”254

Rosmini meen elke burgerlike societas waarvan die doelwit strydig met deug is, is ‘n onegte menslike samelewing.255 Hy glo ook dat elke wet van die burgerlike societas ongeldig is,

indien dit die burgers van sodanige samelewing verhoed om deug te bereik. Hy meen dat sonder deug daar geen menslike welsyn, die doelwit waarvoor die burgerlike societas juis daargestel is, moontlik is nie.256

252

Rosmini 1994 (a): 8.

Maritain 1944: 8. Maritain glo as die doel van die burgerlike societas nie die algemene goed (common good) van die mense is nie, sal dit uitloop op ‘n kollektiwistiese of despotiese staatsdoel. Rosmini meen dat die einddoel van die burgerlike societas gerig is op die algemene goed (common good) van die mense.

253

Sien Maritain 1944: 8-9.

254

Sien Maritain 1944: 9-10.

255

Maritain 1944: 10. In die woorde van Maritain, wat Rosmini onderskryf: “… authority, when it is unjust, betrays its own political essence. An unjust law is not a law.”

256

Rosmini 1994 (b): 76, 77. Rosmini meen die menslike welsyn (of goed) is geleë in die tevredenheid van die menslike natuur waarvan die wesenlike de jure en de facto doelwit van die burgerlike

societas is. Die tevredenheid van die menslike gemoed word in die eerste doelwit van die burgerlike societas aangetref. Dié tevredenheid van die van die menslike gemoed vorm die ware doelwit van

die burgerlike societas. Rosmini is egter daarvan oortuig dat die afgeleë doelwit, wat die ander deel van die burgerlike societas vorm, nooit ten koste van die eerste doelwit ingeboet moet word nie. Hy meen die eerste doelwit moet eerder onderdanig aan die afgeleë doelwit wees en dit aanvul. Rosmini verklaar dat die waarde van die eerste doelwit in die diens en hulp wat dit aan die afgeleë doelwit verleen, geleë is. Hy verklaar: “… the proximate end of society, which consists in the acquisition of particular good and pleasure, must be ordered to the remote end, which consists in contentment of the members’ spirit. The proximate end must always be evaluated relative to the remote end, never unconditionally.”

Rosmini benadruk die onskendbare reg van alle regerings om die menslike welsyn te bevorder.257 Hy verklaar: “... if civil society did not pertain to true, proper human good, it

would not tend to good in any way; it would be formed for evil.”258

257

Sien Maritain 1944: 8-9.

258