• No results found

6. Individuele regte

6.2 Natuurlike regte, eiendomsreg en vryheid

6.2.5 Die beskerming van natuurlike regte

Natuurlike regte word deur die geregshowe in die burgerlike societas beskerm. Die geregshowe se gebruik van mag in die vorm van strafmaatreëls, waar natuurlike regte aangetas word, vereis spesiale oorweging deur die betrokke regsprekende gesag wat vonnisse vel.496

Rosmini verklaar dat wanneer ‘n natuurlike reg aangetas is, die benadeelde persoon se persoonlike vryheid en eiendomsreg nadelig geaffekteer word.497 Die benadeelde persoon

word benadeel in sy persoonlike vryheid en natuurlike regte, omdat hy van die waarheid, deug en geluk ontneem word.498 Rosmini glo dat die benadeelde nie self die onreg wat hy

gely het, moet regstel nie. Die regsprekende gesag moet dit namens hom doen: “... it is certain that an individual cannot undertake to set right the offences committed againt himself or others. In such circumstances, this will be done more surely on his behalf and in accordance with what has already been decided by the judiciary.”499

Volgens Rosmini moet die gebruik van die regsprekende gesag nie onnodig aangewend word vir die beskerming van natuurlike regte nie. Hy meen dat onder bepaalde

495 Rosmini 1993 (b): 42. 496 Rosmini 1993 (b): 42. 497 Rosmini 1993 (b): 42. 498 Rosmini 1993 (b): 43. 499 Rosmini 1993 (b): 44.

omstandighede dit nie geoorloof is om op te tree teen diegene wat ons natuurlike regte aantas nie, selfs al is toestemming daartoe reeds verleen. Hy oordeel dat die stelreël volenti

non fit iniuria (‘n gewillige persoon word nie veronreg nie) hier van toepassing is. Rosmini

glo dat dit in ons vermoë is, om deur middel van die uitoefening van ons vryheid en natuurlike regte, aantasting van ons regte te kan vermy: “... by using our freedom, we can avoid being evilly deceived, led astray or made unhappy.”500

Hy glo dat dit moontlik is om deur die aanbieding van morele weerstand, nadeel wat uit die aanval teen natuurlike regte voortspruit, te vermy.501 Volgens Rosmini vorm die benadering

die basis van evangeliese verdraagsaamheid.502

Voorts meen hy dat die persoon self ook oor die vermoë beskik om mag te gebruik by die beskerming van sy natuurlike regte: “... use of force... to protect our pure-formal rights.”503

In aansluiting hierby verklaar Rosmini derhalwe dat ’n maagd iemand wat haar wil verkrag, en in wie se mag sy alreeds verkeer, die oortreder mag dood, indien sy bevrees is dat haar geestelike lewe deur die aantasting van haar natuurlike regte benadeel sal word.504 Die

aantasting van ‘n mens se natuurlike reg kan, in sekere gevalle, deur middel van die gebruik van mag verhoed word.505

500

Rosmini 1993 (b): 48.

501

Rosmini 1993 (b): 48. “By offering moral resistance, it is always possible to avoid in some non- violent manner the harm springing from the assault. And this is truly the great foundation of evangelical meekness.” 502 Rosmini 1993 (b): 48. 503 Rosmini 1993 (b): 48. 504

Rosmini 1993 (b): 49. “Thus a virgin, already in the power of someone attempting to defile her, may even go so far as to kill her aggressor if she is afraid that her spiritual constancy in virtue will fail.”

505

Soos reeds aangedui, glo Rosmini dat elke mens die aantasting van sy natuurlike reg mag beskerm, mits dit billikerwys geskied.506 Hy glo dat ‘n persoon wat onwetend en in goeie

trou in besit van ‘n ander mens se saak is, nie onmiddellik deur middel van mag van sy besit ontneem mag word nie: “... for example, a person who in good faith possesses what belongs to another, must not be immediately dispossessed by force.”507 Rosmini meen die

ander persoon moet eers regmatige titel op daardie saak bewys, voordat oorgang van eiendom na hom plaasvind.508 Die besitter moet kan bewys dat die eiser nie die eienaar van

die saak is nie.

Volgens Rosmini staak die bona fide besitter van ‘n ander se saak om in goeie trou te wees, indien hy uitvind dat ‘n ander persoon wettige titel oor die saak het, en hy steeds voortgaan om die saak te besit, nadat hy gevra is om afstand daarvan te doen. Rosmini verklaar dat die ware eienaar van die saak met geweld of mag die mala fide-eienaar van sy onregmatige eiendomsbesit mag ontneem.509

Die beskerming van die natuurlike reg van die individu word deur die owerheid verseker, indien dit ‘n oortreder deur middel van afskrikkende mag verhinder om daarop inbreuk te maak.510 Die owerheid mag dit slegs doen, indien die betrokke persoon se natuurlike reg

bedreig of aangetas word. Rosmini meen die beskerming van die natuurlike regte van die individu moet op ’n eerlike wyse geskied en dat die sanksie billik teenoor die oortreder moet

506 Rosmini 1993 (b): 60. 507 Rosmini 1993 (b): 62. 508

Rosmini 1993 (b): 62. “Another’s title to the thing under consideration, and his own unlawful possession of it… should be proved to him.”

509

Rosmini 1993 (b): 62. “… when a person in good faith possesses a material object, he ceases to be in good faith after sure titles of another’s dominion over that object have come to his notice. In this case, the owner can dispossess him of the object even with force if he does not listen to reason.”

510

wees.511 Volgens Rosmini moet wette en ander beskikbare metodes aangewend word ter

beskerming van die natuurlike regte van die individu. Hy stel dit dat die beskerming van natuurlike regte op regskape wyse uitgevoer moet word en dat daar nie onderduims gehandel mag word nie. Rosmini verklaar: “This defence must be carried out with upright means, not deceptively, etc. It must be the minimum possible defence in which methods of persuasion are employed when the aggressors are not guilty of deception or violence. If they are guilty in these respects, their deception and violence can be punished and repressed for what they are, independently of any religious motive...”512