• No results found

2. Antonio Rosmini se Sosiale Filosofie

2.5 Rosmini oor die grondslae van die kenteorie

2.5.2 Rosmini oor die kennis van die werklikheid

Rosmini definieer werklikheid as: “... a firm and reasonable persuasion that conforms to the truth...”179

Volgens hom is die kriterium vir werklikheid die a priori -kennis. Deur middel van ’n a priori –kennis, wil Rosmini aantoon hoe ver die denke sonder die hulp van die sintuie kan gaan. Rosmini beweer dat deur middel van die a priori -kennis (waarheid) die bestaan van God, deur die mens, met behulp van sy rede, uit die natuurlike orde afgelei kan word.180 Dit

behels die natuurlike teologie. Alhoewel die idee van syn deur moontlikheid veronderstel word, word ’n a priori –kennis deur noodsaaklikheid en universaliteit gekwalifiseer. Rosmini se stelsel van die werklikheid is gerig op die waarheid of geloof in ’n verhewe werklikheid, naamlik God.181

Vir die mens se bestaan en ter wille van alle menslike kennis is ’n geloof in God noodsaaklik. Die mens het byvoorbeeld ’n hoër of bonatuurlike entiteit nodig, vir die handhawing van menseregte in die menslike samelewing. Die beoefening of handhawing

178

Sien Strauss 1978: 20-1. Aquinas pas die Aristoteliese vorm- en materie-kategorie toe. Aquinas meen die siel of intellek van die mens gee vorm aan die liggaam (materie). Slegs die konkrete mens, vorm plus materie, is substansie.

179

Rosmini 1991 (b): 4. Cleary 1992: 20.

Davidson 1882: 158. Rosmini se definisie van sekerheid sluit beide objektiewe en subjektiewe sekerheid in.

180

Davidson 1882: 335.

181

van menseregte is slegs moontlik, indien die mens sy primêre plig teenoor God aanvaar en in Hom glo. Hierdie gedagtegang stem ooreen met dié van Seneca: “... the first duty towards God is to believe in his existence.”182

Op grond hiervan, meen Rosmini, kan die bestaan van God met behulp van die rede verklaar word.183 Rosmini meen die werklikheid van ’n Absolute Syn mag nie betwyfel word

nie, selfs nie eens deur die kritiese filosofie van Kant en Hegel nie.184

Rosmini meen dat, na aanleiding van die a priori- kennis, ons slegs ’n negatiewe waarheid of begrip van God kan hê.185 Volgens Rosmini bevat die positiewe begrip wesenlike

eienskappe wat die begrip van God weerspreek. Hy verklaar: “... it would be absurd to attribute these characteristics to the divine essence...”186

182

Davidson 1882: 158. Rosmini 1991 (b): 241-7.

Sien Seneca Epistles 95 in Rosmini 1991 (b): 241-7.

183

Rosmini 1991 (b): 238.

184

Rosmini 1991 (b): 238-9.

Davidson 1882: 142-3. Rosmini verwys na die filosofie van Kant tot Hegel, wat vorme van skeptisisme bevat. Rosmini meen die skeptici se filosofie kan in die volgende aanhaling gevind word “… they are three phases, three results, of critical philosophy. The first is characterized by despair of finding the truth. The second tries to remedy this unfortunate state of things through faith in practical reason floating in mid air, without any theoretic foundation. The third is distinguished by philosophic pride, which feeling everything vanish from its grasp, invites humanity to a show, in which it promises to take all out of nothing, before the eyes of its public, which it warns to be very attentive, just like those prestidigitators who, from under an empty dice-box, bring a large, various- coloured ball, four times as big as the box itself.”

185

Rosmini 1991 (b): 243.

186

Rosmini 1991 (b): 243. Volgens Rosmini lewer positiewe kennis aan ons die werklike essensie van ‘n ding. Hy beskou kennis van so aard as die begripsvermoë van ‘n idee. So iemand, wat alle idees as begripsvermoë beskou, sal in panteïsme verval. Rosmini verklaar: “… such a person is forced to compose imaginary and false imitations of beings of which he has only empty ideas; he is forced to create his own fabrications, and amongst them a God composed of the characteristics and properties of our limited spirit and of matter; he creates a God made of foreign elements put together in a thousand different ways, and does so without following any law because the ceaseless wandering of a disordered phantasy has no law.”

Volgens Rosmini is die kriterium vir die werklikheid of waarheid, God. God is die werklikheid aangaande “dinge.”187 Davidson interpreteer Rosmini soos volg: “... But the

supreme real ground is not given to man by nature, since this reality is God Himself..”188

Rosmini meen dit is nie voldoende dat ’n “ding” as werklik beskryf word nie; daar moet ook ’n motief teenwoordig wees wat die vaste oortuiging weerspieël oor die werklikheid of oor dit wat redelik is – dan sal daardie “ding” vir my werklikheid wees. Rosmini verklaar dat werklikheid byvoorbeeld in die verordening van wette of die reg bestaan: “... God, in the first operation and formation of the human being, constituted the laws which govern all human nature and the human species.”189 Die reg is een van dié entiteite op die natuurlike

terrein waaroor die mens ‘n werklikheid kan vorm, omdat die reg as ’n Goddelike voorskrif vir die regulering van die gedrag van die individu onderling en teenoor die burgerlike

societas in die menslike samelewing geld.190

Rosmini meen die werklikheid berus op twee komponente, naamlik die intellektuele beginsel (subjek) en die syn (as die objek).191 Hy meen as ons aan iets onafhanklik van ons

dink, beskou ons daardie iets as ’n wyse van bestaan, verskillend van ons eie (subjektiewe) bestaan.192 Hy verduidelik dat wanneer ons dink, sal ons, as subjek, die objek van ons eie

denke word. Volgens hom eindig denke in objek. Dit is iets verskillend van die denkende subjek.193 Die objek van ons denke is die menslike rede, wat aan God gelyk gestel word na

187

Die term “ding” kan geredelik met “syn” vervang word.

188

Davidson 1882: 6.

189

Rosmini 1991 (a): 445.

190

Parallelle lesing Rosmini 1991 (b): 252.

191

Rosmini 1991 (a): 440. “… because the human subject is a feeling-intellective principle, it necessarily exists simultaneously with the matter of its feeling and with the object of its intelligence (being), both of which are posited simultaneously by nature.”

192

Rosmini 1991 (b): 33.

193

aanleiding van die analogia entis en imago Dei-beginsel: “... just as he said image... he also said likeness in order that we may render ourselves like God according to human forces.”194

Rosmini meen die subjek is: “... a sentient individual, in so far as it contains within itself a supreme active principle.”195 Subjek veronderstel die mens. Rosmini meen gevolglik dat

die mens oor beide ’n intelligente en ’n dierlike siele-deel beskik. Die dierlike siele-deel openbaar die voelende natuur of gewaarwording, terwyl die rasionele siele-deel oor ’n intellektuele geaardheid beskik. Rosmini beweer dat God die oorsprong van die intelligente siele-deel is: “... the Lord God formed man of dust from the ground, and breathed into his nostrils the breath of life; and man became a living being.”196

Op grond van dié sintese en in aansluiting by die Thomisme versoen Rosmini die liggaam met die siel om sodoende ’n eenheid, die mens, te postuleer. Dit is een van die grondslae van Rosmini se antropologie.

Die mens moet daarna streef om God te ken. Met goedkeuring verwys Rosmini na Athanasius wat soos volg verklaar: “... God, maker of the world, formed through his Word

194

Rosmini 1991 (a): 447.

Parallelle lesing Cleary 1992: 52. “… God produces the divine synthesis in which he unites initial being with the limited realities he ‘imagines.’ … All these beings can in their turn reach out to him by means of the humans in their midst who, as the apex of creation, can in some way know God, communicate with him, enjoy him and unite themselves with him. All other beings on earth are subordinate to human beings, whose nature is destined, through grace, to be deified, that is, to share in the divinity itself on a supernatural level.”

195

Rosmini 1991 (a): 418.

196

Rosmini 1991 (a): 442.

the human race in his own image, and gave it understanding, and knowledge of his eternity.”197

Hiervolgens het God die “lig van die intellek (rede)” nie net aan Adam verleen nie, maar terselfdertyd aan al sy afstammelinge. Hiervolgens, meen Rosmini by implikasie, kan die handhawing van regte en pligte en die nakoming van fundamentele regte of menseregte in die menslike samelewing op ’n kontinue basis geken en voortgesit word. Deur middel van die rede of intellek is kennis oor God (en sodoende menseregte) moontlik.198

Die kerkvader, St. Basil, verwys ook na die skepping van die eerste voorouer as die basis vir die skepping van die menslike natuur. Hy verklaar: “... This human being is certainly a wonderful thing; he has received something of great value from his natural constitution. Amongst the things we see on earth, what else was made in the image of the Creator?”199

Rosmini haal ook die woorde van Johannes Chrysostomus aan, wat die mens se gelykenis aan God uitdruk: “... in order that we may render ourselves like God according to human forces.”200

Eadmer, ’n student van Anselmus, argumenteer dat die natuur na die gelykenis van God geskape is. Elders meen hy dat die menslike natuur daarom in geregtigheid geskape is. Die menslike natuur, in sy oorspronklike staat, weerspieël, volgens Rosmini, die natuurregsbeginsels van: “... gee aan elkeen wat hom toekom en doen niemand onreg aan

197 Rosmini 1991 (a): 446. 198 Rosmini 1991 (b): 238. 199 Rosmini 1991 (a): 446. 200 Rosmini 1991 (a): 446.

nie.”201 Die mens het dus geregtigheid saam met die rede (rasionaliteit) ontvang. As

sodanig is die mens in staat om die beginsels van geregtigheid te ken.