• No results found

In sy werke Antropologia in Servizio67 en Psicologia68, ondersoek Rosmini die goddelikheid

van die menslike siel. Rosmini gaan van die veronderstelling uit dat die menslike siel uit twee komponente bestaan: ‘n liggaamlike (natuurlike) sowel as ‘n intellektuele (goddelike) siele-deel.69 Hy meen dat die goddelike siele-deel die hoogste norm vir die onderskeid

tussen goed en kwaad is.70 Die siel word gevolglik as “opvangbak” vir alle morele oordele

beskou.71 Hierdie persepsie van die siel as die hoogste norm vir goed en kwaad werp lig

op die etiese inhoud van die teologie en die filosofie enersyds, en die behandeling van menseregte, andersyds. Dit rig ook die menslike gedrag in die burgerlike societas, kerklike

societas en die huislike societas. Dit is kenmerkend van die Thomisme om die teologie en

die filosofie bymekaar uit te bring, omdat dié twee terreine mekaar wedersyds aanvul.72

67

Rosmini 1991: titelblad. Anthropology as an Aid to Moral Science.

68

Rosmini 1999: titelblad. Psychology. Die werk van Rosmini bestaan uit vier volumes, wat respektiewelik in die volgende volgorde staan, naamlik Essence of the Human Soul, Development of

the Human Soul, Laws of Animality en Opinions about the Human Soul.

69

Rosmini 1992: 21-2.

Rosmini 1991 (a): ix. “Intellect and reason on the one hand, and will and freedom on the other, are respectively the active and passive faculties that constitute the human spirit.”

70

Vgl. Rosmini 1988: xii-xv. Rosmini behandel die eienskappe van die siel oor die boeg van die etiek. Hy verklaar dat die inhoud van die etiek in die volgende formule ingesluit is: “… do what is morally good, and avoid moral evil.”

71

Rosmini 1988: 9.

72

Rosmini 2004: 36.

D’Entréves 1965: xiii. Die Thomisme handhaaf ook dat die terreine van die teologie en die filosofie fundamenteel in harmonie met mekaar moet verkeer: “Gratia non tollit naturam sed perficit.”

Rosmini se denke oor die teologie en die filosofie pas dus binne die kader van die klassieke Thomisme.

Rosmini meen dat, alhoewel die siel oor sowel ’n liggaamlike (natuurlike) as ʼn goddelike aard beskik, dit ʼn eenheid vorm wat tot volle wasdom in die mens kom.73 Die mens is dus

ʼn eenheid wat oor sowel ʼn liggaamlike (natuurlike) as ‘n goddelike element beskik, en is sodoende ʼn etiese wese.74 As etiese wese staan die mens onder die gelding van die morele

wet, as natuurreg.75

Die teologies-filosofiese opvatting van die eenheid van die menslike siel, onderhewig aan die morele wet, impliseer dat die mens se etiese ontwikkeling van die nakoming van ‘n stel lewensreëls afhanklik is, wat uit die natuurreg voortspruit, plus daardie stel reëls wat uit die Goddelike (lex aeterna) ewige reg voortkom. Dié insig bied egter ook aanknopingspunte vir Rosmini se sienswyses van menseregte in die burgerlike (politieke) societas, juis omdat die menseregte effektief deur die handhawing van die natuurreg beskerm word.76 Die natuurreg

is daardie morele wette wat deur God in die harte van die mens ingegraveer is.77 Rosmini

veronderstel sodoende dat die goeie, die goddelike aard van die mens, die liggaamlike (natuurlike) uiteindelik sal oorwin en dat die mens sodoende deel (partisipasie) aan God, die Hoogste Syn verkry. Dié deelwording aan die Goddelike benodig egter ‘n strenge

73

Rosmini 1991 (a): viii-ix. Rosmini verklaar: “The human being is ‘an animal subject endowed with the intuition of indeterminate, ideal being and with the perception of its own corporeal, fundamental feeling, and operating in accordance with animality and intelligence… intellect and reason on the one hand, and will and freedom on the other, are respectively the active and passive faculties that constitute the human spirit.’”

74

Rosmini 1991 (a): viii.

75

Rosmini 1988: 14.

76

Rosmini 1993 (a): vi-xii. Parallelle lesing.

77

D’Entréves 1957: 52. “The law of nature is implanted in man by God. It has therefore unquestionably a divine origin…”

handhawing van die natuurreg. Die gedagte toon parallelle lesings met die Thomistiese

analogia entis en partisipasie-leer.78 Die standpunt vorm ook die basis van Rosmini se

teodisee “geregtigheid van God.”79

Rosmini meen die subjektiewe element (die liggaamlike of natuurlike sy) van die mens in die samelewing, moet nie buite rekening gelaat word nie omdat God die goeie, sowel as die sondige aard van die mens in die sosiale of burgerlike (politieke) societas toelaat.80 Hy

fundeer dié standpunt in die geregtigheid van God (teodisee).81 In hierdie verband vind

Rosmini aansluiting by Seneca. Seneca meen dat God teenoor goeie mense die gesindheid van ‘n vader het. Hy (God) beproef hulle deur swaarkry en moeite, ten einde hulle vir die uitdagings van die lewe te versterk. Vervolgens meen Seneca dat voorspoed alleen nie die mens in staat stel om lewensaanslae te weerstaan nie, maar dat hy wat in ‘n voortdurende stryd met teëspoed gewikkel is: “... ontwikkel eelte vanweë die onregte en swig nie voor

78

Van der Vyver 1975: 66. Die begrip analogia entis is ‘n uitvloeisel van pogings van die Thomisme wat God en sy skepping wou insluit. Die mees algemene begrip waarop die Thomisme besluit het, is die syn. Die ooreenkomste tussen God en die skepping is analoog. Die analogia entis dui dus daarop dat God en wêreld ‘n gemeenskaplike grondslag in die syn vind, maar tog só dat God en wêreld van mekaar verskil. Op grond van die analogia entis het die mens deel aan die syn van God en dra hy iets goddeliks (die transendentalia) in hom om.

79

Rosmini 1912: vol. 1-3. Vir verdere lees oor die geregtigheid van God, wat sodoende ‘n impak het op die mens se gedrag in die burgerlike societas.

80

Rosmini 1993 (a): viii. Die gedagte word by wyse van ‘n aanhaling geïllustreer “… As we look around the world, near and far, we can only marvel at the contradiction between our interest in human rights and the appalling treatment meted out in practice to possessors of rights.” Ondanks die verwaarlosing en misbruik van regte glo Rosmini dat die handhawing van regte nie in vergetelheid is nie. Hy meld die voorbeelde van die nie-gewelddadige omverwerping van kommunisme in Europa, die mens se agterdog teenoor tekens van totalitarisme waar dit ookal kop uitsteek en die behoud van die regstelsel, almal tekens dat menseregte nie aan die gewone mense vergete is nie.

81

Rosmini 1912: vol. 1-3. (Die verhandeling oor die geregtigheid van God, word in drie volumes in Rosmini se Theodicy, behandel). Die gedagte kan nie op ‘n enkele bladsy vasgepen word nie. Die geregtigheid van God word in die konteks van al drie volumes, van die Theodicy, van Rosmini, (in)gelees.

teëspoed nie, maar selfs al val hy, veg hy van sy knieë af.”82 Goeie mense sal, volgens

Seneca, nie vir swaarkry en moeilikhede terugdeins nie en nie oor hul lot kla nie. Wat ookal mag gebeur, word alles in ‘n goeie gees aanvaar en die slegte in die goeie omskep. Dié gedagte onderstreep die beginsel van adiaphora (kwaad is net sleg vir diegene wat dit sleg verduur).83 Dieselfde is ook waar van God se geregtigheid. Dieselfde beginsel of standpunt

van Seneca kan in Rosmini se Theodicy opgespoor word.84

God maak nie van ‘n goeie mens ‘n bedorwe brok nie. Hy stel die mens op die proef, Hy verhard die mens en maak die mens vir homself gereed: “.. idem tibi de deo liqueat. Bonum

virum in delicium non habet, experitur, indurat, sibi illum parat...”85 Hiervolgens tree God

as vader-figuur in, omdat Hy sy volk juis versterk teen die aanslae van teëspoed. Daarom laat Hy juis die kwaad in die burgerlike (politieke) societas toe.86 In sy Teodicy volg Rosmini

dieselfde gedagtegang met betrekking tot God se toelating van die kwaad en onreg in die burgerlike (politieke) societas.87

Rosmini meen dat die siel die basis verskaf vir al die ander waarnemings wat binne ons plaasvind. Dit word uit twee elemente, die waarneembare en die gevoel, saamgestel, wat

82

Sien Basore 1928: 8-9. “Patrium deus habet adversus bonos viros animum et illos fortiter amat et

’Operibus,’ inquit, ‘doloribus, damnis exagitentur, ut verum colligant robur...” (Teenoor goeie

mense het ‘n god die gesindheid van ‘n vader en hy het hulle op ‘n manlike wyse lief en hy sê, ‘Laat hulle geteister word deur arbeid, swaarkry en skade sodat hulle ware krag opbou.’)

83

Sien Basore 1928: 8-9. “Scias licet idem viris bonis esse faciendum, ut dura ac difficilia non

reformident nec de fato querantur, quicquid accidit boni consulant, in bonum vertant. Non quid sed quemadmodum feras interest. (Goeie mense moet nie vir swarighede en moeilikhede terugdeins nie,

en nie oor hul lot kla nie; en om wat ookal gebeur, iets in goeie gees op te neem en in iets goeds te omskep. Van belang is nie wat jy verduur nie, maar hoe jy dit verduur).

84

Rosmini 1912. Al drie volumes hanteer die gedagte van die geregtigheid van God.

85

Sien Basore 1928: 6-7. Laat dieselfde vir jou waar wees in verband met die godheid. Hy maak nie van ‘n goeie mens ‘n bedorwe brok nie, hy stel hom op die proef, hy verhard hom en hy maak hom vir homself gereed.

86

Sien Basore 1928: 8-9.

87

ooreenkomste met die Aristoteles-Thomistiese vorm/materie-leer vertoon.88 Dié vorm heet

“die siel,” alhoewel die ideale syn in geheel aan die menslike intelligensie toegeskryf word.89 Rosmini meen God is die Hoogste Syn en ander syne (onder andere die mens)

partisipeer aan dié Syn (God). Rosmini verduidelik: “... God is the infinite, real Being... what is real can be perceived only by means of feeling. Human beings possess feeling, but only a finite feeling which cannot therefore be the vehicle of the perception of an infinite reality such as God.”90 Uit hoofde hiervan beweer Rosmini dat die mens op respek aangewese is

en dat die mens as doel behandel moet word, omdat hy deelhebber aan die goddelike Syn is. Dit behels dat die mens oor ‘n fundametele waarde beskik, wat onvervreembaar is en deur almal gerespekteer moet word.91 Dié fundamentele waarde wat die mens op grond van

partisipasie aan God deelagtig maak, vorm die basis van Rosmini se menseregte-teorie. Die Thomistiese partisipasie-gedagte dien dus as uitloper vir Rosmini se menseregte-teorie.92

Sommige kritici van Rosmini huldig die beswaar dat sy godsbeskouing en filosofiese standpunte tot panteïsme aanleiding gee. Die skrywer, Thomas Davidson, is van mening

88

Rosmini 1992: 23. Rosmini, anders as die Thomiste, beweer dat die siel uit twee elemente saamgestel is, naamlik die waarneembare en die voelbare: “... the union between sentient principle and felt term is that proper to form and matter.”

Rickaby 1950: 121. Elders, meen Rickaby, word daar drie elemente van die siel, naamlik die vegetatiewe, die waarnemende en die intelligente siel in die menslike liggaam voorgestel. Rickaby beweer dat Aquinas die onderskeie elemente van die siel van Plato, eerder as van Aristoteles, afgelei het. Dié drievoudige indeling van die siel is mettertyd deur Aquinas en Aristoteles aanvaar. Dit is drie fases wat één siel vorm. Rickaby verklaar “… but if in man there are several souls, they do not stand to one another as matter and form… if they are to be united to make one man , or one animal, there must be something to unite them… As we cannot proceed to infinity, we must come to something which is in itself one, and this of all things is the soul.”

Ross 1924: c.

89

Rosmini 1992: 26.

90

Rosmini 1992: 50. Die benadering van Rosmini toon parallele met analogia entis en partisipasie: “… likeness or common element present between the form of finite beings and God.” Rosmini veronderstel ook dat die begrip “natuurlike teologie” onderstreep word. Dit beteken dat ons van die idee van die syn uitgaan en by die noodsaaklikheid van die bestaan van God arriveer.

91

Sien Leetham 1982: 267, 297.

92

Rosmini se menseregte-teorie verdien by die bespreking van sy fundamentele regte in die burgerlike

dat Rosmini afkerig teenoor die panteïsme staan. Davidson verduidelik sy standpunt: “Rosmini’s Philosophical System repeatedly states that the utmost care had been taken that the system should not lead to Pantheism. Rosmini ‘admits, indeed, that his ideal Being is an appurtenance of the Absolute Being and that if this being were to put forth its own activity, and so complete and terminate itself, we should see God; but he adds, ‘until this happen ... we can only say ... that in this life, certa, quamvis adhuc tenuissima forma

cognitionis, attingimus Deum (dat alhoewel kennis oor die beeldskap tot vandag nog eng is,

sal daar sekerlik by God uitgekom word.)”93 Volgens Davidson is dié klaarblyklike syn van

Rosmini nie God nie. Winterton huldig egter die standpunt dat, ondanks Rosmini se ortodokse neiging, die gevoel ontstaan dat hy panteïsme onderstreep, maar hy doen inderdaad die teenoorgetselde: “... ansam proebet Patheismo” (sy (Rosmini) se stelsel beveg panteïsme).94 Die Jesuïte-skrywer, F. Liberatore, beweer egter dat Rosmini se stelsel

tot panteïsme aanleiding gee: “... gives a handle to Pantheism,”95 en dat dit daarom verwerp

behoort te word.

Vir sover Rosmini in enkele opsigte van die tradisionele Thomisme afwyk, open dit die moontlikheid vir kritiek dat Rosmini se standpunte panteïstiese implikasies het. Winterton meen egter dat daar geen voldoende meriete in die Jesuïete-veroordeling van die teologiese standpunte van Rosmini is nie.96 Oor die pouslike verwerping van die werke van Rosmini,

wys Winterton daarop dat dié pouslike dekreet die volgende stel: “... veritati Catholicae

93

Sien Winterton 1888: 622.

94

Sien Winterton 1888: 623. “It is impossible to convict Rosmini of Pantheism, after what he has written against that doctrine; but when, in spite of his evident orthodoxy, his system brings him to use such expressions as these, no wonder that people should suspect the system.”

95

Sien Winterton 1888: 622.

96

Sien Winterton 1888: 624-5. Winterton verklaar: “… and the perceptions under which Rosmini succumbed, ‘not without suspicion of poison (as Mr. Davidson informs us)’ were hardly so undeserved as might at first sight appear.”

haud consonae videbatur (dat die werke van Rosmini geensins in harmonie met Katolieke

waarhede is nie)”97 en as teologies irrelevant afgemaak is.

Die debat oor die vraag of Rosmini se godsbeskouing of teologiese standpunte tot panteïsme aanleiding gee al dan nie, is van wesenlike belang met die oog op die ondersoek na die vraag of Rosmini se sosiale en regsdenke eerder by die neo-Thomisme as dié tradisionele (klassieke) Thomisme aanklank vind. Met die oog hierop word spesifiek gelet op bepaalde leerstellinge van Rosmini. Stelling 20 van Rosmini se leerstellinge bepaal dat die menslike siel deur generasie vermenigvuldig: “... non repugnat ut anima humana

generatione multiplicetur.”98 Dit wyk skynbaar af van die Thomistiese standpunt in die

Summa contra gentiles, wat soos volg aangehaal word: “... quod anima humana non traducatur cum semine.”99 Dit moet in gedagte gehou word dat Rosmini wil aandui dat die

menslike siel deur ontwikkeling mettertyd met die esse initiale verenig. Op grond hiervan wyk Rosmini se standpunt (Stelling 20) af van die Aristoteles-Thomistiese leerstelling met betrekking tot die siel.100

Soos reeds vroeër genoem, beweer Rosmini in Stelling 22 dat daar twee siele-dele in die menslike liggaam teenwoordig is - die een liggaamlik (natuurlik) en die ander goddelik

97

Sien Winterton 1888: 622-626. Die stelling dui bloot op ‘n matige vorm van sensuur en word as teologies irrelevant beskou.

98

Die menslike siel vermenigvuldig nie deur generasie nie.

99

Omdat die menslike siel nie verplaas word met verwekking nie.

100

Sien Pasnau 2002: 110-111. Die lering oor die hylomorfisme lui dat die siel eers ingegiet word wanneer die fetus voldoende ontwikkel is. Rosmini se persepsie is dat lank na die bestaan van die siel en met sy verening daarna, dit eers onliggaamlikheid bereik. Die Aristoteles-Thomistiese persepsie blyk die juiste gevolgtrekking te wees. Rosmini bied nie ‘n uitgewerkte sisteem vir die persepsie van onliggaamlikheid nie.

(intellektueel).101 In die menslike liggaam word dié twee siele-dele tot ‘n eenheid

saamgesnoer, sodat die mens net oor één siel beskik. Met verwysing na ‘n aanhaling uit die werke van Rosmini toon Winterton aan dat Rosmini ‘n voorstander is van die idee dat die twee onderskeibare siele-dele in die menslike liggaam verenig word: “... God might possibly separate the intellectual principle from the animated body, without the latter ceasing to be animate: ‘but if animate, there must remain some sort of anima or other. Was it there before, or not? If not, where does it come from now? If so, then there were two souls in man, existing together.”102

Die Aristoteles-Thomistiese teologiese standpunt oor die siel verskil van Rosmini s’n vir soverre dit die standpunt van drie siele-dele teenoor die twee siele-dele van Rosmini handhaaf. Sowel Rosmini as die Thomisme gaan dus van die standpunt uit dat die mens oor meer as één siele-deel beskik. Die hoofverskil tussen Rosmini en die Thomisme behels dus dat die Thomisme onder die invloed van Aristoteles en Plato drie siele-dele onderskei. Laasgenoemde vorm die leer van hylomorfisme, wat behels dat ‘n vorige siel deur ‘n latere meer ontwikkelde siel vervang word: “... generation requires corruption.”103 Thomas

Aquinas beweer: “... when a more perfect form comes on, the prior is corrupted, but in such a way that the following form has whatever the first had, and still more.”104 Dit behels dat

die vegetatiewe siele-deel verval en deur ‘n meer ontwikkelde siel, die sensitiewe siele-deel vervang word, wat verder verval en weer deur ‘n rasionele siele-deel vervang word.105

101

Winterton 1888: 625. “… two souls, one sensitive and the other intellectual…” Vgl. Rosmini 1991 (a): ix.

102 Winterton 1888: 625. 103 Pasnau 2002: 124. 104 Pasnau 2002: 125 Summa Theologiae I, q. 118, a. 2 ad 2. 105

Pasnau 2002: 122. “… the vegetative soul comes first, when the embryo lives the life of a plant. Then it is corrupted, and a more complete soul follows, at once both nutritive and sensory, and then

Rosmini, soos volgens die Aristoteles-Thomistiese hylomorfisme-beginsel, veronderstel dat daar uiteindelik net één siel, die rasionele siele-deel, in die mens oorbly. Rosmini ondersteun egter nie dié hylomorfistiese gedagtestrekking nie. Hy handhaaf dat daar twee siele-dele in die mens in interaksie verkeer, die een siele-deel verval nie en word nie deur die ander gevolg nie, maar bestaan gelyktydig. Die hylomorfisme veronderstel verwekking en konstante verval.106

Volgens die skrywer, Winterton, bevat Rosmini se Stelling 23 implisiet ‘n kwasi-ontkenning van die onsterflikheid van al daardie wesens wat tot die natuurlike orde behoort. Dit impliseer dat die menslike siel sterflik is: “... their soul would be plunged in a deep sleep, and be eternally as if it did not exist.”107

Volgens Winterton is Rosmini se teologiese standpunt oor die siel verkeerd en moet die Thomistiese siening as die geldige aanvaar word, omdat dit deur die kerklike magisterium ondersteun word. Winterton meen dat teoloë dit eens is dat die mens nie slegs “in statu

naturali” (in die natuurlike toestand) is nie.108 Vanweë die onsterflikheid van die siel

behoort die mens, benewens die natuurlike orde, ook tot die bo-natuurlike orde, na aanleiding van die analogia entis en die partisipasie-leer.109 Die Thomistiese standpunt is in

ooreenstemming met Rosmini se teologiese opvattinge: “... according to the Christian

the embryo lives the life of an animal. But once this is corrupted, the rational soul follows, introduced from without.”

Sien Rickaby 1950: 169.

Die diskoers oor die siel sal in Rosmini se samelewingstudie die basis van die etiek in die burgerlike

societas uitmaak. Dit sal weldra in daardie betrokke hoofstuk behandel word.

106

Pasnau 2002: 123 “Aquinas,… contends that generation involves constant, radical discontinuity.”

107

Winterton 1888: 625.

108

Winterton 1888: 625.

109

Sien Winterton 1888: 625. Volgens Winterton was Adam, sowel as sy afstammellinge, “in statu