• No results found

In hierdie afdeling is die deelnemers gevra om aan te dui watter aspekte van risikofaktore teenwoordig was tydens die moeder se swangerskap met die betrokke adolessent. Die deelnemers kon meer as een opsie kies. Figuur 4.7 illustreer die bevindinge.

Figuur 4.6: Risikofaktore N=20

(Meer as een risikofaktor kon geselekteer word)

Figuur 4.6 illustreer dat 19 (95%) van die deelnemers aangedui het dat daar hoë alkoholmisbruik deur die eggenoot of lewensmaats voorgekom het tydens die biologiese moeder se swangerskap met die adolessent. Twintig (100%) van die deelnemers het ‘n hoë voorkoms van alkoholmisbruik deur vriende en familie aangedui. Hierdie bevinding korreleer met Campbell (2007:23), May et al. (2005:1190), May et al. (2008:739), Viljoen et al. (2001:6), Nicus (2005:3), Randall-Mkosi et al. (2008:19) wat bevestig dat risikofaktore vroue insluit, wat gewoonlik in omgewings woon waar hoë alkoholmisbruik voorkom deur hulle lewensmaat, man, ander familie en vriende. Negentien (95%) van die deelnemers het getoon dat daar oormatige drankmisbruik deur die biologiese moeder van die adolessent voorgekom het tydens swangerskap.

95% 100% 95% 85% 100% 55% 95% 60% 15% 10%

Risikofaktore

Hoë alkoholmisbruik deur eggenoot/lewensmaat Hoë alkoholmisbruik deur vriende/familie

Oormatige drankmisbruik deur ma

Ongetroud in

saamwoonverhouding Lae sosio-ekonomiese status Geen vaste inkomste Gebrekkige opleiding Geen godsdiens Depressie Lae selfbeeld

Hierdie bevindinge word deur Campbell (2007:23), May et al. (2005:1190), May et al. (2008:739), Nicus (2005:3), Randall-Mkosi et al. (2008:19) gesteun deur die siening dat oormatige episodiese drankgebruik ook bekend as binge drinking tydens swangerskap voorkom en as ‘n risikofaktor beskou word vir vroue om geboorte te skenk aan ‘n kind met FAS. Die afleiding van hierdie bevinding is dat daar ‘n hoë voorkoms van alkoholmisbruik onder die moeders van die FAS-adolessent tydens swangerskap voorgekom het sowel as in die omgewing waar die vrou haar bevind het. Oormatige alkoholmisbruik deur die biologiese moeder, eggenoot of lewensmaat en die vrou se vriende en familie blyk dus ‘n risikofaktor te wees vir vroue om geboorte te skenk aan ‘n kind met FAS.

Sewentien (85%) van die deelnemers het aangedui dat die biologiese moeder tydens swangerskap ongetroud en in ‘n saamwoonverhouding betrokke was. Hierdie bevindinge korreleer met verskeie navorsers Campbell (2007:23), May et al. (2005:1190), May et al. (2008:739), Nicus (2005:3) en Randall-Mkosi et al. (2008:19) se werk dat vroue wie geboorte skenk aan kinders met FAS gewoonlik ongetroud en betrokke is in ‘n saamwoonverhouding. Die gevolgtrekking wat uit hierdie bevinding gemaak kan word, is dat die biologiese moeder tydens haar swangerskap met die FAS-adolessent meer geneig was om ongetroud te wees en saamwoonverhoudings te handhaaf. Die afleiding kan verder gemaak word dat die versorgers van FAS-adolessente geneig is om later in hul lewens in die huwelik te tree in plaas daarvan om ‘n saamwoonverhouding te handhaaf.

Al die deelnemers het aangedui dat hulle deel van die lae sosiale klas is en 11 (55%) het aangedui dat die gesin geen vaste inkomste gehad het tydens die biologiese moeder se swangerskap nie. Hierdie bevinding word deur navorsers Campbell (2007:23), May et al. (2005:1190), May et al. (2008:739), Nicus (2005:3), Randall-Mkosi et al. (2008:19) gesteun deur die siening dat vroue wie geboorte skenk aan kinders met FAS deel is van die lae sosiale klas en geen vaste inkomste het nie. Uit hierdie bevinding kan die afleiding gemaak word dat lae sosio-ekonomiese status ‘n risikofaktor blyk te wees vir swanger vroue om geboorte te skenk aan ‘n kind met FAS.

Negentien (95%) van die deelnemers het aangedui dat die biologiese moeder gebrekkige skoolopleiding het. Hierdie bevinding word deur Campbell (2007:23), May et al. (2008:739) bevestig dat vroue wie geboorte skenk aan kinders met FAS swak skolastiese vordering toon. Twaalf (60%) van die deelnemers het getoon dat die biologiese moeder nie godsdienstig was tydens swangerskap nie. Hierdie bevinding word deur May et al. (2008) bevestig dat vroue wie geboorte skenk aan kinders met FAS nie ‘n aktiewe geloofslewe lei nie. ‘n Aktiewe geloofslewe word deur May et al. (2005:1197) as ‘n beskermende faktor geïdentifiseer enersyds en as ‘n belangrike voorkomingsmeganisme vir die voorkoms van FAS vir Suid-Afrika andersyds.

Die bevindings toon dat lae opvoeding, godsdiens-betrokkenheid, lae sosio-ekonomiese status, huwelikstatus en hoë voorkoms van alkoholmisbruik deur die biologiese moeder, eggenoot, saamwoonmaat, vriende en familie risikofaktore is wat daartoe aanleiding kan gee dat vroue geboorte kan skenk aan ‘n kind met FAS.

Drie (15%) van die deelnemers het aangedui dat die biologiese moeder aan depressie gely het tydens swangerskap en 2 (10%) van die deelnemers het getoon dat die biologiese moeder ‘n lae selfbeeld gehad het tydens swangerskap. Hierdie bevindinge korreleer met Campbell (2007:23), May et al. (2005:1190), May et al. (2008:739), Nicus (2005:3), Randall-Mkosi et al. (2008:19) dat ‘n vrou se lae selfbeeld en depressie haar risiko kan verhoog om geboorte te skenk aan ‘n kind met FAS. Uit hierdie bevinding kan die afleiding gemaak word dat depressie en lae selfbeeld as risikofaktor wel teenwoordig was. Baie van die vroue funksioneer op baie lae intellektuele vlakke en gevoelens soos depressie kon moontlik vir hulle baie moeilik wees om te verstaan.

Die deelnemers is gevra om addisionele risikofaktore by te voeg wat nie op die lys is nie. Twee (10%) van die deelnemers het aangedui dat die biologiese moeders gerook het tydens swangerskap. Oormatige rook word deur die Campbell (2007:23), May et al. (2005:1190), May et al. (2008:739), Nicus (2005:3), Randall-Mkosi et al. (2008:19) beskryf as bydraende risikofaktore om geboorte te skenk aan ‘n kind met FAS.

Die bevinding toon dat risikofaktore wel teenwoordig was tydens die biologiese moeders se swangerskap met die FAS-adolessent. Die deelnemers kon met hierdie risikofaktore identifiseer en kon hul menings daaroor deel.

4.7 OPVOEDINGSROLLE WAAROOR VERSORGERS VAN FAS-ADOLESSENTE