• No results found

6. Individuele regte

6.5 Aanpassings van regte

6.5.1 Die onskendbaarheid van regte

Rosmini beweer dat elke reg weens die voorskrifte van die natuurreg en morele reg onskendbaar is. Hy meen die natuurreg neem ‘n juridiese eienskap aan, sodra daar ‘n skeiding van die persoon met betrekking tot sy eiendom afgedwing word.571

Die natuurreg en morele reg bevestig elke individuele reg se onskendbaarheid deur middel van die afdwinging van die positiewe reg van die burgerlike societas, wat ons verbied om ’n ander mens te benadeel. Rosmini meen ‘n onregverdige handeling vorm ‘n juridiese ingreep op die persoon se eiendomsreg en is moreel afkeurenswaardig.572

Indien omstandighede bestaan as gevolg waarvan ’n ingreep op ’n persoon se reg of sy eiendomsreg plaasvind, sal sodanige inbreukmakende handeling moreel afkeurenswaardig

571

Rosmini 1993 (b): 425-6. “Every right is inviolable by force of the moral law which forbids us to cause displeasure to a person; this moral law becomes jural also as soon as we are dealing with some displeasure consisting in the separation from a person of something he has lawfully made his own.”

572

Rosmini 1993 (b): 426. “… An infraction of this kind is always a moral evil – at any time, in every place, and in any circumstances whatsoever. If circumstances could exist in which the infraction of a right ceased to be a moral evil, the right would already have ceased to be a right.”

wees en sal sodanige omstandighede ophou om regverdig te wees.573 Rosmini verklaar: “...

if a law were found to be unjust, it would no longer be law.”574 Net soos Rosmini het

Aquinas dit reeds gestel dat die geldigheid van ’n reg van geregtigheid afhanklik is. Hy oriënteer die geldigheid van ‘n reg aan die voorskrifte van die natuurreg, en meen dat enige reg wat daarmee strydig is nie meer reg is nie, maar eerder ’n verwringing daarvan is.575 Die

reg vereis dat die burgerlike societas ooreenkomstig die voorskrifte van die reg moet handel. Die burgerlike societas moet net soos sy burgers die voorskrifte van die reg gehoorsaam: “... both individual and social subjects are capable of rights.”576 Hierin is die

basis vir menseregte geleë. Rosmini verklaar: “... it is not lawful even for civil society to absorb its members in itself, devouring them, as it were. It must leave them to live, along with itself, in their natural quality as jural persons, separate from and equal to itself, and worthy to be treated on a par with itself...”577

Rosmini beweer dat die individu sowel as die sosiale entiteit (burgerlike politieke societas) vir regte vatbaar is: “... both individual and social subjects are capable of rights.”578

Volgens hom ontstaan probleme, indien die onskendbaarheid van regte op sowel die individu as sosiale kollektiwiteite toegepas word. Die probleem ontstaan dat wanneer regte

573

Rosmini 1993 (b): 426. “If circumstances could exist in which the infraction of a right ceased to be a moral evil, the right would already have ceased to be a right…”

574

Rosmini 1993 (b): 426.

575

Sien D’Entréves 1965: 129.

Sien S. Th. 1-2, q. (95), a. (2). “… rationis autem prima regula est lex naturae, ut ex supractis patet. Unde omnis lex humanitas posita intantum habet de ratione legis, inquantum a lege naturae derivatur. Si vero in aliquot a lege naturali discordet, iam non erit lex, sed legis corruptio.” (Alle

mensgemaakte wette is in ooreenstemming met die rede in sover dit van die natuurreg ontspring. As ‘n mensgemaakte reg of wet in enige opsig van die natuurreg verskil, sal dit nie langer ‘n reg of wet is nie, maar ‘n verderwing van die reg of wet.)

576 Rosmini 1993 (b): 427. 577 Rosmini 1993 (b): 430. 578 Rosmini 1993 (b): 427.

aan ‘n sosiale kollektiwiteit verbind word, sodanige sosiale entiteit se regte geag word oor individuele regte te seëvier.579

Rosmini meen dat indien ’n individu deel word van ‘n sosiale entiteit, so ’n persoon slegs aan ’n bykomende verhouding deelagtig sal word, sonder dat sodanige persoon se individuele bestaan verlore gaan. Hy bevestig dit as volg: “We must first note that individual persons, when they become part of a social person, acquire only an additional relationship without destroying themselves in any way.”580 Die persoon voer dus ’n

onafhanklike bestaan los van die kollektiewe eenheid of sosiale entiteit.581 Rosmini meen

derhalwe dat respek aan die individu betoon moet word, ongeag die handhawing van sy regte as individu of as kollektiewe entiteit. Rosmini beweer dat sommige mense glo dat die regte van die kollektiewe entiteit belangriker as dié van die individuele persoon is. Hy verklaar: “... it was presumed that the collective person, or society, or whatever other name the people was called, could exercise its own rights by freely sacrificing those of individual persons. Society, or whatever stood for society, then became totally despotic. Individual persons were lost to sight or rather absorbed, as it was thought, by society, and annihilated as they came to form part of the social body.”582

579

Rosmini 1993 (b): 427. “This error is present in those who think that right, when connected with a social body, or in general with a more powerful subject, must prevail over the same right when it is connected with an individual or weaker subject.”

580

Rosmini 1993 (b): 427.

581

Rosmini 1993 (b): 428. “Consequently, it was presumed that the collective person, or society, or whatever other name the people was called, could exercise its own rights by freely sacrificing those of individual persons. Society, or whoever stood for society, then became totally despotic. Individual persons were lost to sight or rather absorbed, as it was thought, by society, and annihilated as they came to form part of the social body.”

582

Rosmini is sensitief vir die bespiegelinge dat die ondeugde van die antieke burgerlike

societas die waardigheid van die individu sou vernietig het. Hy meen individuele regte is

deur sosiale despotisme vernietig. Hy glo dat ‘n Christelike burgerlike societas die kwesbare mens teen die magtige mens en die individu teen die kollektiewe entiteit moet beskerm: “... only Christianity, protects the weak against the strong, the individual against the totality, by illuminating the invisible, spiritual interior of the human being and destroying the overpowering illusion which the social mass, like everything great and powerful, produces with its sheer size and materiality.”583 Rosmini verklaar dus: “In relationship to

right, a collective body is only a jural person equal to any other individual.”584

Volgens Rosmini is verval altyd in (antieke) nie-Christelike samelewings te vinde. In dié nie- Christelike samelewings word die vrou as instrument vir die man se plesier beskou, sodat haar waardigheid tot ’n groot mate ingekort, of selfs vernietig word. In die woude van Amerika was die vroue met swaarder take, waarvoor die mans nie kans gesien het nie, belas en is die vrou ook aan haar manlike kinders onderworpe gestel. Die man geniet in sodanige samelewings die reg van lewe en dood oor die vrou.585

583 Rosmini 1993 (b): 429. 584 Rosmini 1993 (b): 430. 585

Rosmini 1995 (b): 12-3. “…In the Islands of Oceania and the forests of America, the weak sex in families of savages is loaded with the heavy tasks despised by the husband. Often the mother is as subject to her male children as to her husband. She is excluded from their table, force to depend for food upon the scraps, left without assistance in need, even at the moment of childbirth when brute animals take loving care of their females. Husbands have a general right of life and death over their wives.”

Rosmini waarsku teen standpunte wat meen dat die mens die wette van die menslike samelewing as die hoogste einddoel moet beskou, asook teen die ongeregtigheid wat uit dié benadering kan voortspruit.586

Rosmini meen dat deur die handhawing van individuele regte, die burgerlike societas bevoordeel sal word. Hy erken dat privaat belange aan die openbare belange onderworpe moet wees, maar dan moet onderworpenheid in die korrekte konteks gebruik word. Rosmini verduidelik soos volg: “... in this way, it is true that private good has to give way to public good if by private good is meant the good of all the individual members of the society; it is not true if private good is understood as that of a single member of the society.”587

Rosmini huldig ook die standpunt dat die kollektiewe entiteit ’n juridiese persoon is, wat gelyk met enige ander individu behandel moet word: “... a collective body is only a jural person equal to any other individual.”588 Dit is nie geregverdig vir die burgerlike societas

om sy lede se regte (te absorbeer) nie. Die burgerlike societas moet sy lede vergun om ’n selfstandige bestaan te voer. Die burgers moet ook met waardigheid behandel word. Dit is die waarborg vir die erkenning van menseregte.589

586

Rosmini 1993 (b): 429. Volgens Rosmini is dié benadering deur die Spartane en die Kretensers oorgeneem, wie se wette bepaal dat daar nie ongeregtigheid aan persone buite die burgerlike samelewing geskied nie. Persone buite die burgerlike samelewing is dus nie as mense beskou nie en was nie vatbaar vir regte nie. Dit beteken dus dat die spreuk Salus reipublicae… met versigtigheid bejeën moet word.

587

Rosmini 1993 (b): 430.

588

Rosmini 1993 (b): 430.

589

Rosmini 1993 (b): 430. “Thus it is not lawful even for civil society to absorb its members in itself, devouring them, as it were. It must leave them to live, along with itself, in their natural quality as jural persons, separate from and equal to itself, and worthy to be treated on a par with itself, that is, according to the principles of the same Right.”

Rosmini meen voorts dat die burgerlike societas of organe wat namens hom optree, nie onbillik of onwettig mag handel nie, selfs nie eens ter wille van die behoud van die burgerlike societas nie.590 Volgens Rosmini moet die individu of burger ‘n bestaan

onafhanklik van die burgerlike societas geniet. Hy meen die individu is nie net mens omdat hy/sy lid van die burgerlike societas is nie. Die onskendbaarheid van die individu se regte

via die sosiale samelewing word deur Rosmini soos volg verwoord: “... let civil society

perish, therefore, if need be, so that individuals may be saved; individuals must not perish so that civil society may be saved.”591

Die burgerlike societas kan ontbind word, maar dan moet dit nie ten koste van die individu geskied nie.592 Rosmini meen die burgerlike societas is die middel en die individu is die

einddoel, ‘n benadering wat by Aquinas aansluit, omdat laasgenoemde die vervolmaking van die burgerlike societas in die redelike natuur van die mens en in bevordering van die algemene welsyn beskou.593

Rosmini beweer dat dit onbillik van die menslike samelewing sal wees, indien die burgerlike

societas die vryheid van sy burgers beperk. Hy meen die burgerlike societas moet die

uitoefening van die regte van sy burgers op dieselfde wyse beperk as wat die geval is van

590

Rosmini 1993 (b): 432. “Neither civil society, nor those who act on its behalf, can ever act unlawfully or unjustly, even for the sake of preserving society. Human beings exist independently of civil society; they are not human beings because they are members of such a society…”

591

Rosmini 1993 (b): 432.

592

Rosmini 1993 (b): 432.

593

Sien D’Entréves 1965: 3. Hy meen onder invloed van Aquinas dat ‘n dier met tande, kloue en horings vir sy verdediging, toegerus is, maar die mens moet met sy denke (rede) vir homself dinge vir sy behoud en oorlewing bekom. Aquinas meen, alhoewel die mens met sy rede, gevare kan ontkom, sal hy as enkeling homself nie met die nodige hulpbronne kan voorsien nie. Hy benodig die kameraadskap van sy medemens.

die individu teenoor ander mense.594 Die afbakening van regte dui op die burgerlike

societas se verhouding teenoor sy burgers onderling en die burgers se verhouding teenoor

die burgerlike societas. Rosmini meen die verhoudinge vestig juridiese regte en pligte tussen die burgers en teenoor die burgerlike societas.595 Die benadering dui op ‘n

effektiewe afdwinging van menseregte in die burgerlike societas.

Volgens Rosmini skend die burgerlike societas die burgers se regte onder die volgende omstandighede: indien die burgerlike societas die burger se handeling om sekere sake of eiendom te besit, belemmer, sonder dat die burgerlike societas ‘n wettige aanspraak van eiendomsreg op die betrokke saak het;596 indien die burgerlike societas onder die

aanspraak van die openbare belang meen dat hy enigiets kan doen, en daardie aanspraak misbruik om sodoende sy eie ongeregtigheid te verbloem: “... society injures other’s rights again when it does not avoid, in the use of its own rights, everything that could offend others, and when it does not employ, within the confines prescribed for it by jural sphere of others, the greatest circumspection in their regard.”597 Rosmini meen die skending van die

regte van die burgers bestaan daarin dat die burgerlike societas onder die voorwendsel van

594

Rosmini 1993 (b): 433-4. “At this point, while considering civil society simply as a jural person, we realize that it is false for civil society, as a jural person, to limit the freedom of other human beings in a way greater than that exercised by any other individual person when co-existing with others. All co-existent jural persons limit one another reciprocally by their possession of rights; in other words, they limit the innocuous freedom of others by impeding both the occupation of things already occupied by themselves and actions which injure their rights. We can say, therefore, that society under its jural aspect limits human beings in their rights in the same way as human beings limit one another.”

595

Rosmini 1993 (b): 432-4.

596

Rosmini 1993 (b): 435. “Society also harms other’s rights of freedom and ownership every time it prevents their owners from using or defending them, or obtaining recompense for them…”

597

Rosmini 1993 (b): 434-5. “Civil society… injures human rights… under the pretext of its own advantage and the increase in common good, which cannot be promoted if it harms anyone. As we said, if it were lawful to harm unjustly a single human being to the advantage of twenty million, it would be equal lawful to sacrifice nine million nine hundred and ninety-nine thousand to save ten million.”

die bevordering van die algemene welsyn, die vryheid en eiendomsreg van sy burgers kan benadeel.598

Die burgerlike societas skend die regte van die burgers, indien dit nie in die uitoefening van sy regte verhoed dat die regte van die burgers benadeel word nie: “... again, it injures other’s rights when it fails to temper the defence of its own rights, or its demand for recompense.”599 Dit skend ook die regte van die burgers, indien dit ‘n individu of sosiale

entiteit toelaat om onreg aan ander mense in die naam van die burgerlike societas te pleeg.600 Rosmini beweer die burgerlike societas het ‘n besondere verantwoordelikheid

deur toe te sien dat geregtigheid seëvier. Die burgerlike societas moet verseker dat die burgers se regte nie deur onkunde geskend word nie.601

Volgens Rosmini skend die burgerlike societas die regte van die burgers indien hulle toegang tot openbare inligting verhinder word.602 Rosmini meen die burgers word onder die

volgende omstandighede benadeel: Die burgers word nie die geleentheid gebied om morele oordeel te vel oor twyfelagtige sake nie; hulle weet nie wat hulle wedersydse regte en verpligtinge is nie; die burgers word deur hul onkunde (wat die gevolg van die burgerlike

societas se versuim om inligting aan die burgers te verstrek) in groot ellende en

mismoedigheid gedompel.603 598 Rosmini 1993 (b): 434-5. 599 Rosmini 1993 (b): 435. 600 Rosmini 1993 (b): 435. 601 Rosmini 1993 (b): 436. 602

Rosmini 1993 (b): 437. “Civil society already offends against other’s rights simply by impeding public knowledge of a) moral cognitions and everything that could throw light upon doubtful cases where reciprocal rights and duties have to be determined; or by slowing or impeding the verification of the rights of individuals through restriction of their recourse to any action or discussion whatsoever which would serve to unveil injustice of every kind or to defend or vindicate justice in anyone’s case.”

603

Patentregte wat aan uitvinders toegestaan word, meen Rosmini, word verkeerdelik as “voorregte” beskou. Hy meen patentregte is bloot ‘n beskerming wat deur die burgerlike

societas aan ‘n individu se uitvinding verleen word. Dit is bedoel om die uitvinder se

produk te beskerm.604 Die eksklusiewe uitoefening van regte ingevolge ’n handelsmerk sluit

ander se uitoefening van sodanige reg uit.605

Rosmini meen handelsvryheid, wat deel van menseregte vorm, is in die natuurreg gesetel en is daarom onskendbaar.606 Hy glo die owerheid skend universele regte, indien dit net

sekere individue of groepe persone begunstig. Elkeen het ‘n reg tot kompetisie in die handel. Rosmini meen indien die mense die reg om handel te dryf geweier word, dit ’n aantasting van hulle vryheid en menseregte sal wees.607

Rosmini meen die owerheid tree onbillik op, indien dit oor die boeg van die openbare welsyn sy eie belange op die burgers probeer afdwing. Die burgerlike owerheid is ingestel vir die bevordering en die handhawing van die welsyn van sy burgers. Hiervolgens beskik dit oor die reg om ander mense te verhoed om die algemene welsyn te versteur. Die algemene welsyn in dié geval is die regte van die burgers en die behoud van die burgerlike

societas. Die burgerlike societas moet dus net soos die mens homself beskerm deur sy eie

wette en voorskrifte na te kom.608

604 Rosmini 1993 (b): 437. 605 Rosmini 1993 (b): 438. 606 Rosmini 1993 (b): 437-8. 607

Rosmini 1993 (b): 438. “… if public authority favours some person or family, or provides them with some advantage, all other individuals are injured in their rights. This comes about because they find their freedom restricted by means of words alone, and not by lawful fact.”

608

Waar die burgerlike owerheid grond van sy burgers ontneem, moet volledige kompensasie aan die benadeelde persone gebied word.609 Versuim om volledige kompensasie te bied,

sal veroorsaak dat die burgers onreg lei, en sal sodanige handeling van die burgerlike owerheid die burgers se regte aantas. Rosmini meen dat niemand van sy eiendom ontneem mag word sonder nakoming van dié voorwaarde nie. Onteiening moet slegs kragtens ‘n wet gemagtig word, indien dit tot die openbare voordeel strek en indien regverdige en billike vergoeding sonder versuim betaal word.610 Rosmini verskaf vervolgens ‘n formule waaraan

die burger en die burgerlike owerheid moet voldoen: “... each one must use his own rights in such a way that the minimum disturbance and restriction of advantage is inflicted on others...”611 Hy gaan voort: “... consequently, while the individual person does not

possesses the right to restrict the rights of others for his own good, civil society does possesses for the common good a part of that faculty relative to the persons who are its members.”612

Rosmini verklaar ook dat die burgerlike owerheid namens die burgerlike societas nie die reg het om onskuldige lewe te neem nie, of om iemand liggaamlik te beseer nie. Hy meen die individuele reg moet nie ten koste van die burgerlike societas ingeboet word nie: “It is expedient... that one man should die for the people. This is an impious, deplorable maxim...”613 Rosmini meen die stelreël “Salus Reipublicae summa lex” (die reg van die

staat is die hoogste goed) en Expedit... ut unus moriatur homo pro populo, et non tota gens

609

Die bepaling word deur Artikel 25 van die Grondwet 108 van 1996, beheer. Die artikel bepaal ook verder dat eiendom nie sonder kompensasie onteien word nie.