• No results found

3.4 Posisie: chronologies en tematies

4.3.2 Halwe mense

Van Woerden skryf dat ’n landsverhuiser per definisie “een onzeker en incompleet mens” is (p 21). Een mond vol glas is ’n skets van halwe mense. Half in die sin van beroof van

’n tuisland en gevolglik identiteitsloos7. Al drie karakters in Een mond vol glas is halwe Suid-Afrikaners. “Verwoerd was een buitestaander in Afrika, een half-bakken Hollander, net als ik. De aanslag was een aangelegenheid tussen twee landverhuizers. Een halve Griek die een halve Nederlander vermoordde. Het antwoord op veel vragen schuilt in de voorgeschiedenis van dat ‘halve’” (p 15).

Die voorgeskiedenis lê vir Tsafendas boonop ook in die verskeurdheid tussen half- blank en half-nie-blank wees. Hy besef sy eie onvolkomendheid: “Ich bin nur noch ein halber Mensch…”, sê hy aan ’n psigiater in Hamburg (p 10). In Suid-Afrika moes “die stelsel van apartheid Tsafendas voortdurend aan sy ‘halfheid’ herinner het. Vandaar sy haat teen Verwoerd” (Venter, 2000:15). Dat hy ’n skisofreen was, is tekenend van die gesplete omstandighede waar hy mee te kampe gehad het. “(S)y psigiese verskeurdheid (is) ’n direkte gevolg van sy ‘basterskap’ wat hom in ’n rassistiese samelewing gedurig gedwing het tot ’n tussenbestaan” (Van Coller, 2000:8). “So word Tsafendas omvorm tot ’n metafoor vir die gespletenheid en verdeeldheid van Suid-Afrika” (Van Coller, 2001:146).

Gespletenheid is ’n tema wat al in Moenie kyk nie aangeraak is. Die verbrokkeling van die gesin in Suid-Afrika het Hans, wat geen objektiewe afstand kon hou nie, verskeurd gelaat. Die gespletenheid van die land het daartoe bygedra. In Een mond vol glas word hierdie tema soveel verder uitgewerk, dat ’n persoon die metafoor vir die gespletenheid en verdeeldheid van die land word. Die land self word ’n skisofrene geval en hierdie siektebeeld word in Een mond vol glas beskryf. Soos in Tikoes word die land gepersonifieer. Op pagina 13 staan: “(…) ook een land kon de adem inhouden”. ’n Land kan bevry word. In Tikoes word die land aan ’n vrou gelykgestel wat afgesien van ’n gewelddadige geskiedenis skoonheid kan openbaar. In Tikoes word ’n gesondwordproses in die vooruitsig gestel. Dit kan gebeur deur terug te delf in die verlede en deur vormgewing greep daarop te kry. Ook in Een mond vol glas word vormgewing verder uitgewerk.

4.3.3 Vormgewing

“‘Ons Suid-Afrikaners woon in ’n vormlose land’, had de schrijver Jan Rabie kort na de machtsovername van de Nasionale Party in 1948 genoteerd. Het amorfe heeft sindsdien een overtreffende trap bereikt. Sexy Boys? Scorpions? Hard Living Kids? Op de

7

Kaapse vlakte heerst een wanhopige behoefte aan vormgeving” (p 140). Vormgewing is die land se weg na genesing. Die rol wat die Waarheids- en Versoeningskommissie gespeel het kan gesien word as ’n tree in hierdie rigting, omdat skuldgevoelens en verwyte konkreet gestalte gekry het in verhale. Tsafendas het uitdrukking aan sy woede en verskeurdheid gegee in die vorm van ’n “beslisde daad” (Van Coller, 2001:149) om “iets van vroeger heel te maken” (p 162). “(…) Van Woerden (moes) tot die daad oorgaan om alles van die verlede van Tsafendas op te skryf” (2001:149) om sodoende vorm te gee aan die verskeurdheid wat apartheid tot gevolg gehad het en die siektebeeld van die land. “So word nie alleen die verlede van Tsafendas heel nie, Van Woerden se terugkeer na Suid-Afrika is ’n konfrontasie met sy eie verlede om daardeur heelgemaak te word” (2001:149).

4.3.4 Lintwurm

Van Woerden het ook vorm gegee aan Tsafendas se, soos Van Coller dit stel (2001:151), pyn wat nie gesien of begryp kan word nie. Hy het dit die vorm gegee van ’n lintwurm. Die pyn wat Tsafendas se basterskap veroorsaak het, het sy hele lewe aan hom geknaag en dra die skuld van Verwoerd se dood as opdraggewer of dít wat hom tot die daad gedryf het.

Veral as gevolg van die apartheidswette is van basterdskap of rassevermenging ’n sosio-kulturele probleem gemaak. J.M. Coetzee skryf in White Writing (1988:136-162) na aanleiding van die romans van Sarah Gertrude Millin, hoe diepgaande probleem van basterdskap gemaak is. Die idee dat bloed die lokus van die lewe en identiteit is, is so oud soos ons beskawing (Coetzee, 1988:145).

When black blood and white blood run together, they ‘blend’ and ‘mingle’ (GSC xii, 269)8, yet retain their inherent identities. Thus in the veins of the half-caste run ‘on one side, the blood of slaves; on the other side, the blood of the careless, the selfish, the stupid, the vicious’ (SA 205). There is no chemical binding or compounding of the two bloods. The man of mixed blood has two identities – ‘on one side...on the other side’ – not a new compound identity. But instead of allowing him to belong to both parentages, his two identities make it impossible for him to belong to either (Coetzee, 1988:145).

Van so ’n persepsie of bygeloof of sosiale siening, of hoe mens dit ook al wil bestempel, kan verwag word om aanleiding te gee tot ’n gevoel van ontsettende pyn en vernedering. Tsafendas se ongesiende pyn wat hy sy lewe lank saamgedra het, is gebore

identifiseer met die kultuur (byvoorbeeld norme, gebruike en taal) van die land waarin hy woon.

8

Die aanhalings is uit Millin se boeke en die afkortings GSC en SA staan onderskeidelik vir God’s Step-

uit hierdie problematiek.