• No results found

3. Antonio Rosmini se Politieke Filosofie

3.7 Regte wat lei tot hervorming van die burgerlike societas

In die burgerlike societas sanksioneer twee elemente (magte) alle sosiale regte, naamlik owerheidsgesag en die openbare mening. Eersgenoemde behoort tot die regeerders en laasgenoemde tot die burgery.296

Rosmini meen dit is ‘n groot taak om die menings van die massas oor sosiale geregtigheid eenvormig te reguleer. Eenvormigheid in politieke aangeleenthede is in die legitieme mag

293 Rosmini 1996: 284-5. 294 Rosmini 1996: 285. 295 Rosmini 1996: 289. 296 Rosmini 1996: 295.

van die massas gesetel. Volgens hom herlei eenvormigheid van menings die burgerlike

societas tot sy hoogste vervolmaking. Die burgers het dus ’n onvervreembare reg om al die

handelswyses wat voordelig vir dié doel is te gebruik .297

Hy meen die burgerlike regering se grootste plig lê in die handhawing van die ooreenstemming tussen die regeergesag en die openbare mening,298 en verklaar soos volg:

“... it will be the sacred, supreme duty of government to rule civil society according to prevalent public opinion, not according to particular theories.”299

Rosmini meen ‘n wyse regering se magte skiet nooit tekort aan mag om al sy burgerlike pligte en die regte van die burgers te akkommodeer nie. Dié regering sal enige onreg teen die openbare orde of private regte ontsenu.300

Regte is moreel van aard en benodig morele uitoefening. Rosmini glo as die uitoefening van dwang immoreel is, sal dit ophou om billik of regverdig te wees: “.. because right is essentially moral, this force must be exercised morally. Hence whenever the exercise of coercion is morally tainted, it ceases to be right.”301 As dwang die persoon oor wie dit

uitgeoefen is, benadeel, behoort die uitoefening van dwang verbied te word.302

297

Rosmini 1996: 295-296.

298

Rosmini 1996: 297. Rosmini formuleer die verhouding tussen die regeergesag en die openbare mening so: “This great duty consists in always maintaining perfect agreement between the two supreme forces of society, the material force (which must be in the hands of government) and public opinion (in the hands of the governed). In other words: ‘It will be the sacred, supreme duty of government to rule civil society according to prevalent public opinion, not according to particular theories.” 299 Rosmini 1996: 297. 300 Rosmini 1996: 299. 301 Rosmini 1996: 301. 302 Rosmini 1996: 301.

Rosmini meen die burgerlike regering het ‘n reg ad rem tot sosiale voordeel. In die geval van eiendomsreg en die regte van die individu, mag die regering beslag lê op sodanige voordeel of goed (eiendomsreg en regte van die individu) wat die objek van regte is. Die regering kan dit byvoorbeeld doen deur middel van billike kompensasie. Rosmini meen waar die regering beslag lê op goedere sonder die belofte van kompensasie, sal dit ‘n onreg deur die regering wees.303 Dit sal ook ‘n misbruik van mag deur die regering

veronderstel.304

Hy meen voorts die regering mag nie dwang gebruik waar ‘n onskuldige party sy eie regte probeer beskerm nie. Skade aan ‘n onskuldige persoon aangedoen, regverdig selfverdediging. Die ideale geval sou wees waar die mens sy regte beskerm, sonder enige nadeel of skade aan die oortreder.305

Burgerlike gesag is van God afkomstig soos uitgedruk deur die stelreël omnis potestas a

Deo.306 Legitieme mag en regte is van God deur middel van die reg afkomstig en die

burgery moet hulle aan sodanige gesag onderwerp. Gesag, of die uitoefening van dwang, behoort nie tot die bevoegdheidsfeer van die burgery nie: “... (it) is certainly dangerous and blameworthy when exercised by an unbridled, corrupt multitude.”307

Rosmini meen ook die burgers mag nie geweld teen die regeerder gebruik nie. Indien hulle dit vanweë die onreg van die regeerder doen, sal die burgers medepligtig wees, en met net

303

Rosmini 1996: 302. “… by seizing goods without promise of compensation or any social title, which is an act of injustice committed in the name of the government…”

304 Rosmini 1996: 302-3. 305 Rosmini 1996: 304. 306 Rosmini 1996: 70, 305. 307 Rosmini 1996: 309.

soveel blaam as die onbillike regeerder verwyt word: “... the citizens as a whole can never have the right to violent coercion against their supreme governor. Some of them will necessarily be accomplices of his injustice and consequently have in their power a peaceful means for eradicating it. They can cease to co-operate.”308

Rosmini meen die regering is dit wat die burgers of mense daarvan maak, en dat korrupte regeerders van ‘n korrupte burgery kom: “... governments are precisely what people make them, and that corrupt rulers come from corrupt people; in other words, the people have the ruler they want.”309 As geregtigheid, moraliteit en orde in die gedrag van die burgers gevind

word, sal daardie betrokke regering regverdig en moreel goed wees.310

Rosmini glo die burgers beskik oor ‘n reg van protes teen ‘n regering wat sy mag misbruik. Hierdie reg is die beste waarborg vir ’n gesonde regering en dien tot voordeel van sowel die burgerlike societas as die individuele burgers. Hy meen dat protes slegs effektief kan wees as sekere voorwaardes nagekom word. Elke groepering of individu wat oor ‘n reg tot beskerming beskik, moet in staat wees om dit uit te oefen: “... every collective or individual person who has rights to defend must be able to exercise it.”311 Voorts moet protes goed

deurdink en deeglik oorweeg word. Dié reg moet in die openbaar uitgeoefen word: “... the remonstrances need not be secret; indeed it is helpful if they are public.”312 Rosmini glo dat

protes openbare gevoel uitdruk, wat die beste reël vir ‘n goeie regering is.313

308 Rosmini 1996: 319. 309 Rosmini 1996: 319. 310 Rosmini 1996: 319. 311 Rosmini 1996: 323. 312 Rosmini 1996: 323. 313

Rosmini 1996: 324. “… the right can often sincerely and faithfully express public opinion, which is the best rule for good government.”:

Rosmini meen as die bindende kontrak tussen die regeergesag en die burgery geskend word, kan die burgery hulle reg van protes gebruik, deur hulle van die voorwaardes van dié kontrak te bevry: “... both the civil head and the citizens are obliged by the pacts they make, and by the conditions stated or certainly understood... if this reciprocally binding contract is broken by the civil head, the offended side can certainly use its right to free itself from the conditions of the contract.”314