• No results found

3. TEKSUITLEG VAN ARTIKEL 36

3.3 Algemene opmerkings oor art 36 met die oog op die

3.5.1 Die inhoud van die owerhede se opdrag – weer bekyk

Aangesien elke owerheidspersoon eendag aan God verantwoording sal moet doen, is dit noodsaaklik om so goed moontlik vas te stel wat Hy van owerhede eis. Bykomend by wat in PARAGRAWE 1 & 2 en die eerste fase van PARAGRAAF 3 bely word, stel die huidige formulering van art. 36 dat die owerhede “net” die Woordbediening moet beskerm (en nie byvoorbeeld ook die ryk van die antichris eiehandig moet vernietig nie). Behalwe vir die logies beredeneerde motivering hierbo, is die vraag of daar dus ook ‘n prinsipiële rede bestaan op grond waarvan die kerk in hierdie belydenis kan sê dat God van die owerhede verwag om slegs die Woordbediening te beskerm?

Daar is geen uitdruklike opdrag(te) in die Skrif dat alle owerhede, desnoods met die swaard, “alle afgodery en valse godsdiens moet teengaan en uitroei, die ryk van die antichris moet vernietig en die koninkryk van Jesus Christus moet bevorder, die Woord van die evangelie orals moet laat verkondig...”, nie. Ek maak hierdie stelling mét inagneming van die eenheid tussen die Ou en Nuwe Testament. Hoewel die Ou Testamentiese konings soos Asa, Josia en Hiskia wel afgodediens uitgeroei het en daarby nog mét die swaard, en hoewel hulle daarvoor geprys word, was hulle koningskap as gesalfdes69 van die Here uniek en is dit in Jesus Christus vervul (vergelyk ook Vorster, J.M., 2007:153). Daar is nêrens in die Skrif getuienis dat Jesus Christus hierdie taak sedertdien aan enige wêreldlike owerheid opgedra het nie. Op grond hiervan meen ek dat daar nie Bybelse gronde is om te verklaar dat die Here, sedert die koms van Christus, van wêreldlike owerhede verwag om as owerhede sélf, desnoods met die swaard, die “take” wat ná die “sodoende” vermeld word, te verrig nie.

69 Hierdie salwing het o.a. ingehou dat hulle die leiding van die Gees gehad het. Hoewel die

Gees al die OT konings wat so gesalf is, gelei het, het party egter nie aan hierdie leiding gehoor gegee nie en is hulle mettertyd vir hulle ongehoorsaamheid veroordeel. Regeerders word egter nie vandag meer so, in opdrag van die Here, gesalf nie.

• Die skrapping van die “21 woorde” en die invoeg van “sodoende”.

In 1905 het die Gereformeerde Kerken die “21 woorde” geskrap. Hiervolgens het die kerk nie meer volgens art. 36 van die owerhede verwag om byvoorbeeld die ryk van die antichris eiehandig, desnoods met die swaard, te vernietig nie. In Suid-Afrika het die Gereformeerde kerke ‘n skynbaar minder drastiese verandering aangebring deur die omstrede woorde te behou en slegs die “sodoende” in te voeg. Hiermee het die kerke in Suid-Afrika egter oënskynlik ‘n deel van die roeping wat De Brès en sy mede-Reformatore op die ówerhede gelê het, in werklikheid na die kérk verplaas. PARAGRAAF 3 fokus immer op die taak van die owerhede.

Kommentaar: Tydens die Reformasie het die wêreldlike owerhede (Rooms en Protestants) inderdaad die mense wat hulle as ketters gereken het, vervolg en selfs met die dood gestraf. Behalwe dat hierdie vervolging De Brès genoop het om die NGB op te stel, verwys hy ook in artikel 37 uitdruklik hierna: “... (met die eindoordeel) sal dit bekend word dat hulle saak, wat tans deur baie regters en owerhede as ketters en goddeloos veroordeel word, die saak van die Seun van God is...” Die Reformatore het destyds nie soseer ‘n probleem daarmee gehad dat die wêreldlike owerhede ketters vervolg het nie, maar wel dat hulle in baie gevalle die verkeerde mense vir ketters aangesien en vervolg het.

Kommentaar: Hou in gedagte dat as PARAGRAAF 3 verwys na “die afgodery en valse godsdiens” wat teengegaan en uitgeroei moet word, dit op die Roomse godsdiens betrekking gehad het. Dit het met ander woorde gedui op die valse vorm van die ware godsdiens. Die “ryk van die antichris” het verwys na die pous en sy gevolg. Onthou ook dat die NGB as verweerskrif in baie spesifieke omstandighede opgestel is – nie as ‘n abstrakte dokument wat apologetiese dogma in beginsel uiteen moes sit nie. Die gereformeerdes het die hulp of minstens die goeie gesindheid van die owerhede

dringend nodig gehad. Die stryd met die Rooms-Katolieke, ‘n stryd binne die Corpus Christianum, was by tye letterlik ‘n stryd om lewe en dood. Dit het nie hier gegaan oor afgodery in die algemeen nie. Die Jode, Moslems en ander mense wat afgode aanbid, was eenvoudig nie ter sprake nie. “Ons is almal Christene, ons dien almal die Here, help ons om die Here reg te dien. Dan sal julle in die proses ook ophou om slawe van die Roomse pous te wees en julle plek as volwaardige owerhede volstaan.” is met art. 36 vir die toenmalige owerhede gesê.

Sedert 1982 word dit dan (skynbaar) van die kerk, wat die Woord moet bedien, verwag om die afgodery en valse godsdiens teen te gaan.

Kommentaar: Ek stel dit dat die kerk nou skýnbaar sekere “take” wat blykbaar aan die owerheid opgedra was, oorgeneem het. Tot in 1982 het die GKSA die frases ná “sodoende” immers inderdaad as take hanteer. Van der Merwe het tereg aangetoon dat hierdie frases doelstellend is. Die frases spel die doel waarmee die owerheid die take hy wel opgelê is, moet uitvoer. Indien die frase ná die sodoende inderdaad nie maar net doelstellend van aard was nie, sou die invoeg van die sodoende dus nou take op die kerk wat die Woord moet verkondig, gelaai het. Dit is eintlik ‘n vraag vir ‘n volgende studie of die Here dit inderdaad aan die kerk opgedra het om byvoorbeeld die ryk van die antichris te vernietig en of Hy bloot van die kerk verwag om die Woord te verkondig en Hý dan die verkondiging gebruik om die ryk van die antichris sélf te vernietig. Dit is immers net die Here self wat ‘n mens se bose hart kan verander, jou lief kan maak vir Hom en jou die bose kan laat haat.

Kommentaar: Hoewel mense soos die Jode en die Moslems, soos hierbo aangetoon, nooit regtig in die prentjie was vir sover dit die

opstel van art. 36 betref het nie, herinner die invoeging van die sodoende die kerk daaraan om almal wat die Here nie (reg) dien nie, tot bekering te roep – nie alleen die Rooms- Katolieke nie, maar beslis die Jode, Moslems en byvoorbeeld sekulariste. Die kerk neem hierdie taak egter nou feitlik geheel en al op homself en verwag net dat die owerhede die ruimte sal skep waarbinne hy die Woord aan álmal kan bedien. Die kerk moet toesien dat die wáre godsdiens, en daarby nog die égte vorm daarvan, bedryf word.

Al wat nou in PARAGRAAF 3 van die owerhede verwag word is om, tesame met die aandag aan die staatsbestuur, die Heilige Woordbediening te beskerm. Vervolgens is die vraag of daar ‘n direkte of minstens afgeleide Skrifopdrag is op grond waarvan die Here inderdaad van wêreldlike owerhede verwag om enersyds minstens net, of andersyds hoegenaamd, die heilige Woordbediening te beskerm – soos tans met art. 36 bely word? Die antwoord hierop is negatief, aangesien daar geen sodanige direkte opdrag bestaan nie. Daar is egter wel verskeie Skrifgedeeltes wat dit duidelik maak dat dit goed en noodsaaklik is dat die Here se Woord bekend gemaak moet word en dat die owerheid die Woordbediening op grond hiervan moet beskerm – vergelyk Spreuke 29:18.

Kommentaar: Die Here eis dat álle mense Hom met hart en siel sal dien. Met die oog hierop het Hy die sleutels van die Koninkryk, die Woordbediening en die tug, aan die kerk gegee. Die Christelike tug is egter geestelik sodat niemand met die swaard tot gehoorsaamheid gedwing moet word nie. (Vergelyk die Kerkorde van die Gereformeerde Kerke in Suid-Afrika, artikel 71)

Kommentaar: Hou ook in gedagte dat art. 36 nie volledig uitgewerkte opdragte aan die owerhede wil gee nie. Dit is byvoorbeeld vir die owerhede om vas te stel wat ordelik is en wat nie.

Met art. 36 wys die kerk die owerhede egter daarop dat hy, in sy poging om orde te handhaaf, spesifiek die Woordbediening móét beskerm. Artikel 36 gee ook nie ‘n blote lys opdragte nie – byvoorbeeld, hou die orde; straf die kwaaddoeners; beskerm die deugsames; beskerm die woordbediening; staan die ryk van die antichris tee, ensovoorts. Artikel 36 wil nie die “Tien Gebooie vir die owerheid” wees nie.

● Is Gereformeerdes en die Reformatore steeds een in belydenis?

Aangesien die Reformatore ‘n aktiewe rol (positief én negatief, bevorderend én bevegtend) vir die wêreldlike owerhede in “godsdienstige sake” gesien het, is die vraag of dit vir Gereformeerdes moontlik is om vandag steeds een in Belydenis te wees - noudat die verantwoordelikheid wat op die owerhede gelê is, deur die invoeg van “sodoende” opgehef is. Deel van gereformeerd-wees is tog om een in belydenis te wees of minstens te wil wees (vergelyk GKSA, 1970:403).

Kommentaar: Ek plaas “godsdienstige sake” in aanhalingstekens omdat sake wat vandag as “suiwer godsdienstig of kerklik” gereken sou word, binne die Reformatore se poging tot ‘n teokratiese bestel, as deel van die openbare lewe gesien is. Hoewel daar destyds ‘n skeidslyn tussen openbaar en privaat getrek is, was die skeiding tussen die kerk en die staat baie minder opsigtelik as vandag. Sal enige demokratiese owerheid iemand vandag nog teregstel omdat hy die Drie-eenheid loon soos wat Servet in Genève tereggestel is? Terloops, Servet sou destyds die doodstraf in omtrent enige Europese stad ontvang het (Alant, 1986:194) en nie net in gereformeerde stede nie (vergelyk ook NGB artikel 37).

Ek meen egter dat die huidige weergawe van art. 36 inderdaad die eenheid met die Reformasie bewaar en wel om twee redes: Die Reformatoriese beginsel van sola scriptura asook die beginsel van toerekeningsvatbaarheid.

● Die beginsel van Sola Scriptura:

Hoewel Gereformeerdes vandag in terme van PARAGRAAF 3 ’n ander mening huldig as die Reformatore destyds, pas hulle egter nog steeds dieselfde beginsels toe, naamlik Sola Scriptura – ook wat die NGB betref (vergelyk NGB artikels 3-7). Dit is hierin wat Gereformeerdes steeds Reformatories is. Die ironie is dat wanneer die destydse Reformatore se interpretasies hanteer sou word asof dít kanoniek is, jy in dieselfde slaggat trap wat die Reformatore juis wou vermy en waarin die Rooms-Katolieke wel getrap het!

Aangesien daar in die Bybel geen direkte opdrag is dat wêreldlike owerhede “die opdragte” moet uitvoer wat ná die woord “sodoende” in art. 36 genoem word nie, sal iemand wat ‘n Skrifbeginsel vra, na iets anders as ‘n direkte opdrag moet soek.

● Die beginsel van toerekeningsvatbaarheid – ‘n Skrífbeginsel wat die Reformatore erken het:

Uit De Brès en Calvyn (en andere) se geskrifte is dit duidelik dat die Reformatore die beginsel van toerekeningsvatbaarheid ten volle erken het (vergelyk ook Calvyn se preek oor Deut. 17:2-7 soos hierbo bespreek). In die lig van Skrifgedeeltes soos Matteus 11:20-24 is dit ‘n eg Bybelse beginsel. Let verder daarop dat die Here self ook, wanneer Hy ‘n opdrag gee, die middele voorsien wat nodig is om die opdrag uit te voer. Hy is, soos wat in art. 36 bely word, ons goeie God.

Dit is duidelik dat die Reformatore van die owerhede wat in hulle tyd en omstandighede regeer het, verwag het om die Róóms-Katolieke te bestry. Let wel dat hulle dus nie verwag het dat die owerhede die Christendom as sodanig en in watter vorm ook al (Rooms, gereformeerd, Luthers, Anabaptisties) in die algemeen moes bevorder nie. In art. 36 het De Brès die owerhede opgeroep om die Roomse-Katolieke (en Anabaptiste) teen te gaan – selfs met die swaard, maar dan nie omdat hulle Rooms was nie, maar omdat hulle die goeie orde versteur het. Die Reformatore kon dit ook van die owerhede verwag aangesien die owerhede self uit Christene bestaan het en

De Brès daarby nog, voordat hy art. 36 gestel het, eers die hele gereformeerde leer in die vorige artikels duidelik uiteengesit het. Die owerhede aan wie die NGB as verweerskrif gerig is, was in De Brès se oë toerekeningsvatbaar vir hierdie opdrag.

Aangesien meer as 75% van Suid-Afrika se bevolking Christene is (Government Communications and Information System, 2009:3), kan aanvaar word dat ‘n beduidende aantal van die Suid-Afrikaanse owerheidspersone Christene is. Protestante van gereformeerde belydenis vorm egter ‘n klein minderheid70. Die huidige Suid-Afrikaanse owerhede sal dus waarskynlik die kapasiteit (mate van geloof – Rom. 12:3) hê om te onderskei wat alles Christelik is en wat nie, maar nie die kapasiteit om te verstaan hoe gereformeerde Protestante die koninkryk van Christus dien en die Rooms- Katolieke die ryk van die antichris sou bevorder nie. Die huidige Suid- Afrikaanse owerhede het eenvoudig nie die (Geestelike) kapasiteit om afgodery en valse godsdiens te herken en te bestry soos wat dit aan die sestiende eeuse owerhede opgedra is nie. (Hiermee wil ek nie beweer dat daardie owerhede dit suksesvol gedoen het nie.) Om te redeneer dat die gereformeerde Protestante, met ‘n aanspraak op artikel 29 NGB, die owerhede sou kon lei, is in beginsel korrek, maar tans prakties moeilik uitvoerbaar. Hoe sou gereformeerde Protestante die huidige Suid-Afrikaanse owerhede kon oortuig dat alleen hulle as gereformeerdes hierdie onderskeidingsvermoë het. Dit sal net so haalbaar wees as om ‘n blinde (wat nie eens weet dat hy blind is of wat dit is om blind te wees nie, en ook nie weet wat dit is om te kan sien en dat jy kan sien nie) te oortuig dat jy kan sien en dat hy jou moet vertrou om namens hom te kyk. Boonop moet hy net vir jou vertrou aangesien daar baie ander blindes is wat verkeerdelik beweer dat húlle kán sien en (ook) vertrou moet word71. Die dilemma sou ook gestel kan

70 Die syfer kan op minder as 15 persent van die bevolking gestel word (vergelyk Government

Communications and Information System, 2009:3) Hou egter in gedagte dat hierdie syfers die nasionale prentjie skets en dat dit op provinsiale of munisipale vlak kan verskil. ‘n Dorpsraad sou byvoorbeeld baie meer homogeen kon wees ten opsigte van die geloof van sy lede.

71 In die hele proses sal ‘n mens boonop moet sorg dat jy nie as arrogant beleef word nie, maar in liefde by die waarheid bly, ‘n liefde wat selfs liefde vir jou vyand insluit. Hoewel sy

word in terme van die vraag hoe ‘n mens vir iemand wat lewenslank stokblind is en geen begrip van kleur het nie, kan verduidelik wat die verskil tussen byvoorbeeld wynrooi en maroen (bruinrooi) is. Totdat Suid-Afrikaanse owerhede oortuig is dat hulle hulle net deur gereformeerde Protestante moet laat lei, sou dit onverantwoordelik wees om te eis dat hierdie owerhede self valse godsdiens en afgodery en die ryk van die antichris as sodanig moet bestry. Dit sal onverantwoordelik wees om op hierdie owerhede staat te maak om die koninkryk van Christus aktief te bevorder. Bogenoemde sal geld solank as wat ‘n egte Bybelse standpunt nog nie as deurslaggewend beskou word om vas te stel wat die taak van die owerheid is nie.

Hierby sluit ook die feit aan dat waar die owerhede ten tyde van die Reformasie relatief despoties regeer het, Suid-Afrikaanse owerhede deur die grondwet gebind word. Artikel 15 van die Suid-Afrikaanse grondwet waarborg godsdiensvryheid vir elkeen. Op die oog af verbied die grondwet die owerhede om ander godsdienste ter wille van die bevordering van die Christendom te beveg, wat nog te sê Roomse Christene ter wille van Protestantse Christene.

Hoewel die Here van elke owerheidspersoon eis om die belange van sy Koninkryk voorop te stel, beteken dit nie dat daardie persoon noodwendig bevoeg is om die opdrag uit te voer nie. Is dit verantwoordelik om sekere optrede van iemand te eis wat duidelik nie bevoeg is daarvoor nie? In sy preek oor Deuteronomium 17:2-7 maak Calvyn (vergelyk Polman, s.j. b:278) dit duidelik dat hy nie dieselfde eis aan die stadsowerhede van stede (soos byvoorbeeld Basel waar die gereformeerde godsdiens nog nie gevestig was nie) kon stel nie, as aan die owerhede van Genève (onder wie die gereformeerde godsdiens wel gevestig was).

ampswerk veel meer omvat, het Christus hierin Self die voorbeeld gestel (Mat. 11:29, 21:5, 2 Kor. 10:1). Vergelyk ook De Wet (2010). Boonop sal ‘n mens ook die waarskuwing in Jakobus 3:1 waarvolgens leermeesters strenger beoordeel sal word, in gedagte hou. Iemand wat ‘n byna “blinde gehoorsaamheid en vertroue” (effektief in hom) vra, neem ‘n geweldige verantwoordelikheid voor God. Mense wat meen dat hulle iets nie self (kan) verstaan nie, vertrou diegene wat leiding gee soms totaal en al en volg blindelings.

● ‘n Moontlike strategie waarmee die kerk die owerheid kan benader Indien die kerk sou oordeel dat die huidige Suid-Afrikaanse owerhede inderdaad nie in staat is om die take uit te voer wat voor 1982 aan die owerhede opgedra is nie, beteken dit egter nie dat die saak afgehandel is en die kerk daarmee vir lief moet neem nie. Die kerk durf nie, soos Pilatus destyds, sy hande in onskuld was en maak asof die saak nou uit sy hande is nie.

Hoe sal die kerk die owerhede dus kan oortuig om minstens die bediening van die Woord (van die Drie-enige God) te beskerm – veral as in ag geneem word dat die owerhede byvoorbeeld bestaan uit heidene, of uit Christene wat aan ‘n sekulêre skeiding van kerk en staat glo?

In Romeine 13 veral vers 5, moedig Paulus elkeen aan om die owerhede om minstens twee redes te gehoorsaam – omdat die owerhede deur God ingestel is (vers 1,2) en om straf te vermy (vers 3,4). Paulus voer dus nie net ‘n prinsipiële argument (vers 1,2) aan nie, maar ook een vanuit die praktyk (vers 3,4). Selfs iemand wat uit beginsel daarmee sou verskil dat Gód owerhede ingestel het en hulle dáárom gehoorsaam moet word, sal instem dat dit prakties gesproke wys is om die owerhede te gehoorsaam en sodoende straf te vermy. As die kerk die owerhede wil oortuig dat die owerhede die Woordbediening moet beskerm, moet die argument sowel prinsipieel as prakties wees. Die kerk moet eerstens in gedagte hou uit wie die owerhede bestaan. Selfs ‘n owerheid bestaande uit heidene wat geen respek vir God het nie, wil gehoorsame burgers hê en in die lig van die vyfde gebod wil Christene ook gehoorsame burgers wees. Dink aan hoeveel moeite De Brès destyds gedoen het om die vyfde gebod by die gereformeerdes en die owerhede in te prent en hoeveel die gereformeerdes bereid was om te ly, eerder as om ongehoorsaam te wees aan die owerhede. Dit is met goeie rede dat art. 36 nie by PARAGRAAF 3 eindig nie, maar dat daar in PARAGRAWE 4 en 5 bely word dat almal die owerhede moet gehoorsaam en dat die gereformeerdes diegene verfoei wat die goeie orde in die staat omver wil werp. Die owerheid moet dus kennis daarvan neem dat gereformeerdes gehoorsame burgers wil

wees. Gehoorsame, deugsame burgers is, uit ‘n praktiese oogpunt gesien, ‘n bate vir ‘n owerheid.

Hoe meer Christene daar in die owerheid is en hoe groter hierdie mense se mate van geloof is (Rom. 12:3), hoe groter appèl kan daar op hulle gewete gemaak word om te erken dat hulle daar is deur die beskikking van die lewende God en aan Hom verantwoording sal doen. Daar sal dan ook voorts