• No results found

3. TEKSUITLEG VAN ARTIKEL 36

3.3 Algemene opmerkings oor art 36 met die oog op die

3.4.2 PARAGRAAF 2:

Tot dat einde heeft Hij de Overheid het zwaard in handen gegeven, tot straffe der boozen en bescherming der vromen. Vir dié doel het Hy die owerheid die swaard in die hand gegee om die kwaaddoeners te straf (Rom. 13:4) en die deugsames te beskerm.

PARAGRAAF 2 begin met “vir dié doel”. Hierdie doel is reeds in PARAGRAAF 1 uitgespel: “sodat die losbandigheid van die mense in bedwang gehou kan word en alles onder die mense ordelik kan verloop.” PARAGRAAF 2 verwoord dus eerder ‘n ondergeskikte as newegeskikte gedagte ten opsigte van PARAGRAAF 1. Vonk (1956:633) meen dat dié ondergeskiktheid die rede is waarom PARAGRAAF 2 nie meer uitgebreid en genuanseerd handel oor die owerheid se middele om orde te handhaaf nie.. Waar dit enersyds tog duidelik is dat ‘n owerheid die swaard byvoorbeeld ook kan gebruik om, ter bekamping van misdaad, eers net voorkomend te dreig, en waar ‘n owerheid die swaard andersyds nie onbeperk mag gebruik nie, word dié kwessies egter nie in PARAGRAAF 2 aangespreek nie. Soos wat PARAGRAAF 1 nie ‘n volledig uitgewerkte leer oor “gesag” of “die staat” gee nie, gee PARAGRAAF 2 nie ‘n volledige en fyn genuanseerde belydenis oor die bevoegdheid en die middele tot beskikking van die owerheid nie. Hier gaan dit oor dit wat die Here die owerheid gegee het om die doel wat in PARAGRAAF 1 verwoord is, te bereik41. In hierdie proses kom die goedheid van die Here (vergelyk PARAGRAAF 1 en die bespreking daarvan hierbo) ook na vore: Hy gee nooit enige opdrag sonder om die ontvanger ook in staat te stel om dit uit te voer nie. Gód is immers in die eerste plek die Een wat wil hê dat die losbandigheid in bedwang gehou moet word en alles ordelik onder mense moet verloop. PARAGRAAF 1 stel dit duidelik: “Dit is immers sy wil dat...” Hoewel mense ook hierna streef, is dit omdat Hy, ons goeie God, dit wil hê en dit ook goed is vir ons wanneer mense ordelik lewe. Omdat God dit wil hê, wil Christene dit in gehoorsaamheid ook hê.

Polman (s.j. b:283) meen dat PARAGRAAF 2 nie net duidelik nasê wat in

41 Hierdie uiters belangrike kwessie wat weer by die uitleg van PARAGRAAF 3 ter sprake sal

Romeine 13 geopenbaar word nie, maar in die eerste plek spesifiek bely word met die oog op die perfeksionisme van die Anabaptiste. Soos in die vorige hoofstuk aangetoon, het hulle gemeen dat ‘n heilige kerk nie meer ‘n owerheid nodig het nie, en dat die noodsaak aan ‘n owerheid met die einde van die Ou Testamentiese bedeling beëindig is. Volgens Polman het De Brès op dié punt “’n growwe gebrek aan selfkennis” by die Anabaptiste gesien omdat daar nie in die Ou óf Nuwe Testament gronde vir hulle siening van ‘n Christelike gemeente is nie. Vonk (1956:632) is meer genuanseerd en wys daarop dat sommige Anabaptiste nié sover gegaan het nie en die owerheid verdra het asook dat die owerheid kwaaddoeners gestraf het. Die doodstraf was egter onaanvaarbaar aangesien dit iemand die geleentheid om tot bekering te kom, ontneem het.

Polman, met verwysing na De Brès se geskrif, Die Wortel en Oorsprong, wys ook daarop dat De Brès gevra het wie meer regverdig en goedertieren sou wees as God? As regverdige God het Hy die doodstraf ingestel (vergelyk Gen. 9:6). As regverdige God het Hy die swaard aan die owerheid gegee. Geen mens moet dink dat hy ‘n regverdigheid ken wat hoër as die Regverdige self is nie. Waar Polman hier bloot na Die Wortel en Oorsprong verwys, gee Vonk (1956:598-606) ‘n baie volledige uittreksel daaruit. Hiervolgens het De Brès op dié punt spesifiek gevra wie sagsinniger en barmhartiger as God sou wees. Nadat De Brès na verdere voorbeelde verwys het, onder andere hoe “die sagsinnige Abraham” Lot met geweld bevry het, kom hy tot die gevolgtrekking: “Uit hierdie voorbeelde blyk dit duidelik dat die aartsvaders en heilige persone in ‘de oude kerk’ die swaard teen die bose gebruik het deur hulle bloed te vergiet volgens die bevel van God”.

Vonk (1956:602, 632) haal De Brès verder aan uit Die Wortel en Oorsprong waar hy so ver gaan om te sê dat die Anabaptiste se aanklag dat die owerhede wat die doodstraf tereg toepas, moordenaars sou wees, ‘n sonde is wat reeds in 2 Petrus 2 veroordeel is. Hiermee saam verwerp De Brès dan ook uitdruklik die Anabaptiste se aanklag dat die Reformatore, wat die swaardmag betref, slegs op Ou Testamentiese Skrifgedeeltes sou steun (Vonk, 1956:602). Mense wat magistrate moordenaars noem omdat hulle

bose mense op God se bevel ter dood veroordeel, word self deur ‘n bose gees gedryf om die magistrate en dié wat in hulle diens is, te verag. Voorts wys De Brès op die Nuwe Testamentiese getuienis aangaande die optrede van Johannes die Doper wat nie die soldate beveel het om van hulle swaarde ontslae te raak nie. Daar is ook geen sprake in die Nuwe Testament van gelowiges wat beveel is om uit owerheidsampte te bedank nie (De Brès in Vonk, 1956:604). Na aanleiding van Romeine 13, Titus 3 en 1 Petrus 2 sê De Brès uiteindelik: “Die Heilige Gees noem die owerhede wat die swaard hanteer om die bose te straf, geen moordenaars, maar dienaars van God” (Vonk, 1956:632).

Op die vraag of misdadigers die geleentheid moet kry om hulle te bekeer, was De Brès skynbaar nie so toeskietlik soos die Anabaptiste nie: “Wat het die owerheid daaraan om so ‘n hoop boewe en skelms daar te laat sit? En hulle daarna vrylaat? Daar sou geen einde aan die skade (“verwerringhe”) kom nie. En dan sou vir die ander mense geen rus en veiligheid meer oorbly nie. Om mense soos Thomas Munster en Jan van Leiden te laat begaan, sou God versoek” (De Brès in Vonk, 1956:606,632).

De Brès wys in Die Wortel en Oorsprong (soos weergegee in Vonk, 1956:603)42 daarop dat die Anabaptiste gedeeltes soos Jesaja 2:4; 11:6,8 en

65:25 aanhaal om aan te voer Christene nie die swaard behoort te gebruik nie. Hier profeteer Jesaja hoe die leeu en die lam in vrede sal saamwoon en hoe klein kindertjies onbevrees by slanggate sal speel. Volgens De Brès is die gedeeltes egter van toepassing op die verhouding tussen ware Christene onderling en nié op die verhouding tussen Christene en huigelaars of heidene nie. Hierdie profesieë gaan volgens De Brès daagliks binne die kerk in vervulling wanneer mense wat eers wolwe en bere was hulle bekeer, en in onderlinge vrede begin lewe. Die gedeeltes het egter niks te sê oor hoe Christene moet optree teenoor mense wat hulle in hulle sonde en boosheid verhard nie. Hiermee saam sê De Brès ook dat as vorste en magistrate boosdoeners straf, hulle dit vanuit hulle amp en God se bevele met betrekking

42 Let daarop dat Vonk, soos hierbo vermeld, telkens uitvoerig uit hierdie werk van De Bres

tot hulle amp doen en nie in hulle private of persoonlike hoedanigheid nie. (Vergelyk Die Wortel en Oorsprong soos weergegee in Vonk, 1956:604.) Vir sover as wat hulle lidmate van die kerk is, moet hulle met alle mense in vrede lewe. Wanneer hulle egter amptelik optree, moet hulle volgens God se bevel geregtigheid laat geskied. Ter stawing hiervan wys De Brès daarop dat Johannes die Doper nie vir die soldate gesê het om hulle wapens op te gee en as soldate te bedank nie, maar dat hulle geregtigheid moes laat geskied. Jesus het met die hoofman van Kapernaum gepraat, maar hom ook nie oor sy pos in die Romeinse weermag veroordeel nie. Hoewel die apostels kontak met regeerders en amptenare gehad het, is daar ook geen voorbeeld waar hulle regeerders en amptenare verbied het om te regeer of om hulle ampte uit te oefen nie. Hulle het ook nie owerhede en amptenare wat tot bekering gekom het, opgeroep om uit hulle ampte te bedank nie. (Waar dit hierbo gegaan het oor die aanklag dat die Reformatore slegs op Ou Testamentiese getuienis sou gestaan het en oor die feit dat De Brès hierop getuienis na vore gebring het wat spesifiek uit die Nuwe Testament kom, gaan dit hier oor die inhoud van die getuienis wat hy na vore gebring het.)

De Brès verwerp die Anabaptiste se aanspraak op gedeeltes soos Matteus 5:39 waarvolgens ‘n mens die ander wang moet draai. Die aanspraak is dat indien mense die ander wang draai, magistrate nie nodig sal wees nie. De Brès meen egter dat Jesus nie hier die wet verwerp nie, maar ‘n valse uitleg daarvan waarvolgens elke mens onreg vrylik kon wreek. Waar die Here mense wel verbied om self wraak te neem, word die wraak egter aan owerhede opgedra wat nie die ander wang sonder meer namens die gemeenskap kon draai nie43.

Waar die Anabaptiste na die agtste gebod verwys, sê De Bres dat onwederregtelike doodslag hier verbied word en nie alle doodslag nie. Hy wys op byvoorbeeld Eksodus 22:20 waar beveel word dat afgodsdienaars met die dood gestraf moes word. Met betrekking tot 2 Korintiërs 10:4 verklaar hy: “Maar daar ontneem de apostel niet het zwaard aan de magistraat, doch laat

hij slechts zien van welke wapenen zij voorzien zijn om hun bediening (ministere) te handhaven tegen de valse leer (la fausse doctrine) en alles wat zich tegen God verheft. De twee zwaarden moeten altijd in hun staat blijven en het ene schaft het andere niet af.” (Vergelyk Die Wortel en Oorsprong soos weergegee in Vonk, 1956:605.)

Sommige Anabaptiste het gemeen dat tug en ekskommunikasie die enigste straf was wat vir Christene oorgebly het (vergelyk De Jong, 1980:182; Walker et al., 1997:452), maar De Brès wys daarop dat Paulus in Romeine 13 vir Christene skryf en húlle waarsku dat die owerheid teen hulle sal optree as hulle die landswette oortree. De Brès wys ook die aanspraak op die gelykenis van die onkruid tussen die saad af as ‘n bewysgrond. (Vergelyk Die Wortel en Oorsprong soos weergegee in Vonk, 1956:605.)

Wat PARAGRAAF 2 betref, kom Vonk (1956:633) uiteindelik tot die gevolgtrekking dat die kerk van die Here met art. 36 duidelik opnuut geprotesteer het teen die lasterlike aanklagte wat teen die kerk ingebring is asof ook hy konings en vorste van hulle septers sou wou beroof. Die Anabaptiste en die gereformeerdes se uiteenlopende reaksie op die geweld wat hulle onder die owerheid gely het, is na my mening tekenend van die verskil in hulle uitgangspunte. Waar die meeste Anabaptiste die burgerlike owerheid as sodanig en die gebruik van geweld verwerp het, het die gereformeerdes daarenteen eerder teen die misbruik van geweld geprotesteer terwyl hulle die bestaansreg van die burgerlike owerhede as sodanig ondersteun het.

Ek meen dat die Anabaptiste wat die owerheid se swaardmag betref, veral twee denkfoute in hulle eksegese van die Skrif gemaak het. Enersyds het hulle nagelaat om te onderskei watter Skrifgedeeltes van toepassing is op hierdie lewe en watter van toepassing is op die bedeling ná die wederkoms. Soos hierbo aangedui, het hulle die Skrif gevolglik op dié punt biblisisties hanteer (vergelyk ook De Jong, 1980:179). Andersyds het hulle, soos ook hierbo aangedui, die onderskeid tussen owerheid/staat en kerk verkeerd getref en nagelaat om rekening te hou met wanneer iemand (Christen of nie)

vanuit ‘n owerheidsamp opgetree het en wanneer hy dit in sy persoonlike hoedanigheid (of vanuit sy amp as Christen) gedoen het.

Let verder daarop dat De Brès waarskynlik nie 'n spesifieke bedoeling gehad het toe hy hier in PARAGRAAF 2 van "owerheid" (enkelvoud) gepraat het nadat hy in PARAGRAAF 1 van "owerhede" (meervoud) gepraat het nie. Romeine 13 wissel byvoorbeeld ook owerheid in die enkelvoud en meervoud af.

Ten slotte kan daar op die ironie gewys word dat De Brès uiteindelik self die slagoffer was van 'n owerheid wat diegene wat hy as ketters beskou het, met die swaard uitgeroei het.