• No results found

In gevalle van konflik tussen ouers en dokters, is die hof die besluitnemer indien hierdie konflik tot ‘n hofsaak ontwikkel. Die hof tree dan op as oppervoog van die minderjarige en die beste belang van die minderjarige (in hierdie geval die baba) sal ook hier die deurslaggewende faktor wees. Die hof wat moet besluit oor die toepassing van behandeling vir die defektiewe baba, moet genoegsame gewig verleen aan die gesin se keuse.77 Om gesinsintegriteit te behou, moet die hof besondere oortuigende en genoegsame redes hê voor ‘n bevinding teenstrydig met die ouers se wense gemaak word.

72

Kovach 2000 Capital University Law Review 264.

73

Philips 1992 Capital University Law Review 956.

74

Labuschagne “Die Hooggeregshof as oppervoog van minderjariges-’n historiese perspektief” 1992 TSAR 353 356, 357; Parness & Stevenson 1982 University of Miami Law Review 43 63.

75

Sien artikel 11 en 12 van die Wet op Kindersorg 74 van 1983 wat bepaal dat ‘n polisiebeampte,

maatskaplike werker of ander gemagtigde persoon ‘n kind , in die belang van sy veiligheid en welsyn, na ‘n veiligheidsplek mag neem; Parness & Stevenson 1982 University of Miami Law Review 63.

76

Parness & Stevenson 1982 University of Miami Law Review 63; Sien Hoofstuk 4 op bladsy 59: Die Wet op Kindersorg 74 van 1983 bepaal onder andere dat die hof genader kan word vir ‘n bevel indien ouers (van kinders onder die ouderdom van 14 jaar) toestemming vir mediese behandeling onredelik weerhou.

77

Parness & Stevenson 1982 University of Miami Law Review 64; Sien in die algemeen Cronje & Heaton Die Suid-Afrikaanse Familiereg 2de uitgawe (2004) 293-294 en gesag daar aangehaal.

Hierdie redes moet onder andere insluit dat die ouers se wense vir die voorgestelde behandeling nie in die beste belang van die baba is nie.78

Die een enkele argument ten gunste van die hof as besluitnemer, is die volgende:

a ‘n Hof verteenwoordig sekerlik die mees objektiewe besluitnemer. Die hofproses bied die geleentheid aan ‘n neutrale regterlike beampte om die geheel van oorwegings te beoordeel. 79

Sommige skrywers is van mening dat die howe in sekere gevalle die instansie is om einde van lewe besluite te neem, maar ander erken openlik dat howe, regters en regspraktisyns nie die individue is wat betrokke moet wees by hierdie proses nie.80 Die volgende redes word voorgehou:

a Die regstelsel fokus te veel op die regte en die “korrekte” toepassing van etiese beginsels by die besluitnemingsproses. Daar moet eerder gefokus word op ‘n etiek van versorging.81

b Litigasie is ook baie tydrowend en die lewe van so ‘n baba is dikwels van korte duur.82

c

d

In die derde plek kan litigasie addisionele spanning vir die ouers en geneeshere veroorsaak en gesinsprivaatheid kan geskend word.83

Howe is dalk té ver verwyder van emosies en trauma wat gepaardgaan met so ‘n

78

Sien artikel 28(2) van die Grondwet van Suid-Afrika 108 van 1996 in verband met die beste belang van die kind as deurslaggewende belang in aangeleenthede wat die kind raak; Parness & Stevenson 1982 University of Miami Law Review 64.

79

Moor 1996 Medicine and Law 308; Philips 1992 Capital University Law Review 958.

80

Kovach 2000 Capital University Law Review 278;Schneider “Rights Discourse and Neonatal Euthanasia” 1988 California Law Review 151 152 166;Hafemeister & Robinson “The Views of the Judiciary Regarding Life-Sustaining Medical Treatment Decisions” 1994 Law & Psychology Review 189 191, 192.

81

Kovach 2000 Capital University Law Review 278.

82

saak.84

e Laastens is daar ook die gevaar dat regters se persoonlike oorwegings soms ‘n rol speel in hul uitspraak.85

Regspraak illustreer die kompleksiteit onderliggend aan die besluitnemingsproses. Konflik tydens die besluitnemingsproses ontwikkel soms tot ingewikkelde en selfs kontroversiële hofsake. Dit blyk ook uit regspraak dat ouers nie altyd ‘n absolute reg het om hul kinders se toekoms te bepaal nie en dat hulle dus nie noodwendig as die primêre besluitnemers geag word by einde van lewe besluite in verband met hul baba nie.86

Wat baie duidelik is, is dat regterlike beslissings in aangeleenthede soos hierdie, saam met die mediese gemeenskap se reaksie op beslissings, die toonaangewende standaard van redelike mediese noodsaaklike sorg verteenwoordig.87

3 5 2 Wetgewing

Daar is al gepoog om einde van lewe besluite ten opsigte van defektiewe pasgeborenes deur middel van wetgewing te reguleer.88 Dit is egter onmoontlik dat wetgewing alle etiese, sosiale, godsdienstige en filosofiese oorwegings in ag kan neem, analiseer en opweeg wanneer hierdie belangrike besluite met betrekking tot die baba se toekoms gemaak word.89 Voortdurende mediese vooruitgang, komplekse tegnologiese veranderinge en die unieke aard van elke situasie maak wetgewing moeilik en oneffektief.90 Kwessies wat oorweeg moet word, is te kompleks, sensitief, privaat en belangrik vir ‘n wetgewer wat nie die tyd, ondervinding of belang het om so ‘n

83

Stokley 1994 North Dakota Law Review 155.

84

Moor 1996 Medicine and Law 308; Philips 1992 Capital University Law Review 958.

85

Moor 1996 Medicine and Law 309.

86

Moor 1996 Medicine and Law 555; Sien ook regspraak in hoofstukke 5 en 6.

87

Shewchuk “The Uncertain ‘Best Interests’ of Neonates: Decision Making in the Neonatal Intensive Care Unit” 1995 in Medicine and Law 331 332.

88

Sien bladsy 33 en Hoofstuk 6 op bladsye 103-106.

89

Philips 1992 Capital University Law Review 955.

90

belangrike einde van lewe besluit te maak nie.91 Nog ‘n probleem wat dit bemoeilik om hierdie situasie deur wetgewing te reël, is die feit dat elke geval verskil en uitsprake betreffende hierdie sake nie eenvormig is nie. Die wysiging van wetgewing is ‘n lang en ingewikkelde proses en daarom sal wetgewing nie doeltreffend wees om hierdie komplekse en voortdurende veranderende situasie te reguleer nie.92

3 6 Gevolgtrekking

Om te bepaal wie die besluit oor mediese behandeling of nie met betrekking tot defektiewe babas moet of kan maak, is baie moeilik en soms die onderwerp van litigasie.93 ‘n Hele aantal partye kan ‘n belang hê in die uitkoms van ‘n gegewe saak in verband met hierdie situasie, maar die baba se beste belang is ongetwyfeld die belangrikste.94

Dit blyk dus uit die bostaande hoofstuk dat dit moeilik is om een outonome besluitnemer in verband met einde van lewe besluite ten opsigte van defektiewe pasgeborenes te identifiseer. Die verweefdheid van die faktore wat ‘n rol speel by die besluitnemingsproses, is grotendeels verantwoordelik hiervoor.

Alhoewel daar gunstige argumente ten opsigte van al die moontlike besluitnemers bestaan, is daar ook ‘n aantal teenargumente wat dit amper onmoontlik maak om so ‘n uiters gekompliseerde besluit aan ‘n primêre besluitnemer oor te laat. Alhoewel geneeshere byvoorbeeld die nodige mediese kennis het, kan daar nie weggeskram word van die feit dat etiese oorwegings ‘n onmiskenbare rol speel by hierdie einde van lewe besluite nie. Dit wil dus voorkom asof dit eerder ‘n proses van besluitneming in plaas van ‘n spesifieke besluitnemer is wat moet bepaal of ‘n defektiewe baba moet bly lewe of nie.

91

Philips 1992 Capital University Law Review 956.

92

Currie & De Waal The New Constitutional and Administrative Law Volume 1 (2001) 165-175; Chaskalson, Kentridge, Klaaren & Marcus Constitutional Law of South Africa (1996) 3-22A.

93

Kovach 2000 Capital University Law Review 252.

94

Hierdie sowel as die vorige hoofstuk het gehandel oor die teoretiese aspekte rondom einde van lewe besluite ten opsigte van defektiewe pasgeborenes. Met die beste belang van die baba as fokuspunt, is die uitdaging vir enige regstelsel om hierdie teoretiese oorwegings op ‘n prakties implementeerbare wyse te akkommodeer.

Die volgende hoofstukke word gevolglik gewy aan die regsposisie in Suid-Afrika, Engeland en die Verenigde State van Amerika.

HOOFSTUK 4