• No results found

Wêreldwyd, ook in Nederland, word dikwels gesien dat literêre genres mekaar oorvleuel. Veral die grense tussen fiksie en nie-fiksie vervaag. Dit lei dikwels tot hibriede samestellings wat fiktiewe tegnieke kombineer met beskrywings wat waarnemings tot in die fynste besonderhede behels. Wasserman (2000:15) skryf die verskynsel dat die onderskeid tussen literatuur en geskiedskrywing vervaag toe aan die “invloed van denkrigtings soos die poststrukturalisme met sy wantroue in vasstaande feite en inherente waarhede”. Nie net in literatuur is die verskynsel dat genres oorvleuel aan die orde van die dag nie, oorvleueling oor akademiese dissiplines heen kom ook meer en meer voor: “‘Interdisciplinariteit’ is de laaste decennia in de mode. De term suggereert soms een academisch schengen, met een vrij verkeer van onderwerpen, methodes en teorievorming over de grenzen van de diverse geestes- en maatschappijwetenschappen heen” (Rigney, 1996:6).

Die hele problematiek van Van Woerden se trilogie draai daar om dat die feitelike gegewens daarin aanleiding gegee het tot ’n nie-fiktiewe lesing en dat dit soms geresenseer is as geskiedskrywing. Inderwaarheid is daar genoegsame fiktiewe elemente sodat alleen ’n feitelike lesing nie geregverdig is nie. Dat so ’n verwarring kon ontstaan hou verband daarmee dat daar nie rekening gehou is met die vermenging van fiktiewe elemente met feitelike gegewens in die teks nie. In die verlede het heelwat tekste verskyn wat berus op ware gebeurtenisse, byvoorbeeld Nederlandse skrywers wat oor die postkoloniale geskiedenis op fiksionele wyse geskryf het, soos onder andere Adriaan van Dis met Indische duinen (1994) en Marion Bloem met Geen gewoon Indisch meisje (1983). Op Suid-Afrikaanse bodem kan gedink word aan skrywers wat die grensoorlog en die Anglo-Boereoorlog op die wyse van fiktiewe geskiedskrywing opgeteken het. Die onderskeid tussen die meeste eerdere tekste en die grootste deel onlangs gepubliseerde tekste, is dat onlangse tekste veral op ’n vermenging van fiksie en outobiografiese waarheidsgebeure berus. Naas die persoonlike geskiedenis speel dikwels ’n belangrike geskiedkundige gebeurtenis of ’n periode wat van belang was af, maar die klem lê op die invloed wat die omgewing op die persoonlike lewe van die outeur gehad het.

Fictie op een autobiografische basis zou je het genre kunnen noemen waarin uitgeverij Nijgh en Van Ditmar [ook Van Woerden se uitgewer, SB] de afgelopen jaren een aantal interessante debuten heeft gepubliceerd. (…) Afgezien van hun literaire kwaliteiten schuilt de kracht van deze boeken in hun gedrevenheid: ze moesten eenvoudig geschreven worden (Etty, 1993).

Behalwe Van Woerden se tekste is nog voorbeelde De kip die over de soep vloog van Pointl en Voor bijna alles bang geweest van Lisette Lewin wat beide in 1989 gepubliseer is. Gawie Keyser (1998:14) noem werke wat die Nederlandse literêre klimaat kenmerk “introspektiewe, erg outobiografiese romans”. Lisette Lewin en Frans Pointl is twee Nederlandse skrywers van Joodse afkoms wat in verkapte outobiografiese vorm hul verskriklike jeug in die Tweede Wêreldoorlog, die verlies van familielede in Duitse konsentrasiekampe en die merk wat hierdie geskiedenis op hulle latere lewens gelaat het, beskryf.

Die hoofkarakter in Voor bijna alles bang geweest, Emma, word gebore op die vooraand van die Tweede Wêreldoorlog. Vir die volgende vyf jaar skuil sy by ’n Nederlandse gesin wat uit Indonesië teruggekeer het. Haar ouers word verraai tydens ’n poging om na Engeland te vlug, die moeder kom om in Auschwitz, maar haar vader slaag daarin om te ontsnap. Hoewel hy vir Emma ’n volslae vreemdeling is na die oorlog, slaag hy daarin om ’n band met haar op te bou wat bykans die enigste bestendige relasie

in haar lewe bly. ’n Goeie verhouding met haar stiefmoeder, wat haar bes doen om Emma uiterlik so nie-Joods as moontlik te laat lyk, bly uit. Self ontken Emma haar Joodse afkoms sover moontlik:

Het andere joodse kind werd gepest. Toen Emma voor het eerst op school kwam, stond er een joelende kring op het schoolplein rond dat meisje.

‘Ze is vies,’ zei een meisje tegen Emma. ‘Ze wast haar voeten niet.’

Instinctief begreep Emma dat het een joods kind was. Huiverend stond ze in de kring en schold ook maar wat, uit angst dat de anderen zouden merken dat ook zij joods was (p 79).

Haar lewe word ’n stryd, gekenmerk deur die diskrepansie wat bestaan tussen haar ontuisheid in die Jodendom en die feit dat sy in ander se oë juis tot hierdie gemeenskap behoort:

‘Een jood zoals jij, ’vervolgde André, ‘dat is een masochist, een on-echt mens, iemand met een minderwaardigheidscomplex. Jij wilt geen joodse eigenschappen hebben, jij wilt er niet joods uitzien. Je wilt niet gierig zijn, niet tactloos, niet met je handen spreken. Maar je spreekt wel met je handen en je hebt een grote neus en joodse ogen. Of ben je soms niet joods? (...)

‘Als er geen joden waren, zou er ook geen antisemitisme bestaan,’ zei Emma. ‘Maar er bestaan wél joden!’ zei André. ‘De maatschappij beschouwt je als jodin. Ik herkende je direct als zodanig. Daarom ben je joods, zegt Sartre. Omdat de anderen je als jood herkennen. Daarom moet je je niet afwenden van je afkomst, van je godsdienst.’

‘Maar ik héb helemaal geen godsdienst,’ riep Emma driftig. ‘En ik ben ook geen zionist. Ik heb met het hele jodendom niets te maken. Houd er nou eens over op!’ (pp 228-229)

Hoewel sy nie in die Jodendom tuis voel nie, bly sy ook ’n buitestaander in die Nederlandse gemeenskap: “Het kon toch niet goed zijn, dacht ze, dat ze zich nergens thuis voelde” (p 320), “‘Men kan niet in de ene wereld leven en de andere, als een verlaten geboortehuis, van tijd tot tijd eens binnengaan (...). Want het is heel goed mogelijk dat men op zekere dag beide gesloten vindt, het tehuis van de wereld en het tehuis van de afkomst’” (pp 342-343).

Die wêreld waarin Frans, die hoofkarakter in De kip die over de soep vloog, en sy moeder leef, verskil ook drasties van die Nederlandse samelewing waarin hy tevergeefs ’n plek probeer vind. Die titel van die eerste hoofstuk is “De overlevenden” en dit beskryf die wêreld van moeder en seun wat oorskadu word deur die brutale dood van, op een broer na, haar hele familie in konsentrasiekampe. Haar enigste verwagting is dat haar seun selfstandigheid sal verkry, wat haar van verdere verantwoordelikheid sal onthef en waarna sy ’n einde aan alles kan maak. “Leven scheen uit louter dood te bestaan” (p 12), dink Frans op dertienjarige ouderdom. Oor die selfmoord van ’n vriendin, wat in die

Jodendom ’n absolute taboe is, praat sy moeder later soos volg, nadat sy verklaar het dat sy miskien dieselfde gaan onderneem:

‘Ze is uitgestapt,’ verklaarde moeder en ik begreep.

‘Ze is te werk gegaan alsof ze ratten moest verdelgen. Je kunt het toch op een min of meer behoorlijke manier doen,’ zei ze alsof tante Fré haar postuum had beledigd. Ze sprak, zoals vaak, tegen zichzelf. Deze woorden waren niet voor mij bestemd. In mijn zestienjarig bestaan was meer dood dan leven geweest (p 29).

Sy huislike afkoms, waarin die dood die grootste lewensverwagting is, laat hom ’n vreemdeling in ’n maatskappy waarin geglo word dat ambisie en harde werk kan bydra tot ’n suksesvolle toekoms. Wat sy posisie vererger, is die feit dat hy sy biologiese pa nooit geken het of enigiets van hom af weet nie. Pas veel later in ’n droom “stel hy vas” dat sy vader David Blumenthal geheet het, “’De naam die ik zo lang heb gedragen is de mijne niet’” (p 147). In die droom sien hy verder hoe sy vader ’n fetus vashou. Die ervaring om sy vader te “ontmoet”, gee as’t ware geboorte aan sy identiteit, iets wat hom so lank ontwyk het. Dat dit in ’n droom gebeur veronderstel dat die verbeelding of onbewuste ’n instrument is in die soeke na die self. Om ’n roman te skryf is by uitstek ’n verbeeldingsvlug wat aan die noodsaak om ’n identiteit te skep kan beantwoord. Dit is ook te verstane dat mengvorme ’n goeie medium hiervoor verskaf: dit gaan om die optekening van ’n eie geskiedenis, maar met die ruimte om die feite met verbeelding aan te vul. Die gedrewenheid van hierdie tekste lê in die noodsaaklikheid daarvan om ’n eie identiteit te skep deurdat die individu ’n plek vind tussen afkoms en sy huidige omgewing.

Van Woerden se trilogie vorm deel van hierdie groep hedendaagse Nederlandse tekste waarin feit, veral outobiografiese waarheid, en fiksie vermeng word.