• No results found

Sidney Ainsley Miller het aan serebrale gestremdheid gely, kon nie praat of loop nie, was blind en het 24 uur per dag sorg nodig gehad.95 Die getuienis het ook daarop gedui dat hierdie omstandighede nooit sou verander nie. 96

87

Child Abuse Prevention and Treatment Act 1984.

88

Shewchuk 1995 Medicine and Law 347; Merrick 1995 Journal of Legal Medicine 206.

89

Merrick 1995 Journal of Legal Medicine 189.

90

Shewchuk 1995 in Medicine and Law 346.

91

Child Abuse Prevention and Treatment Act 1984.

92

Shewchuk 1995 in Medicine and Law 347.

93

Clayton soos aangehaal deur Merrick 1995 Journal of Legal Medicine 206.

94

Miller v HCA, 47 Tex Sup J 12,118 S.W.3d 758 (2003).

95

Die Millers het die Hospital Corporation of America gedagvaar omdat hul uiters premature baba geresussiteer is sonder hul toestemming. Die Millers wou nie hul baba laat resussiteer nie omdat hulle haar nie wou laat ly het nie.97

Die jurie het $59,9 miljoen aan die gesin toegeken.98 Die Court of Appeals het die beslissing omvergewerp op die basis dat ouers geen reg het om lewensonderhoudende behandeling van hul kinders te weerhou nie, tensy die kind ongetwyfeld terminaal is. ‘n Terminale toestand beteken ‘n ongeneesbare toestand wat veroorsaak word deur besering of siekte wat na aanleiding van redelike mediese oordeel dood binne ses maande gaan meebring selfs al word lewensondersteunende behandeling verskaf.99

Die Supreme Court of Texas het die Court of Appeals se beslissing bevestig.100

Alhoewel die kind in hierdie saak reeds 13 jaar oud was ten tyde van die hofverrigtinge, is dit steeds van toepassing vir die onderwerp onder bespreking omdat die saak spesifiek handel oor behandeling van ‘n uiters premature baba sonder die ouers se toestemming.

Volgens Lorenz is daar te min oorweging geskenk aan ouerlike diskresie en die kwaliteit van lewe benadering in die Miller v HCA beslissing.101 Sy opmerking laat tereg die vraag ontstaan of die kwaliteit van lewe enigsins oorweeg word waar die beste belang van ‘n defektiewe baba bepaal word.102

96

Miller v HCA supra 764.

97

Miller v HCA supra 761-762; Lorenz “Ethical dilemmas in the care of the most premature infants: the waters are murkier than ever” 2005 Current Opinion in Pediatrics 186 186.

98

Ongerapporteerde verhoorhof uitspraak; Miller v HCA supra 764.

99

Miller v HCA supra 765.

100

Miller v HCA supra 765.

101

Lorenz 2005 Current Opinion in Pediatrics 189.

102

6 4 Gevolgtrekking

Die standaard van mediese sorg in Amerika is hoër as in Suid-Afrika.103 Beter fasiliteite, die beskikbaarheid en effektiewe benutting van hulpbronne en die feit dat finansiële oorwegings nie vir ouers so ‘n groot kwelling is soos in Suid-Afrika nie, dra by tot dié hoër standaard.104 Hierdie standaard vorm dan die raamwerk waarbinne besluite in verband met defektiewe pasgeborenes geneem word. Gevolglik het ouers meer gemoedsrus indien hulle sou besluit om behandeling vir hul baba voort te sit.

Alhoewel daar wetgewing bestaan in Amerika om die posisie met betrekking tot selektiewe nie-behandeling vir defektiewe pasgeborenes te reguleer, word hierdie federale pogings as misleidend en oneffektief beskou. Die reël wat vasgestel is in die

Child Abuse Prevention and Treatment Act105 ignoreer wyd erkende morele waardes en mediese opinies en bevorder konflik eerder as samewerking.106 Die beste belang van die baba word ook nie as die deurslaggewende faktor gestel nie.107 Ten spyte van die federale staat se pogings om ‘n beleid daar te stel, is die kwessie 23 jaar na die dood van Baby

Doe nog nie opgelos nie.108

Regspraak in Amerika wat handel oor selektiewe nie-behandeling van defektiewe babas is onbevredigend, gekompliseerd, verwarrend en teenstrydig. Een van die oorsake vir hierdie teenstrydigheid is as gevolg van die verskeidenheid wette tot die howe se beskikking. Die toepassing hiervan kan lei tot verskillende uitkomste.109 Die subjektiewe beskouings van die ouers, regters en mediese personeel is ‘n ander oorsaak.110

103

Shewchuk 1995 Medicine and Law 348, 349.

104

Shewchuk 1995 Medicine and Law 348, 349.

105

Child Abuse Prevention and Treatment Act 1984.

106

Harvard Law Review Association 1990 Harvard Law Review 1613; Fine 2000 New England Law Review 356.

107

Fine 2000 New England Law Review 356.

108

Fine 2000 New England Law Review 356.

109

Guevara 2001 University of San Francisco Law Review 256.

110

Dit is ook duidelik uit Amerikaanse regspraak dat die kwaliteit van lewe benadering nie ‘n oorheersende faktor is by hierdie einde van lewe besluite wat deur die hof gemaak word nie. Hierdie benadering van die howe is in teenstelling met dié van gerespekteerde bio-etici en standpunte in resente publikasies wat ‘n kwaliteit van lewe benadering voorstaan.111 Die vooruitgang op mediese gebied en groeiende ontwikkeling in neonatale tegnologie bring mee dat defektiewe babas in Amerika, ten spyte van die minimale vooruitsig op ‘n kwaliteit lewe, gered en onbepaald behandel word.112

Hiermee saam word die standaard van sorg in Amerika deur die regbank gelig en die resultaat is dat die mediese professie, uit vrees vir ‘n oortreding van federale wetgewing, reageer met voortgesette oorbehandeling van babas.113 Hiermee word ‘n standaard van “onnodige behandeling” gevestig, wat op sy beurt weer deur die howe as “redelike mediese sorg” interpreteer word. Die vraag is, waar figureer die beste belang van die baba?114

Soos in die geval van Engeland, is dit moeilik om ‘n primêre besluitnemer te identifiseer. Dit blyk weereens dat dit in elke geval eerder ‘n proses is waarin verskillende persone insette lewer.

111

Lorenz 2005 Current Opinion in Pediatrics 188.

112

Nel 1998 THRHR 73.

113

Human Einde van lewe besluite ten opsigte van defektiewe pasgeborenes — mediese-, filosofiese- en regsoorwegings (Ongepubliseerde professorale intreerede) 24 Mei 2005 1 29.

114

Human Einde van lewe besluite ten opsigte van defektiewe pasgeborenes — mediese-, filosofiese- en regsoorwegings 29.

HOOFSTUK 7

BESTAANDE VOORSTELLE TER REGULERING VAN EINDE