• No results found

4. Antonio Rosmini se Regsfilosofiese Grondslae

4.2 Die onderskeid tussen regsfilosofie en ander wetenskappe

Volgens Rosmini ontvang die positiewe reg sy vitaliteit van die regsfilosofie. Daarbenewens moet die regsfilosofie van ander wetenskappe onderskei word. In hierdie verband beklemtoon Rosmini die volgende drie belangrike aspekte: eerstens, is die regsfilosofie dit wat spruit uit die grondslae van juridiese geregtigheid. Op sý beurt is juridiese geregtigheid geregtigheid wat in regte gefundeer is.336 Tweedens, is die

regsfilosofie op jurisprudensie gefundeer en derdens het die regsfilosofie drie primêre verantwoordelikhede: dit moet eerstens bepaal welke menseregte daar is, tweedens hoe wetgewing tot stand gebring is en derdens moet dit die positiewe reg krities beoordeel.337

Rosmini beweer dat die regsfilosofie moet vasstel hoedat positiewe reg gemaak word en dit moet sodoende die beskerming van die regte van die mense waarborg. Op grond van die regsfilosofie word die mens se natuurlike vryheid gehandhaaf. Rosmini verklaar: “... the laws of the State have to protect true rights exactly... they are not to invade natural freedom and thus violate rather than maintain the rights of individuals...”338

334 Rosmini 1993 (a): x. 335 Rosmini 1993 (a): x. 336

Rosmini 1993 (a): 16. “… the philosophy of right is the doctrine of first reasons applied to jural justice. And jural justice is justice rooted in rights.”

337

Rosmini 1993 (a): 19.

338

Met betrekking tot die politieke filosofie speel die regsfilosofie ’n fundamentele rol in die natuurlike vorming of konstruksie van die burgerlike societas. Rosmini meen dat die regsfilosofie geregtigheid as die belangrikste element van elke burgerlike societas beskou. Sy regsfilosofie behels dat die burgerlike societas weens geregtigheid as die “opvangbak” vir regte en verpligtinge van die mense dien.339 Op grond hiervan vorm geregtigheid deel

van die burgerlike societas. Daarbenewens is die behoud van sosiale regte identies aan die behoud van die burgerlike societas. Die regsfilosofie is dus die wetenskap van sosiale geregtigheid.340

Politieke filosofie wat deel uitmaak van geregtigheid handel met die regte van die individue en staan bekend as individuele regte: “... we obtained the same result if we compare politics with the other part of the theory of justice, which concerns the rights of individuals and is commonly called private right or, as I call it, individual right.”341

Rosmini beweer dat die behoud van die regte van die individue deel vorm van die morele en doelbepalende (eudaimonologiese) regte. Volgens die morele regte moet ’n persoon die regte van andere respekteer, terwyl doelbepalende regte bepaal dat die betrokke persoon se regte deur andere gerespekteer moet word.342 Rosmini meen dié regte wat die grondslag

339

Rosmini 1993 (a): 21.

340

Rosmini 1993 (a): 21-2. In dié verband tref Rosmini ‘n vergelyking tussen regsfilosofie en die politiek. Hy verklaar: “… The preservation of social rights is, therefore, identical with the preservation of society. If the first duty of politics is to preserve society, its first duty is also to defend the social rights that form and constitute society. These rights are the cement that binds society together. The philosophy of Right, therefore, as the science of social justice, is the end relative to the philosophy of politics; and the philosophy of politics is the means relative to the philosophy of Right. We obtain the same result if we compare politics with the other part of the theory of justice, which concerns the rights of individuals and of commonly called private Right or, as I call it, individual Right.”

341

Rosmini 1993 (a): 22.

342

Rosmini 1993 (a): “… The preservation of the rights of individuals is a part of their moral good and of their eudaimonological good. Moral good requires that a person respect the rights of others; eudaimonological good requires that the same person’s rights be respected by others.”

van geregtigheid uitmaak, vorm die einddoel van die burgerlike societas. Volgens Rosmini is die handhawing van die morele en die doelbepalende regte die fundamentele plig van elke burgerlike regering. Rosmini verklaar: “... if government has to promote the moral good, it must consequently persuade all those who are governed to respect the rights of others, if government has to promote the eudaimonological good, it must defend with force all the rights of every person who is governed so that no one will dare violate them. These are the two great duties of governments.”343

Rosmini omskryf die taak van die owerheid met betrekking tot morele en doelbepalende (eudaimonologiese) pligte soos volg: “... government is simply a means of obtaining and increasing the good and perfection of the individuals who make up the social body.”344 Reg

en plig is van só aard dat daar ’n reg in een persoon met ’n korresponderende plig in ‘n ander persoon bestaan om die regte van daardie betrokke persoon te respekteer.345

Indien die regering die morele welsyn van sy burgers wil bevorder, moet dit al sy burgers oorreed om die regte van ander mense te beskerm; en indien dit die doelbepalende welsyn van sy burgers wil bevorder, moet die regering ’n individu se regte teen die onregmatige handelinge van ander mense beskerm of verdedig.346

Rosmini se regsfilosofie poog om menslike vervolmaking in die individu as objek van moraliteit te vestig. Sy regsfilosofie behels dus dat geregtigheid in die beoefening van morele en doelbepalende welsyn gesetel is: “And it is clear that human perfection, which

343 Rosmini 1993 (a): 22. 344 Rosmini 1993 (a): 22. 345 Rosmini 1993 (a): 22. 346 Rosmini 1993 (a): 22.

always resides in individuals, and is the end of politics, consists in both categories of good, moral and eudaimonological.”347